navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 18 Januarie 2026


Die brood wat lewe gee | Johannes 6:22-40
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (3,4)

Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk 09:00 in die kleuterkerklokaal

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Deuroffer: 
Jeugwerk (Sinodaal)
Die Sinodale kantoor ondersteun veral kleiner gemeentes in hulle onderskeie jeugbedienings.

Glo, streef, leef 2026 in . . .

Deur: Ds. Johan Visser
Die tema vir 2026 is nie drie aparte dele nie, maar ’n eenheid:

- Sonder Glo het ons geen fondament nie.
- Sonder Streef bly ons geloof passief.
- Sonder Leef bly ons strewe sonder vrug.

Hierdie drie woorde is ’n uitnodiging om ons geloof te herontdek, ons roeping te vervul en ons lewe ten volle in Christus uit te leef – én dit alles oor grense heen.

Mag 2026 vir ons almal ’n jaar wees waarin ons dieper glo, ywerig streef na, en vrymoediger leef – tot eer van Hom wat leef, Jesus Christus, ons Verlosser.
Drie bewegings     |      Drie karakters      |            Drie aande
’n Reis wat jou geloof nuut sal aanraak, verdiep en vernuwe.
Jy word hartlik uitgenooi om van 2 tot 4 Februarie om 18:30 in die kapel deel te wees van ons Week van Inspirasie.
Aanbieder: Dr. Ronell Bezuidenhout.  Sy was 'n leraar in verskeie NG kerke en het haar oor die jare heen in meditasie verdiep en bestudeer ook graag die vroeë kerkgeskiedenis.  Sy behartig tans 'n groot digitale bediening wat sy saam met 'n deeltydse leraarspos beklee. 
Skakel gerus by die sessies in: 

Hartlik welkom aan dr. Kobus de Jager

Dr. Kobus de Jager is vanaf 1 Januarie 2026 as pastorale hulp by Edelweiss Dienssentrum aangestel. Hy neem die leisels oor by dr. Theo Swart, wat dié rol etlike jare lank vervul het voordat hy einde Desember afgetree het.
Helpers in die kafeteria
Ons het deur die jare heen die mooi gebruik gevestig om na ons eredienste ligte verversings in die markplein te verkoop. Hierdie geleentheid skep nie net gemeenskap nie, maar help ook om ons bedieninge te ondersteun. Ons wil baie graag met hierdie diens voortgaan, maar het dringend helpers nodig om dit moontlik te maak.

Ons benodig groepe vrywilligers wat op Sondae vir ongeveer een uur ná afloop van die oggenddienste kan help met die verkoop van eetgoed. Die ideaal is om genoeg groepe te hê sodat elke groep slegs een of twee keer per kwartaal aan diens hoef te wees.

Oorweeg asseblief om as ’n vriendegroep, kleingroep of gesin betrokke te raak. Elke groep sal ’n kontakpersoon (konvenor) hê met wie die kerkkantoor sal skakel. Die eetgoed word vooraf deur die kerkkantoor bestel – helpers hoef slegs die verkooppunte te beman.

Indien jy bereid is om te help, kontak asseblief die kerkkantoor by 021 976 4519 of ontvangs@stellenberg.co.za.

Bybelskool oor Openbaring

17 Februarie tot 26 Maart om 19:00 in die kerk
In hierdie reeks "ontbloot" ons saam die sogenaamde “geheime” van ’n besondere Bybelboek. Die brief self was egter geen geheim nie – alles wat daarin geskryf is, was reeds sigbaar in die wêreld waarin die eerste "lesers" geleef het. Dit is die brief van ’n profeet wat gelowiges wou help om as burgers van God se koninkryk te leef, terwyl hulle steeds oorwinnend in Babilon woon.

Aanbieder: Ds. Schalk van Wyk
Koste: R30-donasie – betaal wanneer jy die kursus bywoon.
Bespreking: ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519 | WhatsApp na 081 045 2428.                

Annibrand Junior en Senior: 18 Januarie

Laerskoolkinders (Annibrand Junior) word uitgenooi om op Sondag 18 Januarie om 10:00 by ons waterpret aan te sluit.  Daar sal ook geleentheid wees vir ouers wat nog nie hul kinders aanlyn vir kategese geregistreer het nie, om hul kinders na afloop van die eredienste in die binneplein te registreer.


Hoërskoolleerlinge (Annibrand Senior) ontmoet om 18:00 in die kerkgebou.

Aanlyn registrasie vir kategese:

  • Indien jou kind in 2025 geregistreer was vir kategese, sou jy 'n e-pos met 'n persoonlike skakel ontvang het, wat jy kan gebruik om vir 2026 te registreer.
  • Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, gebruik asseblief die onderstaande skakel om te registreer.
Almal moet asseblief registreer, al was kinders voorheen geregistreer.  Dit is die enigste manier hoe ons kan bepaal vir hoeveel kinders ons voorsiening moet maak.
KATEGESE REGISTRASIE 2026

Waar staan sake met die koffiewinkel?

Ons is baie opgewonde oor die aansoeke wat ons ontvang het van belangstellendes wat dit oorweeg om die koffiewinkel in die nabye toekoms te bedryf. Die aansoeke word tans verwerk en gesprekke word met voornemende kandidate gevoer.  Ons nooi lidmate uit om saam met ons ook vir hierdie proses voorbidding te doen.

Tiendemaandinsameling 2025/26

Ons is opreg dankbaar teenoor elke lidmaat wat reeds tot hierdie spesiale fondsinsameling van die gemeente bygedra het. Sonder hierdie bydraes sou dit werklik onmoontlik wees om die gemeente se begroting te laat klop.

Ons kort egter steeds R570 930 om ons mikpunt te bereik. Lidmate het tot einde Februarie die geleentheid om nog tot die tiendemaandinsameling by te dra. Bydraes kan kontant, elektronies of deur middel van SnapScan gemaak word.

Mag ons mekaar bemoedig met die belofte uit God se Woord:

“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.”
2 Korintiërs 9:10

Dankie Stellenberg, die kamp was onvergeetlik

Stellenberg-gemeente is reeds etlike jare betrokke by die informele nedersetting in Klipheuwel. Ons ondersteun veral die Bybelstudiegroepe vir jong seuns, die Young Davids, en vir dogters, die Young Esters, wat weekliks byeenkom. Lees meer . . .

Vroue-retraite

Die vroue-retraite word in 2026 vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum aangebied.  Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes.  Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum:  27 Februarie 2026.

Maak huis skoon

Gee gerus alle huisraad, oefenapparaat, sporttoerusting, gereedskap, boeke en speelgoed wat jy nie meer gebruik nie by die kerkkantoor af.  Bydraes sal by die basaar se witolifanttafel verkoop word. 

Neem asseblief kennis . . .

Bevestiging van ouderling

Hendri Koch word Sondagoggend tydens die oggenddiens as ouderling bevestig.  Baie geluk, Hendri.  Dit is vir ons ’n voorreg om jou in die kerkraad te verwelkom.

Breigroep

Die breigroep ontmoet Maandag 2 Februarie 09:30 in die markplein.
Klik op die onderstaande knoppie om na die reeks video's te kyk.
15 dae op die Camino saam met Gerda

Daaglikse dagstukke

Luister gerus na die dagstukke wat deur ons leraarspan saamgestel word.  Dit is daagliks (Maandag tot Saterdag) op ons YouTube-kanaal en webwerf beskikbaar.  Indien jy graag deel wil raak van die WhatsApp-groep om die skakel elke oggend op jou slimfoon te ontvang, skandeer asseblief die QR-kode en sluit by die groep aan.

Finansiële bydraes

By Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra.  Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing  . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of                        079 590 1070.
- Stellenbeertjies Dagsorg:  Vir babas 0 tot 2 jaar. Kontak Minette 069 179 5279 vir meer besonderhede.
- Skoonmaak van matte:  Kontak Leon by 0824482438 vir ’n gratis kwotasie.
- Bejaarde egpaar is dringend op soek na ’n eenslaapkamer-tuinwoonstel in die omgewing.  Indien jy verblyf beskikbaar het kontak gerus vir Ester Salisbury by 084 4572 793.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.