Subscribe to our email list
9 Oktober 2015

Beste Leser

Ja, hier is 'n bonus uitgawe, want na 'n geseënde week is daar eenvoudig méér om oor te getuig, meer oor om te wys.

Dagwyding
Die vierde dagwyding, waargeneem deur Johan van den Heever (NG Eldoreigne), was 'n besonderse geleentheid.
Sondagaand is die sinode in die kerkgebou van die NG Gemeente Pretoria-Oos gekonstitueer en geopen - en later vanoggend sal die sinode dan ook heel gepas daar afgesluit word.

Besondere ikone van die Japanese kunstenaar He Qi is tydens tafelgesprekke gebruik.
He Qi - Rut
Lied van Rut
As deel van die dagwyding, luister ons na Stef Bos se "Jou land", 'n lied oor Rut.
Stef Bos se My land is Jou land
Ukuba-logo
Armoedeverligting
Meer as 90% van gemeentes se armoede projekte is gerig op armoedeverligting (sopkombuise, handwerkprojekte, groentetuine, ens) en nie soseer op armoedevoorkoming nie. Die vraag wat die Algemene Sinode dus vra, is watter bydrae gemeentes kan maak om armoede op die lang termyn te bestry, met ander woorde armoedevoorkoming.
Na ’n deeglike ondersoek is die taakspan vir Armoede en Maatskaplike Geregtigheid oortuig daarvan dat een van die mees koste-effektiewe maniere om armoedevoorkoming te doen, is om by Vroeë Kindontwikkeling (ECD-programme) betrokke te raak.
UKUBA is ’n inisiatief van die familie van NG Kerke in Suider-Afrika om vroeë kindontwikkeling te bevorder as deel van hierdie kerke se strategie in die stryd teen armoede en maatskaplike ongeregtigheid. Sien www.ukuba.org vir meer. (Met dank aan Noord-Kaap se eNuus)
Ben du Toit en Heerden van Niekerk
Leer en Aktuele Sake:
Ben du Toit bedank

Aan die einde van Leer en Aktuele Sake se verslag bedank dr Kobus Gerber dr Ben du Toit vir sy uiters belangrike rol oor jare ten opsigte van vele weldeurdagte en teologies helder-geformuleerde studiestukke vir Leer en Aktuele Sake.
Ben en Elna word vreugdevolle nuwe paaie toegewens.
BELANGRIK: Pastorale Skrywe en Video
'n Pastorale skrywe word tans gefinaliseer vir gemeentes se kennisname. Hou gerus die sosiale media, e-pos en die NG Kerk se webwerf dop. 
Nelis Janse van Rensburg versoek alle sinodes om die Algemene Sinode te vergun om "direk" met gemeentes te kommunikeer deur 'n video insetsel (of meer as een) wat so gou moontlik na gemeentes versprei sal word. Hy hoop dit help almal wat die besluite gedurende die week geneem, in gemeentes moet gaan oordra. 
Landbou
Landbou
Die Algemene Sinode besluit om jaarliks die eerste Sondag in Oktober die landbouseisoen aan die Here op te dra en sy seën daarop te pleit. Vir 2015 kan dit op Sondag 11 Oktober gedoen word.
Verkiesing van lede van die ASM
Die volgende persone is as addisionele lede van die Algemene Sinode Moderamen verkies: Elize Bezuidenhout (Oostelike Sinode), Elize Morkel (Wes-en-Suid-Kaap), Rethie van Niekerk en Chris van Wyk (Oos-Kaapland).
Drr Gustav Claassen en Kobus Gerber
Kobus Gerber: Spesiale Wense
Dr Kobus Gerber, die algemene sekretaris van die NG Kerk Algemene Sinode, tree aan die einde van November 2015 af.
Die Noordelike Sinode beoog om later vandag aan hom 'n geskenk en sinodegangers se goeie wense te oorhandig. 
Die rol wat hy in veral die NG Kerk se ekumeniese verhoudinge oor jare gespeel het, kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Ons wens hom graag seën en sterkte toe, veral met sy voortgaande betrokkenheid by die World Alliance of Reformed Churches en die World Communion of Reformed Churches.
Mag hy en Marti, sy vrou, die Here se seën op nuwe paaie ervaar.

'n Fotoblik op die Sinode
Die sinode se Facebook het selfs meer foto's van mense en gebeure by die vergadering.  
Nico Burger
Nico Burger
Sulet van der Bergh
Sulet van der Bergh
Nelis en Berte
Nelis J van Rensburg en Berte le Roux
Dawid de Wet
Dawid de Wet
Carel van der Merwe
Carel van der Merwe
Leon Venter
Leon Venter
Smuts en Strydom
Smuts JvRensburg, Strydom Bruwer
Ben en Heerden
Ben du Toit en Heerden van Niekerk
Nadia Marais
Nadia Marais - lang dag ...
Danie Nel, Melanie Thirion
Danie Nel, Melanie Thirion, Malan Nel
Noeline Rossouw
Noeline Rossouw
Annemie Bosch
Annemie Bosch
Raakgehoor
"The Churches in Africa are waiting for the Duth Reformed Church to give leadership in this regard." - 'n broer uit die Kongo in reaksie op die besluit oor selfdegeslagverhoudinge.
Sinodebode se webblad het allerlei unieke aanhalings van elke dag van die week: klik hier.
Oor die Doop
"Die doop is God se manier om vir mense te sê: 'Voel dit aan jou lyf as jou ore dan te doof is om te hoor!'" - Jan Woest (Namibië) 
Glimlag!
"Broer Gert, dankie. Ek sien jy glimlag. DANKIE dat jy glimlag en NIE gepraat het nie!" - Dirkie van der Spuy (assessor) aan Gert Duursema.
Affies-logo
Dankie, Affies!
'n Oorkonde is vandag aan die hoof van Afrikaans Hoër Seunskool, dr Pierre Edwards, oorhandig, om dank en waardering vir hulle gasvrye akkommodasie van die NG Algemene Sinode uit te spreek. Mnr Ernst Botha, vaktotum, was ook teenwoordig.
'n Bybel is terselfdertyd aan die skool oorhandig vir gebruik tydens saalbyeenkomste. "Hulle leuse, 'Laat daar lig wees," het ons baie tuis laat voel, was ds Dirkie van der Spuy se opmerking. Lees die oorkonde, opgestel deur dr Gustav Claassen, hier.

Dankie vir jou voorbidding vir elkeen op die een of ander manier verbonde is aan die NG Kerk-familie, elke predikant, kerkraadslid, lidmaat, sowel as al ons broers en susters met wie die NG Kerk-famlie uitstekende ekumeniese betrekkinge, bilaterale verhoudinge en samewerkingsooreenkomste of ander bande aangegaan het.
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za