Lees deur internet, klik hier >>
4 September 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
NUUSBRIEF: NG KERK WES-KAAPLAND
Beste Leser
SINODENUUS
Diaconia reik jaarverslag uit
In plaas van hulle normale algemene jaarsvergadering het Diaconia vanjaar hulle jaarverslag elektronies beskikbaar gemaak. Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou: Wes-Kaap (links saam met Nioma Venter, predikant in sinodale diens) het 'n videoboodskap aan Diaconia, 'n gemeenskaplike bediening van die NG Kerk Wes-Kaapland en die VGK Streeksinode Kaapland, gelewer.
In die verslag se slotsom hoop Diaconia dat: "meer en meer gemeentes die ondersteunende visie van die diensgroep sal raaksien en gebruik sal maak van die hulp wat aangebied word, of dit nou oor die stryd teen armoede gaan of oor uitreik na gemeenskappe wat ly, onder watter onreg of realiteit ook al. Diaconia droom van ‘n eenheidsbediening wat die liggaam van Christus versterk en ‘n platform bied waar ons saam kan leer en groei en dien." Klik hier vir die Afrikaans en Engelse weergawe van die jaarverslag.
DinkJeug bied webinaar vir ouertoerusting
In hierdie COVID-19-tyd het gemeentes opnuut ontdek watter belangrike rol ouers of voogde kan speel in die vorming van geloof by kinders en tieners.

Kom kry wenke en ‘n raamwerk oor hoe om ouers in jou gemeente toe te rus om gewoontes, gesonde ouerskap en huisgeloof te beoefen. Klik hier om te registreer. Sien grafika onder vir meer inligting.
Die eerste fisiese byeenkoms ná grendeltyd
Is jy besig om jou eerste byeenkoms te beplan?
‘n Praktiese tema wat regdeur hierdie eerste ontmoeting getrek kan word, is seisoene. Luister hier verder na DinkJeug se podcast oor hoe hierdie tema ons kan help om te dink oor waar ons tans is.
SmartKIX vier lente
SmartKIX (Kinders In Xtus) deel 'n paar idees om lente op 'n herwinbare manier te vier. Kyk 
gerus na die video (onder) wat verduidelik hoekom ons lente kan vier. Besoek hulle webblad hier om toegang tot gratis materiaal vir kinderbediening te kry. 
Badisa deel jaarverslag
Badisa maak met groot trots en dankbaarheid hulle jaarverslag vir 2019/2020 bekend. Die verslag getuig van toegewyde beheerrade en personeel, asook volgehoue ondersteuning van ons gemeentes en gemeenskappe, om mense in nood te dien. Badisa is 'n organisasie met 'n christelike grondslag en het uit die twee kerke ontstaan. Dit is 'n organisasie met Bybelse hoop, waar die personeel nie alleen die begeerte op 'n positiewe uitkoms het nie, maar ook die verwagting het dat dit wel sal gebeur. Hulle het die afgelope jaar 553 665 mense se lewens aangeraak en deel graag hulle storie met gemeentes. Klik hier om die verslag te lees.
Kontekstuele Bybellees skop af!
Getuienisaksie berig met groot opgewondenheid dat die Kontekstuele Bybellees-projek op 1 September amptelik afgeskop het. Die twee implementeerders, di Babalwa Sifuba en Moses Baartman (foto onder saam met Stephen Pedro), het onmiddellik met hierdie reuse-uitdaging begin en sal verantwoordelik wees om die projek in die VGK Streeksinode Kaapland bekend te stel en te implementeer tot in Augustus 2021. Klik hier om meer inligting oor die projek te lees. 
EKOLOGIE
Internasionale Kusskoonmaakdag
Begin reël solank aan jul Internasionale Kusskoonmaakdag op 19 September. Die NG Kerk en VGK Kleinmond se Ekobediening het drie jaar gelede begin om omgewingsbewaring deel van hul alledaagse godsdiens te maak deur hierdie Internasionale Kus (of rivier) skoonmaakdag-inisiatief te ondersteun. Klik hier om meer te lees, kyk na die onderstaande video en dink gerus om in jou gemeente ook so iets te begin.  
Eko-wenk:  Kook sonder elektrisiteit
Een van ons gereelde lesers van Getuienisaksie se mediaplatforms, Melda Goets, het ons aandag onlangs gevestig op die wonderlike voordele van die wonderbag.
Die wonderbag is 'n eenvoudige, maar revolusionêre, nie-elektriese slow cooker wat ontwikkel is vir vroue wat oor oop vure kook, maar wat natuurlik net so effektief deur ons wat elektriese stowe het, gebruik kan word. Nadat 'n pot kos aan die kook gebring en in 'n skuim-geïsoleerde wonderbag geplaas is, sal die kos tot 12 uur aanhou kook sonder ekstra hitte. Omdat die pot 'n fraksie van tyd op die vuur of die stoof staan, verminder hierdie manier van kook die hoeveelheid hout, houtskool, paraffien en gas wat in die huis gebruik word, met tot 70%. Dit bespaar ure se tyd en arbeid, en verbeter die binneluggehalte en algemene gesondheid. Melda het die volgende video aan ons gestuur wat stap-vir-stap wys hoe om jou eie wonderbag te maak:  Lees hier meer oor die wonderbag. Op die foto is die sak wat Melda self gemaak het.
Damvlakke bo 90%
Met die goeie winterreën en onlangse sneeu wat in die Wes-Kaap geval het, lyk damvlakke aansienlik beter as dieselfde tyd verlede jaar. Stad Kaapstad berig vandeesweek dat damme gemiddeld oor die 90% vol is. Die Theewaterskloofdam lê onder andere tans op 87.7% - die hoogste vlak sedert 2014. Die gemiddelde vlak vir damme in die provinsie staan op 71.8%. Vlak 1 waterbeperkings is steeds in Stad Kaapstad van krag. Besoek die provinsiale webwerf hier om meer oor beperkings te lees. 
GROEI-projek
Nioma Venter deel graag 'n wonderlike ervaring wat sy saam met kollega Braam Hanekom gehad het. Hulle het 'n hele paar huise in Macassar en Khayelitsha besoek waar gesinne besig is om groente te plant as deel van die Hoop en Versoening Trust se GROEI-projek. 
"Die gesinne is besig om groente te plant - van klein, beskeie meter-by-meter beddings tot massiewe tuine by skole, wat deur een of twee vroue bewerk word. Ek het onder andere die grootste boerbone in my lewe gesien! Groentetuine, selfvoorsiening en die vreugde van so naby die aarde leef, begin onder mense se velle inklim! Dit is wonderlik om te beleef. Die gemeenskapslid van Macassar wat ons rondgeneem het, het al 150 gesinne gehelp om so tuintjies tuis aan te lê. Ons GROEI-projek van die sinode help met saad. Met hierdie beweging kan ons maar woeker!"
Besoek gerus die Hoop en Versoening Trust se Facebook-blad vir meer inligting oor die projek. 
ONS FAMILIE IN AFRIKA
The evolution of online theological education in Africa
COVID-19 closed and opened doors. This past year has brought a great deal of challenges to theological institutions and education across Africa. In the light of these challenges, an opportunity has arisen to move and deliver a significant portion of training and resources online. This will provide a solution to the restrictions of COVID-19, it will allow those with limited access to theological education the opportunity to partake in online learning, and it will allow your institution to engage and collaborate more effectively with other institutions and theologians.
On Wednesday 9 September the leaders of theological institutions across Africa will discuss the benefits, challenges and successful implementation of online theological education. There will be the opportunity to hear from experts in online education and network leaders from NetACT, ACTEA, and ABTEN as well as opportunities for discussion with other leaders and a panel for questions.
The following issues will be discussed: emerging challenges in online theological education,
collaboration in online education, sustainability in and through online education as well as training for online education.
For more information, contact the NetACT Office in Stellenbosch (Jurgens Hendriks) or Bloemfontein (Nico Mostert).   
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae in September
Baie geluk aan die volgende gemeentes wat hulle verjaarsdae hierdie maand vier. As enige van die onderstaande datums nie korrek is nie, stel asseblief die Kerkargief in kennis by argief@kaapkerk.co.za.
Outeniqualand hou inrydiens
Outeniqualand-gemeente in George nooi almal na eerskomende Sondagoggend se inrydiens om 09:30. Belangstellendes kan op die kerkgronde inskakel op kanaal 90.5FM op hulle motorradio. Sondag se tema is: As die fluitjie blaas! Die Skriflesing kom uit Filemon 8-23.
Die diens is ook vanaf Sondagoggend om 08:00 aanlyn op hulle Facebook en YouTube platforms beskikbaar. 
Tekens van omgee en gebed
Lisel Joubert van Gansbaai-gemeente skryf dat hulle lidmate graag 'n sigbare teken wil dra sodat ander mense kan sien wat in hulle harte aangaan. "Om in die tyd 'n sigbare teken aan vriende, buurmense of enige ander persoon te wys wat op jou hart is, het die dagbestuur die voorstel gemaak dat ons rooi gaan. 
Dit beteken jy vat enige rooi lint, wol of ander materiaal en gaan bind dit aan iemand se hekkie, boom of voordeur as teken dat jy vir hom/haar/hulle bid. Hoe mooi sal dit nie lyk as ons in die straat ry en oral stukkies rooi sien om ons te herinner dat ons mekaar steeds op ons harte dra nie?"
Goodwoodpark se jeug sê dankie
Die jeugbediening van Goodwoodpark is besig met 'n opwindende inkleurprojek waarin die kinders van die gemeente graag hulle waardering wys vir die frontlinie-werkers wat ons land deur die pandemie dra. Die projek is oop vir enigeen, oud en jonk. Hulle poog om genoeg prente te kry sodat een kliniek se muur kleurvol versier kan word. 
Klik hier om van die prente af te laai indien jy ook wil deelneem. 
GEBEDSVERSOEK
Chris Wheeler van NG Gemeente De la Bat doen 'n spesiale gebed vir die Biddag vir Dowes.
VAKATURES
Voltydse leraarspos: Prins Albert
Die NG Gemeente Prins Albert adverteer 'n voltydse drie-jaar termynspos vir 'n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk met 'n liefde vir alle mense, en veral bejaardes en ook begrip vir die omvattende rol wat landbou in die daaglikse lewe van lidmate speel.
Hierdie plattelandse dorp in die Karoo is ongeveer 120km van Oudtshoorn en die boerdery-gemeenskap vorm 'n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap. 
Die geskikte kandidaat moet geheg wees aan die gereformeerde leer met entoesiastiese prediking gebaseer op die Bybel en die NG Kerk se belydenisskrifte.
Aansoeke sluit 2 Oktober met diensaanvaarding in Januarie 2020. Klik hier vir meer inligting.
Klik bo vir meer inligting.
BEHOU DIE HUMOR
PUBLIKASIES
Vertel jou storie!
Henco van der Westhuizen van die Universiteit van die Vrystaat se teologiese fakulteit vertel dat hulle besig is om 'n publikasie saam te stel met humoristiese staaltjies uit die bediening. "Elke dominee en lidmaat het sy/haar eie biblioteek van diep snaakse stories van dope tot troues, huis- en hospitaalbesoeke en begrafnisse; van preke, orreliste, oproepe en kloppe-aan-jou-deur. "Ek weet dis jou dag af dominee, maar ..." 

Nou kan jy die kans kry om jou storie te laat publiseer. Stuur vir ons jou stories (soveel as wat jy wil) van tussen 500 en 1500 woorde (elk) aan hvdw13@gmail.com voor 31 November 2020. Jou storie kan jou dalk R10 000 in die sak bring! 
Dagbeplanners vir 2021
Bybel-Media se aanlynwinkel stel in September 'n reeks 2021 dagbeplanners bekend, onder andere christelike leefstyldagboeke deur immergewilde skrywers soos Nina Smit en Joyce Meyer, asook skooldagboeke vir seuns en meisies en nog vele meer. Klik hier vir aanlynbestellings, skakel 0860 26 33 42 of per e-pos by bestel@bmedia.co.za.
Nuut op die rak by CLF
Gaan loer gerus in CLF se aanlynwinkel vir hulle jongste publikasies. Publikasies sluit in Coenie Burger se insigte oor die boek Openbaring in Oop Deure (ook beskikbaar as e-publikasie), Karen Swart se gewaarwordinge oor die lewe in God in die gewone en Charisse le Roux se inspirerende dagstukkies in Courageous Hope.

Jy kan ook 'n bestelling plaas deur 'n e-pos na  order@clf.co.za te stuur.
ALGEMEEN
Biddag vir Dowes - 6 September
Vir meer as 139 jaar lewer die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) dienste soos onderrig, opleiding, sorg en maatskaplike dienste aan Dowes en persone met gehoorverlies. Dit gebeur dikwels dat hul gekonfronteer word met die vraag: “Waarom het Dowes ondersteuning nodig?” 

Die uitdagings is hoofsaaklik in die area van taalverwerwing en kommunikasie, wat aansienlike  beperkings op hul algemene menslike dag-tot-dag bedrywighede kan stel en ’n geweldige impak op hul lewens kan maak. Dit verminder geleenthede, affekteer hul werksituasies, persoonlike lewens sowel as sosiale lewe – nie omdat hulle nie in staat is om hier te floreer nie, maar bloot omdat hul beperking aan voldoende kommunikasie in ’n dikwels ontegemoetkomende horende wêreld, hul nie die ruimte bied om deel te wees nie. Verskeie pogings en projekte word deur NID geloods om die horende gemeenskap meer bewus te maak van hierdie kwessies en hul toe te rus om met Dowes te kan kommunikeer en hul meer tegemoet te kan kom.

Eerskomende Sondag is Biddag vir Dowes en September is ook Maand vir Dowes. NID fokus spesiaal op bewusmaking ten opsigte van Dowe kultuur, die uitdagings wat Dowe persone elke dag in hulle lewens ervaar, asook die pogings wat nasionaal aangewend word sodat Dowe persone en persone met gehoorverlies op gelyke vlak met horende persone die samelewing kan betree. Dra asseblief die NID, Dowes en persone met gehoorverlies in u gebede op.

Vir meer inligting of navrae rakende skenkings, besoek www.nid.org.za of stuur 'n e-pos na nid@nid.org.za. 
Doen nou aansoek by Helpmekaar
Die Helpmekaar Studiefonds is ‘n maatskappy sonder winsmotief wat alreeds vir meer as 100 jaar studiehulp aan voornemende studente bied.
Graad 12 leerders wat befondsing vir 2021 benodig, word aangemoedig om die HSF so spoedig moontlik te kontak of direk op hulle webtuiste aansoek te doen.
Gaan loer gerus op hulle Facebook-blad of besoek die webwerf vir meer inligting.

Desmond Tutu International Peace Lecture: 7 October
Vanessa Nakate and Greta Thunberg will be speakers at the 10th annual lecture titled: Climate Justice Globally: Now and for the future. The lecture will be broadcast digitally. Click here to register.
Masters programme to focus on gender and health
Applications are now open for students who want to complete a Masters Degree in Theology with a specific focus on gender and health. The degree can be registered in any of the existing theological disciplines. Attendance of the core module and workshops are essential for all students in the programme. Find the application details here and submit to Juliana Claassens by 31 October 2020.
Shiloh Synergy's 'Tannie, ek is honger' bar
So many teachers are confronted with this statement daily. But breakfast is not always practical. Therefore the teacher or the school's social worker sometimes need something to give the learner on the spot, discreetly and without making a fuss.
Please consider baking a few breakfast bars and drop it off at Shiloh's offices in Brackenfell. Shiloh Synergy will individually package and distribute to the schools. Otherwise, it is a handy item to keep in your car if you come across a hungry person in town.
This suggested recipe for the Easy Breakfast Bars can be tweaked to your heart's content: 
2 cups oats
½ cup shredded coconut
½ cup honey
2 tablespoons peanut butter
1 teaspoon vanilla extract
⅛ teaspoon salt

Bake in a preheated oven (165°C) for about 15 minutes for crunchy granola bars or less if you minutes if you prefer chewy bars. Cool completely before cutting.
Raising kind humans
In an increasingly busy world the pandemic has forced us to slow down and spend more time with our family. This time has not come without difficulties, but it has also presented an opportunity for parents to invest in their children’s character. Badisa share five tips to encourage kindness: look in the mirror, act with love, learn emotions, actions and consequences and helping. 
Click here to read the full article. 
Raakgelees: Oudste huwelikspaar ter wêreld aangewys
‘n Ecuadoriaanse paartjie het bykans agt dekades gelede hulle troudag gevier. Nou, 79 jaar nadat hulle die knoop deurgehaak het, is hulle amptelik aangewys as die oudste getroude paartjie ter wêreld.  Die 110-jarige Julio Cesar Mora Tapia en die 104-jarige Waldramina Maclovia Quinteros het 'n gesamentlike ouderdom van 214 jaar en 358 dae.
Albei is in Ecuador gebore voordat televisies bestaan het en het ontmoet toe Waldramina vir haar suster tydens ‘n skoolvakansie gaan kuier het. Julio Cesar het in haar suster se woonstelgebou gewoon. Die paar het mekaar ontmoet en vinnig vriende geword.
Sewe jaar daarna (7 Februarie 1941) het hulle in Quito se oudste kerk getrou. Sedertdien het hulle vyf kinders, 11 kleinkinders, 21 agterkleinkinders en nege agter-agterkleinkinders ryker geword.
En hulle raad vir 'n lang huwelik? "Die geheime formule = liefde + volwassenheid + wedersydse respek," het die egpaar aan Guinness World Records gesê.
Kyk gerus die video (onder) vir meer beeldmateriaal van die paartjie. 
NUUSBRIEWE
Klik bo vir Missie Japan se September nuusflits.
VIRTUELE KUIERKANSE
Wittedrift Rondomtalie
Bederf jouself met tuisgebakte heerlikheid en kom ondervind Wittedrift se gasvryheid eerstehands.
Tafels gaan gelaai wees met allerhande tuisgemaakte treffers soos groot koeke, 'n verskeidenheid van soet en sout terte, brode, fudge, kolwyntjies en konfyt, 
Stellenbosch-Wes se 'Basaar in 'n boks'
Die gemeente van Stellenbosch-Wes het nog 'n vindingryke manier gevind in plaas van hulle tradisionele basaar. Belangstellendes kan weekliks heerlike bokse met plaasvars produkte, blomme en plante bestel. Klik hier vir meer inligting.
Bellville-Wes se Wasikosi? 
Smullekker geregte is op die spyskaart gedurende September. Ondersteun gerus Bellville-Wes se Wasikosi? fondsinsameling deur jou bestelling betyds te plaas. Gevulde aartappels, hoenderlasagne, pasteie, Tikka Masala hoender en heerlike burgers is teen fantastiese pryse beskikbaar as wegneemetes op Vrydagaande. Sien grafika onder vir meer besonderhede.
Plumstead hou hoenderbraai
Bestel heerlike braaihoender, slaai en broodjies vir wegneem op Vrydag 11 September 2020 teen net R50 per bakkie. Plaas u bestellings voor of op Woensdag 9 September om 13:00 by Rosa-Marie (082 797 1825). Beskikbaar vir afhaal by die kerk vanaf 17:00. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
TEN LAASTE
Ons is in die 11de week van Koninkrykstyd en vandeesweek was ook die begin van die Seisoen van Skepping. 'n Nuwe seisoen het aangebreek en mag ons in ons harte ook vernuwing voel en opnuut die wonder van die koninkryk van God en Sy skepping ervaar.
Ons deel graag 'n gedig van John Miur:
Een aanraking van die natuur maak die hele wêreld verwant/familie.
In elke staptog met die natuur kry 'n mens baie meer as wat hy/sy wil.
Die wêreld is groot en ek wil eers kyk voordat dit donker word.
Tussen elke twee dennebome is daar 'n deur wat lei tot 'n nuwe manier van lewe.
Kom na die bos, want hier is rus. Daar is geen rus wat kom by dié van 'n groen, diep woud.
Hier groei die muurblommetjie en die viooltjie.
Die eekhoring sal op jou knie kom sit, die houtkapper sal jou soggens wakker maak.
Slaap in vergeetagtigheid van alle siekes.
Van al die opregtheid wat toeganklik is vir sterflinge,
daar is geen hoogte vergelykbaar met berge nie.
Die berge roep en ek moet gaan.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.