navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 21 April 2024


Genesis 6: 1-16 | God skryf die storie

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (3)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser

Ontmoet vir Anneke Fourie – ’n nuwe kerkraadslid

Op die foto van links is: Daniël, Pieter, Hanno en Anneke
Stellenberg-weekliks het aan Anneke ’n paar vrae gestel sodat ons haar aan die gemeente kan voorstel.  Anneke is op Sondag 7 April as diaken bevestig en sy sal by die geestelikesorgkommissie betrokke wees.

Hoe lank is jy en jou gesin al by Stellenberg-gemeente ingeskakel?
Lees meer . . .

Ontmoet vir Jonathan Mitchell – ’n nuwe kerkraadslid

Op die foto van links is: Elizabeth, Jonathan, Madeleine en Nina.
Stellenberg-weekliks het vir Jonathan Mitchell, nuwe kerkraadslid, ’n paar vrae gevra sodat ons hom aan die gemeente kan voorstel.  Jonathan is op Sondag 7 April as diaken van die kerkraad bevestig.  Hy is boonop ook die voorsitter van die kommunikasiekommissie.  Die kommunikasiekommissie is ’n nuwe kommissie wat op die been gebring is nadat die gemeenteleiers die behoefte aan sodanige kommissie geïdentifiseer het, omdat goeie en deurlopende kommunikasie met lidmate ’n belangrike aspek van ons gemeentebediening is.  Die kommissie het dan ook ten doel om in ’n ondersteunende hoedanigheid kommunikasie tussen bedienings en lidmate van die gemeente te bevorder.  Lees meer . . .

NCLS-vraelyste

Deur: Ds. Marius Breytenbach
Baie dankie aan almal wat verlede Sondag die NCLS-vraelyste tydens ons onderskeie eredienste voltooi het. Die vraelyste is deur die National Church Life Survey (NCLS), ’n Australiese navorsings­organisasie met wie die NG Kerk hande gevat het, opgestel.  Lees meer  . . .

Ondersteuning aan seniors

Deur: Ds. Marius Breytenbach
Ons is baie opgewonde om die bediening wat fokus op die ondersteuning van seniors in die gemeente op dreef te bring. Daar is twee diensgroepe waarby vrywillige helpers betrokke kan raak:

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

Annibrand Senior kategesegroep na die oggenddienste

Op Sondag 21 April begin ’n gemengde hoërskool kategesegroep na die oggenddienste. Indien daar tieners is wat in die koshuis is, of andersins nie by die aanddiens en -kategese kan inskakel nie, word hulle na dié oggendgroep uitgenooi. Kontak vir sunet@stellenberg.co.za vir meer inligting of om te registreer vir die senior kategese in die oggend.

MES-karwasdiens

Woensdag 1 Mei vanaf 08:00 tot 16:00

Laat was jou motor op Woensdag 1 Mei op die kerkterrein deur MES se karwasdiens.  Terwyl jy vir jou motor wag, kan jy ’n gratis koffie by Maria Eatery geniet.  Teen slegs R100 kan jy jou motor laat was én ’n koppie koffie geniet. Kaartfasiliteite is beskikbaar.


Feesmark-aansoeke

Aansoeke vir 2024 se feesmark is nou oop en sluit op Dinsdag 30 April 2024.  Besoek www.stellenberg.co.za om aanlyn aansoek te doen.  Slegs aanlyn aansoeke word aanvaar.

.

VatVyf-program


Optrede deur Piet Smit op 24 Julie om 10:00 in die kleinsaal.
Kaartjies teen R100 per persoon kan by die kerkkantoor se ontvangs gekoop word.

 


Hettie Brittz: Boekbekendstelling

5 Mei 19:00
Hettie Brittz kom gesels op Sondagaand 5 Mei om 19:00 oor haar bekende boek, Kweek kinders met karakter.  Die boek word heruitgegee en bied ’n nuwe aanslag en voorkoms. 
Kom luister gerus na haar praktiese raad rakende die opvoeding van kinders volgens hulle eie persoonlikhede en karaktereienskappe. Kaartjies @ R25 per persoon op Quicket te koop.

Hemelvaart en Pinkster


Op Donderdagaand 9 Mei om 19:00 sal Neil Büchner die Hemelvaartdiens in die kerk met sang en Skrif lei.  Dié erediens is ’n inleiding tot die Pinksterreeks wat op Sondag 12 Mei om 18:00 in die kerk begin. 


Pinksterreeks | 12 tot 17 Mei

  • Prediker: Ds. Marius Schoombie
  • Die Pinksterreeks begin Sondagaand 12 Mei om 18:00 in die kerk met Kinderpinkster om 18:00 in die kleinsaal.
  • Aandpinkster en Kinderpinkster word vanaf 13 tot 16 Mei om 18:30 in onderskeidelik die kerk en kleinsaal aangebied.  Sop word na die Aandpinksterdienste bedien.
  • Oggendpinkster is vanaf 13 tot 17 Mei in die kerk.  Die vorige aand se Pinksterdiens sal tydens Oggendpinkster vertoon word.  Tee word na die diens bedien.

VatVyf-groep ontrafel die wetenskap van geluk

Op Woensdag 17 April het dr. Heinie Brand, oudskoolhoof, met die VatVyf-groep gesels oor die wetenskap van geluk.  Dr. Brand het die groep toegelig dat ’n mens instaat is om gelukkig te leef ten spyte van moeilike omstandighede, omdat geluk iets is wat ons vir onsself skep.  Die geheim is om daagliks met dankbaarheid en ’n gees van tevedenheid te leef – voorwaar ’n sinvolle uitdaging aan ieder en elk.

Met leedwese

Ons neem afskeid van Tertius (Ted) Breytenbach (03/05/1935 - 17/04/2024).   Ons dink in dié tyd ook in besonder aan sy vrou, Janet. Sy seun, ds. Marius Breytenbach en sy skoondogter, Riëtte; asook aan sy dogter, Karin, sy skoonseun en kleinkinders wat hy agterlaat.   Ted was sedert 2019 ’n lidmaat van die gemeente en het in Othello-aftreeoord gewoon.  Gedenkdiens:  Woensdag 24 April om 11:00. 

Bevestig in die kerkraad

Lood Conradie en Louise Rheeder word op Sondag 21 April tydens die oggenddiens en Conrad Koorts tydens die familiediens as ouderlinge in die kerkraad bevestig.  Ons bid hulle elkeen die Here se seën toe op die leiersposisie wat hulle in die gemeente gaan beklee.

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark beoog om vanjaar nog meer stalletjies as in die verlede aan te bied.  Gebruik die geleentheid om klere, juwele, huisraad, dekor-items, speelgoed, gereedskap, ens. wat in onbruik verval het, in kontant om te skakel.
Die volgende uitstalruimtes is beskikbaar:
  • R250 per tafel (180x90))
  • R400 twee tafels (360x90)
  • R500 vloerspasie (300x300)
Kosstalletjies: Teen R500 per tafel kan jy enige etes, lekkernye, koffie, ens. verkoop.
Klik HIER om die aanlyn vorm te voltooi en jou uitstalruimte te bespreek.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 6 Mei om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe breiers is altyd welkom.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Rekenaaroperateurs benodig

Hoërskoolleerders of studente wat teen vergoeding tydens eredienste as rekenaaroperateurs kan optree, word benodig.  Jy moet vanaf 08:00 tot 10:00 Sondagoggende die diensbeurt waarneem en vanaf 16:00 tot 19:00 by die aanddiens.  Stuur ’n WhatsApp met jou naam en nommer na 081 045 2428 indien jy belangstel.    

Die wyn. Die vrou. Die lied 

26 Julie 2024

Dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep, sluit ook ’n ete en ’n wynproe saam met Beyers Truter in.  Teken die datum solank in jou dagboek aan.  Kaartjies sal eersdaags by die kerkkantoor te koop wees.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
- Huishulp: Anna Scholtz is op soek na ’n huishulp wat Dinsdae of Donderdae beskikbaar is.  Kontak haar asseblief per WhatsApp by 071 7120 015.
- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en bejaardes ook omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Sonstraal-gemeente bied ’n gesprek oor gender en seksualiteit aan

Hiermee ’n uitnodiging na ’n werkswinkel oor Gender & Sekualiteit - ’n oop gesprek met ouers, familie, onderwysers en leiers wat op  21 April om 18:00 tot 20:00 by Sonstraal-gemeente aangebied word. ’n Aanddiens word gelyklopend met die werkswinkel aangebied.
Die agtergrond vir die aanbieding van dié werkswinkel kan HIER afgelaai en gelees word.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.