Lees deur internet, klik hier >>
13 September 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Bonganjalo
1.1 Diaconia Algemene Jaarvergadering
Klein gemeentes - diep spore van omgee

Bonganjalo Mbenenge was die gasspreker by Diaconia se jaarvergadering wat op 4 September by die VGK Hugenoot in die Paarl plaasgevind het. "Ons kan nie aan barmhartigheid net as 'n reaksie op die onmiddellike nood dink nie," sê hy en verduidelik dan dat om kos en klere te gee, net die behandeling van simptome is. Sy gemeente van 180 lidmate, meestal huiswerkers en arbeiders, benader barmhartigheid uit vier hoeke: die onmiddellike nood; transformasie; entrepreneurskap en verantwoordbaarheid. Lees hier verder.

Aanhaling
Logo
1.2 Diaconia  
Droogte: Kos of 'n koevertjie?

Nioma Venter (PSD: Diaconia) noem dat dit baie belangrik is dat gemeentes wat uitreik, goed kommunikeer met die plaaslike gemeenskap om seker te maak dat die uitreikhulp behoeftegerig is en daar nie oorvleueling is met goedere wat geskenk word nie. "Ons oproep op gemeentes om te laat weet of hulle uitreikondersteuning benodig, het sover 11 gemeen-skappe opgelewer. Ons is tans in konsultasie met kundiges om die lys tot 30 gemeenskappe aan te vul en dan is dit voluit met die R3 m. fondsinsamelings-poging."
Intussen verbind Diaconia gemeentes wat wil uitreik met gemeenskappe waar die nood is, om seker te maak dat die omgee so wyd moontlik versprei word. Lees hier verder hoe Nioma skryf oor die waarde van 'n kontantskenking teenoor 'n omgeepakkie, asook dankie-boodskappe na afloop van 'n uitreik. Doen gerus hier navraag. (Droogtefoto: Facebook)

Bankbesonderhede
1.3  R3 miljoen vir droogtehulp
'n Grootse poging het begin om R3 miljoen in te samel sodat Diaconia ten minste 30 gemeenskappe met R100 000 elk kan ondersteun. Gemeentes sal hierdie geld ontvang en moet daarmee na goeddunke in die plaaslike gemeenskap uitreik. Oorweeg asb. om die fondsinsameling op u gemeente-afkondigings bekend te stel.
Hierbo is die bankbesonderhede vir enige kontantskenkings. 

2. Sentrum vir Publieke Getuienis
2.1 Lutherane praat oor grond, migrasie en behuising
Die Kaapse Lutherse Sinode het die eerste naweek in September in Oos-Londen vergader waar daar onder meer oor die grondkwessie gepraat is. Wat die gesprek interessant gemaak het, is dat daar nie alleen swart, wit en bruin afgevaardigdes was nie, maar ook mense van so ver as Tanzanië, Brasilië en Genève. Braam Hanekom van SPG het die gesprek met 'n teologiese raamwerk ingelui, maar ook praktiese sake soos migrasie en behuising aangeraak. Die Shack Dwellers Association en Agri SA het ook insette gelewer. Die belangrikheid van plaaslike gesprekke oor kulturele grense is weer beklemtoon. Danie Mouton van die Sinode van Oos-Kaap is genooi om die luisterspan te lei en kon waardevolle terugvoering gee. Op die foto onder is die groep byeen.
Groep
2.2 Gesprekke in Sutherland
Die Sentrum vir Publieke Getuienis het saam met die VGK vandeesweek in Sutherland vergader (foto onder) om te gesels oor die impak van die voortslepende droogte asook ander uitdagings wat die dorp in die gesig staar. Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, skryf: "En na die kosbare gesprekke oor eenheid op die dorp reën dit vanoggend lekker op Sutherland!" Sien die foto's wat hy gestuur het onderaan die groepfoto. Kontak Danelle by SPG met navrae.
Gespreksgenote
Reën Reën Reën
3. Tweetalige liturgiese voorstelle m.b.t. gendergeweld
Gemeentes word versoek om op Sondag 15 September tydens die erediens tyd in te ruim as geleentheid van protes, vermaning en bewusmaking van die geweld teen vroue en kinders in ons land. Met die oog hierop het die Gendergeregtigheidstaakspan nog liturgiese voorstelle versamel en geskryf - laai dit hier in Afrikaans en Engels af.
Logo
4. Algemene Sinode 
4.1 Verklarings t.o.v. geweld en misdaad

Gustav Claassen, Algemene Sekretaris, het twee verklarings uitgereik namens die NG Kerk ten opsigte van die geweld teen vroue, kinders, migrante en ander kwesbare persone, asook oor die toename van misdaadvlakke plaaslik en internasionaal. Klik hier om die volledige brief, asook beide verklarings, via die internet te lees.
Sien ook onder PUBLIKASIES literatuur wat saamgestel is deur die Bybelgenootskap rondom die temas van vreemdelingehaat, respek vir geslagte, verkragting en gesinsgeweld. 
Logo
 4.2 Peilings in aanloop na die Algemene Sinode
In aanloop tot die komende Algemene Sinode word weekliks 'n peiling onder lidmate gehou oor die toekoms van die NG Kerk. Die eerste vier peilings vra die volgende vrae:
1. Wat is die rol en roeping van die kerk?
2. Wat is die grootste interne uitdagings van die kerk?
3. Hoe lyk die kerk se roeping in die samelewing?
4. Wat is die prioriteite in die bediening aan lidmate?
Neem gerus deel aan die peiling of kommentaarafdeling en hou kerkbode.co.za dop vir die volgende vrae wat ook hier gepubliseer sal word. Bron: Kerkbode
Bid, bepeins en beleef
Gebedsretraite by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit - klik bo
Vakansie
6. Skoolvakansie
Ons herinner dat daar nie 'n uitgawe van VrydagNuus gedurende die skoolvakansie verskyn nie. Vir diegene wat hul nie deur skoolkwartale hoef te laat beïnvloed nie: die skool sluit op Vrydag 20 September en heropen op Dinsdag 1 Oktober. Daar is wel 'n VrydagNuus-uitgawe op 20 September en dan weer op 4 Oktober. Intussen deel ons gemeente- en ander nuus via die sinode se sosiale mediaplatforms. Stuur gerus inligting na media@kaapkerk.co.za.
GEMEENTENUUS
Ringe
1. Huweliksvoorbereidingsklasse
Alle voornemende paartjies wat gaan trou, word uitgenooi na NG Bellville-Uitsig se gratis huweliksvoorbereidingklasse. Dit word in die konsistorie aangebied om 19:00 van Maandag 16 tot Woensdag 18 September. Die adres is Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth, Bellville.
Kontak Francois by 082 781 6854 vir navrae of plekbevestiging. 

NG Moedergemeente Robertson: Orrelkonsert met Winand Grundling en Marnus Greyling 15 September
NG Robertson: Orrelkonsert met Winand Grundling - klik bo
NG Stellenberg: Is jou kind digitaal veilig? 12 Oktober
NG Yzerfontein Francois Carr 18-20 Okt
PREDIKANTENUUS
Du Plessis egpaar
1. George-Bergsig groet Du Plessis egpaar
Die NG Gemeente George-Bergsig neem om 09:00 op Sondag 15 September tydens 'n spesiale diens van Charl en Hermien du Plessis afskeid na 36 jaar se diens in die gemeente. Anton Louw, kollega en ringsvoorsitter gaan die Akte van Emeritaat aan Charl oorhandig. Charl skryf: "Dit is met groot dankbaarheid dat ek kan terugkyk na 'n vervulde bedieningstyd waar ek die geleentheid gehad het om my roeping en passie te kon uitleef. 'n Aanhaling van Pericles was nog altyd vir my baie waardevol: 'What you leave behind is not what is engraved in stone monuments, but what is woven into the lives of others'." Die Du Plessis's beplan om vir eers op George aan te bly. Seënwense op jul aftrede!
Mullers
2. Retief Müller op pad na die VSA
NG Stellenbosch-Noord neem op Sondag 22 September om 09:00 afskeid van Retief en Charmaine Müller en hul dogters Miya en Lily-Anna. Tydens die oggenddiens in die kerksentrum sal Retief sy afskeidspreek lewer en die Akte van Demissie aan hom oorhandig word deur kollega Lambert Jacobs. Retief is tans dosent in Ekklesiologie (kerkgeskiedenis) aan die Fakulteit Teologie, US, en vertrek aan die einde van September na Grand Rapids, Michigan in die VSA, waar hy as direkteur van die Nagel Institute for World Christianity aan Calvin College aangestel is. Hartlik geluk en voorspoed op hierdie nuwe fase! 
GEBEDSVERSOEK
Gebedsversoek
ALGEMEEN
gender health
1. MTh with a focus on gender and health
The Faculty of Theology, Stellenbosch University, is offering a unique opportunity for interested students to complete a Master’s in Theology (MTh) degree with a focus on gender and health. The degree can be registered in any of the existing theological disciplines (Old Testament, New Testament, Ecclesiology, Systematic Theology, Missiology and Practical Theology). Students will thus complete an MTh degree in their chosen discipline by pursuing research within the intersection of gender, health and theology. For further enquiries contact Juliana Claassens - click here to read more.
2. Call for papers
The Gender Unit of the Faculty of Theology, Stellenbosch University, in conjunction with the Institut für Alttestamentliche Wissen-schaft at the Faculty of Theology, Leipzig University, invite papers that consider the language of perversion in the Hebrew Bible for a conference to be held on 18 to 20 March 2020 at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. Click here to read more.
Russel Botman gedenklesing 17 Okt.
Bybel
4. Hoekom (Bybel) lees, as jy kan txt?
Die einde van die Bybellees-era soos ons dit ken, het aangebreek. Vroeër jare was (boeke) lees 'n vanselfsprekende vaardigheid wat kinders moes bemeester. Kinders vandag is egter anders aanmekaar gesit. Jongmense se vaardighede het geskuif na 'n multi-dimensionele inneem en verwerking van inligting. Dink maar net aan jou tiener wat gelyktydig kan huiswerk doen, WhatsApp, op Instagram wees, ipod luister en TV kyk. Dit maak Bybellees 'n uitdaging vir die meeste hedendaagse kinders en tieners. Hoe vestig ons hierdie geloofsgewoonte by ons kinders en tieners? Hier is 'n paar idees.
Geskryf deur Anriëtte de Ridder (PSD Jeug en Familiebediening) - met dank oorgeneem van Dinkjeug se webwerf.

Brené Brown
5. The dehumanizing factor
With the turmoil in our country during recent weeks, this excerpt from Brené Brown’s Braving the Wilderness seems particularly apt. During her research she asked the question: "Where is the line?" and concluded that the line is drawn at physical and emotional safety. A pattern emerged about how people are dehumanized through language and behaviour. "Successful dehumanizing creates moral exclusion. Groups targeted based on their identity - gender, ideology, skin color, ethnicity, religion, age - are depicted as 'less than' or criminal or even evil. The targeted group eventually falls out of the scope of who is naturally protected by our moral code. This is moral exclusion, and dehumanization is at its core." Read the full article here. 
Geloofsvormingskonferensie Greyton 16-20 Sept.
Klik bo vir meer inligting - skryf aanlyn in.   
7. Raakgesien  
Bible is clear
NUUSBRIEWE
Nuusbrief
PUBLIKASIES
Oktober se uitgawe van LiG
Oktober se uitgawe van LiG is van 16 September beskikbaar
2. Nuwe publikasies van Bybel-Media
Onder is vier nuwe publikasies van Bybel-Media. Klik op elke voorblad om meer te wete te kom oor die spesifieke boek. Vir meer inligting en bestellings, kontak Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook hul webblad hier.
Roetemerkers Spirituality for the road Leierskap 101 Ongekaart
3. Bybelgenootskap: literatuur rondom geweld-tema
Die Bybelgenootskap het spesiale Bybelseleksies saamgestel rondom die temas van vreemdelingehaat, respek vir geslagte, verkragting en gesinsgeweld. Dit kan aan kerke beskikbaar gestel word as dit van hulp kan wees met die kerk se antwoord op die huidige sosiale krisisse wat ons in die gesig staar. Hierdie en ander Bybelseleksies wat op spesifieke onderwerpe fokus, kan gratis afgelaai word vanaf Bybelgenootskap se webwerf. Klik hier vir die skrywe van Dirk Gevers, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap.
Bybelgenootskap literatuur
EKOLOGIE
Clean-up and Recycle Week
Clean-up and Recycle SA Week will take place from 16 – 21 September. This initiative was started by the local plastics industry and now forms part of a global movement. Various clean-ups are happening around the country in neighbourhoods, around water sources or beaches. The Department of Environmental Affairs calculated that more than 120 000 people participated in similar clean-up projects last year. Read more about Recycling Day and International Coastal Clean-up Day here.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Klik bo om meer te lees van elke kuiergeleentheid
VAKATURES
Kerkbode vakatures
Kerk
1. NG Simondium Familiekerk: Leraarspos
Hierdie gemeente lê in die Paarlvallei, tussen Franschhoek en die Paarl, langs die R45. Die gemeente is 'n klein, maar groeiende geloofs-gemeenskap wat as familiekerk funksioneer. Die kerngroep van die huidige betrokke lidmate is tussen die ouderdom van 30 en 45 jaar. Hier is 'n twee jaar vastetermynleraarspos met die opsie om dit te verleng. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 20 September – lees hier verder.

Logo
2.1 Villiersdorp: Maatskaplike hulpwerker
Die beheerraad van Badisa Villiersdorp wag aansoeke in van persone wat Badisa se waardes onderskryf. Aansoeke sluit 17 September; diensaanvaarding so gou moontlik - lees meer hier.
2.2 Saron: Maatskaplike hulpwerker
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Registrasie by die SACSSP word vereis en die sluitingsdatum vir aansoeke is 27 September. Lees hier verder
 
TEN LAASTE
In tye van vertwyfeling kry ons vertroosting en krag in gebed. Ons dra hierdie week se weergawe van Koos du Plessis se Gebed, soos gesing deur sy dogter Karla, aan al ons lesers op: "Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen." 

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.