navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 7 Julie 2024


Genesis 22:1-9: Wat is jy bereid om te offer?

Oggenddiens met doop: Ds. René Potgieter (3)

Doop: Sondag 7 Julie

  • Hugo en Cindy de Villiers laat doop vir Haydenn Gary Gabriël de Villiers.
  • Pieter en Stephanie Meyer laat doop vir Pieter Meyer.

Leraarspan gaan saam beplan

Die leraarspan gaan vanaf 8 tot 10 Julie besoek aan Sutherland bring waar hulle saam sal besin oor die gemeente se strategieë en bedieningsplan vir die res van 2024 asook 2025. 
Hulle beoog ook om uit te reik na die gemeente op Sutherland en met hulle leraar en kerkraadslede in gesprek te tree met die hoop om ’n verbintenis met die oog op samewerking tussen die twee gemeentes te vestig.  Doen asseblief voorbidding vir dié beplanningsessie sodat ons as ’n gemeente getrou bly aan die roeping wat ons van die Here ontvang het.

Die breigroep sê dankie

Die lede van die breigroep wil graag alle lidmate wat deur die loop van die jaar wol geskenk het, vir hulle bydraes bedank.  Die breiers het 1 105 serpe en 1 144 musse gebrei, wat tydens die afgelope skoolvakansie se uitreike in Karoodorpe onder minderbevoorregte mense versprei is.  Die breigroep ontmoet weer op Maandag 5 Augustus om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is altyd welkom, sluit gerus by die groep aan.

Vertoning deur Piet Smit

Kom luister op Woensdag 24 Julie om 10:30 in die kleinsaal na Piet Smit, die gewilde gospelsanger.  Kaartjies teen R100 per persoon is by die kerkkantoorontvangs te koop, of skakel Charlotte by 021 976 4519.  Nooi gerus vriende saam na die besondere geleentheid.


Date night - vir egpare

Date night is ’n geleentheid waar ons doelbewus ’n ruimte skep om tyd aan ons verhoudings te bestee.  Paartjies geniet ’n ete saam in ’n romantiese en privaat atmosfeer en benut die tyd ook om oor hulle verhouding te gesels.   Materiaal van die  Alpha-huwelikskursus word gebruik vir die fasilitering van gesprekke.  Daar is sewe geleenthede, elke Woensdag vanaf 17 Julie tot 28 Augustus om 18:00 tot 20:00.  Elke week word ’n ander tema bespreek. Koste beloop R180 per aand per paartjie.  ’n Oppasdiens vir kinders word aangebied en peuselhappies sal aan kinders bedien word, maar bring gerus ook vir kinders ’n kosblik met versnaperinge saam. Bespreek jou plek aanlyn deur op die skakel te klik.

Daar is nog plek beskikbaar!

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop. 

Die projek se opbrengs word aan die gemeente se getuienisprojekte geskenk.
Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te  bespreek.

Stellenberg Bybelskool

Na afloop van die Paas- en Pinksterfeeste vier ons Koninkrykstyd waartydens ons fokus skuif na die maniere waarop God in ons hede heers en regeer.  In die baie bekende Onse Vader gebed leer Jesus ons bid: "Laat U Koninkryk kom, laat U wil op aarde geskied net soos in die hemel".  Dit is nie net ’n gebed waarin ons ons vertroue vir die hede en toekoms in die hande van God plaas nie, maar 'n gebed wat ons prakties tot gehoorsaamheid wil lei. In die volgende Bybelskool- kursus gaan ons hierdie gedagte verder verken. Wat sou dit beteken om  in ons hede onsself vir die Koninkryk van God te beywer soos wat Jesus ons in Matteus 6:33 versoek het? 

Datums: Maandag 12,19, 26 Augustus asook 2 en 9 September 2024

Inskrywings: Skakel die kerkkantoor by 021 976 4519 of e-pos Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za om plek te bespreek.

Tyd en plek: 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou.

Koste: R 40 donasie vir 'n gedrukte handleiding.

Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach.

Maria Eatery

Maria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse.  Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit.  Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes. 

Ons webwerf het ’n nuwe voorkoms

Gaan loer gerus hoe ons nuwe gemeentewebwerf lyk.  Die hele voorkoms is gemoderniseer en ons hoop dat besoekers aan die webwerf iets van Stellenberg-gemeente se energie en omgee sal ervaar wanneer hulle die webtuiste besoek. 
Diegene wat die webwerf gereeld besoek en ondervind dat sekere bladsye soos die daaglikse dagstukke of skakels na eredienste nie opgedateer is nie, moet asb. net die bladsy herlaai deur shift te druk en dit in te hou en dan die F5-sleutel op jou sleutelbord te druk, of  maak die webwerf toe en gaan van nuuts af op die webtuiste in, dan sal jy weer toegang tot al die nuutste plasings ontvang.

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Vakature: Oudiovisuele-spesialis en koördineerder


Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir bogenoemde betrekking.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir Dolf du Pisani wat siek is.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies teen R65 elk.  Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
- Huiswerker soek werk vir Vrydae. Martha (082 732 9194) is op soek na huiswerk op Vrydae in die Stellenberg-omgewing.  Kontak Estelle Ochse by 082 444 3069 vir ’n verwysing. 
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .


NG kerk Sonstraal bied 'n dans aan:
NG kerk Welgemoed bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie.  Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.
27 Aug. 09:00 - 12:00: Mosaïek (R700)

28 Aug. 09:00 - 12:00 Skilder (R450)

29 Aug. 09:00 - 12:00 Terapeutiese kuns (R400). 
Kaartjies beskikbaar by NG kerk Welgemoed se kerkkantoor.
Subscribe to our email list.