Lees deur internet, klik hier >>
16 Augustus 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Logo
1. Barmhartigheid = Badisa
Augustus is Barmhartigheidsmaand en ons kan nie nalaat om te herinner aan die omvattende werk wat Badisa, die eenheidsbediening van die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland Sinode), doen op die terrein van kinder- en familiesorg, bejaardesorg, vroeëkindontwikkeling, persone met gestremdhede en middelafhanklikheid nie. Badisa se algemene jaarvergadering vind op 3 September 2019 plaas, en is 'n hoopgewende geleentheid om 'n blik op die hart van hierdie unieke geloofsgebaseerde organisasie te kry. Lees die jaarverslag van 2018 hier
Aanhaling
2. Getuienisaksie AJV - 14 Augustus
Getuienisaksie se algemene jaarvergadering het vandeesweek plaasgevind en is bygewoon deur verteenwoordigers van die NG Kerk en VGK ringe, taakspanne en diensgroepe. Die tema Waar staan ons met die Evangelie, Eenheid en Ekologie is aangespreek. Sien onder twee foto's en hier meer op Getuienisaksie se Facebook-blad. 
Voorsitters Llewellyn MacMaster en Danie Möller met Kobus Odendaal 
Tommy Fredericks, William Ficks, Kenny van Rensburg en Mariëtte Odendaal
3. Finalejaarstudente op besoek aan sinode
Dit was 'n voorreg om hierdie week 'n paar jong gesigte by die NG Kerksentrum in Bellville te ontvang: Fakulteit Teologie aan die US se NG Kerk-finalejaars het op Maandag 12 Augustus die geleentheid gehad om met die verskillende taakspanne van Getuienisaksie kennis te maak en oor hulle werksaamhede te leer. Onder is 'n foto wat tydens die geleentheid geneem is - kyk op Getuienisaksie se Facebook-blad na meer foto's. Die studente is ook aan Diaconia en van hul werksaamhede bekendgestel. Baie seën vir die res van die jaar!
Studente
V.l.n.r. agter: Jaques Strydom, Stephen Pedro (PSD), Kobus Odendaal (PSD)
en Heinrich Niehaus
Middel: Johan Botes, Marizanne Pfeil, Charyn Su-Marie Myburgh, Mardi Badenhorst, Braam Hanekom (PSD) en Carin Brink (Arbeidsbediening)
Voor: Jako Visser en Wimke Jurgens
4. Kerkwees in die 21ste eeu
Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderatuur, reflekteer oor die kerk se roeping binne die huidige Suid-Afrikaanse konteks. Hy gesels oor die identiteit van die kerk en hoe ons geroep is om 'n lewegewende verskil in die samelewing te kan maak. "Ons moet onsself eien as 'n kerk van genade - 'n kerk wat lewe gee." 
5. Hoe lyk die toekoms van die NG Kerk? 
Die Algemene Sinode doen 'n beroep op individue, kerkrade, leraarspanne, gemeentegroepe en jong mense om hulle stemme te laat hoor oor die rol wat die kerk behoort te speel in die samelewing waarin God ons geroep het. Die Algemene Sinodesitting vind plaas van 7-11 Oktober vanjaar en Lourens Bester stuur die volgende riglyne vir scenariobeplanning, wat ses kernvrae uitlig.
Pamflet
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
Moorde op die Kaapse Vlakte - 
verootmoediging 25 Augustus

Die Western Cape Ecumenical Network is tans met indieptegesprekke oor die moorde op die Kaapse Vlakte besig. Alle lidkerke en -organisasies word versoek om op So. 25 Augustus op spesiale wyse vir dié krisis in te tree. Die omvang van die uitdaging wil soms oorweldig, maar ons mag nie ophou glo, bid en werk vir 'n oplossing nie. Die SPG het onlangs 'n boekie bekendgestel -Vyf uitdagings wat ons toekoms gaan beïnvloed*. Die eerste hiervan is migrasie en behuising. Om feite uit Don Pinnock se artikel in die Daily Maverick te lees oor veral migrasie na Kaapstad, klik hier. *Kopieë van die boekie kan by die SPG-kantoor verkry word - kontak Danelle.
Logo
7. Jeug en Familiebediening 
7.1 VBO-kursus in skolebediening
FutureNow bied in September 'n kursus by Communitas aan oor doeltreffende missionale tienerbediening in die gemeente- en skoolkonteks. Hierdie tweedagkursus sal jou in staat stel om 'n John C. Maxwell leierskapsprogram vir tieners te fasiliteer. Vaardighede om kwaliteit mentorskap toe te pas word ook behandel.
Deel 1: Skoolbediening (10-11 September) Koste R250
Deel 2: Verantwoordelike bediening in die skoolkonteks (12 September) Koste R100
Registrasies vir deel 1 en deel 2 word direk op FutureNow se webwerf gedoen.
Kontak jeug@sun.ac.za vir meer inligting - laai die program hier af.

7.2 Taizé Kaapstad is om die draai!
Taizé se Pilgrimage of Trust vind van 25 - 29 September in Kaapstad plaas. Die program sluit meertalige aanbidding, gebed en werkswinkels in. Registrasies kan nog tot 17 Augustus gedoen word. Kapenaars kan hier meer uitvind oor registrasie. Dit is ook moontlik om slegs die Saterdag of die gebedsgeleenthede saans by te woon. Klik hier vir inligting vir dagbesoekers
Taizé
8. Handelinge van die sinode
Getuienisse wat na die sinodesitting in Mei ontvang is, het dit duidelik laat blyk dat die hele sinode diep bewus gemaak is van God se teenwoordigheid. Moeite is gedoen om tafelgesprekke, terugvoering vanaf die vloer en kommunikasie via WhatsApp deurgaans aan te moedig.
Hierdie Handelinge is ’n hulpmiddel vir gemeentes om die roeping: "Volg Jesus met waagmoed" voort te sit. Dit is ook duidelik uit die besluite wat geneem is, dat die kerk in beweging saam met Jesus wil raak. Die waagmoed is egter iets wat slegs in vertroue kan geskied. Mag ons leer om meer te los, en die Vanger meer te vertrou. Die Handelinge bevat die notule van die vyf dae se sitting asook ook die besluiteregister, mosies en amendemente en kan hier elektronies afgelaai word. Afgevaardigdes kan ook 'n gedrukte kopie per e-pos aanvra by skriba@kaapkerk.co.za voor 31 Augustus.
Retreat
Klik bo vir meer inligting - alle inskrywings geskied aanlyn.  
PREDIKANTENUUS
Du Toits
Fraserburg verwelkom Suléne du Toit
Suléne du Toit bedien vanaf 1 Augustus by die NG Gemeente Fraserburg. Sy word op Saterdag 17 Augustus om 16:00 bevestig deur Lambert Jacobs van NG Stellenbosch-Noord en lewer haar intreepreek op Sondag 18 Augustus om 09:30. Suléne het op Bloemfontein studeer, haar gemeentejaar in 2018 by NG Harrismith gedoen en is getroud met Rikus. Sy skryf dat hulle "dankbaar-opgewonde" is om te sien hoe God hulle gaan gebruik in die Fraserburg gemeenskap. Seënwense aan julle!
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Prof. Du Preez
1. Innige simpatie
Prof. Jannie du Preez  (16.08.1927 - 08.08.2019) 
Ons innige simpatie aan die naasbestaandes van emeritus professor Jannie du Preez wat op Donderdag 8 Augustus oorlede is. Prof. Du Preez was o.m. hoof van die Evangelisteskool in Decoligny en van 1975 tot 1992 professor in Missiologie by Fakulteit Teologie, US. Sy vrou, Tinka, is in 2018 oorlede. Prof. Du Preez sou op 16 Augustus 92 geword het.
Coenie
2. Oudmoderator bekroon
Coenie Burger, oudmoderator van die Sinode van Wes-Kaapland (1999-2003) en die Algemene Sinode (2000-2007) en PSD: VBO en Navorsing by Communitas tot met sy aftrede in 2015, het op 14 Augustus die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Totius-prys vir Grondtale van die Bybel ontvang. Dit is aan hom toegeken vir voortreflike navorsing. Die toekenning is gemaak tydens 'n funksie van die Akademie by die WAT-sentrum in Stellenbosch. Die huldigingswoord is deur Frederick Marais gelewer. Hartlik geluk!

3. Retrotopia-Utopia-Paradise
A colloquium with Professor Theo de Witt
The global political landscape has recently seen a rise in utopic visions directed towards the past rather than the future. Donald Trump’s slogan "Make America Great Again" is a good example of this conservative trend that is also gaining support in Europe where many long to return to a more homogenous society (which no longer exists, and perhaps, never has).
Prof. De Witt will reflect on "The return of nationalism and patriotism in Europe – why are these forces making such a return? Can we distinguish between them? And what does it have to do with nostalgia?". Other speakers include Vasti Roodt, Judy-Ann Cilliers and Helgard Pretorius. The event will take place on Thursday 22 August from 10:00 - 15:00 (with a lunch break, please bring your own or support our cafeteria) in Boardroom 2004, Faculty of Theology. RSVP before 20 August: maritasnyman@sun.ac.za
Speakers
Logo
4. SACC meets with President Ramaphosa and commits to visible initiatives that restore hope
On 8 August 2019 a delegation of the South African Council of Churches (SACC) ­– led by its President, Bishop Ziphozihle Siwa and the General Secretary, Bishop Malusi Mpumlwana ­– held a meeting with President Cyril Ramaphosa, and his delegation. Read the media release, as issued by the office of the SACC General Secretary, here.

NGV
5. Verstaan die NGV beter
Wetgewing rakende die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering word eersdaags in die parlement ter tafel gelê. Kenny Raats, die sinode se menslike hulpbronbestuurder, stel verklarings van die volgende twee diensverskaffers beskikbaar om lesers toe te lig oor die onderwerp:
Discovery
Alexander Forbes
Book launch
Book launch 19 August - click above for the programme
NUUSBRIEWE
Nuusbrief
Klik bo om Simcha Bediening se nuusbrief te lees
PUBLIKASIES
Voorblad
1. Lees in die nuutste Kerkbode
Hoe 15 vroulike dominees oor hulle roeping en bediening praat.
Bekende skrywer Dana Snyman se eerste aflewering van sy rubriek "Dana besoek" pryk op die agterblad. In dié uitgawe het hy by die 96-jarige Marie Annandale in Stellenbosch gaan kuier om uit te vra oor haar ma wat die skrywer van bekende Halleluja-liedjies was.
Op die middelblaaie, in die gereelde "Nuwe Stemme"-rubriek, skryf Angelique Havenga oor Leandró Hopley. 
Stuur gerus stories of wenke uit julle gemeentes en streek na Conette via e-pos en hou die webwerf  dop vir vars nuus deur die week.
Die Vrouemaand-uitgawe van Kerkbode verskyn op 16 Augustus.

2. Nuwe CLF-pamflette oor demensie en meer
By CLF word deurentyd pamflette oor relevante kwessies deur kenners op elke gebied ontwikkel. Die jongste toevoegings en hersienings is nou by CLF beskikbaar en kan bestel word by 021 873 6964 of order@clf.co.za. Klik hier om meer te lees van die pamflette onder.
Pamflette
EKOLOGIE
Kos
1. Hoe genadig en dankbaar eet jy?
David Botha van Projekspan Ekologie stel die volgende vraag: "Het jy al ooit gedink oor waar die vleis vandaan kom wat op jou bord lê? Het jy al ooit gewonder hoe die dier behandel is wat jy eet? Ons behoort as Christene hieroor ernstig na te dink." Lees hier verder. (Van die video's waarna in die artikel verwys word, kan kykers ontstel.) 
Pad
2. Kan plastiek slaggate herstel?
Die konstruksie van Suid-Afrika se eerste "plastiekpad" kan die einde van slaggate beteken, werksgeleenthede skep en bydra tot die oorlewing van ons planeet. Vroeër vanjaar het Horatio Hendricks, die Kouga munisipaliteit se uitvoerende burge-meester, gesê dat die plaaslike owerhede gaan saamwerk met 'n Skotse maatskappy en Suid-Afrikaanse kundiges op die gebied van siviele ingenieurswese om die eerste plastiekpad in SA te bou. Lees hier meer. Met dank oorgeneem uit VRYPOS.

BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Klik bo om meer te lees van elke kuiergeleentheid!
VAKATURES
Kerkbode
Kerk
1. NG Laaiplek: Voltydse leraarspos
Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk, verkieslik tussen die ouderdom 35 en 50 jaar, word genooi om aansoek te doen vir die voltydse leraarspos by NG Laaiplek. Die gemeente bedien Laaiplek, Port Owen, Dwarskersbos en omliggende plase se lidmate asook die breër gemeenskap. Daar is tans 940 lidmate. Goeie samewerking met NG Velddrif en VGK St Helenabaai (Noordhoek) is 'n prioriteit. Lees hier verder - doen aansoek teen 30 Aug.
Logo
2. SA Kinderhuis: Senior kinderversorger
Die oudste kinderhuis in Suid-Afrika, wat al vir 205 jaar deur die Groote Kerk en die Evangeliese Lutherse Kerk gesamentlik bestuur word, is op soek na 'n senior kinderversorger. Hierdie pos bied aan die geskikte persoon die geleentheid om 'n groot verskil in 45 kinders se lewens te maak. Die salaris is ongeveer R7 500 per maand, en dit sluit o.a. verblyf in 'n woonstel op die terrein in die Tuine asook etes in. Kontak Riaan de Villiers vir die posomskrywing.

Logo
3. Sisonke Dienssentrum: Koördineerder/
administratiewe beampte (6/8-pos)

Die beheerraad van Sisonke Dienssentrum in Ceres wag aansoeke in van entoesiastiese persone wat Badisa se waardes onderskryf. Hier is meer inligting oor die verantwoordelikhede van die pos. Aansoeke sluit 30 Augustus.
TEN LAASTE
Die Nederlandse teoloog Antonie van Ruler het barmhartigheid verduidelik as drie uitkringende sirkels van mildheid (ruim-hartigheid), ontferming en vergewing. Mag ons in hierdie week versekering vind in die boodskap van Paulus aan die Efesiërs:  "Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief."
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.