navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 30 Junie 2024


Romeine 5:1-11
Oggenddiens met doop om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Marius Breytenbach (2)

Doop: Sondag 30 Junie

Gavin en Juanita Griessel laat doop vir Abigail Griessel.

Bouwerk in die liturgiese ruimte vorder

Die werk aan die liturgiese ruimte vorder fluks ten spyte van die uitdaging wat die angswekkende hoogte van die werk, bied.  Daar moet ook voldoende tyd afgestaan word om produkte te laat droog raak, voordat die volgende stap in die bouproses kan volg.  Twee TV-skerms wat vir die vertoning van beeldmateriaal tydens eredienste benut sal word, sal aan weerskante van die groot pilaar in die middel monteer word.  Ons sal in ’n later stadium ook graag die mat in die liturgiese area wou vervang.

Uitreikers is hard aan die werk in Calitzdorp

Die Calitzdorp-span bid saam voor hulle vertrek op Saterdag 22 Junie 2024.

Die die foto's bo vertoon die erediens wat die uitreikspan saam met die gemeenskap van Calitzdorp bygewoon het op ’n ysig koue Karoo-oggend. 

Die afgelope week se  diepsee-kaperjolle was vol pret

Brenda Visser, kinderwerker en haar span leiers en helpers het wondere verrig deur die groep van 25 matrose wat die gemeente se vakansieprogram vir vier dae bygewoon het, besig, geïntereseerd en geamuseerd te hou. Speletjies, hindernisbane en skeppende aktiwiteite – alles met ’n diepsee-tema – is ingespan om die groep van spanwerk, saamwerk en ook ons groot opdrag om vissers van mense te wees, te leer.  Welgedaan, Brenda en span! 

Ons webwerf het ’n nuwe voorkoms

Gaan loer gerus hoe ons nuwe gemeentewebwerf lyk.  Die hele voorkoms is gemoderniseer en ons hoop dat besoekers aan die webwerf iets van Stellenberg-gemeente se energie en omgee sal ervaar wanneer hulle die webtuiste besoek. 
Diegene wat die webwerf gereeld besoek en ondervind dat sekere bladsye soos die daaglikse dagstukke of skakels na eredienste nie opgedateer is nie, moet asb. net die bladsy herlaai deur shift F5 op jou sleutelbord te druk of die webwerf toe te maak en die webtuiste weer van nuuts af oop te maak, dan sal jy weer toegang tot al die nuutste plasings ontvang.

Vertoning deur Piet Smit

Kom luister op Woensdag 24 Julie om 10:30 in die kleinsaal na Piet Smit, die gewilde gospelsanger.  Kaartjies teen R100 per persoon is by die kerkkantoorontvangs te koop, of skakel Charlotte by 021 976 4519.  Almal is welkom.


Vakature: Oudiovisuele-spesialis en koördineerder


Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir bogenoemde betrekking.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.

Maria Eatery

Maria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse.  Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit.  Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes. 

Date night - vir egpare

Date night is ’n geleentheid waar ons doelbewus ’n ruimte skep om tyd aan ons verhoudings te bestee.  Paartjies geniet ’n ete saam in ’n romantiese en privaat atmosfeer en benut die tyd ook om oor hulle verhouding te gesels.   Materiaal van die  Alpha-huwelikskursus word gebruik vir die fasilitering van gesprekke.  Daar is sewe geleenthede, elke Woensdag vanaf 17 Julie tot 28 Augustus om 18:00 tot 20:00.  Elke week word ’n ander tema bespreek. Koste beloop R180 per aand per paartjie.  ’n Oppasdiens vir kinders word aangebied en peuselhappies sal aan kinders bedien word, maar bring gerus ook vir kinders ’n kosblik met versnaperinge saam. Bespreek jou plek aanlyn deur op die skakel te klik.

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop. 


Die projek se opbrengs word aan die gemeente se getuienisprojekte geskenk.

Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te  bespreek.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Breigroep

Ons ontmoet op Maandag 1 Julie om 09:30 in die markplein.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir Dolf du Pisani wat siek is.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies teen R65 elk.  Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
- Huiswerker soek werk vir Vrydae. Martha (082 732 9194) is opsoek na huiswerk op Vrydae in die Stellenberg-omgewing.  Kontak Estelle Ochse by 082 444 3069 vir ’n verwysing. 
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.