|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Erediens: Sondag 25 Augustus 2024
1 Petrus 4:7-11 | Om jou gawes te gee
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Mia van der Merwe
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter
| |
In September vier ons die seisoen van skeppingDeur: Ds. Johan Visser
| |
“Om te hoop en aktief te reageer saam met die skepping en Skepper”
Die derde kwartaal se gemeentewaarde nooi ons uit om ’n verskil in die wêreld te maak. Na die afglope maand van Augustus se nadenke oor God en barmhartigheid beweeg ons nou na Septembermaand waar ons as gemeente die klem spesifiek op die seisoen van skepping plaas. Lees meer . . .
| |
Ontmoet die Sutherlanders
Deur: Ds. Adri Vlok
| |
Ons is besonder dankbaar dat dit op Stellenberg-gemeente se hart geplaas is om na ons as plattelandse gemeente uit te reik. Mag hierdie verhouding van krag tot krag groei tot eer van ons God. Graag deel ek so ’n bietjie meer oor ons gemeente en gemeenskap. Lees meer . . .
| |
Barmhartigheidsmaand: Ons kuier by Bella's Gaurdian Angels
| |
Op Donderdag 22 Augustus het lidmate die diereskuiling Bella's Gaurdian Angel besoek. Die besoek is deel van die gemeente se spesiale fokus tydens Augustus op barmhartigheid. "Indien jy die uitstappie misgeloop het, maar ’n bydrae ten opsigte van mishandelde en verwaarloosde diere wil maak, kan jy steeds dierekos skenk wat ons aan die skuiling sal besorg," sê ds. René Potgieter. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
| |
| Vrouemaand-vieringe met ’n staptog afgeskop
| |
Ter viering van vrouemaand het elf gemeentevroue op Saterdag 17 Augustus die bekende Pipe Track-roete teen Tafelberg aangepak en te midde van slegte weer die 6 km-roete sommer fluks kafgestap.
Die volgende byeenkoms wat met die oog op vrouemaand, asook die viering van die seisoen van skepping aangebied word, is ’n uitstappie na Kirstenbosch Botaniese Tuin. Sien besonderhede hier onder.
Saterdag 14 Sept. 09:00 - Uitstappie saam met vrouens van Klipheuwel na Kirstenbosch Botaniese Tuin. Pak vir jou ’n piekniekmandjie. Besprekings by Charlotte ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor Dinsdag 10 September.
| |
’n Bruilofsfees vir Robin en Anke
| |
Vir lIdmate wat al ’n paar jaar in die gemeente is, sal Retief Loubser, een van ons getroue eredienswerkers en sy twee dogters geen onbekende gesigte wees nie. Retief het sy dogtertjies, Anke en Karla, toe hulle nog voorskools was, al as helpers by die oggenddienste ingespan. Maar tyd staan nie stil nie en Anke, nou 'n pragtige jong dame, is op Vrydag 9 Augustus in Stellenberg se kapel met Robin Bouwer in die huwelik bevestig. Familie van Nieu-Seeland kon met behulp van die aanlyn stroomdienste ook die seremonie volg. Na die seremonie is feesvieringe in die markplein voortgesit. Anke het voorwaar ’n vol sirkel met ’n hele aantal roetemerkers in Stellenberg-gemeente voltooi. Ons hoop ons gaan voortaan nog baie van haar en haar eggenoot sien. Baie geluk aan julle twee, mag die Here julle nuwe verbintenis ryklik seën.
| |
Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente 30 Augustus 16:00
Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon. Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.
Te koop:
- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.
- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, gebak en handwerkitems aanbied.
- Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings nie.
Help asb. met die volgende:
- Lidmate wat pannekoek kan rol, behulpsaam kan wees met verkope by betaalpunte waar bankkaarte en kontant aanvaar word, word benodig. Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/ christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.
- Ons het ook mense nodig wat poedings sal maak en skenk. Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/christineferreira68@gmail.com indien jy bereid is om ’n poeding te skenk, of plaas jou besonderhede Sondagoggend op die poedinglys wat in die markplein sal sirkuleer.
| |
Kuber-aanvalIndien jy ’n verdagte e-pos van ds. Marius Breytenbach ontvang, ignoreer dit asseblief. Moenie daarop klik, of dit beantwoord nie. Verwyder die e-pos van jou rekenaar.
| |
Seniorweek
Sondag 1 September om 09:00 - Jy word uitgenooi na die spesiale oggenddiens vir senior lidmate. Indien jy ’n hoed het, sit dit op asseblief op. Na die diens geniet ons tee en verversings saam.
Maandag 2 September om 10:00 - Drumming SA kom ons met ritmiese klanke vermaak en leer ons ook om saam met hulle tromme te speel.
Koste is R160 per persoon. Bespreek en betaal asseblief by Charlotte, kerkkantoor se ontvangs.
Dinsdag 3 September om 09:00 - Ons gaan die pikkewynkolonie by die bekende Boulders-strand besoek. Toegangsgeld is R45 en word by die hek betaal. Trek asb gemaklike skoene aan. Dis ’n redelike entjie om te stap. Ons sluit die oggend af met koffie by Sweetest Thing in Simonstad. Elkeen betaal vir hom/haarself. Bespreek jou plek by Charlotte, 021 976 4519.
| |
Omgeetrust-veilingDie omgeetrust bied ’n veiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal. Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit.
Die Stellenberg Omgeetrust is ‘n nie-winsgewende trust, gestig deur lidmate van die Stellenberg-gemeente met die primêre doelwit om fondse vir liefdadigheidsprojekte waarby die gemeente ook betrokke is, in te samel. Die trust fokus spesifiek op dienste aan:
- Hawelose en weeskinders
- Arm en behoeftige senior burgers
- Voorskoolse kinders Lees meer . . .
| |
Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson. Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar, so bespreek jou plek so gou moontlik by Madelein, maddyleine@gmail.com. Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.
| |
Familiediens benodig musikanteDie familiediens benodig kitaarspelers, instrumentaliste en volwasse sangers om in rotasie by die familiediens se musiekbediening betrokke te raak. Kontak asseblief vir Riëtte 076 6379 671 indien jy belangstel.
| |
Annibrand
Senior-staptog
Ons stap die Boesmanskloof-tweedag-staproete vanaf 20-22 September.
Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou. Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal kom. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met hul tieners te kom stap!
Inskrywings sluit 16 September. KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.
| |
Stellenberg Bybelskool is ook aanlynDie kwartaal se Bybelskool wat die afgelope week begin het, is aanlyn op die gemeente se YouTube-kanaal beskikbaar. Volg dit gerus weekliks op YouTube.
| |
Het jy ’n spesiale gawe of talent? Kom neem dan deel aan die feesmark se talentkompetisie. Oud en jonk is welkom en daar is lekker pryse op die spel. Die drie uitdungeleenthede is op Woensdag 23 en 30 Oktober en 6 November. Die wenners van die onderskeie uitdunne dring dan deur na die finale rondte op Vrydag 8 November. Die wenners van elke uitdunrondte sal ook Vrydagaande in die kostent optree. Inskrywings en navrae by Sheree-Lee by feesmarkadmin@stellenberg.co.za of gebruik die skakel om aanlyn in te skryf: https://forms.gle/iWR8gerKMMnoF4uGA
| |
Uitreik na Namibië in 2025Ons gemeente is finansieel betrokke by Degnos in Namibië wat wonderlike werk onder die Khoisan-mense doen. Ons beplan ’n uitreik na Mangetti Duin, naby Tsumke in die noorde van Namibië om meer oor Degnos se werk te wete te kom.
Datums: 27 Junie tot 7 Julie 2025 Kontak asb. vir ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za vir meer besonderhede.
| |
Fotograwe benodigDie kommunikasiekommissie is op soek na vrywilligers met ’n belangstelling in fotografie wat behulpsaam sal wees om foto’s by gemeentegeleenthede te neem. Indien jy ’n aspirantfotograaf is, of belangstel om fotografie as stokperdjie te ontwikkel, kontak asseblief vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za / 021 976 4519.
| |
VoorbiddingIndien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur die versoek asseblief aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
| |
BreigroepDie breigroep ontmoet weer op Maandag 9 September om 09:30 in die markplein. Bring jou breiwerk saam. Nuwe lede is baie welkom.
| |
Finansiële bydraes
Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
NG kerk Welgemoed
- Bied ’n Kunstefees aan. Klik HIER om die volledige program af te laai.
- Bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie. Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.
| |
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Vakature vir ’n besigheidsanalis: Route management het ’n vakature vir ’n besigheidsanalis. Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai. Navrae: Pieter Vorster - pieterv@ctn.henred.co.za (079 8700 151).
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Vlieënier soek werk: Kontak Jaco by 079 607 7997. Hy het Frozen ATPL-opleiding en voldoende vliegure.
- Woonstel gesoek: ’n Jong dame met ’n verlamde kat soek dringend 'n eenslaapkamerwoonstel om vanaf 1 Augustus te huur. Kontak asseblief vir Elsabe Botha by 084 547 1134 indien u verblyf beskikbaar het.
| |
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig?
Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145
Ons dienste sluit die volgende in: Lees meer . . .
| |
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.
Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand. Lees meer . . .
| |
|
|
|
|
|