Subscribe to our email list
Lees deur internet, klik hier >>
 24 Februarie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
"Faith is a living, daring confidence in God's grace,
so sure and certain that a man could stake his life on it a thousand times."
- Martin Luther

SINODENUUS
1. Diaconia en Nal'ibali: lees-vir-genot!

Nal’ibali, ’n program gemik op lees-vir-genot vir alle ouderdomme kinders, is een van die drie platforms waardeur die Diensgroep Diaconia hulle vroeë kindontwikkeling-programme bedryf. (SmartStart en Embrace is die ander twee platforms. Kyk gerus die video onderaan vir meer inligting oor SmartStart, die program gemik op die intellektuele stimulasie van drie- tot vierjariges.) 

Die isiXhosa woord Nal’ibali beteken "die storie is hier". Hierdie waardevolle hulpmiddel om kinders tot volle potensiaal te help ontwikkel, word befonds deur die DG Murray Trust. Vandeesweek het Casey Ramaipato en Shakes Dwangu van Nal’ibali meer oor hulle program met Diaconia kom deel. Hou VrydagNuus en Diaconia se Facebook gerus dop vir baie meer inligting hieroor.
Gemeentes wat belangstel om betrokke te raak, kan
hier meer lees. Kontak Isabella by 021 957 7113 of omgee@kaapkerk.co.za met verdere navrae.
Sean Esterhuizen, Shakes Dwangu, Sonja Basson, Hans Steyn
Sean Esterhuizen (Diaconia), Shakes Dwangu (Nal'ibali), Sonja Basson (Diaconia), Hans Steyn (Diaconia, ondervoorsitter)
Nal'ibali koerantjie
Nal'ibali-leesstof met volkleur illustrasies, vir lees-vir-genot
SmartStart - bekendstelling
SmartStart-bekendstellingsvideo
2. Moderatuur van Wes-Kaapland skryf
Die moderatuur het op 17 Februarie vergader. Lees gerus meer in hulle gereelde kommunikasie, "Uit die Moderatuur" oor #Diversiteit en #Inklusiwiteit, nuus oor byeenkomste vir ons nuwe en jong predikante, finansies, reaksie op #SONA2017, #Reformasie500 se viering, #imagine (18-20 Maart MET 'n byeenkoms vir leiers op 17 Maart), gebedsonderwerpe en - les bes - dank aan die sinodale personeel. Klik hier.
Sinode Uit die Moderatuur
IMSA logo
 3. Arbeidsbediening
Nuwe webwerf vir Arbeidsbediening/IMSA
Arbeidsbediening/IMSA (Industrial Ministry in South Africa) het onlangs hul webwerf laat opdateer en moderniseer. Gaan besoek dit gerus hier. Baie seën op juille werk, Carin Brink.
4. Taakspan Vrouebediening, aangename kennis!
Die Taakspan Vrouebediening is een van die taakspanne in die Diensgroep Gemeentebegeleiding.
Vrouebediening help om vroueleierskap in gemeentes geestelik op te bou en te versorg, asook te motiveer en toe te rus vir hulle dienswerk in gemeentes en gemeen-skappe.
Op die foto onder is die ywerige span: Agter vlnr Gielie Loubser en Nelda Rousseau, Middel: Riana Furniss, Marelise Krige, Yvonne Neethling; Voor: Mariëtte Steyn, Ankia du Plooÿ. Kontak hierdie bediening by ngkvroue@sun.ac.za.
Taakspan Vrouebediening
5. Straatwerk: Ophelp en Skoonmaak!
Straatwerk se Ophelp Projekte-spanne het Saterdag deelgeneem aan 'n groot skoonmaakoperasie (Cape Town Clean Up). Die spanne het veral gefokus op die skoonmaak van sekere dele van die Liesbeekrivier. Die skofte is geborg deur die Groote Schuur Stadsverbeteringsdistrik.
Hawelose en kwesbare mense het deur harde werk 'n loon verdien, 'n positiewe getuienis is uitgedra en dele van die rivier is weer heelwat skoner. Net in en langs die rivier is 110 sakke rommel opgetel! Lees meer by http://straatwerk.org.za/.
Wat 'n sinvolle manier om by die sinode se fokus op die ekologie aan te sluit. Dankie, Fourie Truter en die hele Straatwerk-span!
Rivier skoonmaak
Een van die spanne op pad na die rivier vir skoonmaak
6. Wes-Kaapland Kommunikasie
Hoe en waar kommunikeer die sinode oor nuus en gebeure wat ons gemeentes en ons mense raak?
Klik op die tuisblad van www.kaapkerk.co.za om ons diensgroepe en taakspanne se webwerwe gerieflik bymekaar te sien.

Op die tuisblad is ook 'n lys van sinodale publikasies vir jou gerief: teken gerus in!
Teken direk in vir ons sinodale nuusbrief, VrydagNuus, vir juiste en aktuele kerknuus.
Volg die sinode op Facebook en Twitter vir daaglikse vars nuus.
Sinodale publikasies Getuie
6.1 KOMPETISIE! Ondersteun VrydagNuus en WEN!
Wie skryf hierdie uitgawe se "Ten Laaste"-rubriek? Gaan "post" jou antwoord op die sinode se Facebook en deel dan die VrydagNuus-post van 24 Februarie op jou eie blad met #VrydagNuus daarby - jy staan 'n kans om 'n lekker prys te wen! Die kompetisie duur van Donderdag 23 Februarie om 12:00 tot Woensdag 1 Maart om 12:00; reëls en voorwaardes geld, soos beskikbaar op ons webwerf.
7. Badisa
7.1 Laaste kans - Belastingkorting!

Die belastingjaar eindig op 28 Februarie 2017. Indien u graag korting op u belasting wil ontvang, kan u 'n donasie maak aan Badisa ter ondersteuning van hul dienste aan mense in nood. Badisa is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (011-891) en 'n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie (93 000 6348). 'n Artikel 18A-sertifikaat kan uitgereik word onder artikel 18A van die Inkomstebelastingwet, 58 van 1962. Die donasie sal uitsluitlik aangewend word vir die uitvoering van die doelstellings van Badisa soos goedgekeur onder Artikel 18A. Badisa se bank-besonderhede en betalingsopsies is beskikbaar op www.badisa.org.za.  
7.2 Fondswerwing Forum
Badisa het 'n forum vir fondswerwing geskep waarheen hulle sprekers nooi om oor sake van belang te praat. Enige gemeente of gemeentelid is baie welkom om die gratis geleentheid by te woon. Onder is meer inligting oor 1 Maart se forum.
Badisa Fondswerwing forum
8. NG Alg Sinode: Dewyk waarnemende Aktuarius
Ons beste wense gaan aan Dewyk Ungerer (moderator van die Noordelike Sinode), wat gevra is om waar te neem as aktuarius (kenner van kerkreg) van die NG Algemene Sinode. Dit volg nadat prof Johan vd Merwe in Januarie 'n noodrugoperasie moes ondergaan en tans verdere behandeling ontvang. Lees gerus e-Kerkbode se berig hieroor.

Ons bid Johan ’n spoedige herstel toe en wil Dewyk sterkte en insig toewens met die bykomende verpligtinge.
Albert Basson
ALGEMEEN
1. Met innige Simpatie
Dr Albert (AJ) Basson
13 Oktober 1935 - 14 Februarie 2017

Ons het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van dr Albert (AJ) Basson op 14 Februarie in die ouderdom van 82 jaar.
Dr Basson
is 1963 in Eerste Vesting georden, waarna hy in 1967 na Vaalharts beroep is. In 1969 word hy Senior Lektor in Bybelkunde aan die Universiteit van die Noorde. In 1972 begin hy bedien in Pietersburg-Noord en in 1975 in Eldoraigne. Hy word in 1976 aangestel as Senior Lektor aan die Hugenote Kollege in Wellington en was sedert 1980 tot sy aftrede in 2000 predikant in die NG Moedergemeente Wellington. 'n Gedenkdiens is op Saterdag 18 Februarie in Kleinmond gehou. Ons eer hom vir sy besondere bydrae oor jare, waaronder 'n hele handvol publikasies met 'n jeugfokus.
Lees gerus
aangeheg hoe Fanie Marais, kollega in Wellington, oor hom skryf. Die sinode wens tannie Ina en die kinders baie sterkte toe in hierdie tyd.

Prof Kim
2. Fakulteit Teologie - Stellenbosch
Prof Yong-Bock Kim oor Geopolitiek
Die dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Universiteit Stellenbosch bied op Vrydag 24 Feb van 10:00 tot 11:00 in die Hofmeyr-lesingsaal by die fakulteit 'n seminaar aan met die tema “Village vs Empire – the future of Ganjeong in geo-politics". Prof Yong-Bock Kim sal die geopolitieke geskille rondom die toekoms van die dorp Ganjeong op die pragtige ongerepte eiland Jeju aan die kus van Suid-Korea bespreek – dit was tot onlangs in die nuus. 
Dit is steeds 'n belangrike ekologiese kwessie binne die geopolitiek tussen die VSA, China, Japan, die Koreas en die res van die wêreld. Prof Kim is 'n spesialis in kontekstuele teologie, Minjung teologie en bevrydingsteologie. Alle belang-stellendes is welkom.
Bergsig Boodskap
3. Durbanville-Bergsig
Help bemark VrydagNuus

Baie dankie aan NG Durbanville-Bergsig, wat die sinode se e-nuusbrief, Vrydag-Nuus, in die jongste uitgawe van hulle weeklikse nuusbrief, Bergsig Boodskap, help bemark! Dankie aan Alida Vorster, kommunikasiebeampte, vir die vriende-like ondersteuning!
Wil ons ander gemeentes nie asb oorweeg om hiermee te help nie? Om pasklaar bemarkingsmateriaal, wat jy net so kan oorneem vir jou bulletin, nuusbrief of Sondag se PP-afkondigings te ontvang, stuur 'n e-pos na 
kommunikasie@kaapkerk.co.za.
Trots Aranos
4. Raakgelees
4.1 Aranos se Spirale van Hoop
"Ek het gesien wat dit doen aan mense as daar hoop kom," sê Retha. "Ons, mense, kerke, vestig spirale van hoop. Inspireer ook ander ... Laat dié wat uitsigloos geword het, sien daar ís hoop: Omstandighede en patrone kán verander."
Aan die woord is Retha Olivier, brein en krag agter Trots Aranos - die projek waarvoor sy in 2016 die Landbouvrou van die Jaar-toekenning ontvang het. (VrydagNuus het reeds in die uitgawe van 21 Oktober 2016 berig oor hierdie wonderlike verhaal van hoop, want Retha en André, haar man, is mos darem "ons mense" wat voorheen in Villiersdorp, Piketberg en Kaapstad [Groote Kerk] bedien het voordat hulle in 2011 na ons buurland verhuis het.)
André is tans moderator van die Namibiese Sinode en predikant in Aranos. Ons vier die sukses saam met hulle! 
(Foto: Jan Engelbrecht, ENB, Retha Olivier en Ferdie Strauss in 'n erdmanpark vir Trots Aranos. Lees hier, met dank en erkenning aan e-Kerkbode).
Refo500
4.2 Reformasie 500: 
Intellektuele begrip deel van Hervorming se vrug
"Die Hervorming het ons geleer om die Bybel noukeurig te lees en om erns te maak met veral die historiese dimensie van Skrifverstaan. Martin Luther was professor aan die Wittenbergse universiteit. Dit is sy noukeurige eksegese van die Romeine-brief wat die insig gebring het dat God mense uit genade, sonder verdienste, red.
Calvyn het 'n intellektuele erfenis nagelaat wat vandag nog nagevors word, Dit is die erfenis van die reformasie dat die Bybel vanuit die oorspronklike tale bestudeer moet word om die Bybel steeds beter te verstaan. 'n Intellektuele begrip van en worsteling met die teologie is deel van die vrug van die Hervorming."
Lees gerus in e-Kerkbode verder as prof Fanie Snyman (dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat) vra of die NG Kerk lui geword het om te dink.
4.3 Die wonderlike, vreemde God in wie christene glo
"Wie die sending wat 'n kerk het wil verstaan, moet eers begryp en aanvaar dat dit God se sending is. En dit vra dadelik nadenke oor die God wat sturend is." Hieroor skryf kollega Clem Marais in Namibië se e-nuusbrief, Feldmuis. Lees gerus - en dink saam na oor die sturende God wat met ons besig is.
40 Dae tot Hoop
4.4 Lydenstyd
Lydenstyd is die tyd in die kerklike jaar wanneer ons Jesus se lyding in herinnering roep en mense dikwels deur te vas fokus op hulle hertoewyding aan die evangelie. Sewe lydensweke word oor die eeue deur kerke gehou, as 'n tyd van voorbereiding op die Paasfees.
Lees gerus hoe Frits Gaum in e-Kerkbode die nuwe publikasie van Ronell Bezuidenhout, 40 Dae tot Hoop, 'n reis deur Lydenstyd, resenseer. Hierdie publikasie word uitgegee deur Lux Verbi en is beskikbaar in boekwinkels. (Sien ook "Ten Laaste" onderaan.)
Besoek www.luxverbi.co.za vir meer inligting. (Met dank en erkenning aan Lux Verbi vir die borg van pryse vir die VrydagNuus-kompetisie.)
Sosiale media
4.5 Hoe lyk die Kerk in 'n Sosiale Media kultuur?
Michael Kruger verwys in ’n artikel op crosswalk.com na vyf uitdagings waarop die kerk bedag moet wees as ons in 'n moderne wêreld die evangelie verkondig. Hy noem vyf sake, wat dalk veral vir jeugbedienaars sinvol sal wees:
1. Kort aandagspan;

2. Lae agting vir outoriteit/oormatige fokus op gelykheid;

3. Oppervlakkige verhoudings;

4. Verlies aan fisiese teenwoordigheid; en

5. Lae vlakke van verantwoordbaarheid.
Die volledige artikel is hier vir diegene wat meer wil lees.
GEMEENTENUUS
1. Familiekerk-Bottelary, welkom! 
Vredelust Gemeente in Bellville, het nog altyd ‘n sterk uitreik-visie gehad en so het daar, as gevolg van verskeie faktore, ’n behoefte aan kerkplanting ontstaan in die snel-uitbreidende noordelike voorstede van Kaapstad.
Die Familiekerk-Bottelary het danksy die samewerking tussen Vredelust Gemeente en die Ring van Brackenfell en met die leiding van die Sinode van Wes-Kaapland ontstaan.
Klik op die foto en kyk na die video waar Leon Oosthuizen (Vredelust Gemeente) en Guillaume Smit (Ring van Brackenfell) meer vertel. Só kry die sinode se fokus op missionaliteit en nuwe geloofsgemeenskappe gestalte!
Alpha
2. Kraaifontein gemeentes: Alpha vir ABC van christenskap 
Die bekende en uiters sinvolle Alpha-kursus word vanaf Sondag 26 Februarie ook in Kraaifontein aangebied as gesamentlike aksie van die VGK Scottsville en Eikendal en die NG gemeentes van Kraaif-ontein en Kraaifontein-Noord.
Banus Botha skryf: “Mense leer opnuut die ABC van christenskap. Ervare kinders van die Here word opnuut geïnspireer. Almal word bemoedig om die christelike lewe te leef en met ander te deel.” Meer inligting is aangeheg. Kontak Annelene by 021 988 7290.

3. Wellington se GVoucher-projek
Hier is ’n praktiese uitvloeisel van die sinode (gemeentes) se fokus op menswaardigheid, missionaliteit en nuwe geloofs-gemeenskappe!
Klik op die foto en luister gerus hoe die GVoucher-projek, waaraan vyf kerke (die drie NG gemeentes, VGKSA en die Presbiteriaanse Kerk) sowel as verskeie ander organisasies in Wellington deelneem, in die video verduidelik word. 

Getuienis. Genade. Groei.
Dankie, GVoucher, Gerhard en Jeanine Botha en julle span.
Wetenskap en geloof
4. Stellenbosch Gespreksgroep
Ons Godsdiens en die Wetenskappe

Hierdie gespreksgroep kom oudergewoonte Dinsdae om 17:00 in die kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal byeen. Op Dindag 28 Februarie is die tema "Afrikanisering en Dekolonisering van Teologie – op die breuklyn tussen politieke korrektheid en noodsaaklike transformasie", met prof Hendrik Bosman (Fakulteit Teologie, US) die spreker. Lees hier en gaan luister gerus.
Parow-Panorama
5. NG Gemeente Parow-Panorama 
Wêreldbiddag vir Vroue

NGK Parow-Panorama (Rembrandtsingel 14, Panorama) bied die Wêreldbiddag vir Vroue aan op Donderdag 2 Maart om 19:00 by hulle kerk en Vrydag 3 Maart om 10:00 by Panorama Palms (Uys Krigerylaan, Panorama). Die tema is “My genade is vir almal”. Gemeentes wat belangstel om hulle dames te stuur, is welkom om Panorama in kennis te stel. Kontak die kerkkantoor by 021 930 3100. 
Parow-Welgelegen met Renata Schoeman
Braam Hanekom skets
PREDIKANTENUUS
1.1 Stellenberg vier Braam se Dienstydperk
Sondag 19 Februarie was ’n besondere geleentheid vir die NG Gemeente Stellenberg, een van dankbare erkenning vir die gawes waarmee die Here die gemeente deur middel van Braam Hanekom se bykans 24-jaar lange dienstyd geseën het.
Braam se formele ooreenkoms met die gemeente kom ten einde en hy is voortaan slegs in diens van die Sinode van Wes-Kaapland as PSD: Publieke Getuienis. Lees gerus aangeheg hoe Coenie Burger namens die breë kerklike gemeenskap tydens die geleentheid vir Braam bedank het. 
Onder die gaste was Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen van die NG Kerk), pastoor Aaron Makili (Great Commission Network in Khayelitsha), Bossie Minnaar (saakgelastigde van Wes-Kaapland), prof Jaap Durand, Francois Cillié (voormalige saakgelastigde, Wes-Kaapland)en ringspredikante om saam te vier. 
Braam en Mariette Hanekom
1.2 Seëngebed ...
Die lewe in oorvloed

In aansluiting by Braam Hanekom, wat op Sondag 19 Februarie 2017 tydens die erediens om sy 24 jaar dienstydperk in Stellenberg te vier uit Joh 10:10 - oor die goeie herder - gepreek het, het sy kollega, Bremer Gericke, 'n besondere seëngebed uit hierdie teks, gekom-bineer met Psalm 23, vir hom en Mariette geskryf.
Lees die spesiale seën gerus hier.
Ons wens julle baie seën en vervulling in die nuwe fase toe, Braam en Mariette!
Kallie en Adri le Roux
2. Kallie le Roux (Darling) emeriteer
“Ek was 36 jaar baie bevoorreg om voltyds in die bediening te wees. Dit was vir my opwindend om saam met 'n baie talentvolle vrou soos Adri vir die Here te kon werk.”
So skryf die bekende en beminde Kallie Le Roux, wat Sondag 09:00 op Darling sy afskeidspreek lewer voordat hy aan die einde van Februarie emeriteer. Lees gerus hier verder hoe die "darling no 2" van Darling ("want my buurvrou, Evita, is 'darling no 1' ") oor sy bediening en toekomsplanne skryf.
Kallie, baie seënwense vir jou. Mag Merweville jou koester en ’n tuiskoms vir jou wees!
Bossie en Antoinette Muller
3. Bossie en Antoinette Muller na Aurora
Dit is lekker om Bossie en Antoinette Muller baie seën toe te wens vir hulle bediening in die NG Gemeente Aurora. Bossie is op 5 Februarie daar bevestig in ’n vastetermynpos van twee jaar met brugverpligtinge. Hulle was tot September 2016 vir 26 jaar verbonde aan die Op-die-Berg gemeente in Ceres.
4. VGK Durbanville verwelkom ds Karien Muller!
Dit is ’n lekker voorreg om te berig oor nog een van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch se studente wat in 2016 gelegitimeer is: Karien Muller (foto onder) is op Saterdag 28 Januarie 2017 in die VGKSA Durbanville in Morningstar bevestig as predikant! Ons seënwense aan jou vir jou bediening, Karien. 
Karien Muller
Arnold en Elna
5. Goeie wense, Arnold en Elna
Na langer as drie jaar se werksaamheid in die Swartland, verstryk Arnold van der Westhuizen se drie jaar-kontrak met die NG Gemeente Koringberg aan die einde van Februarie 2017. Hy ontvang dus op Sondag 26 Februarie demissie en is beskikbaar om beroep te word.
Aan Arnold en Elna (saam met jul drie pragtige dogters): ons bid julle die Here se seën en besondere leiding toe. Mag die nuwe seisoen in Moorreesburg vol nuwe vreugdes wees!

Kontak Arnold by 083 262 1273 of vdwarnold@gmail.com vir aflos of die aanbied van 'n Pinksterreeks.
Eko-gemeente in Skotland se logo
EKOLOGIE
1. Hoe kan 'n Eko-bediening in ons Gemeente lyk?
Wil julle hê dat gemeentebediening pret en helend moet wees? Vestig dan 'n eko-bediening! In die volgende paar bydraes bied die Ekotaakspan praktiese voorstelle vir die vestiging van 'n eko-bediening in jou gemeente aan. Lees die eerste bydrae hier. Met groot dank aan David Botha en die res van die span. Só gee ons hande en voete aan ons fokus op die ekologie.
Olav Tveit
2. Klimaatsverandering: Brûe vir die Toekoms
Die geloofsgemeenskap het 'n gedeelde verantwoordelikheid as dit kom by sake soos klimaatsverandering en geregtigheid. So het die algemene sekretaris van die Wêreldraad van Kerke (WCC), dr Olav Tveit, in Noorweë tydens 'n konferensie gesê. Hy het beklemtoon hoe belangrik dit is om aan te hou hoop en om te lei deur die regte voorbeeld. Om in te spring, om saam te werk - en brûe vir die toekoms te bou. Kry die volledige mediaverklaring hier.
Water Justice logo
3. Watergeregtigheid
A conference on Water Justice will be held at St George’s Cathedral, Cape Town, from Thursday 23 March to Saturday 25 March 2017. This conference is the Cape Town leg of an international conference organised by Trinity Institute in New York in partnership with St George’s Cathedral (Cape Town), St Paul’s Cathedral (London), and St Paul’s Cathedral (Melbourne).
The conference will include a session at 15:00 on Friday 24 March to be addressed by the Most Revd Dr Thabo Makgoba, Archbishop of Cape Town – this session to be webcast directly from Cape Town. Click
here.
Water
4. Koolstofvas in Lydenstyd
Neels Jackson berig in e-Kerkbode oor die moontlikheid dat gelowiges tydens Lydenstyd vanjaar ’n koolstofvas oorweeg. Die Green Anglicans het selfs ’n kalender opgestel met wenke vir elke dag van Lydenstyd. Nadenke oor jou doop en die geestelike betekenis van water in jou lewe is deel hiervan. Praktiese wenke sluit in:
ο Ry fiets werk toe eerder as met jou motor
ο Haal bevrore kos vroegtydig uit die vrieskas om self te ontdooi

ο Eet minder vleis

ο Probeer minder kos mors
ο Stort vinniger en gebruik minder water (twee minute word glo aanbeveel!)
Slaap deur die diens
BEHOU DIE HUMOR
NUUSBRIEWE
1. Luidspreker op Land Rover roep Lusikisiki se geestelike Moeder!
In Desember is afskeid  geneem van Nomthanthazo Gongxeka,  wat vir 40 jaar as geestelike werkster in die VGK in die Transkei (en veral by Lusikisiki/Bambisana) gewerk het.  Sy is  destyds deur ’n luidspreker op ’n Land Rover se dak “geroep” en was die geestelike moeder vir die jeugspanne uit Amerika en Stellenberg op Bambisana en Lusikisiki.  Baie mense, oud en jonk, is deur die jare na Jesus gelei deur Nomthandazo. 
Onder die besoekers was  Mara Nel (geestelike werkster op Bambisana vanaf 1969 tot 1979), ds Ben en Elsa Marais (vanaf 1972 tot 1974 op Bambisana), ds Why Duvenage van Stellenberg en Gerrit en Mignon Duvenage, die leiers van die jeugspanne. Lees hier meer.
Lusikisiki-nagmaal
Nagmaal in Lusikisiki se kerk.
Vlnr Ev Henry Hlutshwa, ds Why Duvenage, ds Christo Wooding, ev Fudukile Menze
en ds Ben Marais
2. Bybel-Media Nuusbrief
Uit 'n snikheet Wellington skryf Hans Steyn soos volg oor Kerkbode van 24 Februarie:
In hierdie uitgawe 
word daar uitvoerige ruimte gewy aan werk wat deur die kerke begin is en wat na dekades steeds op verbeeldingryke maniere omsien na die behoeftes van gestremdes.
Lees ook hoe Leon Venter, Bybel-Media se uitvoerende hoof, dink oor sy nuwe pos.

Kerkbode maak ook ‘n draai by Murray en Cecile Louw, twee NG lidmate wat nou al jare lank deur die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie help dat die evangelie uitkom by diégene wat nog die minste met die goeie nuus bereik is.

Lees ook oor Namibië se boervrou van die jaar en oor die leiers van Goudland sinode se diep vergadering. Klik hier vir die volledige nuusbrief.
Leon Venter BM
Profiel oor Leon Venter
Kerkbode 24 Februarie
Kerkbode 24 Februarie
PUBLIKASIES
1. Die hart van God: Verhale van vroue in Sending
Die hart van God is ʼn bundel verhale van vroue in sending soos vertel deur vyf hedendaagse vroue en een man. Ryklik toegelig met foto’s, uittreksels uit briewe, oorspronklike getuienisse en gedigte vanuit die skatkis van die NG Kerkargief, nooi hierdie boek die leser om die vroue se leefwêreld te betree.
Hierdie boek, waaraan die NG Kerkargief meegewerk het en waarvoor daar pas befondsing (vir publikasiekostes) deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken is, word deur CLF uitgegee. Lees gerus hier meer - en oorweeg gerus om die bekendstelling op 9 Maart op Stellenbosch by te woon om selfs meer te hoor. 
Die hart van God
Golgota
2. Lydenstyd: CLF-materiaal
Lydenstyd is  ʼn tyd van bepeinsing en stilte – ʼn tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as God se groot liefdes-daad aan ons. Dit is ook ʼn tyd van erkenning en belydenis van ons eie sonde en die ontvangs van nuwe lewe in Christus. CLF se pamflette kan hiermee help.
Onthou: as jy tegnologie verkies, kan jy die CLF toepassing (app) gratis op AppStore of Google Play aflaai en die inhoud van die pamflette elektronies lees en aanstuur. Vir navrae en bestellings skakel 021 8736964 of stuur ʼn e-pos na
info@clf.co.zaLees hier verder.

GNM prenteboek
3. Goeie Nuus Media: vir Uitreike!
Goeie Nuus Media (GNM) is 'n afdeling van die NG Kerk se amptelike media-vennoot, Bybel-Media. GNM bied verskeie produkte aan om die evangelie oor te dra aan mense wat nie kan lees nie. Hierdie is die hulpmiddels wat jy soek as jy ’n sendeling wil ondersteun of as julle gemeente op ’n uitreik wil gaan:
Audibible, 'n MP3-spelertjie waarop 'n volledige Bybel gelaai word.
• Die Look, Listen and Learn-reeks van ag prenteboeke in verskillende groottes. 
•  Die "Good News"-prenteboek vertel die storie van verlossing uit die Bybel.
•  'n Reeks van 120 kleurprente wat op Jesus fokus, met die titel "The Living Christ", ook met 'n eie klankbaan in verskillende tale.
Kontak Hennie van Deventer by hennie@bmedia.co.za en kry 'n volkleur brosjure oor die wonderlike werk van GNM hier. BEsoek gerus ook hulle webwerf.
KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Klik asb op die advertensies vir meer inligting. 
Fliekaand en piekniek 4 Maart
Alta du Toit Nasorg
Opelug Fliekaand 4 Maart
Sonskynfees
Alta du Toit Nasorg 
Sonskynfees  25 Maart 
Basaar
3. NG Velddrif: Basaar 11 Maart
Velddrif hou op Saterdag 11 Maart basaar in hul kerksaal.  Ontbyt, pannekoek en poeding is van vroeg af beskikbaar. Gaan kuier vanaf 09:00 heerlik en verlustig jou aan al die stalletjies. Al die tradisionele basaarlekkernye is daar, met ’n marktafel, vars vleis, braai-etes, ’n veiling, kindertafel en nog meer! Kontak Linda by die kerkkantoor met enige navrae: 022 783 0005 of 082 738 3454.
Chrismar basaar
Bellville Sr Sentrum en Chrismar Villas
Basaar 4 Maart
NG Suiderkruis Somerbasaar
NG Suiderkruis Somerbasaar
25 Februarie
Durbanville Plaasfees
NG Durbanville-Bergsig Plaasfees
11 Maart
NG Paarlberg Basaar
NG Paarlberg
Basaar
4 Maart
Sandbaai basaar
NG Hermanus
Sandbaai Basaar
25 Februarie 
NG Tamboerskloof Basaar
NG Tamboerskloof
Basaar
4 Maart
Maastricht Kuierfees
Maastricht Kuierfees
4 Maart
NG Franschhoek Dankfees
NG Franschhoek Dankseggingsfees
3 Maart 
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Kerkbode 24 Februarie 2017 - mashoof
NG Montagu
1. NG Gemeente Montagu: Medeleraar
Die NG Gemeente Montagu het 'n vakature vir 'n medeleraar in 'n voltydse pos. Montagu is vanjaar 163 jaar oud en deel van die Ring van Swellendam. Daar is 1119 belydende en 220 dooplidmate in die gemeente – lees hier verder. Reageer voor 22 Maart 2017.
NG Vryburg-Wes
2. NG Gemeente Vryburg-Wes: Leraar
NG Vryburg-Wes, as 'n plattelandse gemeente binne die sinodale grense van Noord-Kaapland, het pas begin met die proses om 'n leraar te beroep. Die gemeente wag in biddende afhanklikheid aansoeke in op die beperkte-termyn vakature. E-pos 'n onlangse en verkorte CV aan ngvryburgwes@lantic.net of pos dit na: Posbus 277 Vryburg 8600. Aansoeke sluit 28 Februarie 2017. Klik hier vir meer inligting.
Badisa logo
3. Badisa
Vygieshof Tehuis Calitzdorp
Vygieshof Tehuis is 'n tehuis vir ouer persone en 'n diens van Badisa en het vakatures vir:
♦ 'n 
Geregistreerde Verpleegkundige (Suster in bevel), asook 'n
♦ Ingeskrewe Verpleegster (Stafverpleegster). Beide aansoeke sluit op 15 Maart.
Lees hier meer oor die twee poste se vereistes en verantwoordelikhede:
Suster in bevel
Stafverpleegster.  
Volledige CV's kan gestuur word na:
vygieshof@telkomsa.net.
    Ronell Bezuidenhout
    TEN LAASTE
    Uit die Pen van ... Ronell Bezuidenhout

    Sedert 313 nC gebruik christene die 40-dae voor Opstandingsondag as 'n intense selfondersoek-periode.
    In die Gereformeerde tradisie is dit nie so bekend nie.  Ons vier saam Palmsondag, die "Heilige Week" is op ons kerkkalenders, maar Goeie Vrydag is ons hoogtepunt. (Selfs meer as Opstandingsondag, as jy na kerk-bywoning kyk...). Maar 40 dae van skuld-belydenis en besittings weggee? Soos iemand sê, "ons is opstandingsmense; ek kan nie so aanhou Kyrie eleison, Christe eleison nie."  
    Hoekom was 40 dae van selfondersoek, skuldbelydenis en aalmoese gee vir die Vroeë Kerk so belangrik?  Hoe kan jy die "nuwe lewe" van die opstanding ervaar as jy nie weet waaruit jy opstaan nie?, het die ou kerkvaders geglo. "Deurgrond my, o God" vra eerlikheid en geduld. "Versag my hart" vra berou en  restitusie.  Om weg te gee, moet jy jou verknogtheid ken.  Dis waaroor Lydenstyd gaan.
    Is 40 dae hiervoor genoeg, wonder ek ...

                                                                          ***
    Dr Ronell Bezuidenhout is 'n predikant van die Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg. Sy is 'n retreatleier, motiveringspreker en gereelde gas op radio- en televisieprogramme. 'n Boek oor geloofsgewoontes vir Lydenstyd het onlangs uit haar pen verskyn. Kontak haar gerus by ronellb@fgk.co.za.        
    "Wat dink julle sal iemand vir vyf mossies betaal? Hoogstens 'n paar sent. Hulle is nie veel werd nie. Maar tog gee God vir hulle om. Weet julle, God gee nog baie meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik. Ja, Hy gee so baie vir julle om dat Hy elke haar op julle elkeen se kop getel het. Moet daarom nie bang wees nie. Julle is kosbaar vir God." (Luk 12:6-7, Die Boodskap)

    En as jy vreugde hieroor in aksie wil sien, klik hier.
    Vriendelike groete.
    Marieta Visagie
    Facebook Twitter Webblad
     
    Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
    NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za