Stellenberg-weekliks

 9 tot 16  Februarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 11 Februarie 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
NAGMAAL
Filippense 2:5-11 | Die reuk van Jesus se lyding
Oggenddiens om 09:00 in die kerk  | Ds. Potgieter (1/2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie (7)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
 Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal (kleuterkerklokaal).
Graad 1 tot 3 ontmoet om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 ontmoet om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 's ontmoet om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Aswoensdag | 14 Februarie

Sluit gerus op Woensdag 14 Februarie om 19:00 by die spesiale erediens ter viering van Aswoensdag in die kerk aan. 

Doop Sondag 11 Februarie


  • Martin en Deandré le Roux, laat doop vir Marlo Anthony le Roux.
  • Ian en Monique Venter, laat doop vir Miané Venter.  

Lydenstydreeks:  Jesus ruik na mirre en stof

Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Bybelstudiegroep vir huiswerkers


Huiswerkers word uitgenooi om in te skakel by ’n Bybelstudiegroep wat elke tweede Donderdagaand byeenkom.  Ons doen saam Bybelstudie en kuier ook lekker saam.  Indien jy nuut in die omgewing is, bied die groep aan jou die ideale geleentheid om ander mense te ontmoet.  WhatsApp vir  Anéne Nortier by 083 581 6930 indien jy belangstel om aan te sluit.

VatVyf-byeenkoms


Ons besoek die Imhoffplaas op Woensdag 28 Februarie.  Ons vertrek om 09:00 vanaf die kerk.  Toegang tot die plaas is gratis, maar almal moet hulle eie ontbyt betaal.  Bespreek by Charlotte voor  Vrydag 23 Februarie,  021 976 4519.  Getalle is beperk.

Ons hou op Vrydag 8 Maart vanaf 16:00 weer ’n lekker saamkuier-basaar en het helpers nodig om die funksie suksesvol aan te bied. 

HELPERS

Indien jy bereid is om produkte te verkoop, 'n poeding te maak, of bak, of ’n koek te bak, kontak asb. vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za/ 082 827 9389.


SKENKINGS
Ons benodig skenkings van die volgende produkte: suiker, meel, melk, vla, jellie, kaneel, olie, tamatiesous, blatjang, eiers, kaas en roomys.  Kontantbydraes is ook baie welkom en kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, gebruik BASAAR as verwysing.

WITOLIFANTTAFEL
Skenk asseblief enige huisware, speelgoed, gereedskap, ens. vir die basaar se witolifanttafel.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

’n Nuwe simbool om Stellenberg se storie te vertel


Deur: Ds. Marius Schoombie
Daar is krag in simbole. Dink aan die simbool voor die VN se hoofkantoor in New York: ’n rewolwer se loop wat in ’n knoop gedraai is – ’n simbool van vrede, wat van jou verg om ’n wêreld sonder geweld en oorlog te verbeel. ’n Teken verwys na iets spesifieks, met ’n duidelike betekenis daaraan geheg – as jy ’n stopteken sien, dan moet jy stop. ’n Goeie simbool, daarenteen, het nie net een betekenis nie, maar nooi ons om deel te word van ’n narratief wat die wêreld anders uitbeeld. ’n Simbool vertel ’n storie.  Lees meer . . .

Behoort Palestina aan die huidige volk van Israel?


Deur: Ds. Schalk van Wyk
Ons is gedurig aan die etiketteer. As ons eers ’n etiket aan ’n persoon of groep geheg het, hoef ons nie verder te dink of te kyk nie. Die etiket, glo ons, sê alles wat belangrik is om van die persoon te weet. Dit is dom-glo, maar ons doen dit nogtans ewe vrolik:

Wat kan jy anders verwag?  Hy is immers ʼn Moslem!
Sy is gay, so ons weet mos . . .;
Hy sal ʼn goeie keuse wees, hy is ʼn ware Christen.
God het die hele Palestina vir die Jode gegee. Die Jode is . . .“

Graad 10-kamp

Alle graad 10's word na ons KerkKamp uitgenooi. Ons gaan op Vrydag 16 Februarie by die kerk oorslaap. 
Tye: Vrydag 16 Feb. vanaf 16:00 tot Saterdag 17 Feb. om 08:00.

Skryf hier in: 
Inskrywingsvorm

Ons gaan lekker kuier maar ook dieper delf in geloof en die paasverhaal. Meer inligting is in die inskrywingsvorm beskikbaar.  Ons hoop ons sien jou daar.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is.  Indien jy bewus is van iemand wat siek of in die hospitaal is, bring dit asseblief onder ds. René Potgieter se aandag by rene@stellenberg.co.za of  079 893 8104 .              
-Leon Venter, het geval en het bloeding op die brein opgedoen.
 - Adri Aldrich, kan nie meer stap nie weens rugprobleme.
- Willie du Toit is met  kanker gediagnoseer.

Raak asseblief betrokke

Daar is verskeie bedieningsgeleenthede in die gemeente en ons wil jou graag aanmoedig om by een van die bedienings betrokke te raak sodat jy jou gawes op dié wyse tot uitbou van die koninkryk kan aanwend.  Ons benodig hulp met praktiese dienslewering aan bejaardes, hulp by kategese, ens. Lees meer . . .

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

Advertensies

  • Lizanne Fagan is dringend op soek na werk.  Sy kan onmiddellik begin.  Klik HIER om haar CV af te laai.

Wolhaarstories

Die ywer waarmee ons flukse breispan brei, is geen wolhaarstorie nie.  Die manne en vroue se penne klik daagliks om warm serpe en musse vir Karookinders en senior burgers te brei.  Hulle wolvoorraad is egter maar skraps en hulle is afhanklik van skenkings. Gee asb. bydraes van bruikbare wol by die kerkkantoor af om die mooi projek te ondersteun.

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 5 Februarie om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.