Lees deur internet, klik hier >>
15 Maart 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Aanhaling
SINODENUUS
Teks
1. Sinode 2019 TEMA
Gielie Loubser van Gemeentebegeleiding vertel meer oor die ontwikkeling van die sinodale tema Volg Jesus met Waagmoed. "Die sinodale beplanningskommissie is baie bewus daarvan dat ’n tema as manipulerend beleef kan word.  Tog is dit ’n noodsaaklikheid wanneer iets so omvangryk soos ’n sinode beplan word. Daarom het ons fyn geluister en voortdurend mense se insette gevra. Een Vrydagoggend met ’n sinodale koördineringsvergadering ontvang ons die vreemde teks van Matt. 8: 18-22. Jesus is aan die woord en sê dat 'voëls neste en jakkalse gate het, maar die Seun van die mens het nie eers ’n rusplek vir sy kop nie'. En verder dat die 'dooies hulle eie dooies moet begrawe'. Ons is gekonfronteer met die eise van volgelingskap en het besef dat dit waagmoed vra. Die tema is daarna deur verskeie prosesse van bevestiging weer en weer aan ons gegee, sodat ons met vrymoedigheid kan sê dat ons weet die Here het ons gelei. Mag ons begin nadink oor wat waagmoed beteken, nie net vir die groter kerk nie, maar ook vir julle gemeente en vir jou. Bid asseblief dat daar ’n gees van afwagting en verwagting by afgevaardigdes sal ontstaan."
Skrif-retraite
3. Selfdegeslagverhoudings: 
3.1 Pastorale brief aan gemeentes
In reaksie op die hooggeregshof se uitspraak (sien 3.2) rig die moderatuur die volgende pastorale brief aan gemeentes. Onder is 'n uittreksel uit die brief -  klik hier om die volledige brief op e-Kerkbode se webwerf te lees.
Aanhaling
 3.2 Hofuitspraak
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het op Vrydag 8 Maart die NG Kerk se 2016-sinodebesluit oor selfdegeslagverhoudings ter syde gestel.  Lees die volledige hofuitspraak hier.
 4. Getuienisaksie: MFESANE – Christenskap in Aksie
"Mfesane" is die Xhosa-woord vir medelye. Die hoof-uitvoerende beampte, mev. Nomvuyo Baba, verduidelik hoe Mfesane plaaslike gemeenskappe help ontwikkel wat positief, gesond en sterk is deur individue en gesinne te ondersteun om beter lewens vir hulself te bou. Sy vertel meer op die video onder.
Numvuyo Baba
5. Skribakursus by Argief
Collette de Wet (op die foto regs onder) het die afgelope week die eerste skribakursus by die Argief in Stellenbosch aangebied. Die kursus gee 'n oorsig oor die geskiedenis en werksaamhede van die Kerkargief en bespreek die proses van rekordbestuur. Kerkkantoor-personeel wat met kerklike dokumente werk asook predikante wat as ringskribas optree, het die interaktiewe kursus bygewoon. Rig navrae in verband met kursusse aan Collette by collette@kaapkerk.co.za.

Kursusgangers Collette
Verkiesing
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
WCEN reik verklaring uit oor komende verkiesing
Tydens die afgelope vergadering van die Western Cape Ecumenical Network (WCEN) is 'n verklaring aanvaar wat 'n duidelike morele standpunt oor die komende verkiesing formuleer. Dit roep politieke partye op tot verantwoordbaarheid, bepleit 'n sekere kultuur waarbinne die verkiesing vry en regverdig sal wees en rig ook 'n bepaalde versoek aan die OVK. Die verklaring wil individuele gemeentes en kerke help om hul profetiese stem in hierdie dae duidelik te formuleer. Lees die volle verklaring hier
Video
For online registration for #imagine 2019, click here.
Algemene Sinode webwerf
Besoek gerus die nuwe webwerf van die Algemene Sinode - klik bo.
Vakansie
 9. Gemeentes, onthou:
skoolvakansie = geen VrydagNuus
Hierdie uitgawe van VrydagNuus is die laaste van die eerste kwartaal. Die skole sluit op Vrydag 15 Maart en oudergewoonte verskyn daar geen nuusbrief in die skoolvakansie nie. Die eerste uitgawe van die tweede kwartaal is dié van 5 April. Ons help wel deur Facebook, Twitter en die webwerf.
GEMEENTENUUS
NG Laingsburg:  Gemeentekuier en droogtehulpdanksegging
Mias Nortier laat weet uit Laingsburg dat daar tydens vanjaar se gemeentekuier op 9 Maart heerlik saamgekuier is met die plaaslike Landbouvereniging. Die doel van die aand was om soveel as moontlik van die persone wat die gemeenskap ondersteun tydens die droogte (o.m. voerskenkers) te bedank vir hulle barmhartigheid. Dankie aan elkeen wat hierdie aand 'n onvergeetlike en genotvolle geleentheid gemaak het. Onder is 'n paar foto's wat tydens die kuier geneem is. 
Collage
PREDIKANTENUUS
Dewald en Melissa
1. Dewald Hoffman groet Richmond
Aan die einde van Maart kom Dewald se internskap by die NG Gemeente Richmond tot 'n einde en verhuis hy na Gordonsbaai. Melissa Ellis, Dewald se verloofde, bedien onder die sinode se internskapprogram by die gemeente daar. Hulle trou op 6 April. Dewald skryf soos volg: "In die onmiddellike toekoms beoog ek om vir die sinode navorsing te doen t.o.v. ekologie (waarna ek baie uitsien!), met die langtermyn visie van 'n moontlike beroep in die omgewing. Van Richmond gaan ek die mense die meeste mis, maar ook die donderweer en die gevoel van verligting as die hemele oopmaak na die droogte. Ek is dankbaar vir genade en alles wat ek afgelope twee jaar kon leer". Voorspoed aan julle en wense vir 'n pragtige troudag!
2. NG Bredasdorp groet Stan en Petro Voges na 35 j.
"Ek is baie hartseer, maar ook diep dankbaar, en vol smiles oor 35 jaar se saamleef met 'n wonderlike gemeente, kollegas en gemeenskap. Ek kan myself nog nie indink hoe ek daarsonder gaan wees nie, maar is tog opgewonde oor die pad vorentoe. Ons is nog vol passie en energie, en het nou meer om te gee en bedien as ooit, en wag in spanning op die Here se nuwe koninkryksbedieningsarea." So skryf Stan Voges, wat aan die einde van Februarie afgetree het by die NG Gemeente Bredasdorp. Stan lewer sy afskeidspreek op Sondag 17 Maart om 09:30, wanneer die Akte van Emeritaat deur Kobus Pretorius van NG Riviersonderend aan hom oorhandig gaan word. Stan en Petro gaan in Bredasdorp aanbly - lees hier hoe die gemeente hulle groet. Op die foto onder is Stan en Petro en hul sewe kleinkinders. Seënwense aan julle! 
Voges clan
Vosloos
3. Marcel en Riana Vosloo neem afskeid van NG Die Strand
Op 31 Maart om 09:00 lewer Marcel Vosloo sy afskeidspreek by Die Strand gemeente.  Sy amptelike aftreedatum was 31 Desember 2018, maar hy bedien nog tot aan die einde van Maart hier. Sy vorige gemeentes was Steynsburg en Klawer.
"Vir my was die fokuspunt van gemeente-wees Jesus se woorde dat die wêreld sal weet dat ons sy dissipels is, as ons mekaar liefhet. Wat deur die jare baie daartoe gehelp het, was ons jaarlikse gemeentekamp. Wanneer die kampgangers teruggekom het in die gemeente, was daar altyd soveel onderlinge omgee en entoesiasme, dat die wêreld met hulle versit kon word," skryf Marcel.
Baie seën aan Marcel en Riana, wat voorlopig in die Strand gaan aanbly.

GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke
ALGEMEEN
Superpower
1. Internasionale Maatskaplike Werkdag 19 Maart
Vanjaar se tema beklemtoon die belangrikheid van menslike verhoudinge. Dit fokus op die sosiale verhouding tussen mense, hulle omgewing en hulle toekoms. Maatskaplike werkers regoor die wêreld verenig om die beroep se suksesse te vier en hulle boodskap na hulle onderskeie gemeenskappe, regerings en werksplekke te neem. Esmé Brink skryf namens Badisa oor die konteks van maatskaplike werk in Suid-Afrika en hoe dit deel van die land se erfenis uitmaak.
Conference
Menseregtedag
3.1 Menseregtedag 21 Maart
Menseregtedag in Suid-Afrika herdenk die geskiedkundige gebeure van Sharpeville in Maart 1960, maar dien ook vir ons as ’n herinnering aan die basiese reg tot menswaardigheid, vryheid, geregtigheid en vrede.  
"What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead." Nelson Mandela
Menswaardigheid is een van die sinode se 16 fokusareas.
Mathews Posa
3.2 Allan A Boesak: vierde jaarlikse openbare lesing
Die VGK Bellville vier Menseregtedag met die aanbieding van die vierde Allan Boesak openbare lesing op 21 Maart om 10:00.  Die spreker is dr. Mathews Posa, voormalige premier van Mpumalanga.
Belangstellendes kan Marion skakel by 021 951 2005 of 'n e-pos stuur na centre@ablcl.co.za. Klik hier vir die uitnodiging.
Public lecture
Contact Helette van der Westhuizen at hvdwest@sun.ac.za or 021 808 9560
NUUSBRIEWE
Dominees
Why Duvenhage saam met Zukile Bloro en sy gesin
1. Nuus uit VGK Kokstad
In 'n nuusbrief van 11 Maart skryf Christo en Delesté Wooding vanuit Kokstad onder meer daaroor dat Christo vir die eerste keer in baie jare nie meer die enigste leraar in hul ring is nie, maar dat daar drie nuwe dominees bygekom het. "Skielik is daar weer nuwe lewe en hoop in ons ring. En gee dit ook aan onsself opnuut moed en krag vir die laaste paar jaar van ons bediening in Transkei," skryf Christo. Hy berig ook oor Why Duvenhage van NG Stellenberg se besoek aan Lusikisiki en Bambisana en hul ontmoeting met die nuwe leraar, Zukile Bloro. Lees die nuusbrief hier. 

MES Newsletter
EKOLOGIE
1. Lydenstyd en ekologie
"Die genesing van die skade wat ons as mense die aarde aangedoen het, begin in ons harte. En die sterwensproses op pad kruis toe, is die enigste pad waarlangs ons harte gehoorsaamheid kan leer." So skryf David Botha van Projekspan Ekologie. Lees meer hier, asook Dennis Ference se aanhaling hieronder.

Ekologie
2. Earth Hour - 30 March
Join Earth Hour on Saturday 30 March and switch off for 60 minutes at 20:30 in solidarity with global efforts to secure nature and our planet. This year, the South African campaign focuses on food, energy, water and waste - challenging individuals, communities, schools, businesses and municipalities to take the lead on climate action. Join WWF South Africa as we encourage all people to help us by becoming motivators and climate champions for the Earth. It’s time to #Connect2Earth.
Kinders betoog
3. Skoolkinders staak vir groener toekoms
Duisende skoolkinders van nagenoeg 100 lande staak Vr. 15 Maart vir 'n groener toekoms. In Kaapstad sal die optog van 11:30 – 15:30 by die parlement plaas-vind. Hiernder is die eise wat die kinders aan politieke partye in SA wil stel:
1. Klimaataksies moet ’n prioriteit van die 2019 verkiesing wees
2. Plaas ’n moratorium op nuwe lisensies vir die ontginning van fossielbrandstowwe
3. 100% herwinbare energie teen 2030
4. Bevorder opvoeding oor klimaatsaanpassing by skole.
5. ’n Nuwe Green Deal vir Suid-Afrika. Lees hier meer oor die Church of England se ondersteuning vir die staking. Met dank ontvang van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
4. Nasionale Waterweek 17 tot 23 Maart
Die Departemente van Waterwese en Omgewingsake herinner alle Suid-Afrikaners dat water een van ons skaarste en kosbaarste natuurlike hulpbronne is. 
Volgens statistieke is Suid-Afrika die 30ste droogste land ter wêreld. Stad Kaapstad het steeds Vlak 3 waterbeperkings in plek wat huishoudelike gebruik beperk tot 105 liter per persoon per dag. 

BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode
Logo
1. NG Kerk Kaapstad (Groote Kerk): Vaste termynpos
Die NG Kerk Kaapstad is op soek na 'n gelegitimeerde persoon wat op 'n vaste termynkontrak vir een jaar die leraar en kerkraad kan ondersteun in 'n proses van onderskeiding. Hierdie is 'n middestadgemeente in die hart van Kaapstad se sentrale besigheidsarea, wat unieke bedieningsgeleenthede en uitdagings aan die gemeente bied.  Doen aansoek teen 22 Maart en lees hier meer oor die pos.

Logo
2. Kliniese pastorale berader
HospiVisie wag aansoeke in van kandidate om 'n vakante pastorale posisie te vul by Tygerberg Hospitaal. 'n Maatskaplike of pastorale agtergrond word aanbeveel. Aan-soeke sluit 31 Maart - klik hier vir meer.

Logo
3. Jan Kriel Instituut: Faktotum - jaarkontrak
Die posbekleër neem verantwoordelikheid vir voorkomende instand-houding van Jan Kriel Instituut se bates. Vereiste kwalifikasies sluit in 
matriek plus relevante kwalifikasie en ervaring van die instandhouding van geboue, asook 'n funksionele kennis van elektrisiteit, water en riolering. Doen aansoek teen 27 Maart - hier is meer inligting.

Logo
4. MES Cape Town: Branch Manager
The suitable candidate for this position will be responsible for the implementation of the strategic goals and objectives of the organisation in Cape Town, give direction and leadership toward the achievement of the organisation’s philosophy, nurture healthy relationships with hosting communities and other stakeholders and lead, nurture and develop the branch staff. Apply by 20 March at 10:00 - read more here.

5. Hoof-uitvoerende beampte, Steinthal
Steinthal Landgoed,  ’n artikel 21 nie-winsgewende organisasie van die VGK in SA: Kaapland Streeksinode, beskik oor ’n vakature vir ’n hoof-uitvoerende beampte. Geordende predi-kante/proponente van die VGK in SA kan aansoek doen. Die geskikte kandidaat moet onder meer beskik oor goeie administratiewe en bestuursvaardighede, goeie kommunikasie- en skryfvaardighede in beide Afrikaans en Engels en moet die vermoë hê om in spanverband te werk. Klik hier om meer te lees van die pos. Aansoeke sluit 12 April 2019.

TEN LAASTE
Die Amerikaanse sangeres Laura Daigle het ’n top treffer op die Christelike musiek-ranglys met die liedjie You say behaal. Die lirieke herinner ons weereens aan die onfeilbare liefde van God.
Ons wens al ons lesers ’n heerlike vakansie toe.  As julle op die pad gaan, ry asseblief versigtig en kom veilig huis toe.

VrydagNuus-groete tot van 5 April
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.