Gesamentlike diens in die vierde kwartaal
Vanaf Sondag 19 Oktober verskuif die familiediens vir die res van die vierde kwartaal na die kerkgebou en hou ons gesamentlike oggenddienste om 09:00 in die kerk. Die verskuiwing maak dit vir ons moontlik om vir die feesmark voor te berei en dit ook aan te bied. Die feesmark bly jaarliks die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek.
Ons sien uit na die die gesamentlike dienste, want nuwe energie word geskep wanneer gesinne met jong kinders saam met die res van die gemeente in die kerk byeenkom en ons saam as gelowiges in die teenwoordigheid van God aanbid.