navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 25 Januarie 2026


Jesaja 9:1-6  |  God se verlossing in donkerte

Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1,2)

Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds.  Visser

Graad 1’s en ouers in die grootsaal | Ds. Schoombie

Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk 09:00 in die kleuterkerklokaal

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie


Deuroffer: Stellenberguitreikbediening (Degnos)
Dié bediening ondersteun die werk wat onder die Boesman-gemeenskap in Namibië gedoen word.

Ons verwelkom nuwe kerkraadslede

Die volgende kerkraadslede word Sondag 25 Januarie tydens die oggend- en aanddienste bevestig:

By die oggenddiens:

- Tertius Burger as ouderling (geestelike sorg)
- Christine Ferreira as diaken (getuienisbediening)

By die aanddiens:
- Adéle Burger as diaken (jeug)

Hartlik geluk aan al die nuwe lede. Ons sien uit daarna om julle in die kerkraad te verwelkom en saam diensbaar te wees.

Drie bewegings     |      Drie karakters      |            Drie aande
’n Reis wat jou geloof nuut sal aanraak, verdiep en vernuwe.
Jy word hartlik uitgenooi om van 2 tot 4 Februarie om 18:30 in die kapel deel te wees van ons Week van Inspirasie.
Aanbieder: Dr. Ronell Bezuidenhout.  Sy was 'n leraar in verskeie NG kerke en het haar oor die jare heen in meditasie verdiep en bestudeer ook graag die vroeë kerkgeskiedenis.  Sy behartig tans 'n groot digitale bediening, terwyl sy ook 'n deeltydse leraarspos beklee. 
Skakel gerus by die sessies in: 

Ouertoerusting | 6 Februarie 17:30

Ouertoerusting – Vrydagaand 6 Februarie 17:30 tot 19:30 in die grootsaal. Toegang is gratis.

Ouers word hartlik uitgenooi na ’n ouertoerustingsgeleentheid waar dr. Francois Swart met ons kom gesels oor hoe jy as ouer ’n veilige ruimte vir jou kind kan skep – veral vir gesprekke wat jou dalk self ongemaklik laat voel.

Na afloop van die praatjie is jy welkom om by die gemeentebraai in die markplein aan te sluit. Kom kuier en braai gerus saam. Bring asseblief jou eie vleis, eet- en drinkgoed en eetgerei saam.

Bespreek jou plek aanlyn deur HIER te klik

Stellenberg basaar is 'n tweedag-makietie

Stellenberg se basaar is vanjaar ’n tweedag-makietie en vind plaas op:

 - Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00

-  Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00

Kom kuier saam en geniet ’n heerlike gemeenskapsgeleentheid met iets vir almal:

 - ’n Kinderspeelpark

 - Mini-ekspo

 - ’n Groot snuffelmark (thrift market)

 - ’n Verskeidenheid koswaentjies met heerlike etes te koop


Snuffelmark:
Kom verkoop die klere wat jy nie meer dra nie, of huisraad, sporttoerusting en speelgoed wat in onbruik verval het.  Doen nou aansoek vir ’n stalletjie by die snuffelmark (thrift market).
Aanlyn aansoek vir thrift market

VatVyf-afskop

Die VatVyf-groep is ’n sosiale groep vir senior lidmate. Ons nooi graag alle lidmate wat reeds deel is van die groep – sowel as dié wat dit oorweeg om vanjaar aan te sluit – hartlik uit na ons eerste byeenkoms vir 2026.

Sluit op Woensdag 4 Februarie 2026 om 10:00 by ons aan in die markplein vir ’n heerlike vrugtefees.

Koste: R20 per persoon

Bespreking:
Bespreek asseblief jou plek voor 2 Februarie by Christine (kerkkantoor)
📞 021 976 4519
📱 WhatsApp: 081 045 2428


Helpers by die kafeteria

Ons het deur die jare die mooi gebruik gevestig om na ons eredienste ligte verversings in die markplein te verkoop. Ons wil baie graag met hierdie diens voortgaan, maar het dringend helpers nodig om dit moontlik te maak. Ons benodig groepe vrywilligers wat op Sondae vir ongeveer een uur ná afloop van die oggenddienste kan help met die verkoop van eetgoed. Oorweeg asseblief om as ’n vriendegroep, kleingroep of gesin betrokke te raak. Die eetgoed word vooraf deur die kerkkantoor bestel – helpers hoef slegs die verkooppunte te beman.  Kontak asseblief die kerkkantoor by  021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za. 

Graad 6-tot-7-dagkamp

Op 6 Februarie het die graad 6-7-groep ’n dagkamp in die salekompleks.

Kamptema:
GLOW! Laat jou LIG helder skyn in 2026.

Tyd: 17:00 – 21:30

Koste: R120 per kind. Aandete van Roman’s Pizza is hierby ingesluit.

Aanlyn inskrywings: klik op die skakel hier onder. 
Sluitingsdatum: Donderdag 5 Februarie 2026 om 12:00.

Graad 6-tot-7-dagkamp

Bybelskool oor Openbaring

17 Februarie tot 26 Maart om 19:00 in die kerk
In hierdie reeks "ontbloot" ons saam die sogenaamde “geheime” van ’n besondere Bybelboek. Die brief self was egter geen geheim nie – alles wat daarin geskryf is, was reeds sigbaar in die wêreld waarin die eerste "lesers" geleef het. Dit is die brief van ’n profeet wat gelowiges wou help om as burgers van God se koninkryk te leef, terwyl hulle steeds oorwinnend in Babilon woon.

Aanbieder: Ds. Schalk van Wyk
Koste: R30-donasie – betaal wanneer jy die kursus bywoon.
Bespreking: ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519 | WhatsApp na 081 045 2428.                

Vroue-retraite

Die vroue-retraite word in 2026 vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum aangebied.  Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes.  Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum:  27 Februarie 2026.

Maak huis skoon

Gee gerus alle huisraad, oefenapparaat, sporttoerusting, gereedskap, boeke en speelgoed wat jy nie meer gebruik nie by die kerkkantoor af.  Bydraes sal by die basaar se witolifanttafel verkoop word. 
Breigroep
Die breigroep ontmoet Maandag 2 Februarie 09:30 in die markplein.

Vakature: Stellenberg-gemeente


Stellenberg-gemeente het vanaf 1 April 2026 ’n vakature vir ’n ontvangspersoon.

Pligte sluit onder andere in: 
- Algemene ontvangsfunksies
- Kantoor- en administratiewe ondersteuning

Vereistes:
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Goeie telefoonetiket
- Rekenaarvaardigheid
- Die vermoë om in ’n span saam te werk.

Aansoeke:  Stuur ’n volledige CV en aansoek na anneke@stellenberg.co.za.

Sluitingsdatum: Vrydag 13 Februarie 2026 

Navrae: Anneke 021 976 4519/anneke@stellenberg.co.za


Daaglikse dagstukke

Luister gerus na die dagstukke wat deur ons leraarspan saamgestel word.  Dit is daagliks (Maandag tot Saterdag) op ons YouTube-kanaal en webwerf beskikbaar.  Indien jy graag deel wil raak van die WhatsApp-groep om die skakel elke oggend op jou slimfoon te ontvang, skandeer asseblief die QR-kode en sluit by die groep aan.

Finansiële bydraes

By Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra.  Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing  . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Stellenbeertjies Dagsorg:  Vir babas 0 tot 2 jaar. Kontak Minette 069 179 5279 vir meer besonderhede.
- Skoonmaak van matte:  Kontak Leon by 0824482438 vir ’n gratis kwotasie.
- Bejaarde egpaar is dringend op soek na ’n eenslaapkamer-tuinwoonstel in die omgewing.  Indien jy verblyf beskikbaar het, kontak gerus vir Ester Salisbury by 084 4572 793.
- Betroubare huishulp soek werk: ’n Baie betroubare huishulp is op soek na werk van Maandag tot Vrydag.  Sy het voorheen vir 20 jaar by dieselfde gesin gewerk.  Kontak asseblief haar verwysing: H. Smith 072 605 9822 of A. Gaum by 082 211 5572.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.