Lees deur internet, klik hier >>
6 Oktober 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
  NG Wes-Kaapland: oorsig van algemene sinode 2019
dag 1 - 6 oktober

Beste Leser

Algemene Sinode 6 - 11 Oktober
Afgevaardigdes van die 10 samestellende sinodes kom vandeesweek by eMseni bymekaar.  Die waardes vir die sinode sluit in dat ons deur God ingenooi is en daarom een in die Gees en gelyk langs Christus is.  
Deel van die afvaardiging van Wes-Kaapland by Kaapstad lughawe
George afvaardiging op pad na Algemene Sinode. 
Agter vlnr: Mertia Ross, Jan Stadler, Jan Marais, Donovan Gultig
Voor: Maryna van Rensburg en Lorinda Maritz
Openingsgeleentheid
Die openingsliturgie word gelei deur Barnard Steyn, waarna die Centurion Cantus die aangrypende Heer ons dink aan Afrika sing. Dr Pieter van Jaarsveld van Bothaville gemeente en moderator van Vrystaat Sinode hou die tema Maak 'n lewegewende verskil voor aan die hand van Johannes 7:37-39. 
"Ons sentrale getuienis is die boodskap dat elkeen wat bely dat Jesus die Christus is,’n kind van God is. Waarom worstel ons dan met die kernboodskap wat aan ons toevertrou is?  Jesus is die Here – God werk lewe deur jou en waar jy kom, bring jy lewe.  "Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”
Konstituering
Die sitting word amptelik gekonstitueer met die ontvangs van geloofsbriewe van 192 gemeentes.
Groener sinodesitting
In 'n poging om meer omgewingsvriendelik te wees, is daar talle herwinningsprojekte tydens vanjaar se vergadering. Spesiale houers vir die herwinning van plastiek, papier, glas en blik is reg voor die vergaderilokaal geplaas. Die gebruik van papieruitdeelstukke word tot 'n minimum beperk.  Spesiale glasbottels is ook aan elke afgevaardigde beskikbaar gestel om die enkelgebruik van plastiekbottels te verminder.
Verkiesing van moderator
Nelis Janse van Rensburg is verkies as moderator van die Algemene Sinode 2019.  "Ek kan nie vir julle sê hoeveel welwillendheid ek gedurende die afgelope termyn ervaar het nie. Dit  is'n enorme voorreg is om die voorsitter te wees van die sinode van ’n kerk van hierdie omvang." Hy noem ook dat hy die afgelope vier jaar deur die gebede van die gemeentelede, kerkrade, eredienste en gebedskringe gedra is.  
"Mag dit dan ook so wees dat ons met die oortuigings van liefde, vrede, geduld en liefhartigheid as werklikheid lewe en met respek vorentoe gaan.  Ons moet ons gewoontes veredel – in die kerk en daar buite.  Ons het nou weer ’n geleentheid om ’n lewegewende verskil te maak. In hierdie vergadering moet ons besluite neem wat ons opstel om daardie verskil te gaan maak.  Kom ons maak gebruik van die geleentheid."
Ten laaste
Mag die volgende lied ons inspireer vir die res van die week:  
Troos my, sterk my, leer my, lei my
Gees van God, vul my al meer
Vorm my tot u eer.
~Lied 442 2b ~
Groete van eMseni (Place of Grace) in Benoni.
Ronelda Visser



kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.