Lees deur internet, klik hier >>
23 Augustus 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
VKO
1.1 VKO bo!
"As die passie en die hart eers in die saak is, is betrokkenheid by vroeëkindontwikkeling (VKO) net 'n wonderlike voorreg en vreugde". Só berig Nioma Venter (PSD: Diaconia) uit Port Elizabeth. Sy en Erika Hougaard (Little Seeds programbestuurder) het 'n driedagwerkswinkel oor vroeëkindontwikkeling aangebied as 'n bedieningsgeleentheid vir 'n groep van 30 gemeente- en bedieningsleiers (foto's onder). 'n Soortgelyke werkswinkel word in Oktober in Stellenbosch aangebied. Belangstellendes kan hier navraag doen. Die fokus van die werkswinkel is op prosesse in die gemeente self, om bewusmaking te skep, 'n bediening te fokus en dan begeleiding in baie praktiese vestiging van platforms vir VKO in en deur gemeentes. 
VKO-groep
Tafelgesprek
1.2 CABSA, MIV/vigs-vennoot van Diaconia
CABSA is 'n geloofsgebaseerde nie-regeringsorganisasie wat daarop fokus om kerk- en gemeenskapsleiers te bemagtig en te ondersteun om verantwoordelik betrokke te wees by die MIV/vigs-epidemie. CABSA het onlangs, vanaf 5 tot 7 Augustus, die tweede gedeelte van hul sesdagkursus aangebied; die eerste deel is van 9 tot 11 Julie afgehandel.
Hierdie intense opleiding is aangebied aan VGK-, Calvynse Kerk- en NG Kerkleiers in vennootskap met Diaconia waar Sean Esterhuizen die PSD (VGK) en Nioma Venter die PSD (NG Kerk) is. Na hierdie opleiding is die kursusgangers volwaardige MIV/vigs-fasiliteerders en kan hulle programme in hul gemeenskappe en gemeentes aanbied.
Kontak Diaconia hier vir meer inligting en kyk na die video oor Kanale van Hoop onder.
Video
Logo
2. Centre for Public Witness
2.1 Day of Lament, Intercession and Prayer walk on 25 August -  Killings on the Cape Flats
A WCEN task team met on the 6th of August to discuss some of the major challenges facing our communities in the Western Cape. One of the recommendations was to call for a Day of Lament and Inter-session on behalf of the people on the Cape Flats who currently go through suffering beyond comprehension. More than 2000 people were killed in the past few months. This day will take place on Sunday 25 August. Click here for more information re the prayer walk venues and meetings as well as ways in which every congregation can become involved. For more information contact Danelle (021 957 7202). 
2.2 Atlantis value project
During the past week school principals and community leaders from Atlantis met with leaders from Beaumont Primary in Somerset West to plan a joint venture through which certain values will be made visible on a large scale in Atlantis. These values include Respect, Resist (violence and crime), Responsibility and Restore (your self worth and that of the community). Beaumont Primary has been running an extensive value creation project in their school for some time. 
Meeting
Gordon Reddel (principal of Beaumont Primary), Peter Lategan (editor of  Impact News), Terence Adams (principal of Grosvenor Primary), Ingrid Koekemoer (Beaumont), Danny Peterson (principal of Rijgerdal Primary), Hannl Cronjé (Orion Atlantis) and Braam Hanekom (Centre for Public Witness)
Internskappe
4. Vrouedagbyeenkoms by die Argief
Die Argief het Vrouemaand gevier met 'n aanbieding Siedaar! Ons wás hier! - voorheen onontginde verhale van Suid-Afrikaanse vroue. Liezl Knoll se skilderye Vrugte van die Gees het 'n kunstige atmosfeer geskep, terwyl pianis Liza Joubert se Vredeklawers betower het. Fasiliteerder Marié Britz het gevra waar ons vergange verhale oor vroue kan vind. Lizelle Smit het gesels oor vroue in die mediese professie en spesifiek oor die pioniersendeling en eerste Afrikaanse mediese dokter, dr. Pauline Murray Pretorius. Eleanor Damon het in haar verhaal Van Lekkerwijn tot Pniel die verhaal van ’n voormoeder in slawerny laat ontvou en Esté Kotzé het vertel van die rol van vroue in die gevegslinie tydens die Tweede Wêreldoorlog.  
Vrouedag
Lizelle Smit, Isabelle Murray, Esté Kotzé, Marié Britz en Eleanor Damon
Spiritual Direction Training
Spiritual Direction Training Course
Agenda
6. Algemene Sinode 2019
6.1 Agenda beskikbaar
Die Algemene Sinode vergader van 6 tot 11 Oktober 2019 by die eMseni konferensiefasiliteit in Benoni. Die agenda en al die belangrike dokumente rakende die sitting is hier beskikbaar. Vir enige navrae, kontak gerus die kantoor via e-pos by algemenesinode@ngkerk.org.za of info@ngkerk.org.za of skakel 012 342 0092 x 204.
6.2 Scenariobeplanning
Die Taakspan Navorsing en Kerkspieël bestuur tans 'n scenariobeplanningsprojek vir die NG Kerk.  Op Vrydag 16 Augustus is 'n werkswinkel in Stellenbosch gehou om insette te lewer vir hierdie projek, wat die toekomstige struktuur en teologiese rigting van die NG Kerk in die Suider-Afrikaanse konteks en 'n vinnig veranderende wêreld aanspreek. Die Taakspan het insette van verskillende plekke in die land verkry - sien die groep onder.
Beplanningsgroep
Staande v.l.n.r.: André Agenbag, Hannes Theron, Pieter van der Walt, Eugene Malan, Jampie Nel, Marius Nel, Christo Benadé en Guillaume Smit
Sittend: Christelle Bekker, Gielie Loubser, Bennie Janse van Rensburg, Angelique Havenga, Bernard Malherbe, Loumaré Denton en Enél Lambrechts
Lentedag
Badisa Algemene Jaarvergadering 3 September
Badisa Algemene Jaarvergadering 3 September - klik bo
GEMEENTENUUS
1. PERCUP Care Coffee Corner deel meer as koffie en beskuit! 
Op Vrydag 16 Augustus het NG Parowvallei-Oos vir die vyftiende keer gratis koffie en beskuit aan verbygangers uitgedeel. Theo Swart skryf: "Ons het vanaf 05:00 tot 08:00 die oggend aan meer as 260 verbygangers ’n bietjie vreugde gebring. Daar was veral ’n groot klomp Franssprekende skoolkinders wat baie dankbaar was vir ietsie om te eet en te drink onderweg na die skool. Met die vriendelike hulp van CLF het ons meer as 300 stukke Christelike literatuur uitgedeel in Frans, Engels, isiXhosa and Afrikaans. Vir die eerste keer kon ons ook iets in Shona uitdeel aan mense uit Zimbabwe – hulle vreugde en verrassing daaroor was vir ons almal ’n inspirasie." 
Care Coffee Corner
Brackenfell-Wes Huwelikskursus
NG Brackenfell-Wes: Huwelikskursus 6-8 September - klik bo
Christene en ander gelowe
NG Durbanville: Gesprek met Andries Cilliers 
12 September - klik bo
Stellenbosch-Welgelegen Onderwys & Opleiding in SA
NG Stellenbosch-Welgelegen: Onderwys en opleiding in SA
NG Pinelands Wilhelm Verwoerd 25 Aug. 2019
NG Pinelands: in gesprek met Wilhelm Verwoerd 25 Aug. 09:30
Canticum Novum
Click above to read more
GEBEDSVERSOEK
Gebedsversoek
ALGEMEEN
1. Disability Awareness Sunday
- 25 August

Project RampUp champions the inclusion of people with disabilities in churches. South African churches are encouraged to invite persons with disability to celebrate their role in the church. Click here for ideas to actively include disabled persons in your congre-gations' activities - from playing a role in the worship service, organising interactive opportunities for disabled persons to share their life experience, to physically inspecting the church building, facilities and terrain to determine the ease of access for disabled individuals.
Colloquium: Practical Theology and Missiology 20 September 2019
Colloquium: Practical Theology and Missiology 20 September - click above
Loslitdag 2019
Louis
4. Stellenbosse besprekingsgroep
Piet Walters, sekretaris van die Stellenbosch Studie- en Gespreksgroep berig dat die groep op Dinsdag 27 Augustus vir Louis van der Watt (Konservatorium, US) as spreker ontvang. Sy onderwerp is "Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde en trou - die Genadeformule in die Ou en Nuwe Testament, en die relevansie daarvan vir vandag". Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal. Kontak Piet by pew@sun.ac.za en klik hier om die volledige program vir 2019 se tweede semester af te laai.  

Course
Boete
6. Raakgelees 
6.1 Strafpuntstelsel vir verkeers-oortredings
President Cyril Ramaphosa het onlangs die wysingwetsontwerp van die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (AARTO) onderteken, wat beteken dat die straf-puntstelsel ’n realiteit vir Suid-Afrikaanse padverbruikers gaan word.  Volgens die 12-punt stelsel sal bestuurders gepenaliseer word as hulle regulasies soos spoedgrense, padtekens en voertuigregistrasie oortree. Dit kan lei tot die tydelike opskorting van bestuurslisensies. Die wetgewing sal egter eers van krag word sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer word en die nodige logistieke in plek is. Lees meer oor die wetgewing hier.
Vraagstuk
6.2 My bure is oorsee. Moet ek ook emigreer?
"Om te ry of te bly. Dit is die vraag vir vele. 'Die wiele val af.' 'Hier is nie 'n toekoms vir my kinders nie.' 'Misdaad wen.' Hoe gemaak? Sulke persepsies is deesdae baie mense se nuwe realiteit. Wel, jy kan doen wat jy wil. Dit is jou lewe. Maar as jy ernstig is oor die Here, dan is dit nie heeltemal so maklik nie. As jy bely Christus is Here, dan is Hy ook die Heer van jou lewe. Dan volg jy Hom. Wel, hoe dink navolgers van Christus oor sulke ry of bly vrae?" Lees hier verder hoe Stephan Joubert oor hierdie saak skryf in eKerk se Goeie Nuus.
NUUSBRIEWE
1.PPF nuusbrief nou beskikbaar
Lees meer oor die tien grootste bedreigings vir finansiële sekuriteit in die Predikante Pensioenfonds se nuutste nuusbrief wat nou aanlyn beskikbaar is. Selfs nie-lede kan belangrike riglyne en raad in die nuusbrief vind. 
Gedrukte weergawes word eersdaags aan alle lede gepos.  
MES Newsletter
PUBLIKASIES
100 dae van dankbaarheid
Klik bo om 'n bestelling te plaas
EKOLOGIE
Gesond eet
1. Now is the time for us as humans to eat mindfully...
… with our minds filled with the knowledge handed to us by the latest (and previous) IPCC report. The kairos (pregnant time) we are living in is not a punishment but rather an opportunity for love – love for planet earth, love for ourselves and all other species and for the human generations to come. However, if we are not going to change our diet, we will be punished – and not by God, but by our own chosen ignorance. Read more here. 
Bee
2. Ways in which you can help the honey bee
Bee species globally are responsible for pollinating 30 percent of the world’s food crops and 90 percent of its wild plants and are absolutely essential to sustain life on earth as we know it. Over the past number of years, there has been a broad focus on and awareness of societal impacts to bee populations. Here are five easy things to do which can help bees thrive. Source: Facebook 

Every drop
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode
Boesmanland
1. NG Boesmanland en NG Simon van der Stel:
Voltydse leraarspos

Boesmanland en Simon van der Stel gemeentes is gevestigde plattelandse gemeentes in Springbok en Nababeep, 20 km buite Springbok. Die gemeentes bestaan uit ongeveer 350 en 60 lidmate. Die suksesvolle kandidaat vir die pos sal by beide hierdie gemeentes bedien. Lees meer hier - die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus.
Logo
2. NG Knysna: Voltydse leraarspos
NG Kerk Knysna het tans 939 belydende en 215 dooplidmate. Tydens skoolkwartale word twee oggenddienste gehou. Lees hier meer van die leraarsprofiel en fokusareas van die pos. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September.

Kerkgebou
3. NG Velddrif: Voltydse leraarspos
Velddrif is 'n plattelandse gemeente aan die Weskus met 740 belydende en 122 dooplidmate Die inwoners is uit die hele ouderdomspektrum, maar met 'n groot aantal bejaardes. R
ig navrae aan die gemeentebestuurder, Wessel Vermeulen, by 082 929 8288. Doen aansoek voor Vrydag 13 September. Lees hier meer oor die vereistes van die pos.
Admin
4. NG Worcester-Vallei:
Kommunikasie- en adminstratiewe beampte
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir gemeente- administrasie en -kommunikasie sowel as die bestuur van die kerkkantoor. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 6 September en diensaanvaarding 1 November. Hier is meer inligting.

Logo
5. Badisa Tygerberg
5.1 Maatskaplike werkers - klik hier
5.2 Maatskaplike hulpwerkers - klik hier
5.3 Administratiewe beampte - klik hier
Al hierdie poste by Badisa Tygerberg se sluitingsdatum is 30 Augustus.
6. Badisa Wellington: Maatskaplike hulpwerker
Badisa Wellington is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Bewys van registrasie by die SACSSP is 'n vereiste. Lees hier meer en doen aansoek teen 31 Augustus.

Logo
7. URCSA Bellville South: Half day bookkeeper
The Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA) in Bellville South is searching for a half day bookkeeper to start from 1 October. To apply send your CV and cover letter, with all the relevant documents attached, to scribe@urcbellville.co.za by 30 August. Find more information here.
Logo
8. Living Network Krisissentrum: Bestuurder 
Hierdie maatskappy sonder winsoogmerk wat by die NG Gemeente Vredelust gehuisves word, beskik oor 'n 6/8-pos vir 'n bestuurder/ maatskaplike werker. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 4 November om 10:00 met diensaanvaarding 2 Maart 2020. Lees hier verder.
Logo
9. Onderhoudsbestuurder by Wortelgat
Aansoeke word ingewag vir die pos van onderhoudsbestuurder van die See-Eike eiendom op Wortelgat, 10 km van Stanford in die Overberg. Die verantwoordelikhede van die pos sluit die verskillende onderhoudsbehoeftes van die landgoed in. Dit is 'n voltydse pos, onderworpe aan 'n proeftydperk van ses maande. Klik hier - aansoeke sluit 20 September.
TEN LAASTE
Ons dra hierdie uitgawe van VrydagNuus op aan lesers met gestremdhede asook hulle families en gemeentes.  Mag ons die nodige deernis, begrip en meelewing vind soos uiteengesit in die Korintiërs teks: "As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Julle is die liggaam van Christus en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan."
Luister gerus na Neil Büchner se nuutste vrystelling In hierdie Oomblik  en leef in die lig van Sy troos en genade.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.