Stellenberger vir Augustus is uit! Lees hier!
Stellenberger vir Augustus is uit! Lees hier!
STELLENBERGER
Augustus 2023

Seisoen van skepping: In verwondering

Deur: Ds. Johan Visser
In September, die eerste lentemaand, word ons as gemeente weereens op reis geneem om na te dink oor die seisoen van skepping. Ons gemeentekalender se voorblad met die verskeie foto’s van spekboomsteggies herinner ons aan die skepping.  Die vier woorde: Behoort – Bewoon – Bewaar – Bewerk is nou verweef aan ons gemeente se waardes: Nader aan God – Nader aan mekaar – Om ’n verskil te maak in die wêreld – Om voortdurend te vernuwe.  Die oorhoofse tema vir die derde kwartaal is om te bewaar en sodoende gaan ons in Septembermaand reflekteer oor ons verwondering, maar ook oor ons verwonding. Lees meer . . .

Stellenberg-uitreike: ’n Uitreik is ’n onderstebo-ervaring

Deur: Ds. Marius Schoombie
Om op ’n Stellenberg-uitreik te gaan is ’n vreemde, onderstebo-ervaring. Jy gaan weg om in ’n gemeenskap te gaan bly waar jy meer tuis voel as by jou huis. Jy leer ken in ’n dag se tyd ’n hele gemeenskap se name en stories, gee drukkies en bid vir mekaar – waar jy in jare nie eers jou bure se name leer ken het nie. Lees meer . . .
Mannekamp ontsluit die waarde van stilte
Wees stil en weet Ek is die Heer. Wees stil en weet Ek is. Wees stil en weet. Wees stil.

Wees . . .

Met bogenoemde woorde is 33 gemeentemanne binne die kapelruimte van die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum in Wellington ontvang. ’n Paar van die manne wat die kamp meegemaak het, deel hul ervaring van die naweek in ’n paar woorde. Lees meer . . .

Ontmoet vir Mia van der Merwe, teologiese student en lidmaat


Mia van der Merwe beoog om in 2024 haar praktiese jaar in die gemeente af te lê en was ook die afgelope skoolvakansie deel van een van die uitreikspanne.  Sy het grootgeword in die gemeente en Stellenberger het by die amper-dominee gaan inloer om haar beter te leer ken. Lees meer . . .

Augustus is barmhartigheidsmaand


Deur: Ds. René Potgieter

Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word (Matteus 5:7).

WAT IS BARMHARTIGHEID?


Die Hebreeuse woord vir barmhartigheid beteken “deernis” – om in goedheid af te buig na ’n mindere; om guns aan ’n ander te bewys. Lees meer . . . 

In die vierde kwartaal vier ons saamwees in eredienste

Vanaf Sondag 15 Oktober tot 10 Desember sal die oggend- en familiediens gesamentlik om 09:00 in die kerk aangebied word.  Die aanddiens sal steeds om 18:00 in die kerk voortgaan asook die meditatiewe diens om 09:00 in die kapel.  Junior en senior kategese gaan ook normaal voort.
Tydens die weke van saamwees sal ons die Hervormingsfees saam vier, asook die baie besondere Adventtyd op die kerklike kalender, wat ook ons Kerssangdiens insluit. Ons is opgewonde oor die viering van ons saamwees binne ’n diverse gemeente en sal in dié kwartaal op die tema, om voortdurend te vernuwe, fokus. 

Op ’n uitreik beleef ’n mens die Here in die klein dingetjies

Deur: *Kayla Swart

In die Junie-Julie-skoolvakansie was ons gretig om met breë glimlagte en waaiende handjies in Leeu-Gamka, ’n dorpie net voor Beaufort-Wes, verwelkom te word. Dié dorpie lê so na aan my hart. Ek kan getuig dat die jaarlikse uitreik vir so baie van ons spanlede een van die hoogtepunte van die jaar is. Ons span het gebars van opgewondenheid. Lees meer . . .

Vroueoggend was ’n lekker viering van vrouwees

Op Vrouedag is ’n vroueoggend spesiaal vir die vroue van die gemeente aangebied.  Ons het vrouwees, skoonheid, vrienskappe en ons saamwees by die mooi geleentheid gevier.  Alicia Buckle, grimeerkunstenaar en eienaar van ’n grimeerskool in die Paarl, het die reeds pragtige vroue ’n paar skoonheidswenke gegee, die Edna's het gesorg vir ligte vermaak en daarmee saam was daar geleentheid om lekker saam te kuier.

"Die gasvrouens het hulle tafels so keurig aangebied en ek is baie dankbaar teenoor elkeen van hulle wat soveel moeite met hulle tafelversierings en gaste gedoen het. Die manne in die kombuis, wat die heerlike ontbyt voorberei het, was natuurlik ook deel van die oggend se sukes," sê Karen Visagie, organiseerder. "Dit was 'n lekker feesviering en sal 'n jaarlikse instelling raak."

Feesmark 2023 sal nie teleurstel nie

Die feesmark begin vanjaar ’n week later as vorige jare.  “Die mark se deure open op Maandag 23 Oktober en sluit op Saterdag 11 November,” sê Karen Visagie, organiseerder.  “Die motivering vir die verskuiwing van die datums was grootliks om die einde van die maand en klante se betaaldatums optimaal te benut.  Inkopietye bly dieselfde.  Die mark is weeksdae van 10:00 tot 20:00 oop en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00.” Lees meer . . .

Connect – met mekaar en jou skepper


Deur: Anja Botha
By Stellenberg-gemeente se selgroep vir jong volwassenes Connect maak dit nie saak waar jy jou tans bevind nie, daar sal ’n plekkie vir jou wees. Ek is lid van die Connect-selgroep vir studente en jong volwassenes wat elke tweede Woensdag om 18:30 bymekaarkom. By hierdie byeenkomste is ’n mens gewaarborg om nuwe mense te ontmoet en sterk vriendskappe te sluit.  Jy kan verseker wees dat jy voor die amptelike verrigtinge afskop, geleentheid sal hê om met ’n koppie koffie in die hand lekker te lag en ander mense beter te leer ken. Lees meer . . . 

Die elektroniese bulletin het ’n nuwe voorkoms


Die gemeentebulletin bly steeds oor al die jare heen die gewildste en effektiefste vorm van kommunikasie met die gemeente se lidmate.  Die bulletin word weekliks elektronies aan ongeveer 1 100 lidmate versend, aan 400 lidmate per WhatsApp gestuur en 300 harde kopieë word ook weekliks gedruk en by eredienste beskikbaar gestel. 
Die bulletin kan ook op die gemeente se webwerf gelees word en ongeveer 150 webgebruikers laai die bulletin weekliks van die webwerf af.  Indien jy nog nie die nuwe weergawe van die bulletin onder oë gehad het nie, klik HIER om te sien hoe die nuwe weergawe lyk.
Indien jy graag die bulletin per e-pos wil ontvang, stuur asb. ’n e-pos aan sanel@stellenberg.co.za.

Kunsmatige intelligensie en Switserland

Foto: Dirk Brand is tweede van links op die foto en saam met hom is die res van sy spanlede, van links,

Yasi Yousefi, Kholo Kugler, Emmie Hine, Pier Giorgio Chiara en Parisa Osivand.

Deur: Dr. Dirk Brand

In die land wat bekend is vir sjokolade en horlosies van die beste gehalte, het ’n unieke kompetisie in Julie plaasgevind, naamlik die St.Gallen Grand Challenge.  Die regulering van kunsmatige intelligensie (KI) is tans in die internasionale kollig. In die lig van die belangrikheid van beheer om etiese kunsmatige intelligensie deur paslike regulasies te verseker, het die Universiteit van St.Gallen in Switserland die First St.Gallen Grand Challenge aangebied. Lees meer . . .

Subscribe to our email list.