GEMEENTEBULLETIN

 29 September tot  6 Oktober 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 1 Oktober 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Wie se skuld is dit? | Esegiël 18:1-4 en 25-32

 Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (1)
Geen kategese en kleuterkerk tydens die skoolvakansie nie.          
Deuroffer 
Seniorbediening van Stellenberg-gemeente.

Doop vandag

- Izak en Janienke Crafford, laat doop vir Wium Charles Crafford.

- Eswee en Tanya van der Merwe, laat doop vir Dreyer Schalk van der Merwe.

Eredienste in die vierde kwartaal

In die vierde kwartaal vier ons ons saamwees.  Die familie- en  oggenddienste kom die hele kwartaal om 09:00 saam in die kerk byeen. 
Hoogtepunte sluit in die Hervormingsfees en die Kerssangdiens wat ons saam gaan vier.  Vanaf die laaste kwartaal skakel die graad 7-groep ook by die aanddiens in.  
Die meditatiewe diens om 09:00 in die kapel, die aanddiens om 18:00 in die kerk, asook alle kategesegroepe, gaan voort soos gewoonlik.

VatVyf-byeenkomste in die vierde kwartaal

Ons nooi alle senior lidmate na die volgende byeenkomste:

25 Oktober om 10:00: ’n Feesmarkkuier in die restauranttent. Elkeen betaal vir hom/haarself en geen vooraf besprekings is nodig nie.

15 November: ’n Bootrit in die Kaapse Waterfront op die Spirit of  Victoria.  Koste R150 per persoon.  Bespreek en betaal voor  Woensdag 1 November by Charlotte, kerkkantoor.  Plek is beperk.

29 November: Kersete in die ou kafeteria teen R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte, kerkkantoor.

Verdien ’n ekstra inkomste

Ons is op soek na ’n energieke en kreatiewe persoon wat, met die oog op ’n ekstra inkomste, die markplein vanaf Januarie 2024 op Sondagoggende (tussen 08:00 en 12:00) sal bedryf.  Dit sal die aankoop en voorbereiding van eet- en drinkgoed behels, asook die verkoop daarvan, teen billike tariewe, aan kerkgangers.  Alle verkope sal vir jou eie sak wees.  Stuur asb. jou aansoek met ’n kort voorlegging van wat jy beplan om aan te bied teen 13 November aan                                          charlotte@stellenberg.co.za.  Voorleggings en gesprekke met voornemende kandidate sal vanaf 17 November geskied.  

Navrae: Charlotte 021 976 4519 

Gemeentebraai | 1 Desember

Die volgende gemeentebraai sal vanweë voorbereidings rakende en die aanbied van die feesmark eers weer op  Vrydag 1 Desember gehou word.  Dan sluit ons die jaar saam op ’n gesellige wyse af.

Die koffiewinkel

Koffie en Krummels, wat die koffiewinkel bestuur het,  se kontrak het verstryk en die koffiewinkel is tans gesluit.  Die Evert Opstal-restaurant gaan vanaf middel Oktober tot einde November ’n opskiet-koffiewinkel op die huidige perseel bedryf.  

Die koffiewinkel sal in Desembermaand gesluit wees en heropen in Januarie 2024 onder die bestuur van die Evert Opstal-restaurant met die naam Maria, daughter of Evert.  

Ons is opgewonde om  Willie en Ronel Botha van die Evert Opstal-restaurant op die terrein te verwelkom en wens hulle alle voorspoed met die nuwe onderneming toe.
 

Feesmark 2023

Neem asseblief kennis dat die feesmark vanjaar ’n week later as vorige jare begin.  Die mark word vanaf 23 Oktober tot 11 November aangebied.  Inkopietye is steeds vanaf 10:00 tot 20:00 op weeksdae en vanaf 09:00 tot 18:00 op Saterdae.  Die restaurant sal op dieselfde tye as die mark oop wees.  Ondersteun asseblief die groot fondsinsamelingsprojek van die gemeente en nooi ook vriende en familie daarheen uit.

Twee Bybelskoolkursusse in die vierde kwartaal

Kursus 1 |  Spirituele verdieping vir mense wat dors na meer
Van geboorte af smag of dors alle mense na iets diepers, groters en heiligs . . . na God.  Ons wil jou uitnooi na dié Bybelskool om te kom nadink oor God en die volgende in diepte saam met ons te bekyk:
* Lectio Divina – om die Bybel in reflektiewe/meditatiewe styl te lees.
* Die mistiek van God.
* Die vorming van ’n dieper verhouding met God.

Dit vind plaas in ’n niebedreigende omgewing en deelnemers sal nie gevra word om in die groep bydraes te lewer nie.  Alle ouderdomme – tieners tot seniors – is welkom.

Datums: Maandag 16, 23 en 30 Oktober  

Daar is twee tydgleuwe: 10:00 tot 12:00 of 18:30 tot 20:30

Aanbieder : Dr. Carel van Wyk.  Hy was voorheen vir 20 jaar ’n leraar in die gemeente en het na byna 40 jaar in die bediening ’n meesters- en doktorsgraad oor verdiepte spiritualiteit behaal. Hy en sy vrou woon nou weer in Stellenberg.

Besprekings: Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Kursus 2 |  Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap

In die vierde kwartaal word ’n opvolgkursus van die Babiloniese ballingskap aangebied.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: Maandag 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Met leedwese

Ons neem afskeid van:
- Hester Maria (Hettie) Hickman (11/03/1935 - 23/09/2023).  Hettie was ’n inwoner van Edelweiss en sedert 2011 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Gedenkdiens:  Vrydag 29 September om 14:00 in die kerk.

- Johanna Emerentia (Hannetjie) Morland (28/11/1944 - 23/09/2023).  Hannetjie was sedert 2001 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Besonderhede oor ’n gedenkdiens is nog beskikbaar nie.

Helpers by die teetuin

Ons het dringend helpers nodig wat op Sondae bereid sal wees om by die teetuin behulpsaam te wees.  Dit behels slegs die skink van tee en wegpak van skottelgoed. Geen opwaswerk nie.
Kontak asb. vir Chartlotte by  021 976 4519 of charlotte@stellenberg.co.za indien jy kan help.

Insameling vir Bybels


Daar is ’n behoefte aan Bybels wat in isiXhosa en isiZulu  vertaal is.  Lidmate wat graag ’n Bybel aan iemand wil voorsien, kan ’n kontantbydrae tot die projek maak.  Bydraes kan elektronies oorbetaal word na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.  Gebruik BYBELS as verwysing.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Breigroep

Ons ontmoet Maandag 2 Oktober om 09:30 in die markplein.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 
Subscribe to our email list.