STELLENBERGER
Mei 2023

Pinkster 2023: Kan dooie bene weer herlewe?


Deur: Ds. Marius Breytenbach
Lewenservaring leer ons dat verandering onvermydelik is. Daar sal altyd nuwe situasies oor ons pad kom wat ons omstandighede verander en ons dan dwing om dienooreenkomstig die nodige aanpassings te maak.  As gelowiges streef ons daarna om dit vanuit ons geloof hoopvol te benader. Lees meer . . .
Chrismari Herholdt – Uithalerkok, voorslag en inspirasie

Wanneer ’n mens met die bruisende Chrismari Herholdt kennis maak, wonder jy of sy ook net 24 uur in haar dag het.  Chrismari is reeds sedert 2017 die konvenor van die kerrie-en-rys-etes by ons jaarlikse basaar en dit is maar een van die talle projekte wat Chrismari met gemak en op die oog af sonder veel inspanning organiseer.


“Om die kerrie-en-rys te koördineer, is jaarliks vir my ’n reuseplesier,” sê Chrismari.  “Almal is altyd bereid om te help.  Die jonger mense verkies om donasies te gee, maar daar is ook ’n lekker groot groep wat help aartappels skil en opkook, maalvleis gaarmaak en op die dag van die basaar met die opskep behulpsaam is.  Dit is elke jaar vir my so wonderlik om te sien hoe mense op my boodskappe reageer met produkte wat by my huis afgelewer word en donasies wat inbetaal word.  Ek hoef bykans geen bestanddele aan te koop nie. Lees meer . . .

’n Nuwe pastorie


Deur: Ds. Marius Breytenbach
Marius Schoombie, ons leraar wat vir die jeugbediening verantwoordelik is en sy vrou, Pauline, verhuis binnekort na 'n nuwe pastorie wat deur die gemeente aangeskaf is. 

Stellenbergers neem deel aan RSG se Red-’n-plaas-camino

Nicola Visser, ds. Johan Visser se vrou, het van 14 tot 22 April aan die Red-’n-plaas-camino, georganiseer deur RSG, deelgeneem.  Stellenberger het ’n paar vrae aan haar gerig om meer te wete te kom van dié interessante fondsinsamelingsprojek wat RSG ten bate van humanitêre hulp aan die droogtegeteisterde plaasgemeenskappe in die Noord-Kaap en omliggende gebiede, van stapel gestuur het.  Haar antwoorde is in Engels aangesien dit haar moedertaal is.

Lees meer . . .



Stellenberg reik uit oor alle grense


Deur: Ds. Marius Schoombie
Jaarliks, tydens die Junie-Julie-skoolvakansie word Stellenberg-gemeente se visie – reik uit oor alle grense heen – op ’n tasbare manier uitgeleef wanneer ons na drie gemeenskappe in die Karoo uitreik. Oor die jare heen was Stellenberg-gemeente by die opbou van verskillende Karoo-gemeenskappe, in onder andere Prins Albert, Calitzdorp, Beaufort-Wes, Leeu-Gamka, Vosburg en Koue Bokkeveld, betrokke.  Vanjaar beoog ons om na Beaufort-Wes, Calitzdorp en Leeu-Gamka uit te reik. Lees meer . . .

Om die moed te hê om met verlies te leef


Deur: Rudolph van Schoor
Paulus skryf van geloof, hoop en liefde. Hierdie woorde het vanjaar, nadat ek iemand aan die dood afgestaan het, vir my dieper betekenis gekry.

Verlies het ’n unieke betekenis vir elkeen van ons, want ons ervaar dit verskillend en elkeen se verlies is ook anders. Ons verloor mense, verhoudings, huwelike, beroepe, leefstyl, huise, gesondheid, kwaliteit van lewe as gevolg van kroniese siektes . . . die lys is oneindig lank. Lees meer . . .


VatVyf-groep nog lank nie koud


Die VatVyf-groep bestaan uit lidmate bo 60-jarige ouderdom.  Die groep het ’n sosiale inslag en die hoofdoel met die byeenkomste is om lede aan interessante instansies, plekke of mense in ons omgewing bekend te stel.

“Daar bestaan ’n heerlike samesyn onder groeplede,” sê ds. René Potgieter, sameroeper, “en dit skep die ideale geleentheid vir nuwe lidmate om ander mense in die gemeente te leer ken. Die VatVywers kom een keer per maand byeen en ons wissel byeenkomste in die saalkompleks met uitstappies af.  Tydens saalbyeenkomste reël ons gewoonlik dat ’n interessante spreker die groep toespreek.  Ons het vanjaar al onder andere besoek van die Gidshondvereniging asook die Nasionale Seereddingsinstituut ontvang.
Lees meer . . .

Dis weer sinodesittingtyd

Die sinodesitting van die NG Kerk Wes-Kaapland vind vanaf 8 tot 12 Mei by die ATKV-oord in Goudini plaas.  Stellenberg-gemeente se leraars asook vier kerkraadslede sal die gemeente by die sitting verteenwoordig.
Die sinodesitting het ’n spesiale logo vir die byeenkoms laat ontwerp en die kunstenaar het die unieke vorm van die proteablom se blaar in haar ontwerp gebruik.  Die veelkleurige logo beeld die ankerpunt “Christus, ons vreugde!” uit. Die logo is saamgestel uit vyf proteas wat diversiteit en eenheid uitbeeld. Die inspirasie en keuse van die protea is eie aan die Wes-Kaapse natuurskoon.  Lees meer . . .

In die enjinkamer .  .  .

 
Ons stel graag die gemeente se voltydse personeel bekend.
Kerkkantoorpersoneel:
Van links: Marlise du Toit: Finansies;  Sanèl Joubert: Kommunikasie;  Sunet Opperman: Sekretaresse vir jeug.
Van links: Anneke Serfontein: Sekretaresse vir leraars, lidmaatskappe en doopaansoeke;  Charlotte Schoeman: Ontvangs en lokaalbesprekings;  Adele van Wyk: Finansies.
Terreinpersoneel:
Van links: Jacques Holtzhausen: Terreinwerker; Harry Langhtrey: Terreinwerker.    
Van links: Deon Maree: Terreinbestuurder;  Sharon Smith: Terreinwerker; Terrence Smith: Terreinwerker.  
Feesmarkkantoor:
Van links: Sheree-Lee Gildenhuys, Administratiewe assistent vir feeste;  Karen Visagie: Geleentheidskoördineerder.
Subscribe to our email list.