GEMEENTEBULLETIN

  22 tot 29 Desember 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 24 Desember 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. René Potgieter (4)

Samesang
van Kersliedere vanaf 19:00 tot 19:30 in die kerk                 
Deuroffer 
Deuroffers word slegs op Kersdag ten bate van die gemeente se projekte in Klipheuwel opgeneem.

Kersdienste in die kerk

Kersdag, Maandag 25 Desember 2023

07:30 (1/2) , 08:30 (7/8/9) en 09:30 (3/4) 

Prediker: Ds. Breytenbach
Skrifgedeelte: Lukas 1:46-56
Deuroffer: Projekte in Klipheuwel 

Eredienste tydens die skoolvakansie

31 Des. 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Schoombie (1)

7 Jan. 09:00 | Oggenddiens met doop in die kerk | Ds. Schoombie  (2)

14 Jan. 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Visser (3)

Maria, dogter van Evert

Ons is opgewonde oor die nuwe koffiewinkel wat eersdaags op die terrein open.  Maria, dogter van Evert se deure open amptelik op  Maandag 15 Januarie 2024.  Ons verwelkom graag vir  Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein.  Gaan loer gerus in en drink van hulle heerlike koffie en geniet die varsgebak en heerlike maaltye.  Die koffiewinkel sal weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 oop wees en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae.  Gesluit op Sondae.

Kategese-registrasie 2024

Jy kan nou aanlyn vir kategese in 2024 registreer.  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel, sodat ons weet vir hoeveel kinders om in 2024 voorsiening te maak.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za.

Kersboodskappe van ons leraars

Ds. Marius Breytenbach
My gunsteling-Kersfeesherinnering

Om die seën te beleef van Oukersaand en Kersdag saam met  familie, is een van die Kersfees-herinneringe wat altyd by my opkom.   Al is ons kinders vandag jong volwassenes, leef die tradisie van Kersvader steeds voort, maar in die plek van die oupas verskyn my dogter deesdae tot groot vermaak van almal. Lees meer . . .


Kerkkantoor sluit tydens die feesgety
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor tot 5 Januarie 2024 gesluit sal wees.  Ds. Marius Schoombie (083 635 1523/schoombie@stellenberg.co.za) is tot 7 Januarie 2024 aan diens.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en           mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n                    besigheids- en  lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Die sentrum is gesluit vanaf 18 Desember tot 3 Januarie 2024.

Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/therapy@stellenberg.co.za
 

Subscribe to our email list.