navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste | Sondag 30 Maart 2025


Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schalk van Wyk (2)

Lydenstyd 2025

VIERDE LYDENSWEEK
Neem deel aan Lydenstyd deur by die volgende in te skakel:

GEBED 
 - Woon elke Sondag een van ons eredienste by.

VAS

Besluit om van iets te vas in die sewe-weke-periode om jouself op die wyse aan Jesus se lyding te herinner.

GEE
Fokus gedurende die Lydenstyd op vrygewigheid en bring gerus bydraes van niebederfbare produkte vir die kosprojek saam kerk toe.

ROOI KRUISE
Onthou asseblief om ’n foto van jou rooi kruis by jou huis te neem en te WhatsApp na 081 045 2428.  Baie dankie aan almal wat reeds foto's gestuur het.

In-Christus-konferensie

Op 19 en 20 Maart is ’n konferensie met die tema: In-Christus Leierskap en Spanformasie by Stellenberg aangebied. Leiers en spanne uit verskeie sfere van kerke tot die sakewêreld en die opvoedkunde tot niewinsgewende organisasies, is genooi om saam die kwessie wat dit beteken om werklik vanuit ’n In-Christus- oortuiging leiding te neem, deeglik te bespreek en te beredeneer.  Lees meer . . .

Vind vrede in ’n wêreld vol konflik: Lesse uit Jerusalem

Ons dink na oor ds. Marius Breytebach se preek op Sondag 23 Maart 2025.

In die hart van Jerusalem, ’n stad wie se naam beteken "grondslag van vrede," staan ’n kerk wat ’n diepgaande verhaal vertel. Die Kerk van die Heilige Graf, gebou op die plek waar Jesus na bewering gekruisig en begrawe is en die spesifieke graf word deur ses Christelike denominasies gedeel. Elke sentimeter spasie word noukeurig gemeet en fel bewaak. ’n Leer op die tweede verdieping staan al 300 jaar lank op dieselfde plek weens ’n geskil oor wie die reg het om dit aan te raak. Lees meer . . .


Ons groet ’n staatmaker


Deur: Ds. Philipp Dietmann
Op Sondag 16 Maart het ons vir tannie Jettie Bakkes, as eredienswerker by die meditatiewe diens, gegroet. Sy gaan gelukkig nêrens ver weg nie, maar het wel Sondag afgetree as die gasvrou by dié diens. Toe ek haar vra hoe lank sy nou al hierdie rol vervul, was haar antwoord: "Van die begin af" – dit sê alles! Sy het ’n ongelooflike groot rol gespeel om elke Sondag die ruimte in die kapel voor te berei en al die kerkgangers te verwelkom. Haar warmte het ons almal tuis laat voel en dit was ’n groot geskenk vir die kerkgemeenskap. Vir my persoonlik het sy geleer dat eenvoud mooi is en stilte is genoeg. Alhoewel tannie Jettie miskien nie meer ’n dienswerker gaan wees nie, gaan ons haar altyd steeds ervaar as een van die dryfvere agter hierdie diens. Baie dankie vir al die jare se onbaatsugtige diens.

Gebed | Ons gesels met Jesus oor sy lyding


Deur: Ds. Schalk van Wyk

In hierdie Lydenstyd gesels ons telkens met Jesus oor een van sy kruiswoorde. Vandeesweek, die derde kruiswoord:

“By die kruis van Jesus het sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en ook Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was, wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: “Vrou, kyk, daar is u seun!” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, daar is jou moeder!” En van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem."
(Johannes 19:25-27 2020-vertaling).  
Lees meer . . .

VatVyf-toer

Ons beoog om vanaf 10 tot 14 September die pragtige vlaktes van die Karoo saam te verken.  Ons vertrek vanaf Stellenberg en besoek agtereenvolgens Sutherland, Beaufort-Wes en Oudtshoorn.

Koste: R5 500 – sluit vervoer, akkommodasie en etes in.

Deposito van R3 000 betaalbaar om jou plek te bevestig.

Rig asseblief enige navrae aan ds. René Potgieter by 079 893 8104.

Helpers by die teetuin


Ons het dringend helpers nodig wat bereid sal wees om op Sondagoggende vir ongeveer een uur na die oggenddienste by die teetuin behulpsaam te wees.  Helpers moet slegs tee skink, geen skottelgoed was nie. Kontak asb. vir Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za om hulp aan te bied.

Wolskenkings

Die breigroep benodig wolskenkings om voort te gaan met al hulle breiprojekte.  Die groep is hard aan die werk om serpe en musse vir die komende uitreike na die Karoo te brei.  Die lekker warm bykomstighede word aan minderbevoorregte kinders en bejaardes in die koue Karoo geskenk.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 7 April 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
ELM-Optemetrie bied aan alle Stellenberg-lidmate ’n gratis en omvattende oogtoets.  Klik HIER om die volledige besonderhede af te laai.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.