10. Indrukke ... van Sinode 2019
Gustav Claassen, algemene sekretaris van die Algemene Sinode van die NG Kerk, deel met ons sy belewenis van die Sinode van Wes-Kaapland se vergadering tot dusver, asook watter betekenis dit in die groter sfeer van die NG Kerk het in 'n kort video-onderhoud. Klik op sy foto links.
... en van die gees van ons lidmate
Aletta Marlow van Maitland gemeente, wie se kerkgebou in Desember afgebrand het: “Ons kerk het afgebrand, maar ons dien steeds die Here. Ons hou kerk op die parkeerterrein.”
Sien onder 'n video van vyftien jong predikante wat hulle eie indrukke van Sinode 2019 deel.