navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Erediens: Sondag 20 Oktober 2024
  2 Petrus 1:3-9  |  Veelvuldige groei

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. M. Breytenbach

Familiediens skakel by die oggenddiens in.

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Dr. S. Louw

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (restauranttuin)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. M. Schoombie

Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

  Annibrand Senior: graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Die kafeteria skuif


Met die oog op die komende feesmark verskuif die kafeteria na die restauranttuin.  Koffie, tee, cappuccino’s en eetgoed sal soos in die verlede op dié perseel te koop wees.  Die restaurant  is wel gesluit.

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 2 Kor. 9:10

Tiendemaandinsameling: Oorweeg asseblief om benewens jou maandelikse bydrae ook tydens Oktobermaand ’n finansiële bydrae te maak tot ons tiendemaanddankofferprojek. Die tiendemaandinsameling maak 16% van ons jaarlikse begroting uit.  Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R1 660 000.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing, QR-kode hier onder, om jou bydrae te maak.

- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.

- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die tiendemaandkoevert geplaas word en in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word, of plaas dit in die kollektebord.

- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.


Gemeentestap op 16 November

Ons nooi almal jonk en oud om op Saterdag 16 November saam met ons vanaf Majik Forest tot by die D’Aria-wynplaas te stap.  Dit is ongeveer ’n 12 km-staptog.  Ons ontmoet mekaar om 07:00 by die kerk.  Bespreek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Etenstydpret ter voorbereiding van die Nagmaal

Op Sondag 27 Oktober vier ons die Nagmaal saam met die viering van die Hervormingsfees.  ’n Plekmatjie, soos op die foto bo,  kan HIER afgelaai word en is ’n prettige manier om jou en die kinders op die Nagmaalviering voor te berei.  Druk vir elke gesinslid ’n plekmatjie en span dit dan vanaf Maandag 21 Oktober aan die etenstafel in, om openhartige gesprekvoering te inisieer en almal sommer in dieselfde proses op die viering van die Nagmaal voor te berei.  Ds. Johan Visser sal op Sondag 27 Oktober die Nagmaal tydens die oggenddiens om 09:00 in die kerk bedien.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember - daar is plek!

Daar was ’n paar kansellasies: dus het die gewilde gemeentekamp nou weer ’n paar staanplekke beskikbaar.  Ons kampeer weer by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  
 Bespreek jou staanplek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

’n Nuwe dissipelskapgroep

’n Nuwe kleingroep word vir 2025 beplan.  Die groep sal saam ’n spesifieke dissipelskaphandleiding bestudeer met die doel om elke groeplid se verhouding met God te verdiep.  Indien jy belangstel om  weekliks by die kleingroep betrokke te raak, kontak asseblief vir Charlotte by ontvang@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Stellenberg-sokkies te koop

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.
Nooi asseblief jou vriende en familie na ons grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek.  Dis ’n feestelike inkopie-ervaring vir die hele gesin.

21 Oktober tot 9 November 

- Weeksdae: 10:00 tot 20:00 en Saterdae 09:00 tot 18:00
- Gratis toegang
- Gratis parkering              
- Rolstoelvriendelik
- In die restaurant kan jy Oosterse kos, hamburgers, pizza-foldovers, Indiese kos, vis-en-skyfies, afval, gevulde pannekoek, roosterkoek, koek, drinkgoed en die maaltyd van die dag geniet.
- 500 uitstallers met Kersgeskenke, dekoritems, gebak en deliprodukte
- Alle bankkaarte word aanvaar

Karwasdiens by die feesmark

Die deelnemers van die MES-program gaan weer beskikbaar wees tydens die feesmark om motors te was op die parkeerarea langs Edelweiss-dienssentrum. 

’n Motorwas beloop R120 vir ’n was aan die buitekant en bande poets, R120 vir veeldoelige voertuie en R130 vir groter voertuie soos bakkies en kombi’s.


Wees ’n wenner by vanjaar se feesmark

Jy kan die gelukkige wenner van ’n R1 000-geskenkbewys wees wat jy by vanjaar se feesmark kan spandeer.  Volg net die volgende eenvoudige stappe:

1. Volg Stellenberg feesmark asook Stellenberg-gemeente op Facebook of Instagram.
2. Soek bogenoemde plasing van die kompetisie en like en share die plasing.

3. Tag drie vriende wat jy graag vir inkopies na die feesmark wil uitnooi.

Die wenner word op 21 Oktober, die eerste dag van die feesmark getrek. Moenie die lekker inkopie-ervaring deur jou vingers laat glip nie.

Vierde kwartaal Bybelskool

Tema: Op pad na Kersfees!

Johannes en Jesus se geboorteverhale is vol vreugde en vrede. Wanneer ’n mens die verhale lees, voel dit kompleet of ’n mens in ’n pragtige tuin wandel, omring deur voëlgesang en natuurprag.  In die verhaal van Lukas 1 en 2 wat vol vrolikheid en afwagting is, is daar egter interessante kosbaarhede versteek – amper soos ’n soektog na versteekte paaseiers in ’n tuin.  Tydens die Bybelskool in November gaan ons die wonderlike en versteekte insig wat van toepassing is op ons moderne samelewing, binne die verhale ontdek. 

Datums: 5, 12, 19 en 26 November om 18:30 in die kerk

Aanbieder:
Ds. Schalk van Wyk  Handleidings: R30 (donasie)

Bespreek
by Charlotte 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za
 

Twee Kerssangdienste op 1 Desember

Maak nou reeds ’n aantekening in jou dagboek van die volgende geleenthede.  Dit verskil van die datum wat op die almanak aangedui word:

Op Sondag 1 Desember word twee Kerssangdienste aangebied:

Annibrand Junior bied ’n Kinderkerssangdiens om 09:00 in die kerk aan.

- Die tradisionele Kersangdiens om 19:00 in die kerk.

Kospakkies vir Ruyterwacht

Tydens Oktober en November samel Ruyterwacht se sentrum vir seniors bydraes vir Kerskospakkies in wat aan sentrumlede voorsien word vir wanneer die sentrum gedurende die feesgety gesluit is en nie maaltye bedien nie.  Bydraes van niebederfbare kosprodukte kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan elektronies met Kerskospakkies as verwysing oorbetaal word na ABSA, rekening 390169582, takkode 632005.

VatVyf

Woensdag 30 Oktober om 10:00

Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent.  Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam. 
Geen besprekings is nodig nie.

Skoene vir MES

Ons ondersteun vir MES wat dienste aan hawelose persone in die Bellville- en Durbanville-omgewing bied, met die insameling van skoene.  Indien jy bruikbare skoene het om vir die verdienstelike saak te  skenk, gee dit asseblief by die kerkkantoor af.

Met leedwese

Ons neem afskeid van Willem Hendrik Heath (13/01/1945 - 08/10/2024).  Oudregter Heath het ’n indrukwekkende loopbaan as regsgeleerde gehad en het ook as voormalige hoof van die Spesiale  Ondersoekeenheid ’n belangrike rol in die bekamping van korrupsie in Suid-Afrika gespeel.  Ons opregte meegevoel met sy seun, Marius en dogter, Onelia Hager, wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: Donderdag 24 Oktober 14:30 in die kerk.  Lees gerus die SOE se huldeblyk aan oudregter Willem Heath: Lees meer . . .

Breigroep

Ons ontmoet op 4 November om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Sutherland-gemeente bied aan:.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.

Strauss-klavier te koop teen R40 000.  Uitstekende toestand, baie min gebruik. Om te besigtig skakel vir Ditsi Cloete (Horisonstraat 9, Sonstraal, 083 300 8238) om ’n afspraak te reël.  Sy is weeksdae tot 16:00 en Vrydae tot 15:00 beskikbaar.  

Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend.  Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville.   Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.

Subscribe to our email list.