navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 11 Augustus  2024


Handelinge 2:43-47
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Van Wyk (4)

Dankbaar!

Deur: Ds. Schalk van Wyk

“Hoe gaan dit?” vra jy vir iemand. Is dit dalk die vraag wat ons die meeste vra? Elke keer vra ons dit wanneer ons iemand met meer as net ʼn kopknik groet. Die res van ons groetritueel wissel: Goeiemôre! Dagsê! Naand! Haai!  – daar is ʼn hele lysie van moontlikhede. Net die een vragie bly: “Hoe gaan dit?” Dit is ʼn ritueel, dit is wat ʼn mens doen: jy groet en vra dan hoe dit gaan.  Lees meer . . .

In pas met Vrouedag

Deur: Ds. René Potgieter

In Augustusmaand vier ons Vrouedag. Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op 9 Augustus in 1956 om beswaar te maak teen wetgewing wat swart Afrikane verplig het om 'n pas saam met hulle te dra. Die pas (bewysboek) was 'n spesiale dokument wat die daaglikse beweging van swart mense gedurende die apartheidsera beperk het, met die doel om wit woongebiede te beveilig. Lees meer . . .


Ter viering van vrouemaand

Ter viering van vrouemaand nooi ons alle vrouens om by die volgende geleenthede in te skakel:

Saterdag 17 Aug. 08:00 - Ons stap die 6 km lange Pipe Track saam.  Dit is ’n maklike stap waarna ons saam koffie drink by Truth-koffiewinkel. Elkeen betaal vir haar eie koffie.  Neem asb. water en peuselhappies saam.  Besprekings by Charlotte, 021 976 45619/ontvangs@stellenberg.co.za.

Saterdag 16 Sept. 09:00 - Uitstappie saam met vrouens van Klipheuwel na Kirstenbosch Botaniese Tuin.  Pak vir jou ’n piekniekmandjie.  Besprekings by Charlotte ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor Dinsdag 10 September.

Stories van barmhartigheid

Francis Marais deel haar storie:
Barmhartigheid is oral te vind – ons moet net ons oë en harte daarvoor oopmaak, daarvan kan Ivan en Francis Marais getuig.

Ek en Ivan het ten spyte van die feit dat ons albei in ons sewentigerjare is, besluit om Paulus se pelgrimstog, die Camino de Santiago (779 km) in Spanje, aan te pak.
Lees meer . . .

Augustus is barmhartigheidsmaand

Hoe kan jy betrokke raak by Augustus se barmhartigheidsmaand?
Ons samel kos en komberse in vir Bella’s Guardian Angels, skuiling vir diere. Gee bydraes asb. Sondae by aangeduide plekke af, of deur die week by die kerkkantoor. 
 18 Aug.: MES-koepons is na die oggenddienste op die grasperk voor die kerk teen R50 vir vyf koepons te koop.  Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.  Die koepon bied ’n ete en slaapplek by enige van MES se skuilings. 
19 Aug. 15:00:  Besoek Pastoor Raymond se sopkombuis in Khayelitsha.
 22 Aug. 15:00: Besoek Bella’s Guardian Angels, skuiling vir diere. 
 30 Aug. 16:00: Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente – in pas met ons leuse om uit te reik oor grense heen.

Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente  

30 Augustus 16:00


Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon.  Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.

Te koop:

- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.

- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, gebak en handwerkitems aanbied.  

 - Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings nie.

Help asb. met die volgende:

- Lidmate wat pannekoek kan rol, behulpsaam kan wees met verkope by betaalpunte waar bankkkaarte en kontant aanvaar word, word benodig.  Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/ christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.

- Ons het ook mense nodig wat poedings sal maak en skenk.  Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/christineferreira68@gmail.com indien jy bereid is om ’n poeding te skenk.


Omgeetrust wynveiling

Die omgeetrust bied ’n wynveiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal.  Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit. 

Spreker: Danie Steytler van Kaapzicht Wynlandgoed. 

Besprekings: ontvangs@stellenberg.co.za

Ons benodig nog pryse wat opgeveil kan word.  Kontak asseblief vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za indien jy pryse kan aanbied.


Belydeniskamp vir graad 11's:
23 -25 Augustus

Die graad 11-belydeniskamp is ’n belangrike roetemerker op jou reis na belydenisaflegging. Ons gaan by die kerk oorslaap en die formaat is soos volg:
Vrydagaand: ’n Ken-mekaar waar ons mekaar op ’n dieper vlak leer ken en gesels oor ’n paar belangrike aspekte van geloof.
Saterdag: ’n Toer (geloofsreis) deur Kaapstad en waar ons verskillende geloofstradisies gaan verken en meer ontdek van ons eie verhaal as deel van die NG Kerk in Suid-Afrika.
Sondaggend: Bywoning van ’n erediens in die Groote Kerk, Kaapstad – die eerste Nederduits Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika.

Die belydeniskamp is ’n besonderse ervaring wat jy nie sommer weer sal beleef nie!

Klik HIER vir aanlyn inskrywings. 

Ons benodig ook die ondersteuning van ouers om praktiese hulp en vervoer te verleen. Dit beloof om ’n besondere ervaring te wees vir diegene wat saam met die graad 11's op hierdie reis gaan. Ouers wat die naweek ten volle of gedeeltelik wil bywoon of ondersteun, kan gerus vir sunet@stellenberg.co.za of schoombie@stellenberg.co.za kontak.
Annibrand
Senior-staptog
 
Ons stap die Boesmanskloof tweedag-staproete vanaf 20-22 September.

Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou.  Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal beweeg. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met hul tieners te kom stap!

Inskrywings sluit 16 September.  KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.

Stellenberg Bybelskool

Na afloop van die Paas- en Pinksterfeeste vier ons Koninkrykstyd waartydens ons fokus verskuif na die maniere waarop God in ons hede heers en regeer.  In die baie bekende Onse Vader-gebed leer Jesus ons bid: ". . .laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel".  Dit is nie net ’n gebed waarin ons ons vertroue vir die hede en toekoms in die hande van God plaas nie, maar ook 'n gebed wat ons prakties tot gehoorsaamheid wil lei. In die volgende Bybelskoolkursus gaan ons hierdie gedagte verder verken. Wat sou dit beteken om ons vir die koninkryk van God te beywer soos wat Jesus ons in Matteus 6:33 versoek? 

Datum: Maandag 12,19, 26 Augustus asook 2 en 9 September 2024.

Inskrywings: Skakel die kerkkantoor by 021 976 4519 of e-pos Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za om plek te bespreek.

Tyd en plek: 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou.

Koste: R40-donasie vir 'n gedrukte handleiding.

Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach.

Die feesmark soek talent

Het jy ’n spesiale gawe of talent? Kom neem dan deel aan die feesmark se talentkompetisie.  Oud en jonk is welkom en daar is lekker pryse op die spel.  Die drie uitdungeleenthede is op Woensdag 23 en 30 Oktober en 6 November.  Die wenners van die onderskeie uitdunne dring dan deur na die finale rondte op Vrydag 8 November.  Die wenners van elke uitdunrondte sal ook Vrydagaande in die kostent optree.  Inskrywings en navrae by Sheree-Lee by feesmarkadmin@stellenberg.co.za of gebruik die skakel om aanlyn in te skryf: https://forms.gle/iWR8gerKMMnoF4uGA

Ons nooi alle graad 1 tot 3’s uit na ons dagkamp GEBEDSKAMPIOENE waar ons saam meer gaan leer oor gebed en die krag daarvan.  Ons het kampleiers ook nodig – help asseblief.

Wanneer: Vrydag 16 Aug. vanaf 16:45 tot 21:00.

Koste: R150.

Inskrywings is aanlyn by die volgende skakels:

Uitreik na Namibië in 2025

Ons gemeente is finansieel betrokke by Degnos in Namibië wat wonderlike werk onder die Khoisan-mense doen. Ons beplan ’n uitreik na Mangetti Duin, naby Tsumke in die noorde van Namibië om meer oor Degnos se werk te wete te kom.

Datums:  27 Junie tot 7 Julie 2025

’n Inligtingsaand word op 12 Augustus 2024 om 18:30 in die kafeteria aangebied vir belangstellendes, of kontak asb. vir ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za.


Met leedwese

Ons neem met hartseer afskeid van: 

- Thandi Joubert(22/01/1987 - 04/08/2024).  Thandi het in die gemeente grootgeword en ons het opreg meegevoel met haar ouers Heinie en Monica Brand, haar eggenoot, Johan, asook hulle drie kinders Malan, Eunell en Haydee wat sy agterlaat.  Gedenkdiens: Dinsdag 13 Augustus 15:00 in die kerk.

- Stephanus (Fanie) Krüger, (16/09/1952 - 04/08/2024).  Fanie was sedert 1993 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met Joey, sy vrou, wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: Donderdag 8 Augustus 11:00 in die kerk.

Fotograwe benodig

Die kommunikasiekommissie is op soek na vrywilligers met ’n belangstelling in fotografie wat behulpsaam sal wees om foto’s by gemeentegeleenthede te neem.  Indien jy ’n aspirantfotograaf is, of belangstel om fotografie as stokperdjie te ontwikkel, kontak asseblief vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za / 021 976 4519.

Voorbidding

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir:

 - Dolf du Pisani wat siek is.

- Duan Gouws, rugoperasie.
- Hugoline Smith, heupoperasie.
 
- Magdalena Saayman, knievervanging.

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 2 September om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Edelweiss bak pannekoek:  Op Vrydag 23 Augustus.  Bestellings moet voor 21 Aug. by ontvangs 021 976 1150 geplaas word.  R8 per pannekoek.

NG kerk Welgemoed bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie.  Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.
27 Aug. 09:00 - 12:00: Mosaïek (R700)

28 Aug. 09:00 - 12:00 Skilder (R450)

29 Aug. 09:00 - 12:00 Terapeutiese kuns (R400). 
Kaartjies beskikbaar by NG kerk Welgemoed se kerkkantoor.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Vakature vir ’n besigheidsanalis: Route management het ’n vakature vir ’n besigheidsanalis.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.  Navrae: Pieter Vorster - pieterv@ctn.henred.co.za  (079 8700 151).

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Vlieënier soek werk: Kontak Jaco by 079 607 7997.  Hy het Frozen ATPL-opleiding en voldoende vliegure.
- Woonstel gesoek:  ’n Jong dame met ’n verlamde kat soek dringend 'n eenslaapkamerwoonstel om vanaf 1 Augustus te huur.  Kontak asseblief vir Elsabe Botha by 084 547 1134 indien u verblyf beskikbaar het.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Stuur 'n WhatsApp na Mishani Coetzee by 079 425 1711 om meer besonderhede rakende pryse en verskillende kategorieë te bekom.
Subscribe to our email list.