Lees deur internet, klik hier >>
7 Oktober 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
  NG Wes-Kaapland: oorsig van algemene sinode 2019
dag 2 - 7 oktober

Beste Leser

Algemene Sinode: Dag 2
Ons roeping en die toekoms van die kerk.

Marius Louw van Bloemfontein lei die dagwyding en stel die vrae:  Wat is ons roeping as kerk? Hoe leef ons hierdie roeping konkreet uit?
Hy haal die antwoord uit Lukas 22: "Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien."

Identiteit, beleid en roeping
Kobus Schoeman verwys na navorsing wat gedoen is met behulp van gemeente opnames, die National Church Survey, 'n paneel van jongdominees, fokusgroepe asook peilings in Kerkbode.

Kwessies waarna gekyk word, is die hantering van interne teologiese en kerkordelike sake, die verlede, identiteit en kultuur van die kerk, leraars en leierskap, institusionele vorm, teologiese oriëntering, publieke getuienis en roeping asook die konteks van nood en onsekerheid.
Scenariobeplanning
Marius Oosthuizen van die GIBS Instituut lê verskillende scenario’s vir die toekoms van die NG Kerk voor.  Hierna word tegnologie ingespan en afgevaardigdes kan intyds via hulle slimfone op www.menti.com inteken en direkte reaksies weergee.  Sleutelwoorde soos opgewonde, optimisties en hoopvol verskyn.
Ekumeniese vennote verwelkom
Nelis Janse van Rensburg verwelkom ekumeniese vennote by die byeenkoms. Hierdie gaste sluit in verteenwoordigers van die Wêreldraad vir Kerke (WCC) en Gereformeerde kerke uit Zambië en Zimbabwe, die Lesotho Evangeliese Kerk sowel as afgevaardigdes uit Hongarye en Nieu-Seeland - foto onder.

Gaste
Barry
Kerkverband
Barry Tolmay van KwaZulu-Natal lei die gesprek oor kerkverband en noem dat die kerk in die 21ste eeu diep in ons waardes geanker moet wees. "Die eenheid van die kerk lê in die hoofskap van Christus. Die kerk is God se antwoord op die nood van ’n verwarde en soekende wêreld.”

Verkiesing van ondervoorsitter
Hartlike gelukwense aan Nioma Venter (PSD Diaconia en ondervoorsitter van die Sinode van Wes-Kaapland se moderatuur), wat as ondervoorsitter van die Algemene Sinode verkies is. 
Sy sê: "My droom is dat die koerantopskrifte eendag sal wees 'Ons oë is op die werk van die Here.' "
Op die foto onder sing die vergadering vir haar "Laat Heer u seën op haar daal". 
Sing
Die relevansie en roeping van die kerk
Missionale verslae, soos vervat in die Agenda, word voorgelê en tydens tafelgesprekke bespreek.  Daar word gesels oor missionale kerkwees en ekklesiologie, nuwe geloofgemeenskappe, gemeentebediening en lidmaatbemagtiging.  Lourens Bosman wys die onderstaande grafika as voorbeeld van hoe 'n gestuurde kerk lyk. 

Vyf lewensritmes vir gestuurde gemeentes
Gert Cordier stel die Taakspan vir Missionale Kerkwees se handleiding vir leierspanne van gemeentes bekend. In Pas met die Lewende God verskaf ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes:
* Reflekteer en Vier
* Luister en Onderskei
* Waag en Ontdek
* Verhelder en Fokus
* Implementeer en Inoefen

Verkiesing van moderatuur
Ons wens Dewyk Ungerer van die Noordelike Sinode geluk met sy verkiesing as aktuarius van die Algemene Sinode.
Verdere verkiesings vir die moderatuur sal deur die loop van die week plaasvind.

Ten laaste
Hierdie gebed deur John Wesley plaas ons roeping as kerk in perspektief en herinner ons aan die noodsaaklikheid van oorgawe aan God om in Sy naam diensbaar te word.
I am no longer my own, but Yours.
Put me to what You will, rank me with whom You will.
Put me to doing, put me to suffering.
Let me be employed by You or laid aside for You, exalted for You or brought low for You.
Let me be full, let me be empty.
Let me have all things, let me have nothing.
I freely and heartily yield all things to your pleasure and disposal.
And now, O glorious and blessed God, Father, Son and Holy Spirit, You are mine and I am Yours.
So be it.  And the covenant which I have made on earth, Let it be ratified in heaven.

Groete uit eMseni in Benoni.
Ronelda Visser


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.