navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 12 Januarie 2025
Hebreërs 1:1-2a | God wil met jou praat
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Carel van Wyk

Eredienste hervat op 19 Januarie . . .

Op Sondag 19 Januarie hervat al ons eredienste soos volg:

09:00 - Oggenddiens in die kerk en aanlyn

09:00 - Familiediens in die kleinsaal en aanlyn

09:00 - Meditatiewe diens in die kapel en aanlyn

18:00 - Aanddiens in die kerk en aanlyn

Kategese: junior en senior

- Kategeseregistrasie: Klik HIER om jou kinders aanlyn vir kategese in 2025 te registreer. Registreer asseblief kinders wat vanjaar by kategese gaan inskakel, al was hul voorheen by kategese ingeskakel.  Ons wil graag weet vir hoeveel kinders ons moet beplan. Die registrasiegeld beloop R200 per kind en word vir lesmateriaal gebruik.  Die bedrag kan ook elektronies oorbetaal word.
- Sondag 19 Januarie - Annibrand Junior skop die kategese jaar af met groot pret na die oggenddiens.  Trek ’n swembroek aan en bring jou handdoek en sonroom saam, want ons gaan glip-en-gly en lekker roomys eet.  Daar sal ook geleentheid wees om kinders na die oggenddiens vir kategese te registreer. Die registrasiefooi beloop R200 per kind en word vir lesmateriaal gebruik.

- Sondag 19 Januarie - Annibrand Senior.  Tieners van graad 8 tot 11 word uitgenooi om 18:00 die aanddiens by te woon en na die aanddiens sal die groep in graadgroepe verdeel. Tieners kan ook na die aanddiens vir kategese registreer.  Die registrasiefooi beloop R200 per kind en word vir lesmateriaal gebruik.
Anniband junior-ouers: teken die onderstaande datums in jou dagboek aan

Graad 8-kamp

Doen asseblief voorbidding vir die graad 8-kamp wat die naweek by die Apostelbattery-kampterrein in Llandudno aangebied word.  Dit is jaarliks die grootste kamp wat die gemeente aanbied, met 240 kampeerders wat die geleentheid bywoon.  Bid asseblief vir ds. Marius Schoombie wat die program behartig asook die leiers wat hom bystaan.  Ons hoop dat die naweek vir die graad 8's en leiers ’n verrykende ervaring sal wees. 

Kosprojek

Die kosstoor se rakke is leeg na die feesgety.  Die gemeente se kosprojek ondersteun individue en gesinne wat voedselnood beleef.  Bydraes van niebederfbare kos, of kontantbydraes vir die kosprojek sal baie waardeer word.  Gee bydraes asseblief voor 28 Januarie by die kerkkantoor af, of plaas dit in die voorportaal van die kerk.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 13 Januarie 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Basaar | Witolifanttafel


Indien jy vroeg in die nuwe jaar kaste regpak en besluit om van die witolifante in die huis ontslae te raak, oorweeg asseblief om dit vir die basaar se witolifanttafel te skenk.  Enige huisraad, gereedskap, speelgoed, sporttoerusting, ens. is welkom.  Gee asseblief bydraes by die kerkkantoor af.

Tiendemaandinsameling 2024/25

Ons is baie dankbaar vir die bydraes wat tydens die feesgety nog tot die gemeente se tiendemaandinsameling gemaak is, en is hoopvol dat ons die insameling se mikpunt van R1 660 000 sal bereik.  Die tekort beloop tans slegs R220 000. Bydraes kan tot einde Februarie tot die insameling gemaak word deur middel van SnapScan, of elektroniese oorbetalings na: Absa-tjekrekening145 058 0011, takkode 632005. Gebruik tiendemaand as verwysing. 
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.  2 Kor. 9:10.

Besoek gerus ons webwerf en die gemeente se YouTube-kanaal om na die daaglikse dagstukke wat deur die leraarspan saamgestel word, te luister.

Om te doop

Babas word op die eerste Sondag van die maand by die oggend- of familiediens gedoop.  Ons nooi voornemende doopouers om die nodige aansoekvorms  HIER af te laai en aan anneke@stellenberg.co.za te stuur.  Die aansoekvorms kan elektronies voltooi word.  Ons sien uit daarna om hierdie belangrike roetemerker op julle kind se geloofsreis met julle te deel.

Met leedwese


Ons neem afskeid van die volgende lidmate:

- Benjamin Graham (Ben) Feinauer (17/05/1937 - 01/01/2025).  Ben was sedert 1971 ’n geliefde en meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy kinders wat hy agterlaat.

- Cedric Oliver Hawes
(03/02/1948 - 23/12/2024). Cedric was sedert 2005 ’n meelewende lidmaat van die gemeente. Ons opregte meegevoel met Beulah, sy vrou, wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: 28 Desember 2024.

- Louise Christine Kock (17/03/1970 - 03/01/2025).  Louise was sedert 2006 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met Stefan en Adam wat sy agterlaat.  Gedenkdiens: Vrydag 17 Januarie 15:00 in die kerk.


Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan vanaf 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Jy word harlik uitgenooi na die bevestiging van ds. Mia Oliver, néé van der Merwe op Sondag 12 Januarie om 09:00 by NG Kerk Sonstraal.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Subscribe to our email list.