Nuus uit die NGK Wes-en-Suid-Kaap Sinode
Nuus uit die NGK Wes-en-Suid-Kaap Sinode
Lees deur internet, klik hier >>
20 Februarie 2015
Beste Leser 

Vars VrydagNuus

Innovasie skep nuwe energie! Welkom by VrydagNuus se splinternuwe formaat. Ons vertrou dat alle lesers gou tuis sal voel en die voordele van 'n webgebaseerde nuusbrief wat oa selfoon-vriendelik is, sal waardeer. Aangeheg word 'n paar voordele van die nuwe formaat genoem.
Die kruis van Aswoensdag
OP PAD DIE LYDENSTYD IN ...
Aswoensdag (18 Februarie). 40 dae voor Pase. Tyd vir stille selfondersoek, skuldbelydenis, gebed ... Oor die sewe Lydensweke kan agt kerse gebrand word (sewe vir Lydenstyd en een vir Goeie Vrydag). Elke week word een kers doodgeblaas, totdat al agt op Goeie Vrydag doodgeblaas is om die donkerte van Jesus aan die kruis en in die graf te simboliseer. Lees ook hier.
Kobus Gerber

SINODENUUS

1. NG Alg Sinode: Mediaverklaring oor Staatsrede
Die NG Kerk wil baie ernstig oor die gebeure Donderdagaand en die Staatsrede vra: Watter geregtigheid is daar as bona fide vrae nie deur die regering in die Parlement beantwoord word nie? Watter geregtigheid is daar wanneer dienslewering 'n laagtepunt bereik het? Watter geregtigheid is daar wanneer vryheid van kommunikasie geblokkeer word? En watter geregtigheid is daar wanneer die president alle maatreëls om hom verantwoordbaar te hou uit die weg haal? Die volledige mediaverklaring is hier beskikbaar.
2. NG Algemene Sinode: Voorbidding vir Reën
Die moderatuur van die Algemene Sinode het gemeentes versoek om eerskomende Sondag moeite te doen om te bid vir uitkoms in die gebiede waar dit nie reën nie. Interkerklike gebedsgeleenthede kan ook gereël word. Kry meer inligting hier.
Braam Hanekom
3. Kaapse Moderatuur: Afgryse oor Onthoofding
Dit is met skok, hartseer en afgryse wat die NGK Wes-en-Suid-Kaapland moderatuur kennis geneem het van die onthoofding van 21 Koptiese Christene deur ISIS militante. Hierdie gebeure was ’n wrede herinnering daaraan dat die vervolging van gelowiges regoor die wêreld steeds ’n daaglikse werklikheid is.
Belangstellendes kan hier meer lees.
4. Publieke Getuienis
4.1 Hoop en Versoeningstrust: Fondse vir Landelike Projekte!

GOEIE NUUS! Die trustees van die Hoop-en Versoeningstrust het R200 000 bewillig om gemeentes te help met die ontwikkeling van landelike projekte wat gemeenskapsontwikkeling en werkverskaffing tot gevolg het. Hiermee wil hulle hande vat met plaaslike gemeentes en bemagtig waar moontlik. Ons glo daar is baie mooi stories wat geskryf kan word. NGK en VGK gemeentes kan aansoek doen; kontak Salomi by skriba@kaapkerk.co.za.
Prof Willie Breytenbach
4.2 Die Groter Prentjie vir die Plaaslike Gemeente
Kry nuwe energie met hierdie VBO-kursus, aangebied deur Willie Breytenbach (foto) en Braam Hanekom, sowel as 'n opsionele ontbyt saam met Piet Naudé teen 'n spesiale prys! 
Braam hanteer die tema publieke getuienis en Willie bespreek Die plaaslike gemeente, die burgerlike samelewing en SA2015.
Kry meer inligting hier en kontak Wilma by 021 808  3624.
KGA-logo
5. KGA: Die Lyding van ons Geloofsfamilie in Nigerië
Die kerkleiers van ons geloofsfamilie in Nigerië het te kampe met diep getraumatiseerde gemeenskappe. Die predikante en evangeliste is egter baie moedig en doen enorme ondersteuningswerk om troos, hulp en hoop aan honderde duisende mense te probeer gee in hierdie troostelose situasie. Lees aangeheg meer.
Communitas-logo
6. Geloofsreis vir Predikante
Dié Geloofsreis is reeds ʼn bekende VBO-kursus van Communitas/Sentrum vir Geloofsvorming. Dit strek oor drie jaar (opsionele 4de jaar bygevoeg) met predikante wat op 4-dag retraites gaan om begelei te word tot  groei en verandering. Die eerste een (Emosioneel gesonde spiritualiteit) is op 2-5 Maart. Lees meer en kry aansoekvorms hier.
Personeel saam met Vinette Ebrahim van 7de Laan-faam
ALGEMEEN
1. Hugenote Kollege van Krag tot Krag!

Die glansryke akademiese openingseremonie van die Hugenote Kollege in Wellington het op Ma 9 Februarie plaasgevind. Nuwe ontwikkelinge is streekkantore in Kimberley en Newcastle, ‘n e-leer platform en 'n B-graad in Teologie, asook diplomas en hoër sertifikate! Klik hier vir meer inligting. (Regs: in die middel is Vinette Ebrahim van 7de Laan, gasspreker by die openingseremonie.)

2. Sosiale Media: Twitter vir Beginners
Die Kerkblad
3. NG Kerk en GKSA se Memorandum van Ooreenkoms
Een van die sake waarvoor die Gereformeerde Kerke in SA (GKSA) se Sinode 2015 onthou sal word, is die feitlik eenparige goedkeuring van 'n memorandum wat die ekumeniese verhoudinge met die NG Kerk uitspel. Lees gerus hoe Kobus Gerber (algemene sekretaris van die NGK Alg Sinode) in Die Kerkblad van Februarie 2015 oor die verhouding skryf.
4. Vars EN Persoonlike VrydagNuus
Bykans 2000 intekenare ontvang VrydagNuus weekliks. Ons doen ons bes om met die nuwe formaat elkeen se nuusbrief te verpersoonlik met 'n voornaam. As jou voornaam egter verkeerd is (of glad nie vertoon nie) beteken dit ons het nie jou volledige inligting nie. Stuur gerus jou voornaam, van en e-posadres na Marieta by kommunikasie@kaapkerk.co.za.
Badisa Trio-logo
5. Badisa Trio: Nuwe Webwerf
Badisa Trio het 'n nuwe webwerf - klik hier. Hulle is op soek na vrywilligers vir die organisering van fondsinsamelingprojekte, as pleegouers/veiligheidsplek-ouers, aanbieders van poppekaste, instandhoudingswerk en meer.
Baie dankie aan alle vrywilligers en gemeentes wat Badisa Trio so gereeld ondersteun: Durbanville, Durbanville-Bergsig, Stellenberg, Welgemoed, Parke, Bellville-Uitsig, Sonstraal, Kenridge en Kraaifontein. Julle vrygewigheid help ons om ons kinders te beskerm.
6. Raakgelees 
In Kerkbode van 20 Februarie vra Frits Gaum aan Francine van Niekerk, redakteur van LiG, of tydskrifte nog 'n toekoms het. Sy antwoord: "Net soos daar steeds plek is vir 'n radio in die kombuis, net so is daar plek vir 'n tydskrif op jou koffietafel én 'n slimfoon in jou hempsak." Hoor! Hoor! - Red.
* Lees gerus ook "Standplaasverwisseling: almal was wenners" oor ons eie Elsje Büchner (La Rochelle) en Frikkie Coetzee (Lux Mundi). 
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Parow-Panorama
1.1 Parow-Panorama vier 40 Jaar met Feesdiens!

Parow-Panorama (Rembrandtsingel 14, Panorama) het Sondag 8 Maart om 09:00 'n feesdiens om die gemeente se 40ste bestaansjaar te vier. Die erediens word waargeneem deur ds Ewald Jansen van Rensburg, oud-leraar. Nagmaal sal bedien word deur die huidige leraar, ds Etienne Nolte. Gesellige saamkuier na die diens. Oud-lidmate word spesiaal uitgenooi!
1.2 Toerusting vir Kleingroepleiers
Toerusting vir Omgeegroepleiers, aangebied deur Manie Groenewald van Moreletapark, by Parow-Panorama op Sa 28 Februarie vanaf 08:00-15:00, middagete ingesluit. R50 pp. Meer inligting is by 021 930 3100; kry die program hier
Wereldbiddag vir Vroue
2. NG Gemeente Stellenberg: Wêreldbiddag vir Vroue
Stellenberg vier op 5 Maart om 19:00 die Wêreldbiddag vir Vroue met gasspreker Ilse Roux. Ilse is getroud met Francois en die ma van twee laerskool kinders. Sy was eers onderwyseres en die maak van Matriekafskeid- en trourokke was aanvanklik net ’n stokperdjie.  In 2005 bedank sy uit die onderwys om haar eie besigheid, Ilse Roux Bridal, te begin.Sy en haar man bied ook huwelikseminare aan en sy is ‘n bekende motiveringspreker. Almal welkom!
Dr Pieter van Jaarsveld
3. NG Gemeente De Rust ontvang Pieter van Jaarsveld
Pieter van Jaarsveld, welbekende kundige oor emosionele intelligensie, is op 7 en 8 Maart die gas van NG Gemeente De Rust. Gaan geniet sy lesing tydens 'n ontbyt op 7 Maart om 09:30 in die kerksaal (R60 pp) en woon ook die erediens op 8 Maart om 09:30 by. Kaartjies en navrae: 044 241 2114.
Andre en Magda Fourie

PREDIKANTENUUS

NG Volmoed (Oudtshoorn) stuur lekker nuus! Hulle verwelkom binnekort vir André en Magda Fourie as predikantspaar. André (voorheen by NG La Rochelle en Lambertsbaai, tot onlangs NG Petrusburg, Vrystaat) se intreepreek is op Sondag 1 Maart om 09:30. Ons wens julle baie seën en vreugde in die gemeente toe!
Herwinningsmateriaal
EKOLOGIE
Die her-herwinningsprojek van NG Gemeente Die Strand wys wat moontlik is waar lidmate passievol saamwerk. Hier is na 'n jaar reeds meer as 20 ton karton, papier, plastiek, blikkies en bottels ten bate van hulle gemeente-sendeling, Graham Bain, herwin. Meer inligting is hier. Lees gerus ook dr Diek van der Zel se wenke op Armoede & Sorg se webblad.
PUBLIKASIES
Kerkbode 20 Februarie 2015 LiG van Maart 2015
Bybelstudiegids 1 Kor
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuus
Dié week is Bybel-Media se fokus op die jongste Kerkbode (sien bo), 'n Bybelstudiegids oor 1 Korinthiërs en GRATIS toneeltekste. Lees gerus die nuusbrief aangeheg.
2. Nuus uit Kokstad
Christo Wooding gee sy indrukke oor die afskeid van ds M Jonas op Isilimela, sowat 40km vanaf Port St Johns. "Eerstens, die werk van die kerk deur baie jare in Transkei was die moeite werd. Ek sien hier voor my oë 'n selfstandige kerk met baie lidmate en gemeentes. Tweedens, bid ek dat daar altyd geroepe manne en vroue sal wees wat bereid is om die saad van die Evangelie te saai oor die heuwels van Pondoland, in die Transkei, in die res van ons land en in Afrika." Lees hier.
3. Decoligny Nuus
Saam met ds Jonas van Isilimela/Mzimvubu gemeentes tree ds Willem en Annalie Botes van Decoligny ook binnekort na jare van troue diens af. In die woorde van Christo Wooding: "So is die saad van die evangelie uitgestrooi deur die jare, soms vrugteloos, maar in baie lewens tot seën en nuwe lewe." Mag julle 'n geseënde pad vorentoe stap!

KUIER-KANS
1. NG Gemeente Oostersee: Basaar

Oostersee (Frieslandstr 63) se basaar is op 7 Maart van 08:30-12:30. Op Vrydagaand 6 Maart is daar vanaf 18:00 hamburgers en skyfies teen R35 te koop. Almal welkom!
Navrae: 021 939 3830. 
NG Bellville-Oos
2. NG Gemeente Bellville-Oos: Omgeefees
Bellville-Oos (De La Haye) hou op Saterdag 21 Februarie hulle Omgeefees. Dit begin met 'n biduur om 07:30, 'n pretstap vanaf 08:00 en die res van die basaar-lekkertes vanaf 09:00. Heerlike braai- en potjie-etes, witolifante, gelukkige trekkings!
Navrae: 021 948 5785 of Hennie 082 499 4159.
3. NG Gemeente Worcester-De la Bat (Dowes): Basaar
Worcester-De la Bat  hou op Sat 28 Feb vanaf 09:00 basaar en ougoed-skou. Geniet 'n familiedag saam met die Dowes.  Ontbyt en alle tradisionele lekkernye, vleis, asook 'n gesellige teetuin en kindervermaak. Beleef 'n stilveiling met interessante goedere! Navrae: 023 342 5555.
4. NG Gemeente Paarlberg: Basaar
Paarlberg hou op Sa 28 Feb vanaf 08:00 by hul kerkterrein (Bo-Langstraat, Noorder-Paarl) hul jaarlikse basaar. Almal welkom! Allerlei basaar lekkernye; boeke teen billike pryse; pragtige handwerk; veteraan trekkers en masjiene om te bekyk; hope kindervermaak. Navrae: 021 872 8072.
5. NG Kuilsrivier-Suid: Klaagliedere van Tienie Benade
Kuilsrivier-Suid bied aan: Die Klaagliedere van ds Tienie Benade op 27 Maart om 20:00. Die gewilde Frank Opperman (“Orkney Snork Nie”se “Ouboet”) is terug op die verhoog met ‘n splinternuwe produksie - ‘n storie van verdriet, maar ook ‘n storie van hoop wat nie beskaam nie.  Teks geskryf deur die bekroonde Dana Snyman. Kaartjies: R80pp by die kerkkantoor 021 903 3095. (Weeksdae 08:00- 13:00 & Sondae na erediens) Heerlike kerrie-en-rys, pannekoek, basaarpoeding ens te koop ten bate van Kermis 2015. 
6. NG Gemeente Parow-Panorama: Kermis
Parow-Panorama het op Vrydag 6 Maart hul jaarlikse kermis. Kinderpret begin reeds om 16:00 en die teetuin sal ook dan oop wees. Die amptelike opening is om 17:00. Kuier, kyk en koop – daar sal iets vir elkeen wees! Navrae: 021 930 3100 (weeksdae 09:00-13:00).
Niel Steyn
VAKATURES
NG Gemeente Stellenberg: Mentors vir Deurganghuis 
Stellenberg, in samewerking met Echo, begin 1 April 'n huis waarin hulle jongmense wil help. Hulle glo om saam met ander in gemeenskap te leef kan 'n groot verskil maak. Jong dames wat passievol oor dié saak is en as mentors in hierdie huis wil woon, kan Niel Steyn (niel@echoyouth.co.za) of Why (why@stellenberg.co.za) kontak vir meer inligting. 'n Berig oor die nuwe "deurganghuis" in Durbanville is hier.

TEN LAASTE ...
Uit die Pen van ...
Tallie van den Heever

Ek het in die kerk uitgevind jy kan ander mense bly maak met byna enige woord, solank jy dit net inlei met “Ten laaste…” 

Johannes van die Kruis (1542-1591) beywer hom vir verandering binne die Rooms-Katolieke kerk. Dit maak hom so ongewild by 'n deel van sy orde dat hy vir 'n tyd in aanhouding beland. Uit sy lewenservaring, maar seker in samehang met sy nadenke oor die lewensloop van Jesus, ryp ryke oortuigings. Een daarvan kan ons kortliks so opsom: Om uiteindelik te kry wat jy nog kortkom, moet jy 'n pad van ontbering loop. 

Hoekom maak dit my nie bly nie?

Tallie is predikant by NG Boesmanland in Springbok. Kontak hom by tallie@kingsley.co.za
VrydagNuus-groete
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.