Lees deur internet, klik hier >>
18 Mei 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Duif

Geloofsekerheid ...
... wat spruit uit die geloof in die beloftes van God
wat Hy in sy Woord baie oorvloedig tot ons troos geopenbaar het;
uit die getuienis van die Heilige Gees: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is,
is ons ook erfgename. (Rom. 8: 16,17)
(Na aanleiding van Dordtse Leerreëls)


SINODENUUS
1. Grondhervorming: die morele oorwegings
Die NG Kerk is reeds sedert 2002 by besinning oor grondhervorming betrokke en die moderamen van die NG Algemene Sinode (ASM) neem tans ook deel aan gesprekke hieroor – en gaan ook ’n voorlegging doen aan die parlementêre komitee wat nou oor Artikel 25 van die Grondwet besin.
In ’n artikel in e-Kerkbode werp Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM, lig op die etiese riglyne wat die kerk tot hierdie gesprekke kan bydra (sien grafika onder). Lees Nelis se artikel oor hierdie kontensieuse en aktuele saak hier

Grondsake
Logo
2. Badisa: Kinderbeskerming
Children Foundation gestig!
Van 27 Mei tot 3 Junie herdenk ons Nasionale Kinderbeskermingsweek vir die bewusmaking van kinders se regte.
Badisa, geregistreerde kinderbeskermings-organisasie, het in 2017 dienste aan 23 977 kinders gelewer – en hier is verdere goeie nuus: die Badisa Children Foundation NPC is nuut gestig as voertuig om spesifiek fondse vir kinderbeskermingsdienste te genereer. Lees die mediaverklaring hier. Kontak Annemarie Bezuidenhout om betrokke te raak by abezuidenhout@badisa.org.za.

3. Getuienisaksie en Gemeentebegeleiding
Bly te kenne, Stephen Pedro!
Pieter Grove, die VGKSA Kaapland se moderator, was onlangs in gesprek met Stephen Pedro, die nuwe Predikant in Sinodale Diens van die verenigde diensgroep Getuienisaksie, met spesifieke klem op Gemeentegetuienis. In Communitas se Gemeentebegeleiding fokus hy op ondersteuning aan VGK gemeentes. In die onderhoud (video onder) beklemtoon Stephen "the witness of the church is as strong as the witness at congregational level". Kontak hom by stephen@kaapkerk.co.za. Seën op jou werk toegebid, Stephen.
Pieter Grove in gesprek met Stephen Pedro
Jaki Serote
4. Sentrum vir Publieke Getuienis
4.1 Courageous Conversations Oos-Londen
Braam Hanekom van die SPG was verlede week buite Oos-Londen betrokke by 'n gesprek tussen 'n breë spektrum verteenwoordigers van die burgerlike samelewing uit Mthatha en Oos-Londen. Die vergadering is ook bygewoon deur Jaki Serote van die National Foundations Dialogue Initiative (groepfoto onder). Die byeenkoms was die kulminasie van 'n reeks gesprekke wat in die Oos-Kaap plaasgevind het. Drie areas waarop die SPG graag wil fokus, is geformuleer: Die bemagtiging van die burgerlike samelewing ten einde op gepaste maniere met plaaslike regerings in gesprek te tree en hulle verantwoordbaar te hou;  landbou en die heropbou van gebroke families.  
Gespreksgroep
Die National Foundations Dialogue Initiative in die Oos-Kaap
saam met Braam Hanekom byeen
Mariette en Ryk van Velden
4.2 Reik saam uit na Williston, Carnavon en Loxton
Die Sentrum vir Publieke Getuienis het hande gevat met die Carpe Diem Opleidiningsentrum wat o.l.v. Mariëtte van Velden gedurende die wintervakansie na Loxton, Williston en Carnavon uitreik. Mariëtte was lank saam met haar man, Ryk van Velden, by die sending in Malawi betrokke. Hierdie is 'n geleentheid vir gemeentes wat dalk nie die kapasiteit het om 'n eie uitreik te beplan nie, om betrokke te raak. Dit kan beide deur skenkings wees of mense wat saamgaan.
Die uitreike fokus op die bemagtiging van landelike gemeenskappe met o.a. kuns en die aanleer van handvaardighede. Kontak die SPG by spg@kaapkerk.co.za /021 957 7202.
#imagine generate conference
Generate Conference: 1-2 Junie, Kaapstad. Klik bo.
Logo
6. Uit die NG Algemene Sinode
Hofsaak teen NG Kerk oor besluite oor selfde-geslagverhoudings 2016
Gustav Claassen, algemene sekretaris, skryf: “Aangeheg vind jy ʼn verklaring van die moderatuur. Die afgelope tyd het daar in die pers verwarrende berigte verskyn oor die hofsaak waarin die NG Kerk tans betrokke is. In die verklaring wat aangeheg is, volg kommentaar op hierdie berigte.” Lees meer.
Word kursus
Kursus vir skribas - kilk bo
Lidmaatskapregisters
8. Kerkargief
As deel van sy maandelikse bydrae vir die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van SA (eGGSA), deel ons argiefbestuurder, Andrew Kok, hierdie keer inligting oor lidmaatskapregisters. Lees hier meer en oorweeg gerus 'n besoek aan hierdie merkwaardige instansie wat help om ons kosbare kerkgeskiedenis te bewaar en ontsluit. Kontak die Kerkargief by 021 882 9923 of argief@kaapkerk.co.za.
Ronelle de Graaf
9. Jeugkantoor neem afskeid 
Ronelle de Graaf groet hierdie week die Jeugkantoor om nuwe avonture aan te pak in 'n ander werkskring. Ons bid vir haar seën toe op haar lewenspad vorentoe! 
Kontak die Jeugkantoor by jeug@sun.ac.za.
Meer nuus en inligting oor opleidingsgeleenthede en ander byeenkomste uit ons Jeugkantoor is op Dinkjeug se webwerf; klik hier.

10. Communitas onder die pantoffel?
Personeel ondersteun “Reach for a Dream”!
Op Stellenbosch het die personeel van Communitas en die Kerkargief almal besluit om Pantoffeldag op 11 Mei te ondersteun ten bate van die “Reach for a dream Foundation”. Hulle het ’n hele R400 tussen die personeel en die studente ingesamel! Dankie, kollegas!
Pantoffeldraers
V.l.n.r. is Adrienne Bester, Sharon Naudé, Amanda van Niekerk,
Julia Daniels en Wilma le Roux
Verpleegsondag Parowvallei-Oos
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Parowvallei-Oos: Verpleegsondag
NG Parowvallei-Oos hou op Sondag 20 Mei vir die derde jaar in 'n ry Verpleegsondag/ Nurses’ Sunday met 'n tweetalige diens waarheen alle verpleegpersoneel en medies verwante beroepsmense uitgenooi word. 
Die diens vind plaas om 09:30 by  Markstraat 168 in Parowvallei en almal word uitgenooi om in hulle uniforms by te woon . Rig navrae aan die kerkkantoor by 021 931 6410. Daar is ook ietsie lekker te ete en te drinke vir almal in uniform na die diens. Die volledige uitnodiging is hier.
NG Stellenberg Vuur en Vlam Jeugbediening
NG Stellenberg Jeugbediening Konferensie
Klik bo
3. Kweek vir die Here, Proteahoogte span saam vir Pinkster
Die NG Gemeente Proteahoogte het tydens hulle afgelope Pinkster weer ʼn kinderteaterproduksie op die planke gebring. "Boswouter 2" het oor vier bedrywe afgespeel en elke aand ongeveer 350 kinders op ʼn kreatiewe manier van God se liefde vertel. Wat hierdie jaar uitsonderlik was, was die samewerking met die Kweek vir die Here-groep van die NG Gemeente Stellenberg.
Met hulle hulp kon meer as 300 spekboompies na huise gestuur word met ʼn spesiale boodskap oor die Heilige Gees daarmee saam. Kweek vir die Here het sonder skroom ingestem om Proteahoogte met hierdie inisiatief te help. Dit het beteken dat die produksie op ʼn spesiale hoogtepunt afgesluit het. 
Op die foto's (onder) is ʼn paar van die akteurs met boksies vol spekboompies, gereed om na opgewonde kinders se huise te gaan met ʼn boodskap oor die Heilige Gees daarmee saam.
Kweek vir die Here plantjies in gelid Proteahoogte akteurs met plantjies
Gebedsversoeke
Ds. Van der Merwe
ALGEMEEN
1. Met innige simpatie: 
Johan D.G. van der Merwe
15.08.1926 - 08.05.2018
Ons bied graag ons innige simpatie aan die familie en vriende van wyle dr. Johan van der Merwe, wat deur die jare 'n merkwaardige rol in die stigting en getroue ondersteuning van Bybelkor (vandag Bybel-Media) gespeel het.
"As 'stigtingsvader' van Bybel-Media het hy, toe hy rektor van die Hugenote Kollege op Wellington was, by die NG Kerk se Kaapse Sinode gepleit vir R10 000 om 'n Bybelkorrespondensiekursus aan die kollege in te stel. Dit was die begin van Bybelkor (vandag Bybel-Media), wat steeds geseënde werk verrig." Só skryf Leon Venter, HUB van Bybel-Media.
'n Gedenkdiens is op 15 Mei in die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal gehou. Ons vertrou dat dr. Van der Merwe se vrou, Erica, sy gesin en vriende vertroos sal word deur die spesiale herinneringe aan sy lewe in diens van die koninkryk.

Kalender
2. Vir 2019 se beplanning ...
Van kollega Charl van Rensburg (NG Gemeente Montagu) ontvang ons vir 'n wegtrek die 2019 kalendermaande apart as Word-dokumente vir diegene wat solank wil begin met jaarbeplanning vir volgende jaar. Die skoolvakansies en vakansiedae is reeds ingevul daarop – klik hier. Onthou asb. om ook die sinodesitting (13 tot 17 Mei 2019) op die kalender aan te dui. Dankie vir jou mededeelsaamheid, Charl!
Logo
3. Die Dogmatologiese Werk-gemeenskap dink teologies en eties na oor vrede ...
Die jaarlikse Dogmatologiese Werkgemeen-skap van Suid-Afrika (in Engels die "Theological Society of South Africa"), vind vanjaar in Howick, KwaZulu-Natal, plaas vanaf 20 tot 22 Junie. Die tema van die konferensie is "From Versailles to Kempton Park: Theological and ethical reflection on peace and peacemaking." Sprekers sluit in Dion Forster, Selina Palm, Lisa le Roux, Nadia Marais, Ernst Conradie en Robert Vosloo. Reageer teen 1 Junie; hier is meer.
4. Nuus uit Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch
4.1 Konsultasie: Reproduktiewe Gesondheid

'n Konsultasie oor Reproductive Health/Reproduktiewe Gesondheid word aangebied deur die Gender Eenheid van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch op 30 en 31 Mei 2018. Klik hier vir die program en meer. Die sluitingsdatum vir registrasie is 25 Mei – RSVP by Marita Snyman, maritasnyman@sun.ac.za.
Winterskool 2018
Winterskool - klik bo
Kontak Peter Nagel
PhD-aansoeke - klik bo
Winterhoop 2018
Winterhoop 2018. Ondersteun MES - klik bo.
Mario
6. Beterskap, Mario!
Mario Small, DTP-operateur, m.a.w. die persoon verantwoordelik vir die tegniese versorging van die teks van Kerkbode en LiG, het 'n paar weke gelede 'n beroerte gehad en ondergaan tans rehabilitasie. 
Mario is al sedert 1991 in kerklike diens, aanvanklik by Bybelkor en toe by Tydskriftemaatskappy. Hy is onder andere ook samesteller van die Jaarboek van die NG Kerke, 'n instrument waarsonder leraars en kerkkantore beswaarlik kan regkom. Mario doen ook geweldig baie om die ontwikkeling van sangtalent onder skoolkinders in die Bolandse dorpe te bevorder. Ons wens hom 'n spoedige en volledige herstel toe.

7. Landmark visit of Pope to WCC “a gift to churches”
The landmark visit of Pope Francis to the World Council of Churches (WCC) on 21 June will be a centrepiece of the ecumenical commemoration of the World Council of Churches’ 70th anniversary.
The theme of this historical visit (only the third by a pope to the WCC) in Geneva, Switzerland, is “Ecumenical Pilgrimage. Walking, Praying and Working Together”. Read more.
*The Pope's prayer for countering fake news (as delivered on World Communications Day 2018) is available here

Ecumenical pilgrimage
Mary-Anne Plaatjies van Huffel
8. WCC: Pentecost Greeting 2018
In Pentecost Greetings issued by the presidents of the World Council of Churches (which include Rev. Dr Mary-Anne Plaatjies van Huffel of URCSA) they highlighted the empowering work of the Holy Spirit witnessed during pilgrim visits in solidarity with victims of injustice and violence in several parts of the world.
Jesus promised those who followed him that he would send the Holy Spirit, defined as “another helper,” that is, the comforter, the advocate, the mediator, the intercessor: “If you love me, you will obey what I command. And I will ask the Father, and he will give you another Counselor to be with you forever” (John 14:15-16). Click here for the full message.

Petrus Moolman
9. Raakgelees  
Nagedink oor omvattende bediening aan seniors
As jou gemeente ook nadink oor ’n sinvolle – en selfs missionaal-gerigte – bediening aan senior lidmate, kan jy gerus oorweeg om te lees wat die 76-jarige Petrus Moolman (wat op 4 Mei ’n doktorsgraad van die NWU verwerf het!) deel oor ’n omvattende seniorvolwassene-bediening. Hy het onder meer gelees dat musiek help om 'n mens se brein te ontwikkel en as jy vroeër 'n instrument bespeel het, dit beter is vir breinontwikkeling om 'n tweede instrument by te leer. Daarom leer hy nou tjello speel!
Lees Neels Jackson se berig in e-Kerkbode hier.
PUBLIKASIES
Om reg te stel
Om reg te stel
Liedboek van die kerk
Liedboek van die kerk
Kerkbode
Kerkbode
CLF pamfletreeks
CLF se pamfletreeks - klik bo.
Boom
EKOLOGIE
1. Bome van Liefde vir die apostels van Liefde
David Botha, bestuurder van die Projekspan Ekologie deel hierdie week met ons ‘n besondere getuienis van hoe ons mense wat die Liefde deur hulle lewenswyse uitgestraal het, met bome kan herdenk. Lees gerus hier hoe hulle te werk gegaan het en wat David voorstel.
2. 100% recyclable bottle
Single-use plastic is plaguing our planet and this is leading to the development of alternatives to plastic. One of these new options, developed by a London-based bottled water company, has created a biodegradable and recyclable water bottle with the intention of reducing the amount of plastic containers that are used and tossed away daily. The company, Choose Water, created the bottle from 100 percent recycled paper pulp that is vacuum formed around a sustainable source watertight lining and topped with a thin steal cap. Read more here and click on the photo to watch the short video.
3. Think outside the box, bag ... or cup ...!
A company in Indonesia has created a plastic bag so eco-friendly you can eat it. It’s made out of cassava, the vegetable root which is a staple in the diets of many in Africa, Latin America and Asia, but which can also be used in manufacturing. The bag is completely degradable and compostable.
As plastic pollution continues to be a worldwide problem, the future of plastics, starting with packaging, receives attention through various initiatives. One of these is a “New Plastics Economy Innovation Prize” of $2m, inviting ideas how to replace plastics with other materials. Take a look at some of the winners’ ideas ...
Nie plastiek nie Trio-koppie
Composting tips
Begin jou eie komposhoop - klik bo vir meer
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn. Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode); klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak en let dan op die inligting regs bo.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 18 Mei.

Gedrukte uitgawes
Logo
1. NG Heidekoppie: deeltydse termynbepaalde leraarspos
Heidekoppie is 'n voorstedelike gemeente in Brackenfell. Verskillende kleuterskole, skole en twee groot aftreeoorde val binne die gemeentegrense. Hier is 'n deeltydse termynbepaalde leraarspos vir 'n tydperk van een jaar met senior burgers as spesifieke fokus. Hier is meer oor die pligte en vergoeding. Aansoeke sluit 28 Mei.
Logo
2. NG Kerk in SA: Jeug- en Familiebegeleiding
Administratiewe koördineerder

Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode Wes-Kaapland) beskik tans oor hierdie vakature by Jeug- en Familiebediening as deel van die Diensgroep: Gemeentebegeleiding by Communitas, Stellenbosch. Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir sekretariële ondersteuning, administratiewe pligte asook webwerwe en sosiale media koördinering. Reageer voor 5 Junie en lees hier.
Logo
3.1 Johenco Tehuis: Bestuurder
Johenco Tehuis in Sutherland is 'n program van Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van gemotiveerde persone met 'n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking as bestuurder ingewag. Reageer voor 22 Mei en lees meer hier.

3.2 Huis Andrew Murray: Admin. beampte/boekhouer
Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum in Wellington is 'n program van Badisa. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking as administratiewe beampte/boekhouer ingewag. Lees hier en reageer voor 25 Mei.

3.3 Badisa Toevlug-sentrum: maatskaplike werker
Toevlug het 'n vakature vir 'n maatskaplike werker, verantwoordelik vir die sentrum se gemeenskapsgebaseerde program in Beaufort-Wes. Dit sluit die volgende in: assessering, groepterapie, lesings en individuele terapie. Lees hier en reageer voor 25 Mei.

Christina Landman
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Christina Landman
Die dominee en haar pajamas

Nou die dag gebeur iets wonderliks met my.  Ek  trek in die pastorie in my nuwe gemeente in. En daar ontdek ek toe iets heerliks.
Ek leer dat 'n dominee nooit met haar pajamas in die pastorie moet rondloop nie!
Want net sit jy daar warm opgeslof, of die voordeurklokkie lui. Dis die jeug wat fotostate vir Moedersdag wil maak. Dis wel 'n  bietjie laat op 'n Saterdagaand, maar môre kom  daardie fotostaat as ‘n briefie terug wat 'n ma se hart so streel. Dis 'n huilmooi  briefie wat 'n tiener vir sy of  haar ma skryf, wat vir haar vertel sy is 'n geskenk op sig! En  die  ma met die gebroke hart word weer  sterk. En dit gebeur daar alles in die kerk. En amper het die dominee se pajamas die hele proses bederf!
Nou lui die klokkie weer. En  iemand is siek. Iemand is grusaam dood. Iemand se kind is in die tronk. Dan  is daar mos nie tyd om uit jou pajamas te kom nie.
En dan is daar nog die goeie nuus. Iemand wil nou dadelik hê jy moet weet daar gaan getrou  word.  
Of daar is iemand wat wil hê jy moet onmiddellik kant vat. Sy vrou het hom XXX Mints  gegee en nou het hy aambeie. Wie is reg? Die dominee moet uitspraak gee in hierdie huweliksonrus.
En daarvoor kan sy nie haar pajamas aanhê nie.                                                                 -                                                                       - - - - 
Christina Landman is professor aan die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie by Unisa. Sy is die dominee van VGK Karlienpark-Rustenburg en lid van die moderamen van die Algemene Sinode van die VGKSA. Kontak haar hier.

Duif
 Groete en geseënde Pinksterfees toegebid. 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.