Lees deur internet, klik hier >>
26 April 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Teks
1.Sinode 2019
1.1 Voorbereiding vir sinode
Afgevaardigdes word versoek om nie net die agenda te lees as voorbereiding vir Sinode 2019 nie, maar om die dae voor die sinode ʼn tyd van instemming, selfondersoek en voorbereiding te maak. Psalm 26 word as Voorbereidingspsalm voorgestel: "Lees dit in die komende tyd 'n paar keer deur en laat toe dat die Gees jou gereed maak vir die samekoms van die gemeente", skryf Gielie Loubser en Theunis Botha. Klik hier om die volledige brief aan afgevaardigdes te lees.
1.2 Houtkruise gesoek
Die spiritualiteitspan is op soek na houtkruisies vir gebruik tydens een van die spiritualiteitsessies. Daar word ongeveer 90 handgemaakte houtkruisies (so groot soos die palm van jou hand) benodig.  As enige VrydagNuus lesers self so iets maak of iemand in jou gemeente kan aanbeveel, kontak asseblief vir Theunis Botha by 021 808 9226 of e-pos pastor@sun.ac.za.
Prent
2.  Wêreld Boekedag – 23 April
Twee van Diaconia/Nal'ibali se leesgroepe in Sutherland het vandeesweek Wêreld Boekedag gevier. Kinders het die storie van Thoko se eerste Biblioteekboek gehoor en daarna prente van boeke uit ou tydskrifte gesoek, uitgeknip en geplak om 'n boom te maak. Righardt le Roux van Nal'ibali het verduidelik dat bome afgekap word om papier vir boeke te maak en dat boeke dus kosbaar is en mooi opgepas moet word. Kolwyntjies en paaseiers het die pretdag voltooi. Onthou asseblief van die boeke-insameling vir Koringberg tydens die sinodesitting en stuur boeke saam met julle afgevaardigdes.
GEMEENTENUUS
NG Stellenbosch-Welgelegen: Aktuele gesprek oor komende verkiesing 28 April
NG Stellenbosch-Welgelegen: gesprek oor komende verkiesing 28 April
PREDIKANTENUUS
Kochs
1. Vanrhynsdorp gemeente groet Koch egpaar
Om 09:30 op Sondag 28 April lewer Christoff Koch sy afskeidspreek by die NG Gemeente Vanrhynsdorp, waar hy sedert Januarie 2002 bedien het. Sy vorige gemeentes was Venterstad en Dordrecht in die Oos-Kaap. Johan Janse van Rensburg gaan die Akte van Emeritaat tydens hierdie geleentheid aan hom oorhandig.
Christoff en Hendré beplan om in Port Owen te gaan aftree, maar beoog om steeds by die kerk betrokke te bly.
Seënwense op jul aftrede!

Nel egpaar
 2. Charel Nel emeriteer
Aan die einde van April, na 27 jaar by NG Hermanus, lê Charel Nel die tuig neer. Sy afskeidspreek is om 09:00 op So. 28 April en ringsvoorsitter Kobus Pretorius van NG Riviersonderend sal die Akte van Demissie oorhandig. Charel en Annarie gaan op Onrus aanbly, waar Annarie as dienssen-trumbestuurder werk. Charel skryf: "Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Vir my het die tyd nou aangebreek om spasie te maak vir die jonger manne of vroue. Ek glo die regte persoon sal kom om met net soveel seën en genade hier te dien." Beste wense vir die nuwe fase, Charel en Annarie!
Van Schalkwyks
 3. Gerrit en Ilsa van Schalkwyk groet NG Oudtshoorn
Na byna 32 jaar in die gemeente, lewer Gerrit van Schalkwyk op So. 28 April om 09:30 sy afskeids-preek in die Moederkerk op Oudtshoorn. Gerrit en Ilsa was voorheen vir sewe jaar by NG Riversdal in die bediening en hy was jare lank by skoolverlaters-kampe en by Eljada Nasorg betrokke. Die Van Schalkwyks beplan om na Gerrit se aftrede aan te bly in Oudtshoorn. "Ek wil aan die einde van my bediening saam met die Psalmdigter sê: 'Loof die Here want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie'. Beter kon ek nie geseën gewees het nie. Aan God al die eer!", skryf Gerrit. Ons beste wense vergesel Gerrit en Ilsa op die pad vorentoe!
GEBEDSVERSOEKE
Gebed
ALGEMEEN
1. Freedom Day - 27 April
In South Africa, Freedom Day commemorates the first democratic elections in South Africa in 1994. The road to democracy was a long and difficult one and on this day we celebrate peace, unity, the preservation and the restoration of human dignity.
Pin
2. Thursdays In Black: vir ’n Wêreld sonder Geweld
Die #ThursdaysInBlack-veldtog, vir die bewusmaking van ons strewe na ’n wêreld sonder geweld en verkragting, geniet wêreldwye ondersteuning. Badisa en die Wêreldraad van Kerke (WCC) is ook amptelike vennote van hierdie veldtog. Organisasies en individue kan hulle ondersteuning sigbaar maak deur op Donderdae swart aan te trek. Diegene wat belangstel om van die lapelwapentjies of T-hemde te bestel, kan hier klik.  Sien ook onder hoe elkeen via Twitter meer steun en sigbaarheid kan gee aan hierdie veldtog.
Twitter
NUUSBRIEWE
1. SACC on May 8th elections
In the run up to the national elections on Wednesday 8 May 2019 Reverend Mzwandile Molo of the Southern African Council of Churches calls for citizens to protect the integrity of the electoral process. He maintains that the foundations of democracy have to be based on transparency and integrity. Read more in their latest newsletter.
Nuusbrief
PUBLIKASIES
Voorblad
Bybel-Media
In die Bybelboek Bybelstudiereeks: 

Paulus is in die tronk wanneer hy hierdie briewe skryf. Timoteus skaam hom vir Petrus. Titus probeer die evangelie tussen 'n klomp barbare verkondig. Rondreisende predikers krap alles deurmekaar in die gemeente in Efese. Maar Paulus verknies hom nie daar in die tronk nie en sit die praatjiesmakers op hulle plek...
Mag hierdie interpretasie van Paulus se briewe aan Timoteus en Titus jou help om 'n vreemde wêreld beter te ontdek. Vir meer inligting en bestellings, kontak vir Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of besoek gerus Bybel-Media se webblad.

EKOLOGIE
Cape Town City Challenge
Cape Town is representing Africa in the City Nature Challenge from 26-29 April. This international competition between 150 cities will showcase their fauna and flora by recording observations of all living things, using the popular citizen science app iNaturalist. Various events will be hosted around the city. City of Cape Town Nature Reserves will have open days and free access. Click here for a list of events
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Vakatures
Logo
1. NG Stellenberg: Jeugbediening administratiewe hulp
’n  Vakature bestaan vir ’n gelowige persoon wat lief is vir jongmense en oor goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede beskik. Werksure is van 12:00-15:00 op weeksdae, dienswerk op Sondae tydens die jeugdiens en kategese (vanaf 17:00 slegs tydens skoolkwartale), asook sporadiese nauurse verpligtinge soos jeug-bedieningsvergaderings en kampe. Aansoeke sluit 3 Mei. Stuur CV's na Sunet Opperman of skakel haar by 021 976 4519.   
Logo
2.1 Huis Klippe Drift, Napier:
Geregistreerde verpleegkundige

Aansoeke van persone met kennis van die versorging van bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag. Hierdie is 'n voltydse pos en normale diensvoorwaardes geld.
 Doen aansoek voor 6 Mei. Lees hier meer.
2.2 Durbanville Kinderhuis: Voorradeklerk
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir administratiewe werk, aankope, beheer en verspreiding van alle voorrade en die ontvangs en hantering van donasies. Vereistes sluit in goeie interpersoonlike- en kommunikasievaardighede, syfer- en lettervaardigheid sowel as rekenaargeletterdheid. Klik hier vir meer inligting. Aansoeke sluit 17 Mei.

TEN LAASTE
In tye van onstuimigheid, verwarring en vertwyfeling is dit belangrik om soms net stil te word en te vertrou in die almag van ons Here God. Vind berusting in Romeine 11:36: "Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge." Luister hier saam na Elvis Blue se weergawe van O Heer My God.

VrydagNuus-groete 
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.