GEMEENTEBULLETIN

 19 tot 26 Januarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 21 Januarie 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Jona 3:1-10 | Genade groot genoeg

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (4,1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aalyn | Ds. Visser (7,8)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

               
Kategese-registrasies na die oggenddienste en aanddiens         
 Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal

Sondagviering: Kuier saam na die oggenddienste


Tee en Koffie in die kerktuin
Gratis tee en koffie is na ons oggenddienste in die tuin voor die kerkgebou beskikbaar. 

Gemeentebraai: Vrydag 2 Februarie

Kom begin die nuwejaar op ’n gesellige noot deur ons maandelikse gemeentebraai op Vrydagaand 2 Februarie by te woon.  Bring jou eie vleis, bykosse en drinkgoed asook ’n bord, eetgerei en glas.  Ons voorsien die kole.  Kole is vanaf 18:30 gereed.

Week van Gebed

Sluit vanaf 5 tot 8 Februarie aan by die gemeente se  jaarlikse WEEK VAN GEBED om 18:30 in die kapel.

5 & 8 Februarie: Aanbieding deur dr. Siegfried Louw

6 & 7 Februarie: Aanbieding deur dr. Mias van Jaarsveld

Geen vooraf besprekings.  Jy kan net opdaag.

VatVyf vrugtefees

Ons nooi alle senior lidmate om op Woensdag 31 Januarie by die jaarlikse vrugtefees in die grootsaal in te skakel.  Toegang is gratis en die feestelikheid begin om 10:00.  Bespreek jou plek by Christine, kerkkantoorontvangs (021 976 4519) ontvangs@stellenberg.co.za voor of op Maandag 29 Januarie.

MARIA is oop en pragtig

MARIA, dogter van Evert, die restaurant op die kerk se terrein, het amptelik op Maandag 15 Januarie geopen.  Die restaurant se elegante, dog huislike atmosfeer, sal jou asem weg slaan en die personeel is gereed om besoekers met outydse sjarme en hartlikheid te bedien.   Lees meer . . .

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom ervaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.  Daar is nog enkele plekke beskikbaar.

Datum: 16-18 Februarie 2024.  Koste: R1 400.  Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in. Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by ontvangs@stellenberg.co.za of kontak die kerkkantoor by 021 976 4519.    
               

Vrywillige kokke

Ons benodig helpers wat een keer in twee maande behulpsaam kan wees met die voorbereiding van maaltye vir Magdalenahuis, sentrum vir ongehude moeders.  Die maaltye word op Donderdagoggende in die kerk se kombuis voorberei.  Kontak asseblief vir Anneke by 021 976 4519/anneke@stellenberg.co.za indien jy kan help.

Vrolike nuwe moederskamer verwelkom maatjies

Ons nooi graag alle ouers met babas en kleuters om die moederskamer in die kerk te gebruik.  Ons moederskamer is verlede jaar met die hulp van Marlien Henrico se vrolike verfkwas en skildertalent in ’n kinderparadys omtower.
Die familidiens het ook ’n moederskamer wat deur ouers met woelwaters benut kan word.  Die familidiens se moederskamer is in die bovertrek en kan met die trappe aan weerskante van die kleinsaal se ingang bereik word.

Kategese-registrasie 2024

  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za om aanlyn te registreer.  Daar is ook geleentheid om na die oggenddienste in die grootsaal te registreer, of na die aanddiens en navrae aan Annibrand-kategete te rig.  Kategesegelde kan kontant, met SnapScan of EFT betaal word.

Kategese: Op reis saam met God en mekaar

Deur: Ds. Marius Schoombie
Die lewe is ’n reis saam met God. By Stellenberg-gemeente glo ons dat die Here met ons kinders ’n pad stap van vóór die doop, tot ná belydenis (en die res van lewens). Daarom praat ons van kategese as ’n reis waarop geloof gevorm word (of geloofsformasiereis). Soos op enige reis, is elke tree belangrik. Lees meer . . .

Graad 8-kamp: Annibrand Senior se eerste treë in 2024

Deur: Mia van der Merwe
Stellenberg Annibrand het 2024 met baie energie afgeskop tydens die jaarlikse graad 8-kamp wat vanaf 12 tot 14 Januarie by die Apostelbattery-kampterrein aangebied is. Die kamp word jaarliks in samewerking met Sonstraal-gemeente en Stellenberg Hoërskool aangebied.  Lees meer . . .

Graad 6-tot-7-kamp

Ons nooi alle graad 6’e en 7’s om vanaf Vrydagmiddag 2 Februarie tot Saterdagoggend 3 Februarie om 10:00 in te skakel by die GLOW-kamp wat op die kerkterrein aangebied word.   

Laat jou lig in 2024 elke dag skyn!

Sien aanlyn inskrywingsvorm hier onder. 

Dagstukke se opnames opgeskerp


Diegene wat na die daaglikse dagstukke, wat deur ons gemeenteleraars saamgestel word, luister, sou moontlik opgemerk het dat die stemopnames sedert die begin van Januarie 'n bietjie meer profesioneel klink.  

Lees meer . . .

Vakature by die kerkkantoor

Stellenberg-gemeente het ’n 6/8-pos vir ’n ontvangsdame beskikbaar. Die pos behels algemene ontvangs en kantooradministrasie. Die suksesvolle kandidaat moet rekenaarvaardig wees en oor goeie administratiewe vaardighede beskik. Aansoeke sluit op Woensdag 31 Januarie en aanstelling is vanaf 1 Maart 2024. Stuur ’n volledige CV na anneke@stellenberg.co.za. Navrae rakende die vakature kan aan Anneke by 021 976 4519 gerig word. 
Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 5 Februarie om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.