navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Paasdienste 2024


Donderdag 28 Maart 19:00: 
Avondmaal met nagmaal om 19:00 in die kerk en aanlyn.
Jesus ruik na parfuum | Ds. Potgieter 

 Vrydag 29 Maart 09:00:
Erediens om 09:00 in die kerk en aanlyn.
Jesus ruik na bloed en die dood | Ds. Potgieter

Paassondag 31 Maart 06:15 (Nagmaal) en 09:00:
Opstandingseredienste om 06:15 (Ds. Dietmann) en 09:00 (Ds. Potgieter) in die kerk |
Jesus ruik na nat grond: Johannes: 20: 1-8 

Feesmark-aansoeke

Aansoeke vir 2024 se feesmark open op Maandag 1 April en sluit op Dinsdag 30 April 2024.  Besoek www.stellenberg.co.za om aanlyn aansoek te doen.  Slegs aanlyn aansoeke word aanvaar.

.

Gemeentebraai:

Vrydag 5 April

Kom sluit op  Vrydagaand 5 April vanaf 18:30 by ons gesellige gemeentebraai in die markplein aan.  Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, bord, eetgerei en glas saam.  Ons voorsien die kole en lekker geselskap. 

Hulp aan senior lidmate

Indien jy bereid is om hulp aan seniors in die gemeente te verleen, woon asseblief die gesamentlike byeenkoms op Donderdag 11 April om 18:30 in die saalkompleks van die kerk by.  Ons sal die bediening en die praktiese funksionering daarvan daar bespreek.  Kontak asseblief vir ds. Marius Breytenbach (082 376 6053) indien jy betrokke wil raak, maar nie die geleentheid kan bywoon nie.

Jeugkamp | 26 tot 28 April

Die jeugkamp word een keer per jaar saam met die jongmense van Klipheuwel aangebied.
Dit is 'n geleentheid om nuwe vriende te maak, by mekaar te leer, saam te lag en saam in geloof te groei. Alle graad 8 tot 12's word uitgenooi om in te skryf.
Klik HIER vir die aanlyn inskrywingsvorm. 

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

VatVyf-program

3 April om 10:00: ’n Gratis praatjie oor die Camino-pelgrimstog in Spanje. Laat weet asb. voor 1 April vir Charlotte by die kerkkantoor-ontvangs indien jy dit graag wil bywoon.

17 April om 10:00: 
Optrede deur Piet Smit, bekende sanger.  Kaartjies teen R100 te koop voor 15 April by Charlotte (kerkkantoor-ontvangs).  

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 8 April om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Maria-restaurant

Maria se ure tydens Paasnaweek is:

  • Vrydag 29 Maart: gesluit
  • Saterdag 30 Maart: gesluit
  • Sondag 31 Maart : gesluit
  • Maandag 1 April: oop soos gewoonlik vanaf 07:00 tot 17:00.

Verhuring van lokale


Die kerk se sale, markplein en kafeteria-area is te huur vir privaat funksies.  Kontak gerus vir Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za vir meer inligting rakende beskikbaarheid en tariewe.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
 
- ’n Blinde pianis benodig weekliks op Donderdae vervoer vanaf Stellenberg na Stellenbosch vir ’n klavierles.  Die les is vanaf 10:15 tot 13:00.  Vergoeding word aangebied.  Kontak vir Renette Bloem by 083 784 0727/renette@adept.co.za

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.