Lees deur internet, klik hier >>
4 Oktober 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Logo
1. Laaste peiling in aanloop na Algemene Sinode 
Die sesde en laaste van die peilings wat in aanloop tot die komende Algemene Sinode (6-11 Oktober) weekliks onder lidmate gehou word, stel die vraag: "Wat is die grootste uitdaging vir die kerk in terme van die institusionele vorm en funksie?" Besoek Kerkbode se webblad om die peiling te voltooi. 
2. Getuienisaksie 
2.1 NetACT – fasiliteerder van uitmuntende akademiese opleiding
"Overall, the way that the Barnabas Fund, The Oxford Centre for Religion and Public Life, and universities collaborate in the programme, is helping us and makes this programme stand out in its contribution to academic knowledge. I think it will not take more than ten years before an idea from a PhD graduate from the programme is widely cited in the academic world. The programme will also make us well-informed church leaders." So getuig een van die groep nagraadse teologiestudente wat onlangs by die Fakulteit Teologie (Universiteit Stellenbosch) aan hulle navorsingsvoorstelle vir hul M- en PhD-studies kom werk het. Die program is gereël deur die Oxford Center, een van NetACT se geassosieerde lede met behulp van die fakulteite in Suid-Afrika wat ook NetACT-lede is. Lees hier verder

NetAct-groep byeen September 2019
Die 2019 NetAct-groep by die Universiteit Stellenbosch
Logo
2.2. Red ons jeug deur sokker!
Een van ons land se grootste uitdagings is die maatskaplike probleme wat dikwels met vaderlose gesinne gepaard gaan. Duisende van ons kinders ly daaronder. Swak eko-nomiese omstandighede dra ook nog verder by tot hierdie uitdagings en maak dit vir jong kinders baie moeilik om gesonde lewenstylbesluite te neem. Danksy Christelike organisasies soos die sokkerbediening, Ambassadors Football, waarvan Ben Marais Suid-Afrika se hoofbestuurder is, kry talle kinders die geleentheid om vaderlike rolmodelle deur middel van sokker te leer ken. Ben het onlangs weer ’n kursus vir sokkerafrigters aangebied en Getuienisaksie, wat hierdie bediening ondersteun, was daar. Kyk die video onder.
Sokkervideo
3. Droogte - is daar R3 m. vir 30 gemeentes?
"Diaconia is besig om aan die eerste 13 gemeentes 'n bydrae van R100 000 elk te maak, maar ons is nog ver van R3 miljoen af. Oorweeg asseblief 'n spesiale kollekte tydens die maand van Oktober en kom ons staan saam om ons doelwit te bereik," vra Nioma Venter van Diaconia. Sy spreek haar dank uit vir elke klein individuele bydrae en sê: "Behalwe vir die gemeentes wat wil uitreik en dié wat nood aangemeld het, is daar talle gemeentes wat in elk geval met inisiatiewe besig is wat die wonderlikste getuienisse is t.o.v. meelewing en ondersteuning wat betoon en beleef word. Gemeentes word aangemoedig om die R100 000 én die ander uitreike interkerklik te deel, veral tussen die NG en VG-gemeentes in elke gemeenskap". Lees hier verder en kontak diaconia@kaapkerk.co.za met navrae. Bo is 'n video van die droogte in die Klein-Karoo (videobron: Hortgro).

Jacques November (VG Calitzdorp) en Jan Bronkhorst (NG Calitzdorp)
4. Sentrum vir Publieke Getuienis
Calitzdorp deel van die 100 dorpe dialoog
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis skryf: "Kerkraadslede van die VGK en die NG Kerk op Calitzdorp het onlangs vergader om saam te gesels oor die toekoms van hul dorp. Vrae wat bespreek is, sluit in: 'Wat is die stand van verhoudinge en sosiale kohesie op die dorp? Wat is tans die grootste uitdagings en hoe sien die verskillende gemeenskappe dit? Wat is die belangrikste aksies wat nou geloods moet word?' 'n Hele aantal bekommernisse is uitgespreek en daar is besluit dat kommunikasie en koördinering tussen kerkgenootskappe, asook ander rolspelers (insluitend die munisipaliteit) verhoog moet word. Lees hier die lys van verdere moontlikhede vanuit 'n ontwikkelingsperspektief wat deur Jan Bronkhorst na afloop van die gesprek opgestel is.
Logo
5. VBO-kursusse:
5.1 Vroeëkindontwikkeling
Kenners op verskillende terreine wêreldwyd is dit eens dat die mees effektiewe manier om armoede te beveg, is om op die ontwikkeling van jong kinders te fokus. Hierdie werklikheid het te doen met die ontwikkeling van menslike potensiaal waarvan die eerste vyf jaar in enige mens se ontwikkeling krities belangrik is. Die realiteit in Suid-Afrika is dat meer as die helfte van ons land se kinders nié 'n regverdige kans op ontwikkeling het nie. Op 15-16 Oktober by Communitas word 'n kursus aangebied oor vroeëkindontwikkeling. Inskrywings sluit 11 Oktober en 13 VBO-punte kan verdien word. Klik hier om meer te lees en die inskrywingsvorm af te laai.
Louis
5.2 Skrifverstaan en kerkwees
Kursusdatum: 15 – 17 Oktober 2019
Aanbieder: Louis Jonker
Sperdatum vir registrasie: Donderdag 10 Oktober.
Stuur asb. jou inskrywingsvorm saam met die betalingsbewys na Bridget.
Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai. VBO-punte: 13.
re#imagine matriekfees
re#imagine Matriekfees 27 Nov. - 4 Des. 
EKOLOGIE
Droogte
1. "Daar is nie hoop nie"
Die skrif is aan die muur: uitwissing is onvermydelik ons voorland. Selfs al sou mense nou alles begin doen wat nodig is, is dié uitwissing steeds onkeerbaar. Die skade is reeds te groot en die omkeer daarvan onmoontlik. Die mens is kollektief soos 'n pasiënt wat by 'n dokter gehoor het dat hy net tien jaar oor het om te leef. Die vraag is nie hoe ons die tien jaar kan verleng nie. Die vraag is hoe ons die laaste tien jaar van ons lewe gaan deurbring. Lees hier meer. Bydrae met dank ontvang van Projekspan Ekologie. 
Great Green Wall
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae
Uitnodiging
 2. NG Helderberg vier 'n halfeeu!
Op 26 September 1969 is Helderberg gemeente gebore en van 12-13 Oktober vier die gemeente die pad wat die Here met hulle oor die afgelope 50 jaar geloop het. Alle oud-Helderbergers, sowel as leraars wat daar bedien het, word uitgenooi na hierdie feesviering. As jy oor die afgelope 50 jaar deel was van Helderberg of hul besoek het, kom gerus na hierdie feesviering! Lees hier wat die gemeente alles beplan - kontak Corneille by 021-851 5582 met navrae.

Logo
3. Moedergemeente Stellenbosch
Internasionale Studentebediening: Seminaar oor gebed

Kom leer op 25 en 26 Oktober hoe God gebed gebruik om 'n impak op nasies te maak. Die spreker, Leon Coetzee, se bediening fokus daarop om Christene te help groei in hul gebedswandel met God. Die aanbieding word gehou by Die Khaya langs die Kruiskerk in Ryneveldstraat, Stellenbosch. Registreer voor 25 Oktober by Philipp Ragette of kontak hom by 072 742 3133. Kontak Jurie Goosen vir verdere navrae by 083 2355 920. Lees hier meer.

George huwelikskursus klik hier
Huwelikskursus NG George  - klik bo
UIT ONS RINGE
Hermeneutiekkursus by Beaufort-Wes
Predikante en lidmate word uitgenooi om hierdie kursus oor Skrifverstaan en Kerkwees by te woon wat van 28 tot 30 Oktober deur Louis Jonker aangebied word by die Steenbokkie Natuurreservaat net buite Beaufort-Wes. Die kursus begin op Maandag 28 Oktober om 12:00 en sluit af met middagete op Woensdag 30 Oktober. Kontak die ringskriba, Herman Burger, by hvburger@gmail.com teen 14 Oktober as jy wil bywoon. Klik hier om meer te lees. 
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
1. VG Kerk 25 jaar van genade en eenheid
Op 14 April 1994, slegs dertien dae voor die eerste demokratiese verkiesing, het die destydse Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk (NGSK) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (NGKA) saamgekom en die VGKSA (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika) gestig. Vanjaar herdenk die VGKSA 25 jaar van genade en eenheid. Om hierdie besondere geleentheid te vier, het die VGKSA twee nasionale feeste gehou: een vroeër hierdie jaar (April) in Bloemfontein en een die afgelope week van 24 tot 29 September in Kaapstad. Die Kaapse fees is so geskeduleer dat dit saamgeval het met die VGKSA Algemene Sinodale Kommissie (ASK)-vergadering. Lees meer hier. 
'n Blink toekoms vir die VGK
Gedenkkerse word by SA Gestig Belhar aangesteek
Gaste
Die dinee is Saterdagaand bygewoon deur Kobus Odendaal (Getuienisaksie), ds. Vasco Kachipapa (algemene sekretaris van ons susterskerk in Malawi, die CCAP) en sy vrou Mada, Llewellyn MacMaster (moderator van die VGK Streeksinode Kaapland) en Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die NG Kerk se Algemene Sinode).
2. CLF and Bible Month
According to the Christian Literature Fund, there are still more than 23 million Christians without access to their own Bibles. Through their One million Bibles for one million children project, the organisation is hoping to bless one million children with story Bibles in their own language. Since August 2010, CLF has distributed 98 000 Bibles in seven different languages to kids throughout South Africa and is hoping to hit the 100 000 mark by the end of 2019. Read more about the initiative on their website

3. Fakulteit Teologie: Meestersprogram
Die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, bied 'n twee-jaar modulêre MTh in Praktiese Teologie (Bedieningspraktyk) aan. Die program wil missionale leierskapkapasiteit bou deur leeswerk, teologiese dialoog, deelname aan geestelike dissiplines, eksperimentering met missionale leierskapuitdagings in die gemeente en deurlopende persoonlike refleksie. Lees hier meer en kontak Divine met navrae. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Okt.

Dankie
4. Wêreldonderwysersdag
Die Verenigde Nasies herdenk jaarliks Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober. Wanneer hierdie datum in Suid-Afrika in die skoolvakansie val, vier ons dit op die eerste Vrydag van die vierde kwartaal, maar vanjaar kan dit saam met die res van die wêreld op die 5de herdenk word. Sedert hierdie dag in 1994 deur die VN gevestig is, verteenwoordig dit 'n wesenlike poging om bewustheid, begrip en waardering te kweek en aan te moedig vir die belangrike bydrae wat onderwysers tot opvoeding en ontwikkeling wêreldwyd maak. Oorweeg 'n oproep, 'n besoek, 'n bos blomme, 'n gebed ... en gee so erkenning.
"A teacher affects eternity; he can never tell where his influence stops."
– Henry Adams
"If you have to put someone on a pedestal, put teachers. They are society’s heroes." – Guy Kawasaki

5. Book launch in Stellenbosch
Johan Cilliers will be launching his latest publication Timing Grace, the companion volume to A Space of Grace, in the chapel of the Faculty of Theology at the University of Stellenbosch at 171 Dorp Street on Wednesday 23 October at 17:00. 
This book delves into some of the most profound theological underpinnings of preaching. RSVP to Helette van der West-huizen before 21 October.
6. NG gemeentes en Great Commission Network vat hande
"Die 'Great Commission Ministers Network' (GCMN) is ‘n netwerk van predikante in die Khayelitsha area. Die doel van dié netwerk is om geloofsleiers en gemeentes te bemagtig en by te staan in hulle onderskeie aktwiteite, van dissipelskap en opleiding tot gemeen-skapsontwikkeling en ondersteuning na rampe. Die 'NGK-GCMN partnership' is ‘n netwerk wat die afgelope paar jaar tussen verskeie NG gemeentes en gemeentes van die GCMN ontwikkel het. Die doel daarvan is om verhoudings tussen die gemeentes te bou en om vanuit hierdie verhoudings deel te neem aan mekaar se werksaamhede." So skryf Wouter van Velden van Welgemoed gemeente. Daar is verskillende maniere waarop jy hierby betrokke kan raak - kontak gerus vir Wouter of Ruan Nieuwenhuizen via e-pos.
NG Kandelaar Eerstejaarskamp 2020
NG PUK Kandelaar Eerstejaarskamp 2020 - klik bo
Nelis
8. Raakgelees - Dit is tyd vir aanbeweeg
"Die NG Kerk het die afgelope jare baie tyd spandeer om te dink oor mense met 'n selfdegeslag oriëntasie. Gewoonlik wanneer kerkmense verskil oor kwessies soos hierdie, besluit sinodes om nog navorsing te doen - en dit hét ons gedoen. Ons kan nie nog navorsing doen nie. Ons is nou op die punt waar ons nie meer kan toelaat dat mense die slagoffers bly van ons oneindige meningsverskille en teologiese onsekerhede nie. Terwyl ons onsself die belangrike geleentheid veroorloof het van teologiese diskussie, het mense binne en buite die kerk die gesprek gehoor. Baie het seergekry. Hulle diepste identiteit was die onderwerp van bespreking." Lees hier verder hoe Nelis Janse van Rensburg skryf.  Bron: Kerkbode 
NUUSBRIEWE
Nuusbrief
1. Jongste BIBLIA nuusbrief
Die jongste nuusbrief van Biblia Hawesending bevat die afgelope jaar se hoogtepunte van die bediening aan (ons plaaslike) vissers en seelui (meestal van die buiteland). N.a.v. gevalle van mensehandel en -mishandeling onder buite-landse vissers in die Kaapse hawe, het enkele NRO's 'n vennootskap met Biblia Kaapstad gesluit met die belofte om hul kundigheid te gebruik om Biblia by te staan met hulp aan hierdie vissers. Die werkers betrokke doen werk van onskatbare waarde ten bate van hierdie mense en hul gemeenskappe. Lees hier meer. Harde kopieë is beskikbaar en sal tydens gemeentelike besoeke uitgedeel word.
VGK Nuusbrief - klik hier
Logo
3. Nova Vida nuus
Na die verwoesting wat vroeër vanjaar in Mosambiek gesaai is deur Sikloon Idai, is Projek Nova Vida ("nuwe lewe") gestig. Dit is 'n projek wat die hulpverlening- en herbou-pogings tussen gemeentes in Suid-Afrika en die IRM (Igreja Reformada em Moçambique, ons susterskerk in Mosambiek) koördineer. Die doel van hierdie projek is om die onmiddellike nood aan te spreek en hoop te bring binne die plaaslike gemeenskappe deur  die voorsiening van kos, skuiling en die evangelie, terwyl diegene in nood terselfdertyd toegerus word met die nodige bronne en kennis vir volhoubare en onafhanklike noodverligtingsplanne vir die toekoms. Lees Nova Vida se nuutste nuusbrief hier.
I AM nuusbrief - klik hier
PUBLIKASIES
'n Bietjie reën
 ’n Bietjie reën van Bybel-Media
Hierdie is 'n unieke dagboek vir almal wat naby aan die grond en die natuur leef en word spesiaal opgedra aan ons boeregemeenskap. Boere, en dit sluit gades en kinders in, is 'n uitsonderlike familie wat in unieke omstandighede leef. Enige gesprek in 'n boerderygemeenskap draai kort voor lank oor geloof. Hulle glo in biddae vir reën, bid vir hulp aan medeboere wat in droogtes in 'n skuldlas verstrik raak en is gebedsmense wat saam droom oor goeie oeste.
Hierdie boek wil 'n bydrae lewer op die reis van hierdie uitsonderlike boerefamilie, maar is só geskryf dat enigeen wat graag tydens hulle eie reis wil verdiep en groei, waarde daaruit sal put. Klik hier om die boek te bestel.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Vakatures
Logo
1. Vakature vir ʼn rekenkundige beampte
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature vir 'n rekenkundige beampte by die sinodale kantoor in Bellville. Toepaslike ondervinding in 'n soortgelyke betrekking sal 'n aanbeveling wees. Vergoeding is onderhandelbaar in ooreenstemming met kwalifikasies en verantwoordelikhede. Lees hier meer en doen aansoek teen 21 Oktober.
Gebaretaal
2. NG De la Bat: Vakature vir ʼn maatskaplike werker
Hierdie gemeente vir Dowes in Bellville beskik oor 'n voldagpos vir 'n maatskaplike werker. Registrasie by die SACSSP is verpligtend. Die kandidaat moet in besit wees van 'n bestuurslisensie en bereid wees om gebaretaal aan te leer. Klik hier om meer te lees - aansoeke sluit 21 Oktober.
3. Vakante pos by NG Hottentots-Holland: Boekhouer
Die geleentheid het ontstaan by Hottentots-Holland gemeente vir 'n energieke, georganiseerde en proaktiewe persoon om by die gemeente aan te sluit as boekhouer. Die tydsverdeling is 60% vir gemeenteboekhouding en 40% vir die boekhouding van Disakloof Kampterrein. Lees hier verder en doen aansoek teen 15 Oktober. 
Logo
4. NG Kenridge: Ondersteuningsdiensbeampte
NG Kenridge het 'n vakature vir 'n ondersteuningsdiensbeampte. Die persoon is verantwoordelik vir die hantering van alle oproepe via die skakelbord en die ontvangs en verwelkoming van besoekers, asook administratiewe ondersteuning. Aansoeke sluit 18 Oktober - lees hier  meer oor die posvereistes.
Logo
5. Huis Zonnekus: Stafverpleegster
Hierdie Badisa-tehuis vir bejaardes in Milnerton beskik oor 'n vakature vir 'n stafverpleegster. Laai die volledige advertensie in PDF-formaat hier af. Aansoeke sluit 25 Oktober.

TEN LAASTE
As gevolg van die vergadering van die Algemene Sinode van 6 tot 11 Oktober in Benoni, sal daar volgende week geen VrydagNuus verskyn nie.
Daar sal wel daagliks 'n elektroniese nuusbrief met nuus oor die verloop van die sinode aan alle VrydagNuuslesers gestuur word. Stuur steeds jul bydraes na media@kaapkerk.co.za vir plasing op sosiale media. 
Ons vra gemeentes se voorbidding vir die sinodesitting en spesiaal vir afgevaardigdes van regoor die land sodat hulle met onderskeiding die Here se wil sal soek en ernstig oor elke onderwerp sal besin. 
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.