Subscribe to our email list
 29 Julie 2016

Beste Leser
Gustav Claassen
SINODENUUS
1. NG Kerk: Koester die Eenheid
"In navolging van Christus is dit elkeen van ons se taak, maak nie saak watter kant van 'n debat ons staan nie, om brûe te bou en die verskeidenheid tot 'n eenheid te versoen. Ons getuienis lê in dié geval juis in die wyse waarop ons van mekaar verskil." (Darrell Guder).
Só skryf Gustav Claassen, die NG Kerk se algemene sekretaris in die gereelde "Op die kerkstoep" rubriek van eKerkbode. Teken gerus hier in.
2. Getuienisaksie op besoek aan Msinga-uitreikgroepe
Kobus Odendaal van Getuienisaksie en Eddie Orsmond, voorsitter van die Vennootskap van Msinga, was vanaf 29 Junie tot 1 Julie 2016 op besoek aan die VGK Msinga-gemeente in KZN. HUlle het ook oa 'n vergadering van uitreikgroep-verteenwoordigers met lede van die VGK Msinga en ds Lourens Schoeman, bygewoon.  Lees meer.
Msinga-vennootskapsvergadering
Msinga-vennootskapsvergadering by Pomeroy, KwaZulu-Natal
Foto van ringe
3. VBO: Seksualiteit
STLAS (Sinodale Taakspan Leer en Aktuele Sake), in samewerking met ATLAS (Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake), bied op 16 en 17 Augustus 'n tweedag-konferensie aan met die onderwerp: SEKS! ʼn Christelik-Bybels-etiese raamwerk vir seksualiteit.
Die fokus val op
drie bydraes tot die gesprek oor seksualiteit binne die NG Kerk:
- Jeug-perspektiewe
- Christelik-etiese riglyne en
- Bybelse perspektiewe.  Klik hier vir die inskrywingsvorm, program en meer inligting.
Aftredeprentjie
4. Gelukkige Aftrede/"Retire Smart" Program
Deon Bruwer bied van 11 tot 13 Oktober 2016 vir oulaas* sy gewilde aftreewerkswinkel op Stellenbosch aan vir predikante wat beplan om binne die volgende vyf tot sewe jaar af te tree.
Die kursus is getiteld “Gelukkige aftrede deur 'n nuwe toekoms te skep” en kan kosteloos bygewoon word. Alle gades word ernstig aangemoedig om ook teenwoordig te wees.  Lees hier meer.
*Dit is Deon se laaste aanbieding as werknemer van die sinode voordat hyself in Januarie 2017 as PSD aftree.
Huis Hanna Hopkins
5. Hanna Hopkins Huis
Hanna Hopkins Huis in Observatory bied bekostigbare verblyf aan pasiënte en hulle familie wat enige van die hospitale of mediese sentrums in Kaapstad se suidelike voorstede moet besoek.
Hierdie huis vorm deel van die dienste aan gemeentelede van die VGKSA  en NGK Wes-Kaapland.
Kontak Hanna Hopkins Huis gerus by obskerkhuis@gmail.com of 021 448 7301. Die brosjure kan hier gelees word.
Sien gerus onder meer foto's van hierdie pragtige Victoriaanse huis.
6. Badisa vier Barmhartigheidsmaand
Badisa se rol om die Kerk na mense in nood te bring. Meer oor hulle One More-veldtog, is samehang met die The SA we pray for-veldtog, is hier.
In die onderstaande video deel Badisa op 'n vars manier wie hierdie organisasie is en hoe hulle funksioneer: kyk gerus!
Badisa funksionering
Badisa inligting
NG Kerk in Namibie-logo
7. Nuus van ons Namibiese broers en susters
7.1 Hou Algemene Sinode se hande; versterk eie bene
Die NG Kerk in Namibië (NGKN) sal vir die huidige die bestaande kerkordelike verband met die Algemene Sinode handhaaf, het hulle moderamen verlede week besluit. Dit beteken oa deurlopende en konstruktiewe deelname aan gesprekke en nadenke oor die toekoms van die NG-kerkverband. Die vestiging van die unieke identiteit van die NGKN as ’n selfstandige nasionale sinode sal steeds voortgaan en na gelang van omstandighede uitgebou word.
Die moderamen voorsien dat bi-laterale ekumeniese verhoudinge met ander reformatoriese kerke in Namibië en in buurlande soos Botswana, Zambië, Zimbabwe en Angola uitgebrei word. Verkennende gesprekke en teologiese besinning rondom die moontlike vestiging van ’n Liggaam van Reformatoriese Geloofsgemeenskappe in Namibië sal doelgerig uitgebrei en voortgesit word. (Dankie, Feldmuis.)
Namibie landkaart
7.2 Namibiese Kuratorium aan die werk
Die Sinode van Namibië het in Maart vanjaar gevra dat die plaaslike potensiaal vir teologiese opleiding ondersoek moet word deur hulle eie Kuratorium - wat reeds sedert 2012 bestaan, maar nou uitgebrei word.
Die nuut-saamgestelde Kuratorium moet nou die verbrede beleid van opleiding van gemeentelike bedienaars wat die Algemene Sinode in 2013 goedgekeur het, deeglik oorweeg en toepaslike prosedures vir die implementering daarvan in Namibië opstel. Gesprek en die vestiging van ’n samewerkende verhouding met NETS moet ook binne die volgende paar maande aandag geniet. (Dankie, Feldmuis.)
7.3 NGKN-boom op pad na Wittenberg!
Die NG Kerk in Namibië gaan 'n boom in die Luthergarten in Wittenberg plant om die geboorte van die protestante-beweging 500 jaar gelede te gedenk.
Kerke wêreldwyd is genooi om een van die 500 bome wat daar geplant word, te borg. Terselfdertyd sal hierdie kerke dan plaaslik 'n vennoot-boom plant op 'n geskikte plek. Die Luthergarten-projek het reeds in 2008 beslag gekry en die eerste boom is op 1 November 2009 geplant. Nuwe bome sal nog tot 2017 bykom.
Die Direkteur van die Lutherse Wêreld-federasie Sentrum in Wittenberg sal die NGKN-boom namens Namibië se sinode plant tydens 'n plegtige geleentheid. Hulle boom sal die derde boom uit Namibië wees. Die drie lede van die Lutherse Wêreld-federasie wat in Namibië is, het reeds bome daar geplant. Meer oor die Luthergarten is hier. (Met dank en erkenning aan Feldmuis, Namibië se sinodale nuusbrief.)
Luthergarten - lugfoto
Lugfoto van die Luthergarten in Wittenberg
Cassie Carstens
ALGEMEEN
1. Met innige Meegevoel
1.1 Ds Cassie (JC) Carstens
(07 Januarie 1947 - 25 Julie 2016)

Dit is met hartseer dat ons hulde bring aan ds Cassie Carstens, welbekend in die NG Kerk-familie vir onder meer sy werk as Kamporganiseerder (Noord-Transvaal) en PSD: Jeug in die Sinode van Oos-Transvaal, sowel as sy betrokkenheid by kultuur, kerkmusiek, die leierskap van die Sinode van Noord-Transvaal, sowel as van die Algemene Sinode (1978-2004) en baie meer.
Hierdie unieke en kleurvolle figuur in die NG Kerk laat diep spore: hy was ook betrokke by die samestelling van Jeugsangbundel I (1984) en Jeugsangbundel II (1993) • was een van die eindredakteurs van die Liedboek van die Kerk • was self ’n orrelis en koorleier • was ook betrokke by die SA Kerkorrelistevereniging • hy het gereeld as spreker oor liturgiese en himnologiese aangeleenthede opgetree en
 emeriteer in 2012.
Die begrafnis word Donderdag 4 Augustus om 10:00 uit die NG Gemeente Wierdapark-Suid, Centurion, gehou.
O
ns innige simpatie aan sy familie, kinders en vriende. Lees ook hier (met dank aan Netwerk24)
2. Kaleidoskoop op die Voorpunt van Tegnologie!
Ons het verlede maand berig oor die nuutste inligtingstegnologie, onder meer raakskerm-tegnologie, wat deur die splinternuwe Apple-opleidingsentrum by Kaleidoskoop (voorheen die Instituut vir Blindes) op Worcester ingespan word. 
Belangstellendes kan in die onderstaande video meer hieroor te wete kom. Kontak hierdie Badisa-program by 023 347 2745 of info@kaleidoscopesa.org.
Kaleidoskoop tegnologiesentrum
Ladismith
3. Leefreg-woonstelle - Ladismith
Die Rosenhof Aftreeoord (die eiendom van die NG Gemeente Ladismith) het tans drie eenslaapkamer (leefreg-) woonstelle te koop vir sowat R120, 000 en 'n maandelikse heffing van ongeveer R900 per maand.
Hulle is in 'n uiters veilige en goeie omgewing, gerieflik sentraal geleë en handhaaf uitstekende waardes en norme. Kontak Luzanne Horn by 028 551 1142 of 073 400 6214 vir meer inligting.
Famsa logo
4. FAMSA-kursus
FAMSA Boland/Overberg in Worcester bied n kursus aan op 25 en 26 Augustus 2016.
Die tema van die kursus is Divorce Guidance in the Post-Divorce Phase. Die aanbieder is die bekende prof Nicky Alpaslan van UNISA. Die kursus is gemik op predikante, sielkundiges en maatskaplike werkers en die koste van die kursus is R1900-00 vir die twee dae. Verversings en studiemateriaal is ingesluit.
Predikante kan 10 VBO-punte verdien. Vir navrae, kontak gerus vir Leon Venter by 082 810 8963 of dirfamsa@telkomsa.net
5. Neels oor Geloof, Suid-Afrika, kerkwees en meer ...
'n Maand of wat gelede het die Lééf-tydskrif 'n onderhoud met ons eie Kerkbode-redakteur, Neels Jackson, gevoer. 
Neels gesels daarin oor die dinge wat sy geloof gevorm het, die toekoms van ons land en sy nuwe digbundel. Die artikel is hier beskikbaar, met die vriendelike vergunning van Lééf. (Foto en aanhaling onder: Lééf, April 2016)
Neels Jackson Neels oor kerk se toekoms
RampUp-logo
6. RampUp: Sondag vir Gestremdhede 28 Augustus
Vir beplanning: alle kerke word uitgenooi om deel te neem aan ‘n spesiale dag om die insluiting van persone met gestremdheid te vier. Die tema vir 2016 is "Werklike behoort tot die liggaam van Christus".
Op die RampUp-webwerf is daar 'n aflaaibare pamflet met vars inligting en idees oor hoe hierdie Sondag vir Persone met Gestremdheid gevier kan word. 'n Goeie beginpunt kan ook wees om 'n besprekingsgroep bymekaar te kry waar gestremde en nie-gestremde persone gedagtes kan ruil.
Rev Dr Kenneth Mtata
7. Leierskap, Geregtigheid in Zim óók op kerk se tafel
" 'Ecumenical solidarity will be the key for Zimbabwe as we move into this latest phase - a kairos moment - when Zimbabwe will need the support of the whole ecumenical movement.'
These are the words of Rev Dr Kenneth Mtata, study secretary for Lutheran theology and practice at the Lutheran World Federation in Geneva since 2010."
Dr Mtata is onlangs aangewys as die algemene sekretaris van die Zimbabwe Council of Churches. Lees hier verder.
Braam Hanekom
8. Raakgelees ...
8.1 Waar is God in dit alles?

"Ons leef in ’n wêreld waarin die sinlose ons elke dag konfronteer. Een vraag wat deur die eeue in sulke tye opklink, is waar is God dan in dit alles?"
Hieroor dink Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) in sy jongste artikel (Die Burger, 27 Julie) na. Hy skryf: "In gewone Afrikaans: Daar is dinge, te groot, wat my klein verstandjie gewoon nie sal verstaan nie en ek berus daarby. In alles het ek geleer om eerste na God te soek, voordat ek na God se antwoorde soek." Belangstellendes kan hier verder lees. (Met erkenning aan Netwerk24)
Konteks-logo
8.2 Die Drie-eenheid
Vader, Seun en Heilige Gees
Konteks, die NHKA se maandelikse tydskrif, fokus in die Julie 2016-uitgawe op ons verhouding met die Drie-eenheid. Lees gerus hoe Wian Kloppers in sy redaksionele artikel skryf oor ons verhouding met ... 
'n Pa wat sorg en omgee
'n Medemens wat sy Lewe gee - en 
'n Ma wat by Pa pleit vir haar kinders.
(Met die vriendelike toestemming van die redakteur oorgeneem.)
Sosiale Media
9. Sosiale Media in Gemeentes
Verbind, Deel, Skep "Community"

In sommige gemeentes word sosiale media lank reeds suksesvol gebruik om met die wêreld te deel wie en wat die kerk is. In 'n onlangste artikel in die CRC-nuusbrief word vertel hoe sosiale media, veral visuele materiaal soos videogrepe en foto's, in gemeentes gebruik word om mense 'n gevoel van gemeensaamheid, verhoudings en behoort-aan te gee. 
"Churches are being challenged to change how they perceive themselves in ministry, and how others perceive them and how to use technology to their advantage," said Rev. Sidney Couperus, pastor of Mountainview Christian Reformed Church in Grimsby, Ontario. Jy kan hier verder lees.

Kalender
10. Gemeentes: Onthou Stemdag en Vrouedag!
Dit mag help om in gemeentes se beplanning te onthou dat die volgende twee weke anders as die gewone daar uitsien: Woensdag 3 Augustus is dit die munisipale verkiesingsdag.
Inligting vir plasing in ons nuusbrief moet dus asb op Dinsdag 2 Augustus voor 12:00 aan kommunikasie@kaapkerk.co.za gestuur word.
Op Dinsdag 9 Augustus 2016 vier ons Vrouedag, met Maandag 8 Augustus dan ’n skoolvakansiedag – en waarskynlik 'n langnaweek vir baie mense.
GEMEENTENUUS
1. Worcester-Vallei reik ver met VKO en kinderevangelisasie
"Ds Derik Myburgh van VGKSA Cala deel hierdie hartverwarmende berig oor 'n uitreik uit Worcester na Cala en omgewing in die Transkei. Die uitreik het gefokus op kinder-evangelisasie, die hou van 'n Winterskool en vroeë kindontwikkeling. Die kinderwerk het bestaan uit 'n pragtige poppekas, Bybelverhale en speletjies met die kinders. Vroeë kindontwikkeling is 'n hoë prioriteit in die VGK. Worcester-Vallei kon ons help met 'n kleuterskoolhoof met 40 jaar ervaring om 'n vierdagwerkswinkel aan te bied." Lees meer. (Met erkenning oorgeneem uit 22 Julie se uitgawe van Grens.Pos, Sinode van Oos-Kaapland se e-nuusbrief.)
Cala foto's
Groote Kerk en Restitution Foundation-gesprek
NG Parow-Noord 50 Jaar
Heidekoppie Jeugweek
NG Heidekoppie
Jeugweek
Durbanville-gemeentes Getuienisweek
Durbanville-gemeentes
Getuienisweek
Kuruman vier Eeufees
6. NG Gemeente Kuruman vier Eeufees!
Op Sondag 24 Julie 2016 het dr Gerdrie vd Merwe, (oud-leraar van Kuruman in 1990-2006), hulle eeufeesboek tydens 'n glansgeleentheid aan die NG Gemeente Kuruman oorhandig.

Die feesboek, Fontein van lewende water. Die verhaal van die NG Gemeente Kuruman. 1916-2016 deur dr Gerdrie van der Merwe VDM, beskryf die voorgeskiedenis van die Kalaharistreek sedert 1801 met die ontdekking van die oog, die stigting van die dorp Kuruman in 1887 en die unieke verhaal van die NG Moedergemeente Kuruman van 1916 tot 2016. Kontak die Kuruman-gemeente by 053 712 0657 of ngkur@xsinet.co.za. Seën toegewens!
Twitter Facebook YouTube
Hannelie en Daan Wium
PREDIKANTENUUS
1. Tot siens, Daan Wium!

Na 25 jaar diens as predikant in NG  Moorreesburg, lewer Daan Wium op 31 Julie om 09:30 sy afskeidspreek. Hy is op 21 Julie 1991 in die gemeente bevestig, het aan die einde van Januarie 2016 geëmeriteer en die laaste paar maande sy bediening in 'n kontrakpos voortgesit.  
Daan skryf: "Ek en Hannalie verhuis Ceres toe en sal by die Moedergemeente inskakel. Ek wil betrokke bly by aktiwiteite binne die kerk. My grootste fokus lê by die wêreld van dissipelskap en hoe ons saam met mekaar meer soos Jesus kan word en saam sy oorwinning uitgewerk kan kry. Dit het ek op Moorreesburg begin beleef. Ek is nie seker hoe dit sal ontwikkel nie, maar ek wil myself verder daarin verryk.” Seën vorentoe, Daan!
(Lees ook Daan se afskeidsbrief aan sy gemeente en 'n artikel deur Mariëtte Odendaal wat sy in 2015 na afloop van die sinodesitting oor Daan geskryf het). 
Jan Bronkhorst
2. Jan en Stephanie Bronkhorst, welkom!
Jan Bronkhorst is sedert 14 Julie predikant in die NG Gemeente Stanford, waar hy as brugleraar in 'n deeltydse vasgestelde termynpos van ses maande bevestig is.
Jan se vorige gemeentes sluit in Pearson (Oos-Kaapland) waar hy in 1995 georden is, Bagani (Wes-Caprivi), Kathu en Grootdrink (Noord-Kaapland). 
Jan en Stephanie, ons heet julle hartlik welkom in die sinode en gemeente, sowel as die groter Overberg-gemeenskap.
Seën in julle werk as bedienaars van die Woord.

3. Laingsburg ontvang Frikkie en Marlene Greeff 
Dit is aangenaam om Frikkie en Marlene Greeff as brugleraarspaar in die NG Gemeente Laingsburg en die groter Laingsburg-gemeenskap te verwelkom!
Frikkie het sy teologiese studies aan UPE en US voltooi en is geen onbekende in die Wes-Kaap Sinode nie: hy was voorheen reeds as pastorale hulp in Laingsburg betrokke en ook predikant in Wellington Moedergemeente. Sedert 1990 was hy in Burgersdorp predikant tot en met sy aftrede aan die einde van Maart 2016.
Frikkie word op Sondag 31 Julie deur Kobus Kriel, konsulent, bevestig. Daarna sal hy sy intreepreek lewer. Aan Frikkie en Marlene, mag dit 'n besondere oorgangstydperk wees wat nou in Laingsburg vir julle voorlê. Seën toegebid!

Frikkie en Marlene Greeff
Frikkie en Marlene Greeff
Bianca Botha
4. Groote Kerk verwelkom Bianca Botha
Goeie wense aan Bianca Botha, wat reeds 'n week of wat gelede by die Groote Kerk in Kaapstad ingeval het om haar bediening as jeugwerker in die gemeente voort te sit.
Sy was tot onlangs predikant in die NG Gemeente Kuilsrivier-Digtebij.
Bianca, mag jy ervaar hoe die stadsomgewing nuwe moontlikhede en energie vir jou bediening en roeping bring en jy gou welkom en tuis in die gemeente voel. Ons wens jou en die hele entoesiastiese span van die Groote Kerk vele seën en vreugde toe!
Meer inligting oor die Groote Kerk se mense en werk is by 
http://grootekerk.org.za/ en hier op Facebook.
Avo's for Life-logo
EKOLOGIE
Avo's for Life!

Die NG Gemeentes George-Suid, George Tuinedal en die VGK Gemeente Thembalethu, in vennootskap met die Sentrum vir Publieke Getuienis van die Wes-Kaap Sinode en ander vennote, rolspelers, en belangstellendes, wil die inwoners van die informele nedersettings in hulle omgewing toerus met die nodige kennis, motiveer en ondersteun om ten minste een avokadoboom op hul erf te plant en te versorg sodat dit uiteindelik vrugte dra.
So wil hulle 'n bydrae lewer tot:
a. Die herstel van die ekologie;
b. Die volhoubare voedselvoorsiening vir die gemeenskap;
c. Die bou van nuwe verhoudings tussen die verskillende gemeenskappe om sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot wedersydse respek en waardering vir mekaar. Aan die einde van Augustus beplan hulle om 200 avokadoboompies te plant in die informele nedersetting. Besoek gerus Avo's for Life se Facebook-blad om meer te lees oor almal wat by hierdie projek betrokke is.
CLF-logo
PUBLIKASIES
1. Christene en Geestesgesondheid
Met Julie as bewusmakingsmaand vir geestesgesondheid, fokus Christelike Lektuurfonds op Christene se ondersteuningsrol vir diegene wat worstel met depressie, minderwaardigheid, moedeloosheid en angs.
CLF het ʼn pragtige boek genaamd Jy is goed genoeg beskikbaar teen R25 (posgeld uitgesluit). Jy kan iemand met hierdie publikasie seën om te help ontdek dat hy goed genoeg is in God se oë. Bestel ook gerus gratis pamflette van toepassing op hierdie onderwerp op die 
webwerf (voorbeelde onder).
2. Bybel-Media Nuus
Vir meer inligting en bestellings, kontak Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook www.bybelmedia.org.za.
Die hart van dissipelskap Gestuur Die liefde van Christus dring my
KUIERKANS
Klik onder vir nuus oor markte en feeste! Hou ook die sinode se Facebook dop. 
1. Suid-Kaap Kinderkoor sing!
Die NG Gemeente Ysterplaat was op 30 Desember 75 jaar oud en het dit feestelik op 6 Desember gevier. Een van die oud-lidmate is ernstig deur die gemeente se finansiële uitdagings aangegryp en het besluit om iets daadwerklik te doen om die gemeente, wat tans uit slegs 121 belydende lidmate in ‘n sub-ekonomiese gebied bestaan, te help oorleef. 

As deel hiervan kom die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor Ysterplaat toe vir ‘n fondsinsamelingskonsert. Die konsert beloof om iets besonders te wees. Die koor het vroeër vanjaar as wenners die eerste prys (cum laude) op die 64ste Europese Musiekfees vir Jongmense in Neerpelt, België, verower (klik hier). Hulle program bevat iets vir almal en is baie gewild.
Die Suid-Kaap Kinderkoor tree op Saterdag 27 Augustus om 15:00 by NG Ysterplaat, Bowerstraat, Ysterplaat, op. Kaartjies is baie billik teen R100 per volwassene en R50 per kind. Beperkte plek! Kontak Marie van Rhyn by botterkraal@absamail.co.za of 021 511 5767 vir navrae en kaartjies. 
NG Hartswater Dankbaarheidsfees
NG Hartswater Fees
27 Augustus 2016
Huis Zonnekus Gholfdag
Huis Zonnekus Gholfdag
13 Oktober 2016
4. NG Somerset-Wes hou 'n Gholfdag!
Op 19 Augustus bied NG Somerset-Wes 'n gholfdag aan. Die formaat is Four Ball Better Ball Stableford en die inskrywingsfooi beloop R 1500, wat die vierbal, pryse en 'n ligte ete ingesluit.  Kontak Chris Miles by 073 586 2999 vir besprekings.
NG Somerset-Wes Gholfdag
VAKATURES
1. VGKSA Koue Bokkeveld: Leraarspos

In nederige afhanklikheid maak die gemeente en kerkraad van die VGKSA Koue Bokkeveld die vakature van hulle leraarspos binne die gemeente bekend.  
Meer inligting oor hierdie gemeente, sowel as die leraarsprofiel, aanbiedinge en aansoekproses is aangeheg beskikbaar.
Aansoeke sluit op 26 Augustus. 
BM-logo
2. Bybel-Media: Uitvoerende Hoof
Ons herinner aan hierdie vakature by die Bybel-Media (BM) Groep van maatskappye, 'ʼn diens van die NG Kerk. Dié diens stel Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening in ʼn verskeidenheid mediaformate aan ʼn breë Christen-gehoor beskikbaar. Donateurs speel ʼn belangrike rol in die finansieringsmodel.
BM het vanaf 1 Januarie 2017 ʼn vakature vir ʼn Uitvoerende Hoof in permanente hoedanigheid. Die Uitvoerende Hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van dié multi-mediagroep. Lees hier meer en reageer voor 15 Augustus 2016. 
NG Gemeente Welgemoed-logo
3. NG Gemeente Welgemoed: Fasiliteitsbeampte
Welgemoed is ʼn voorstedelike gemeente in Bellville met 1314 belydende en 381 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap word bedien deur vier leraars. Hierdie gemeente het 'n vakature vir 'n fasiliteitsbeampte - meer inligting is aangeheg en aansoeke sluit op 20 Augustus. 
4. Badisa Loeriehof: Boekhouer/Adminbeampte
Loeriehof Tehuis vir Bejaardes in Knysna is 'n program van Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaap) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking as boekhouer/administratiewe beampte ingewag. Reageer voor 8 Augustus en lees onderaan meer.
eKerkbode-logo
Vakatures op eKerkbode
Kerkbode is steeds dié plek vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante instansies.
Klik hier vir die jongste inligting.

As jy wil saampraat oor wat in die NG Kerk - en breër kerklike omgewing - gebeur, teken in om e-Kerkbode te ontvang. 
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Hannes Theron
Kies vir . . .
Om elke hoek en draai word jy gekonfronteer met die verkiesing.
Natuurlik het ons almal 'n verantwoordelikheid om te gaan stem. Ons word gedwing om te kies – soms is die keuse nogal moeilik, omdat nie een van die kandidate of partye 'n goeie keuse is nie.
Elke dag is eintlik 'n keuse: Ek kies om te fokus op die koninkryk van God of op my eie koninkryk. Die Here leer ons bid: Laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied. Ek kies so tussen al die verkiesingsbeloftes, plakkate en berigte om te fokus op die koninkryk van God. Hy is die lewende opgestane Here.
Stem Woensdag verantwoordelik en bid vir die verkiesing. Kies ook om te fokus op die koninkryk van God!
* * *
Hannes Theron is predikant in die NG Gemeente Helderberg in Somerset-Wes. Hy is ook die voorsitter van die Kuratorium. Kontak hom by hannes@nghelder.co.za.
VrydagNuus-groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za