Lees deur internet, klik hier >>
6 September 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Kers en vlag
1.  Beroep rakende geweld teen vrouens en kinders
Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderatuur, doen die volgende beroep op gemeentes: "Geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika neem skrikwekkende afmetings aan. As kerk is ons geroep om te staan by dié wat kwesbaar of weerloos is. Daarom versoek ons elke gemeente om op Sondag 15 September tydens die erediens spesiaal tyd in te ruim as geleentheid van protes, vermaning en bewusmaking van die slegte kultuur van minagting van die vryheid en menswaardigheid van vroue en kinders in ons land.  

Ons wil onder meer vra dat daar spesiale aandag gegee word aan die voorkoms van patriargie, die denksisteem wat dikwels onbewustelik, maar wel subtiel en effektief, die idee voed dat vroue minderwaardig is. Die aftakeling van hierdie denke is net so belangrik as ons verset teen die groteske vergrype wat teen vroue gepleeg word.

Hierby aangeheg is liturgiese voorstelle. Die moderatuur versoek dat daar gebid word vir 'n nuwe gety van respek vir die lewe en menswaardigheid van alle vroue, kinders en kwesbare mense in ons land. Laat ons ook bid vir die slagoffers en families van  slagoffers van geweld - vir troos en genesing. En laat ons opstaan teen die geweld teen vroue en kinders wat soveel blywende pyn veroorsaak." 

2.   Stilswye is sonde
Die Gender Taakspan stuur hierdie reaksie oor die onlangse gebeure rakende geweld teen vroue en kinders: "Daar kom tye wat ons as kerk nie kan of mag stilbly nie, waar stilswye sonde is. In die lig van die voortgesette vlaag van geweld teen vroue en kinders roep ons as Gender Taakspan die kerk op om op te staan en haar profetiese stem te laat hoor. 
Geslagsgebaseerde geweld raak alle gemeenskappe en gemeentes - en die voorkoms is so hoog dat al daarna verwys word as 'n 'femicide'. Dit kan eenvoudig nie so aangaan nie. Christus se liggaam word verneder, verkrag, vermoor - as gelowiges kan ons nie stilbly nie. 
Wanneer ons as gelowiges stilbly in die aanslag van hierdie gewelddadige vorme van ongeregtigheid, ondersteun ons die status quo deur ons stilswye." Lees die Gender Taakspan se volledige bydrae hier.
3. SPG: 100 Dorpe Dialoog
Laingsburg ernstig oor 'n mooi toekoms vir hul kinders
Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis het twee weke gelede op RSG 'n radiopraatjie gehou oor hul 100 Dorpe Dialoog-inisiatief. Hierdie dialoë bied 'n veilige ruimte waartydens alle leiers van 'n dorp kan gesels oor hul uitdagings en hoe hulle kan saamwerk om werkbare, praktiese oplossings vir hul dorpe te kan ontwikkel. Die gesprek het groot reaksie vanaf verskeie belangstellende dorpe ontlok - een hiervan Laingsburg. Lees hier van Braam se besoek daar verlede week (foto onder) en kyk na die video regs waar hy meer verduidelik. Kontak Danelle met navrae hier
Gesprek
Logo
4. Moderamenterugvoer 
Die oorsig van die onlangse moderamenvergadering is nou aanlyn beskikbaar. Nelis Janse van Rensburg skryf dat dit nogeens 'n mooi geleentheid was van saamdink en –dien wat iets verbeeld het van die bedoelde aard van die liggaam van Christus. "Ons roep in hierdie dae elke gelowige op om met waagmoed te leef. Ons, die kerk, is immers geroep om 'n lewegewende verskil te maak in Suid-Afrika. Laat ons daarom elke geleentheid aangryp om te getuig van die Hoop wat in ons leef."
5. Badisa algemene jaarvergadering 
Christine Quickfall, hoof-uitvoerende beampte van Badisa, noem dat hierdie geloofsgebaseerde welsynsorganisasie in die afgelope jaar bykans 700 000 begunstigdes met hulle dienste bereik het, wat 'n verdere impak op meer as 2,6 miljoen mense gehad het. Badisa is 'n gesamentlike bediening gestig in 2003 uit die verskillende barmhartig-heidsbedienings van die NG en VG Kerke. In Tswana beteken dit herder of versorger.

In die jaarverslag skryf Christine: "Met soveel mense in ons land wat vasgevang is in 'n siklus van kwesbaarheid en armoede is ek daarvan oortuig dat Badisa sy impak verder kan versterk en nóg lewens kan verander." Lees die volledige jaarverslag hier.
Nicola Vermeulen, Nioma Venter en Jampie Nel
Erwin Schwella van Hugenote Kollege, Christine Quickfall en Charl van Rensburg
re#imagine matriekfees 2019
Noordhoek re#imagine Matriekfees 2019 - klik bo
Kruiskerk eerstejaarskamp 2020
Personeel vir Eerstejaarskamp 2020:
Indien jy graag wil saamgaan as kringleier op 
Kruiskerk se Eerstejaarskamp in 2020, klik bo om in te skryf.
8. VBO-kursus:
Kinder- en tienerbediening 

Werk jy met kinders en tieners? 'n Opleidingsgeleentheid deur Futurenow word in twee dele in September op Stellenbosch by Communitas aangebied. Die onderwerpe tydens die eerste deel op 10 en 11 September is strategieë vir skolebediening en Lead Today leierskapsontwikkeling en mentorskap. Die Kinderwet en berading word op 12 September in die tweede deel hanteer.
Kontak Maryke by jeug@sun.ac.za om in te skryf.
Internskappe
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae
Lofprysing
2. Lofprysing- en aanbiddingsdiens by Uitsig gemeente
NG Bellville-Uitsig hou 'n lofprysing- en aanbiddingsdiens op Sondag-aand 8 September om 19:00 (net vir 'n uur) saam met die orkes. Die adres is Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth, Bellville en die tema is: "Dankie, dankie vir die reën en U seën!" Nooi vriende en familie en kom wees saam dankbaar, skryf Amanda uit die kerkkantoor.
UIT ONS RINGE
Theunis
Pastoraatkursus in Beaufort-Wes 
Ringskriba van die Ring van Beaufort, Herman Burger, nooi lidmate uit om hierdie gratis kursus op 13 en 14 September by NG Beaufort-Wes se Gamka-Oos kerksaal by te woon. Dit is 'n basiese pastoraatkursus wat spesifiek op die gewone lidmaat gerig is en die aangebieder is Theunis Botha van Predikantebegeleiding. Bespreek vóór 12 September per e-pos by die skriba van Gamka-Oos, Evelyn Rust. Lees hier meer
PREDIKANTENUUS
Louws
1. Louws verwelkom by Melkbosstrand
Albertus Louw word op Sondag 8 September deur Frederick Marais as leraar in die NG Gemeente Melkbosstrand bevestig. Albertus en Louise was sedert 2014 tot onlangs by die Ghanzi gemeente in Botswana in die bediening en voor dit in George. Albertus lewer sy intreepreek volgende Sondag 15 September om 09:00. Welkom in die Sinode van Wes-Kaapland! 
Nuwe mensie
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
1. Arbor Week
South Africa annually celebrates Arbor Week during the first week of September. The campaign is led by the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries and calls on South Africans to plant indigenous trees such as the Sophia Town oak tree and the Sagole baobab tree as a practical and symbolic gesture of sustainable environmental management.
The theme for this year is Forests and Sustainable Cities and it encourages the public to join hands with partners in local government and community-based organisations in greening their communities. Follow the conversation on #ArborMonth and #SustainableCities or on the website
Ramot AGM
Ramot AGM 18 September - RSVP by 11 September
Kers
3. Nuut: skryf self huldeblyke op kerkbode.co.za
Die In Memoriam-afdeling op Kerkbode se webwerf bevat tans doodsberigte oor gewaardeerde rolspe­lers in die kerkverband, soos die mees onlangse huldeblyk aan prof. Jannie du Preez. Kerkbode nooi hul breër le­sersgehoor uit om self huldeblyke vir hulle geliefdes op hul digitale platform te kom lewer en ska­kel so omslagtige korrespondensie per e-pos uit. Lees hier verder. Bron en grafika: Kerkbode.

Plakker
4. Loslitdag 2019
Dra Vrydag 6 September jou plakker vir Loslitdag en ondersteun Suid-Afrika se grootste bewusmaking- en fondsinsamelingsveldtog vir persone met gestremdhede. Die veldtog het gedurende die afgelope 25 jaar reeds meer as R334 miljoen ingesamel vir begunstigdes wat opleiding en ondersteuning verskaf of as kampvegters vir persone met gestremdhede optree. Hierdie jaar se tema is #TimetoShine. Koop jou digitale plakker deur 'n SMS na 38224 te stuur of koop 'n plakker vir R10 by deelnemende winkels soos op die webblad gelys. 
5. Begeleierskursus fokus op spiritualiteit
Met spiritualiteit as een van die hooffokusse van ons sinode, is dit goed om kennis te neem van geleenthede wat hierop fokus in ander sinodes. Een daarvan is 'n Excelsus-kursus om as spirituele begeleier opgelei te word, aangebied deur Willem Nicol in sewe blokke van drie dae oor 'n tydperk van 15 maande. Dit vind meestal by Stellastraatgemeente in Pretoria plaas, maar ook naby Rustenburg. Lees hier en skryf in voor 30 September.        
Logo
6. Raakgelees:
Hoe kan ek 'n "luisterende" groepleier wees?

"Kan jy dink aan 'n volwassene met wie jy lekker kon gesels as kind? Dalk was dit 'n ouer, 'n maat se ouer, 'n familielid of selfs 'n onderwyser? Hoekom dink jy praat kinders en tieners makliker met sekere volwassenes? Jongmense neem 'n risiko wanneer hulle met 'n grootmens praat en wil weet:
• Sal die volwassene my werklik 'hoor'?
• Sal die volwassene my veroordeel?
• Kan ek die volwassene vertrou om my behoeftes ernstig op te neem?"
So skryf Anriëtte de Ridder, PSD: Jeug en Familiebediening, op DINKJEUG. Lees hier verder hoe jy, as groepleier, meer moeite kan maak om te luister.

NUUSBRIEWE
Nuusflits
E-NUUS
PUBLIKASIES
1. Nuwe publikasies van Bybel-Media
Bybel-Media stel 'n aantal nuwe publikasies bekend wat onder meer praktiese riglyne gee oor die spesifieke sake wat na 'n geliefde se dood afgehandel moet word, raad verskaf aan versorgers van mense met Alzheimer se siekte, en 52 werkstukke deel wat ontwerp is om die suur van die lewe te neem en te verander in iets soets. Klik hier en onder om meer te lees of besoek Bybel-Media se webwerf by bybelmedia.org.za.

Wanneer woorde ontbreek Suurlemoenseisoen Kry styl Ons raaiselpad met alzheimersiekte
Brûe vir gemeentes op pad na God se toekoms
2. CLF-publikasie
Die oorgangsituasie, wanneer 'n predikant 'n gemeente verlaat, bied 'n geleentheid vir nadenke en nuwe energie. As hierdie geleentheid kundig benut kan word, maak dit mooi moontlikhede oop vir die gemeente se voortgaande koninkrykswerk en ruimte vir heroriëntering ten einde ook te vra na die bestaansdoel van die gemeente. Brûe vir gemeentes op pad na God se toekoms is 'n tydige en praktiese gidsboek vir gemeentes wat voor 'n oorgangstyd staan of reeds 'n oorgang beleef. Die aanpak van hierdie gidsboek is ekumenies gedoen met die skrywers afkomstig uit vyf denominasies. Hierdie boek sal tydens die NG Kerk se Algemene Sinodesitting in Oktober bekendgestel word
CLF-publikasie
Logos
4. Prison ministry material
At Nehemiah Bible Institute / Biblecor there are currently 29 different correspondence programmes that are used to impact prisoners in 96% of prisons throughout South Africa. These programmes assist with reducing recidivism, teaching life skills and imparting the true meaning of God’s grace and mercy, forgiveness and hope to those who are incarcerated. The books are printed in eight different languages. Free prison ministry materials/books are published and distributed  to prisoners and spiritual care workers in prisons. Click here to read more.
EKOLOGIE
Jeug
1. September 'n besondere maand!
September is die maand waarin die kerk oor die wêreld heen die Seisoen van die Skepping vier. Die Seisoen begin op 1 September en eindig op 4 Oktober wanneer die Katolieke Kerk die Fees van St Fransiskus van Assisi vier. Daar is heelwat wat gebeur op die ekologiese kalender in hierdie seisoen: dit is onder meer die maand vir die plant van bome, daar word gefokus op skoonmaak en herwinning en die 22ste is Wêreld Renosterdag. Lees hier verder en kyk hoe jy betrokke kan raak.
2. The effect of air pollution on mental health
A recent study published in National Geographic shows a link between pollution and poor mental health. The World Health Organization links air pollution to deadly diseases like lung cancer and strokes, but new research suggests that polluted regions see more cases of neurological disorders like depression and bipolar disorder.

In the United States, scientists found counties with the worst air quality, as indicated by the Environmental Protection Agency, had a 27 percent increase in bipolar disorder and six percent increase in depression, when compared to the national average. Similar studies in London, China, and South Korea have similarly found a link between polluted places and poor mental health.  Read the article by Sarah Gibbens here.

BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo om meer te lees van elke kuiergeleentheid!
VAKATURES
Kerkbode vakatures
Logo
1. NG Velddrif: Voltydse leraarspos
Velddrif is 'n plattelandse gemeente aan die Weskus met 740 belydende en 122 dooplidmate Die inwoners is uit die hele ouderdomspektrum, maar met 'n groot aantal bejaardes. Rig navrae aan die gemeentebestuurder, Wessel Vermeulen, by 082 929 8288. Doen aansoek voor Vrydag 13 September. Lees hier meer oor die vereistes van die pos.

Logo
2.1 Durbanville Kinderhuis:
Kinder- en jeugsorgwerkers
Durbanville Kinderhuis, 'n program van Badisa, het poste vir gekwalifiseerde kinder- en jeugsorgwerkers. Voornemende aan-soekers moet 'n volledige CV met verwysings stuur teen 13 September. Lees hier meer.
2.2 Villiersdorp: Maatskaplike hulpwerker
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Registrasie by die SACSSP word vereis en die sluitingsdatum vir aansoeke is 17 September. Lees hier verder. 
 
Logo
3. Bybelgenootskap: Sekretaresse (5/8-pos)
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika benodig die dienste van 'n toegewyde Christen as sekretaresse vir 'n 5/8-pos in Bellville. Pligte van die pos behels algemene sekretariële en fondsinsamelingspligte - klik hier om meer te lees oor die nodige kwalifikasies, ondervinding en algemene vereistes. Aansoeke sluit 12 September.
TEN LAASTE
Ons land is vandeesweek geruk deur gruverhale en statistieke oor geweld, veral teenoor vroue en kinders.  Ons medelye gaan uit na al die families, gemeentes en gemeenskappe wat hierdeur geraak word. 
Ons vra VrydagNuus-lesers om spesiale eredienste op 15 September te onder-steun. 
Put intussen krag en vertroosting uit hierdie opname van die aangrypende No longer a slave to fear deur Jonathan David and Melissa Helser.  

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.