GEMEENTEBULLETIN

 8 tot 15 Desember 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 10 Desember 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Oggenddiens en doop om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Philipp Dietmann (2)

Deuroffer 
Noot-vir-noodfonds

Eredienste tydens die feesgety


17 Desember 09:00
Oggenddiens in die kerk | Ds. Breytenbach (3)


Oukersdag 24 Desember

 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Potgieter (4)

19:00 tot 19:30  | Samesang van Kersliedere

Kersdag 25 Desember


07:30 (1/2) , 08:30 (7/8/9) en 09:30 (3/4) | Kersdienste die kerk  Prediker: Ds. Breytenbach

31 Desember 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Schoombie (1)

7 Januarie 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Schoombie  (2)

14 Januarie 09:00 | Oggenddiens in die kerk | Ds. Visser (3)

   

Doop vandag


- Ernst en Leela Baard laat doop vir Minka Alessandra Baard.
- Willem en Karolien de Wet laat doop vir Benjamin Philipp en Daniël Emiel de Wet.
Tiendemaandinsameling 2023 tot 2024
Ons is baie dankbaar teenoor almal wat tot die tiendemaand-insameling bygedra het en op die wyse in die gemeente meeleef. Ons het die afgelope week ons doelwit van R 1 375 00 bereik. 
Voor die Covid-pandemie was ons tiendemaandmikpunt R1 525 000, maar ons moes a.g.v. die heersende finansiële klimaat ons doelwit en uitgawes aanpas. Ons hoop om voortaan ons tiendemaand-insameling weer op dieselfde vlak as in 2019 te stel en sal daarom dankbaar wees as lidmate nog in Desember en Januarie 2024 tot dié insameling bydra. Ons sal in die nuwe jaar terugvoering gee oor die inkomste van 2023 en die beplande uitgawes vir 2024.

’n Koepon vir haweloses

Ons wil graag MES se feestydprojek ondersteun.  Hulle streef daarna om hawelose mense van ’n ete en slaapplek in die feestyd te voorsien.

Koop asb. ’n MES-koepon teen R50 by die kerkkantoor.
 

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,charlotte@tellenberg.co.za/021 976 4519.

Maria, dogter van Evert

Ons is opgewonde oor die nuwe koffiewinkel wat eersdaags op die terrein open.  Maria, dogter van Evert se deure open amptelik op  Maandag 15 Januarie 2024.  Ons verwelkom graag vir  Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein.  Gaan loer gerus in en drink van hulle heerlike koffie en geniet die varsgebak en heerlike maaltye.  Die koffiewinkel sal weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 oop wees en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae.  Gesluit op Sondae.
Kerkkantoor sluit tydens die feesgety
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor vanaf 27 Desember 2023 tot 5 Januarie 2024 gesluit sal wees.  Ds. Marius Schoombie (083 635 1523/schoombie@stellenberg.co.za) is vanaf 26 Desember 2023 tot 7 Januarie 2024 aan diens.
Jars of Hope vir sopkombuise
Ons voorsien droësopmengsel aan sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek en benodig die volgende bestanddele: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en  aftrekselblokkies.  Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 
Subscribe to our email list.