Lees deur internet, klik hier >>
22 November 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Teologiegebou
1. Gesamentlike legitimasie:
20 November 2019

Ons vier graag saam met die kandidate wat hulle teologiese studies aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch suksesvol voltooi het, hierdie wonderlike mylpaal. Woensdagaand het een van die hoogtepunte in ons kerkjaarkalender in Stellenbosch se Moederkerk plaasgevind toe sewe NG Kerk en sewe VGK-kandidate gelegitimeer is. Daar is groot waardering uitgespreek vir die onontbeerlike rol wat ouers, familie, gemeentes en veral die Fakulteit Teologie gespeel het in die geestelike vorming van elkeen van die kandidate. Die begeerte na kerkeenheid het telkemale ter sprake gekom en daar is 'n beroep op die nuwe generasie predikante gedoen om die kerk hiermee te help. Daar is ook daarop gewys dat die rol van predikante in gemeenskappe al hoe belangriker moet word t.o.v. transformasie en versoening. Lees hier meer. Ons wens ons nuwe proponente 'n geseënde toekoms toe!  
VG studente
Die VGK se proponente is v.l.n.r.: Kevin Alberts, Molatsi Maeka, Wilden Hector, Vivian Jansen, Wiseman Calvary, Zolani None en Cornelius Spanneberg.
NG studente
Die NG Kerk se proponente is v.l.n.r.: Agter: Wimke Jurgens,
Jako Visser, Jacques Strydom en Johan Botes.
Voor: Marizanne Pfeil, Charyn Myburgh en Mardi Badenhorst
Logo
 2. Droogte: Nog vyf gemeentes -
wie kan help?
"Sal dit nie wonderlik wees as ons voor Kersfees nog R500 000 in die droogte-hulpfonds kan in nie! Van die 30 gemeentes wat einde September geïdentifiseer is, is daar nog net vyf gemeentes vir wie ons nié R100 000 kon gee nie! Die onderlinge skakeling tussen gemeentes is net so 'n dinamiese proses en daar is soveel mooi stories. Uitreike en ondersteuning geskied immers nie nét deur die sinodaal gekoör-dineerde prosesse nie; daar is talle privaat inisiatiewe ook. Kom ons bly bid vir reën! Ons hulp is van dié Here wat hemel en aarde geskape het en nooit die werke van Sy hande laat vaar nie (vgl. Psalm 121)". So skryf Nioma Venter van Diaconia oor die inisiatief om aan 30 gemeentes, wat deur die voortslepende droogte geraak word, elk R100 000 te bewillig.
Enige gemeentes/individue wat nog 'n bydrae wil maak, kan hier klik of hier navraag doen.
Logo
 3. Sentrum vir Publieke Getuienis
Gesprek oor regulering van geloof

Teen hierdie tyd is ons almal bewus van sekere onaanvaarbare praktyke wat die afgelope tyd in kerke plaasgevind het. So ook pogings van die CRL (Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities) om in die lig hiervan kerke te reguleer. Hierteen het FORSA (Freedom of Religion South Africa) en die SACC (South African Council of Churches) sterk kapsie gemaak. Hierdie komplekse saak is  by die onlangse vergadering van die WCEN (Western Cape Ecumenical Network) bespreek.
In die lig hiervan het die Sentrum vir Publieke Getuienis verteenwoordigers van WCEN, FORSA, CRL en die Westelike Provinsie Raad van Kerke genooi om die saak in 'n veilige ruimte te bespreek. Een van die belangrikste uitkomste was dat daar 'n baie groot taak op die skouers van die kerk rus om homself beter te reguleer en spesifieke wanpraktyke aan te spreek. Daarsonder is ingrype van die staat se kant 'n groot moontlikheid. Die praktyke is tans 'n klad op die naam van die evangelie. Kontak die SPG-kantoor hier. Kyk hieronder na 'n kort videogesprek wat met Pieter Grove (lid van die WCEN en WPRK) na afloop van die vergadering gevoer is. 
Video met Pieter Grove
4. NetACT fasiliteer skrywersretraite
NetACT (Network for African Congregational Theology) en die kura-torium van die NG Kerk, Universiteit Stellenbosch, het onlangs 'n skrywersretraite by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit  by Wellington aangebied. Die doel daarvan was om nagraadse studente vanoor die hele Afrika te fasiliteer oor hoe om goeie empiriese navorsing te doen en sodoende teologie van gehalte te publiseer. Nico Mostert, een van NetACT se programkoördineerders, vertel in die video meer.
5. Gemeentebegeleiding se gewilde Brugkursus
Van Gemeentebegeleiding ontvang ons nuus oor die afgelope Brugkursus (foto onder). Daar is vanjaar twee Brugkursusse op Stellenbosch aangebied en die tweede kursus het 'n rekordgetal inskrywings gehad - 14! Die aanbieders was Gielie Loubser en Bossie Muller. 2020 se Brugkursusse word op die volgende datums aangebied. Om in te skryf, stuur jou naam en kontakbesonderhede aan Mathilda by mdup@sun.ac.za.  
Agter v.l.n.r. : Derrick Cloete, Nicol Smit, Brian Coraizin, Stephen Pedro,
Enslin van Velden, Christopher Maarman, Gielie Loubser, Bossie Muller,
Kobus Pretorius, Stan Voges, Roy Thorn en Gert Kock 
Voor: Hannes Theron, Strydom Bruwer, Petro Voges en Dawid Elias
EKOLOGIE
Geskenke
1. Kom ons vier ‘n groener Kersfees!
Kerstyd vier ons God se groot gawe van nuwe lewe in Christus. Dit maak ons oë oop vir die aarde en alle lewe daarop as kosbare gawe en skepping van God. Ons kan nie toekyk hoe dit vernietig word nie. Sonder die aarde, vars lug, die diere en plante is daar nie lewe vir ons oor nie. Lees hier verder en kry oulike idees vir ekovriendelike geskenke. Stuur gerus enige voorstelle om Kersfees vanjaar meer omgewingsvriendelik te maak. Ons deel dit graag in die laaste VrydagNuus van 2019. Met dank ontvang van Projekspan Ekologie
Hoop
2. Waar sal ons hoop vandaan kry?
"Dit is omdat ek glo dat die geskiedenis van die 'veelal' in die hande van God is dat ek bly hoop - selfs al is ons volgens wetenskaplikes in die sesde massa-uitsterwing van spesies in die geskiedenis van die aarde. Dit is nie 'n hoop wat my passief laat uitsien en wag op wat God sonder my gaan doen nie. Dit is 'n hoop wat my aktief inskakel en deel maak van die uitvoering van God se plan van vrede." So skryf David Botha namens Projekspan Ekologie. Lees meer hier.
VAKATURES
Logo
1. PSD: Gemeentebegeleiding
Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir 'n Predikant in Sinodale Diens (PSD) in die Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (Communitas) bekend en nooi alle belang-stellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Lees hier meer en doen aansoek nie later nie as 2 Desember.
Logo
2. NG Brackenfell-Wes: 
Administratiewe beampte/gemeentebestuurder
Met die aftrede van die huidige skriba in Februarie 2020 stel die kerkraad van NG Brackenfell-Wes hierdie vakature vir 'n 5/8-pos bekend. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Januarie. Onderhoude sal in die laaste week van Januarie gevoer word met die verwagting dat die suksesvolle kandidaat so spoedig moontlik sal diens aanvaar.
Logo
3.VGK in SA: Kraaifontein - Vakature vir 'n medeleraar
Die Kerkraad van die Verenigende Gereformeerde Kerk Kraaifontein maak in biddende afhanklikheid en in afwagting op God die voltydse vakature van 'n leraarspos bekend. Doen aansoek teen 16 Desember en lees hier meer oor die gemeentesamestelling en leraarsprofiel.
Logo
4.1 Chrismar Villas:
Assistent verpleegster
Chrismar Villas, ook bekend as Bellville Senior Sentrum, het 'n pos vir 'n assistent verpleegster in hul versorgingseenheid. Aansoeke moet per hand afgegee word teen 29 November by Jessiestraat 25, Chrismar, Bellville. Klik hier om meer te lees.
 

4.2 Badisa Weskus: Maatskaplike hulpwerker 
Badisa Weskus is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Lees hier meer oor hierdie pos se verantwoordelikhede en vereistes en doen aansoek teen 30 November.

4.3 Huis Andries Hamman: Geregistreerde verpleegkundige
Hierdie tehuis vir bejaardes op Worcester beskik oor 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegkundige. Aansoeke sluit 17 Januarie 2020  -  hier is meer inligting.
GEMEENTENUUS
1. Ysterplaat: #StrongerTogether!
"Sondag 17 November was 'n geskiedkundige dag in Ysterplaat. 'n Eenwordingsooreenkoms is geteken en Ysterplaat Moedergemeente en Ysterplaat-Suid is nou EEN gemeente en sal vanaf 1 Desember so funksioneer," skryf Scherlize Hayes. "Nou is hierdie liggaam selfs sterker omdat ons hande vat en saam loop en my gebed is dat hierdie nuwe een gemeente 'n refleksie hiervan sal wees vir die gemeenskap van Ysterplaat, wat dit so nodig het." Op die foto onder is die "next level" kerkraad (soos Scherlize hulle beskryf). Seënwense aan almal wat betrokke is by hierdie nuwe gemeente!
Next level kerkraad :-)
V.l.n.r.: Salomon Barnard, Marie van Rhyn, Ona van Niekerk, Hannes Steenkamp (leraar by Ysterplaat Moedergemeente), Chantell Petzer, Hannie Geldenhuys, Jurie Matthee, Johanna Jantjies, Maryke van Niekerk, Lionel Ashbury, Hendriko Ockhuys, Josephine Matthee en Chris Petzer.
Voor sit Scherlize Hayes, leraar by Ysterplaat-Suid.
Doop
2.1 Parowvallei-Oos gemeente:
Geskiedkundige doop 
Theo Swart vertel dat 10 November  2019 'n geskiedkundige dag vir hulle gemeente was. Hulle het hul eerste lidmaat uit Zimbabwe gedoop: Tinashe Hurumba. Na Tinashe gedoop is, het hy en sy vrou, Karen, albei belydenis van geloof afgelê. Na afloop daarvan, is klein Travis ook gedoop. Op die foto staan Theo met Travis op sy arm terwyl Tinashe en Karen toekyk.
2.2 Koffiebediening gaan van krag tot krag!
NG Parowvallei-Oos het op 15 November hulle 18de Care Coffee Corner aangebied en tussen 05:00 en 08:00 'n rekordgetal van 300 koppies koffie en beskuit aan verbygangers uitgedeel (nadat hulle begin het met sowat 85 koppies koffie). Die Christelike Lektuurfonds help met die uitdeel van literatuur in Afrikaans, Shona, Frans, Engels en Xhosa. Dit bly 'n spesiale uitdrukking van kerkwees - dankie aan Theo Swart en sy span! 
Koffieprojek
3. Welgemoed hou gesamentlike diens oor droogte
Teen die agtergrond van hartroerende verhale oor die nood in droogtegeteisterde dele van ons land het Welgemoed gemeente verlede week 'n gebedsgeleentheid tydens 'n aandnagmaal gereël en uitnodigings na ander gemeentes en kerke gerig om die diens by te woon en saam te bid. Volgens Renier Schoeman was dit inderdaad 'n unieke viering van ons eenheid in Christus oor gemeente- en kerklike grense heen. Dit was 'n geleentheid vir luister na die Woord, introspeksie, samesang, gesamentlike deelname aan die nagmaal en voorbidding. Lees meer oor die geleentheid en terugvoer van die gemeente hier.
Van links na regs: Nelis Janse van Rensburg, Louis Blignault (Calvyn Protestantse Kerk), Stephen Pedro (VGK), Pieter Langerman (Presbiteriaanse Kerk), Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuinis), Heerden van Niekerk, Daryl Mackriel (Calvyn Protestantse Kerk), Willem Lötter (Kenridge) en Wouter van Velden.
Groote Kerk Kersverse 5 Desember 2019 om 19:00
Groote Kerk Kersverse 5 Desember 19:00 - klik bo
Stanford orrelkonsert 22 Nov 19
Stanford orrelkonsert 22 November 18:30 - klik bo 
6. Verhurings gee gemeentekoffers ‘n hupstoot
Te midde van die droogte en ander uitdagings wat kleiner gemeentes in die gesig staar, is dit soms nodig om kreatiewe en nuwe planne te maak om die gemeente se fondse aan te vul. Twee gemeentes wat hul pastorie verhuur, is Stanford en Leeu-Gamka. Stanford se ruim vierslaapkamerpastorie is beskikbaar vir langtermynverhuring vanaf 1 Desember. Die huurinkomste sorg vir die vergoeding van 'n deeltydse predikant en ander gemeentebehoeftes. Kontak Louis Roodt (082 575 3130) of Ida Bester by die kerkkantoor by 028 341 0966 op 'n Dinsdag of Donderdag van 09:00 tot 12:00.
NG Leeu-Gamka het tans minder as 100 gemeentelede waarvan baie pensioenarisse is. Die woonstel langs die pastorie word verhuur as 'n selfsorg gaste-eenheid om addisionele inkomste vir die gemeente te genereer. Kontak Dirk van der Bank by 083 256 5368 vir besprekings.
Oudtshoorn-Park Kerssangdiens 24 Nov.
NG Oudtshoorn-Park: Kerssangdiens 
24 November 19:00
Brackenfell-Wes: Kerssangdiens 1 Desember 18:30
 NG Brackenfell-Wes: Kerssangdiens
1 Desember 18:30
NG Bellville-Wes: Kerssangdiens 1 Desember 2019
NG Bellville-Wes: Kerssangdiens
1 Desember 09:00 - klik bo
 
NG Welgemoed Kerssangdiens 24 Nov.
NG Welgemoed: Kerssangdiens
24 November 09:00 - klik bo
. Gemeentes deel Stories van Hoop
Ten spyte van die knellende droogte, politieke onstabiliteit, ongekende sosio-ekonomiese uitdagings en geweld en misdaad, hoor ons weekliks hoe ons kerk 'n lewegewende verskil in gemeenskappe maak. Dit is die inspirasie vir ons nuwe kolom Stories van Hoop en ons vra gemeentes om asseblief hulle getuienis met ons te deel. Ons eerste bydrae is van Suléne du Toit, wat drie maande gelede as leraar in Fraserburg bevestig is: "Hierdie afgelope ruk het ek geleer dat reën nie net waterdruppels beteken nie, maar dat dit ook seëninge kan reën." Sy vertel hoe die gemeenskap van Fraserburg gedra word deur uitreike, bydraes en onderskraging van gemeentes en besighede van regoor Suid-Afrika.  Lees meer hier.
PREDIKANTENUUS
Van Rensburgs
Agter staan Karla en Charloné en voor sit Stephan en CJ
1. Montagu gemeente groet die Van Rensburgs
Op 24 November om 09:00 neem die Montagu gemeente afskeid van Charl en Louise van Rensburg. Charl groet Montagu en word op 12 Januarie 2020 as leraar in die NG Gemeente Laaiplek bevestig. Oor die 13 jaar by Montagu skryf Charl: "Baie dankie aan elkeen wat ons help groei en ontwikkel het. Dit was en is 'n voorreg om Montagu deel van ons lewenstorie te kon maak. Ons sien uit na die nuwe fase van ons bediening en weet dat die mense van Laaiplek ons sal toelaat om ook deel van hulle lewe te word". Op die foto staan Charl (heel links) en Louise (heel regs) by hul kinders. Seënwense vorentoe!
2. Beskikbaar vir aflos: Jimmy de Villiers
Emeritusleraar Jimmy de Villiers is beskikbaar as aflospredikant of om preekbeurte waar te neem in die hele Wes-Kaap. Kontak hom vroegtydig by 028 271 3719 of 073 220 3641.
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
Definisie
1. Festschrift vir Johan Cilliers
As erkenning vir sy omvangryke akademiese bydraes oor die afgelope vier dekades, is daar van die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, en die Kuratorium van die NG Kerk op 19 November 'n Festschrift aan Johan Cilliers oorhandig. 28 oudstudente, plaaslike, nasionale en internasionale kollegas het aan die bundel meegewerk. Deur hul onderskeie bydraes is daar hulde gebring aan 'n vriend, dosent, kollega, skrywer, kunstenaar en fynbesnaarde mens. Lees hier verder. Op die foto onder is Johan Cilliers saam met 'n aantal van sy kollegas. Hartlik geluk!
Groep
V.l.n.r.: Xolile Simon, Reggie Nel (dekaan), Nadine Bowers-du Toit,
Johan Cilliers, Ian Nell, Nobuntu Penxa-Matholeni,
Danny Fourie (STJ), Henry Mbaya en Anita Cloete
Purity Malinga
2. Methodist Church appoints first female bishop
The Methodist Church of Southern Africa made history this week when Purity Malinga was ordained as its first female presiding bishop. She takes over the position from Bishop Zipho Siwa. During her induction, she said: "It is not about me, I am just a servant in God's hands". We would like to extend our best wishes to her and wish her success in the fulfilment of the Methodist Church's vision of a Christ-healed Africa for the healing of nations.
NUUSBRIEWE
VGK Kokstad nuusbrief
e-saaier
PUBLIKASIES
1. Bible Society launches English Bible for the Deaf
The Bible Society of South Africa is launching the first English Bible for the Deaf  this weekend at the St George's Cathedral. This easy-to-read Bible was translated for different groups of readers, but specifically for the Deaf who use Sign Language and struggle to understand the words of other Bible translations that were formulated for hearing people. This large-print Bible has more than 80 000 footnotes and 45 000 references to drawings that illustrate what objects looked like in Biblical times. Place online orders here or send an email.
2. Bybel-Media:
Materiaal vir Gr. 7 - 10
Die Real lewe-reeks sal jou neem op 'n reis na geloof wat eg is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se lewe beteken om 'n volgeling van Jesus te wees. Elke gespreksgids bestaan uit 29 ontmoetings wat aan jou geloof diepte sal gee, jou sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak en vanuit jou verhouding met die Here te leef. Die leiersgids bevat omvattende riglyne vir die aanbieders om die ontmoetings te lei. Alle elektroniese hulpmiddels en bykomende agtergrondinligting vir die aanbieders en jongmense is op die Real lewe-toepassing op Playstore beskikbaar. Klik hier om die volledige nuusbrief met publikasies van Bybel-Media te lees.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
TEN LAASTE
Dit is die 24ste en laaste week van Koninkrykstyd en soos die jaar aan 'n einde kom, kan ons saam met Lukas getuig:  "Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk."

Volgende week verskyn die laaste uitgawe van VrydagNuus vir 2019, so ons herinner kerkkantore daaraan om asseblief hulle 2020-kalendervoorblaaie te stuur aan media@kaapkerk.co.za.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.