|
|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Eredienste Sondag 8 Februarie 2026
1 Korintiërs 2:1-14 | ’n Geloof groter as wat ek kan glo
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (4)
Familiediens (graad 1-roetemerker) 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser
Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk 09:00 in die kleuterkerklokaal
Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Duvenhage
| |
Gemeentebraai vanaand 18:30
Kom sluit vanaand om 18:30 by ons gesellige gemeentebraai aan. Ouers wat die ouertoerustingsgeleentheid bywoon, word ook in besonder uitgenooi om na afloop van dié sessie by die gemeentebraai aan te sluit. Bring jou eie vleis, slaai, drinkgoed, glas, eetgerei en bord. Ons verskaf die kole en lekker geselskap.
| |
| Ouertoerusting | 6 Februarie 17:30
| |
Ouertoerusting – Vrydagaand 6 Februarie 17:30 tot 19:30 in die grootsaal. Toegang is gratis.
Ouers word hartlik uitgenooi na ’n ouertoerustingsgeleentheid waar dr. Francois Swart met ons kom gesels oor hoe jy as ouer ’n veilige ruimte vir jou kind kan skep – veral vir gesprekke wat jou dalk self ongemaklik laat voel.
Indien jy ’n spesifieke vraag het wat jy graag aan dr. Swart wil rig, stuur vir hom ’n e-pos by info@drfswart.co.za of stel jou vrae vanaand tydens die interaktiewe sessie.
Die boek Grootmaak van dogters deur Wentzel Coetzer, word ook teen R350 verkoop. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
Ouers word ook uitgenooi om na die toerustingsessie by die gemeentebraai in die markplein aan te sluit.
| |
Baie geluk aan ds. Marius en Pauline Schoombie met die geboorte van hul seun, Wilder Johan Schoombie. Die 3,5 kg-bielie het op Donderdag 29 Januarie by die Stellenberg-familie aangesluit.
Ons bid die Schoombies ryklik seën toe vir hierdie nuwe fase in hul lewe.
| |
| Ontmoet Adele Burger – ’n nuwe diaken
| |
Foto van links: Neil, Gustav, Adéle en Leandré Burger.
Adéle is ’n boorling van Namibië. Sy is in Oshakati gebore, maar het haar skoolloopbaan in die Oos-Kaap begin. Sy het ’n groot deel van haar laer- en hoërskooljare in KwaZulu-Natal deurgebring en het aan Hoërskool Stellenberg gematrikuleer, waar sy ook haar wonderlike man, Niël, ontmoet het. “Ons vier vanjaar ons 27ste huweliksherdenking,” vertel sy. Lees meer . . .
| |
Graad 1-roetemerkergeleentheidAlle graad 1’s en hul ouers word op Sondag 8 Februarie om 09:00 in die kleinsaal verwelkom vir ons spesiale graad 1-roetemerkergeleentheid. Dit is een van die belangrike roetemerkers op die jongspan se onderskeie geloofsreise. Elke leerder ontvang ’n Bybel wat as fondament vir elke gelowige se geloofsreis dien.
Bid asseblief vir elke graad 1-leerder en hulle gesinne wat vanoggend by dié geleentheid inskakel.
| |
Elke DINSDAGAAND vanaf 17 Februarie tot 24 Maart om 19:00 in die kerk
In die reeks "ontbloot" ons saam die sogenaamde “geheime” van Openbaring, ’n besondere Bybelboek. Die brief self was egter geen geheim nie – alles wat daarin geskryf is, was reeds sigbaar in die wêreld waarin die eerste "lesers" geleef het. Dit is die brief van ’n profeet wat gelowiges wou help om as burgers van God se koninkryk te leef, terwyl hulle steeds oorwinnend in Babilon woon.
Aanbieder: Ds. Schalk van Wyk
Koste: R30-donasie – betaal wanneer jy die kursus bywoon.
Bespreking: ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519 | WhatsApp na 081 045 2428.
| |
| Stellenbergbasaar is 'n tweedag-makietie
| |
Stellenberg se basaar is vanjaar ’n tweedag-makietie en vind plaas op:
- Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00
- Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00
Kom kuier saam en geniet ’n heerlike gemeenskapsgeleentheid met iets vir almal:
- ’n Kinderspeelpark
- ’n Mini-buitelug-ekspo
- ’n Groot snuffelmark (thrift market)
- ’n Verskeidenheid koswaentjies met heerlike etes te koop
- Gratis toegang en parkering
- Genoeg sitplek
Helpers benodig:
Ons benodig persone wat met die maak en verkoop van poedings behulpsaam kan wees asook vrywilligers wat die speletjies se kaartjieverkope kan beman. WhatsApp Karen by 082 827 9389 indien jy kan help.
| |
| Snuffelmark (Thrift market) | 6 en 7 Maart
| |
Die snuffelmark (thrift market) word saam met Stellenberg se saamkuier (basaar) op die volgende datums aangebied:
- Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00
- Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00
Kom verkoop die klere wat jy nie meer dra nie, of huisraad, sporttoerusting en speelgoed wat in onbruik verval het. Doen nou aansoek vir ’n stalletjie by die snuffelmark (thrift market) deur op die onderstaande skakel te klik.
| |
Stellenberg-sokkiesSkaf vir jou ’n paar Stellenberg-sokkies aan om die Kaapstad-fietstoer mee aan te pak, in die gimnasium te dra, of om jou oggendstappie mee af te rond. Die gemeente se logo is op die bekende Versus-sokkies aangebring. Dié handelsmerk is ’n gunsteling onder sportliefhebbers. Sokkies teen R150 per paar is by die kerkkantoor (ontvangs@stellenberg.co.za) of Sondagoggend in die kafeteria (slegs kaart en SnapScan-betalings) te koop.
| |
Vroue-retraiteDie vroue-retraite word in 2026 vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum aangebied. Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes. Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum: 27 Februarie 2026.
| |
VatVyf-fotokompetisie
Ons nooi alle senior lidmate om aan die VatVyf-fotokompetisie deel te neem. Kategorieë vir inskrywings is: diere-, aksie-, familie-, natuur- en humoristiese foto's.
Inskrywingsfooi: R50 (betaalbaar by die kerkkantoor-ontvangs)
Sluitingsdatum: 5 Junie 2026
Sien bepalings en voorwaardes HIER.
| |
Uitreikdatums 2026Teken die uitreikdatums vir 2027 in jou dagboek aan. Verdere inligting sal binnekort volg.
Calitzdorp 27 Junie tot 2 Julie.
Leeu-Gamka 4 Julie tot 9 Julie.
| |
Ons is opreg dankbaar teenoor elke lidmaat wat reeds tot hierdie spesiale fondsinsameling van die gemeente bygedra het. Sonder hierdie bydraes sou dit onmoontlik wees om die begroting te laat klop. Ons kort steeds R479 910 om ons mikpunt te bereik. Daar is tot einde Februarie geleentheid om nog tot die tiendemaandinsameling by te dra. Bydraes kan kontant, elektronies of deur middel van SnapScan gemaak word.
Mag ons mekaar bemoedig met die belofte uit God se Woord:
“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.” 2Kor. 9:10-11.
| |
Jong volwassenes en studenteOns nooi alle jong volwassenes en studente om na die aanddiens in die kerk agter te bly vir ’n saamkuiergeleentheid.
| |
|
Die kafeteria is weer oop
| |
Baie dankie aan die lidmate wat bereid is om een keer per maand by die kafeteria te help. Danksy julle kan die kafeteriaverkope weer hervat met heerlike lekkernye, vars cappuccino’s en ruimte vir lekker kuier.
Neem asseblief kennis dat die kafeteria geen kontant aanvaar nie. Betalings kan slegs met debiet- of kredietkaarte, of deur middel van die SnapScan-toepassing, gemaak word.
| |
Met leedwese
Ons neem met groot hartseer afskeid van:
- Johanna Maria (Joh) Coetzer (17/12/1942 – 02/02/2006).
Joh was sedert 1993 ’n geliefde en meelewende lidmaat van die gemeente. Sy was baie jare deel van die brei- en VatVyf-groepe.
Gedenkdiens: 6 Februarie om 10:00 in die kerk.
Ons opregte meegevoel met haar kinders wat sy agterlaat.
- Johanna Elizabeth (Elize) Wagenaar (31/03/1953 – 04/02/2026).
Elize was sedert 1996 ’n toegewyde en meelewende lidmaat van die gemeente. Sy was ’n geliefde lid van die Omgeekombuis se kookspan en ook betrokke by verskeie ander gemeenteprojekte.
Gedenkdiens: Woensdag 11 Februarie om 10:00 in die kerk.
Ons opregte meegevoel met haar man, Gerdus, en die kinders wat sy agterlaat.
| |
Veranderinge in WhatsApp-groepeNeem asseblief kennis dat ons die verskillende WhatsApp-groepe in die gemeente onder een sambreel wil saamvoeg om kommunikasie meer vaartbelyn te maak. Lidmate wat lid is van die dagstukke- of gebedsgroepe sal geen wesenlike veranderinge beleef nie, behalwe dat u voortaan een keer per week die weeklikse elektroniese nuusbrief, asook skakels na eredienste, sal ontvang.
Die WhatsApp community-groep bied ook aan lede verbeterde sekuriteit en beskerm lede se telefoonnommers en persoonlike besonderhede. Rig gerus enige navrae aan sanel@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp na 081 045 2428.
| |
Maak huis skoonGee gerus alle huisraad, oefenapparaat, sporttoerusting, gereedskap, boeke en speelgoed wat jy nie meer gebruik nie by die kerkkantoor af. Bydraes sal by die basaar se witolifanttafel verkoop word.
| |
Breigroep
Die breigroep ontmoet Maandag 2 Maart 09:30 in die markplein.
| |
Vakature by Stellenberg-gemeenteStellenberg-gemeente het vanaf 1 April 2026 ’n vakature vir ’n ontvangspersoon met goeie kommunikasie- en organisatoriese vaardighede. Lees meer . . .
| |
Die wit klippie wat jou weer na die tafel toe nooi
Deur: Wilmi Wheeler
(Geplaas in Vrydagnuus van Kaapkerk 5 Februarie 2025)
Ek het nie verwag dat ’n klein klippie uit ’n hardewarewinkel my so sou raak nie. Dis tog net ’n wit klippie. Glad, eenvoudig, lig en koel in my hand. Niks meer as die definisie wat ons in die HAT kry nie: ‘n Harde gesteente wat in die veld en in tuine op die grond lê. Daar is op hierdie een net ’n kruis op geverf. Lees meer . . .
| |
Finansiële bydraesBy Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra. Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
| |
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode (hier bo) indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak of klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Stellenbeertjies Dagsorg: Vir babas 0 tot 2 jaar. Kontak Minette 069 179 5279 vir meer besonderhede.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 0824482438 vir ’n gratis kwotasie.
- Betroubare huishulp soek werk: ’n Baie betroubare huishulp is op soek na werk van Maandag tot Vrydag. Sy het voorheen vir 20 jaar by dieselfde gesin gewerk. Kontak asseblief haar verwysing: H. Smith 072 605 9822 of A. Gaum by 082 211 5572.
- ’n Administratiewe assistent word benodig: ’n Tweetalige persoon met goeie kommunikasie- en organisatoriese vaardighede word by ’n finansiële adviespraktyk in die noordelike voorstede benodig. Laai die volledige posbeskrywing HIER af.
- Wiskunde wat SIN maak: Ek verskuif die fokus van:
❌ “Ek verduidelik” na ✅ “Jy dink en verstaan"
* Klein groepies of individueel
* Graad 7–10
* Na-skool-sessies
* Gekwalifiseerde, ervare wiskunde-onderwyser
Kontak Maarten van Rensburg 📱 072 106 0440
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
|
|
|
|
|