Lees deur internet, klik hier >>
17 April 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Beraders dringend gesoek!
Die Departement van Gesondheid is dringend op soek na beraders, hetsy predikante of lidmate met ervaring, wat bereid sal wees om onder andere hospitaalberading en sterwensbegeleiding te doen. Klik hier vir die aansoekvorm en stuur die voltooide vorm aan labuschagne@westerncape.gov.za. Vir meer inligting, kontak diaconia@kaapkerk.co.za.
Blitsnavorsing onder predikante
Die Diensgroep Navorsing en Toerusting (Sinode van Wes-Kaapland) is besig met 'n projek in samewerking met predikante oor die hele land om die korona-krisis in perspektief te plaas. Relevante vrae en tendense word uitgelig en in konteks geplaas. Lees gerus meer oor die resultate van die tweede rondte van hulle blitsnavorsing hier.
Wat doen ons predikante?
Die afgelope maand was ook 'n skerp leerkurwe vir ons predikante. Nuwe maniere van kerkwees en bediening moes vinnig in plek gesit word en daaglikse uitdagings staar hulle in die gesig.  Banus Botha van Kraaifontein-gemeente vertel dat hy sedert die inperking elke dag 'n kort Whatsapp-boodskap aan sy gemeentelede stuur. Hy het egter besef dat baie van sy lidmate nie slimfone het nie en net SMSe kan lees. Hy het die boek van Tessalonisense in kort besinnings verwerk wat hy nou daagliks so versprei.
Vertel vir ons hoe jy jou bediening tydens grendeltyd hanteer en inspireer dalk jou kollegas!
Oor Maskers en Menswees
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis skryf dat dit lyk of daar 'n groeiende konsensus onder medici is oor die dra van gesigmaskers. "Jy beskerm daarmee nie noodwendig jouself nie, maar wel moontlik ander. Jy moet egter die masker reg gebruik en gereeld was. Daarby moet jy nie maskers dra wat moontlik deur gesondheidswerkers gebruik sou kon word nie. Daar word bespiegel oor die moontlikheid dat wanneer die inperking gedeeltelik opgehef word, maskers, soos in Tsjeggo-Slowakye, verpligtend sal wees."
Lees Braam se volledige skrywe hier. 
Free online course
In the video below, Nioma Venter introduces a free online course developed by the School for Social Innovation of Huguenot College in partnership with the VBO Forum and the Missional Diaconate taskteam.  The course entitled Networks for now: Social Innovation and Collaborative Leadership will be presented on Wednesday 22 April. 

"We might be in isolation, but this is not a time for us to work in isolation. Please extend this invitation to all your ecumenical networks and fraternals."

If you are interested in participating, please send an email to bleibbrandt@sun.ac.za.

EKOLOGIE
Aardedag: 22 April
Gemeentes word aangemoedig om die viering van hierdie dag onder die aandag van gemeentelede te bring.  Dit kan gedoen word op die twee Sondae weerskante van Aardedag: die Sondag daarvoor (19 April) en die Sondag daarna (26 April).
'n Hulpbronpakket met baie idees en inligting is hier beskikbaar. Pas dit gerus volgens julle behoeftes aan.

Skryf in vir plastiekkompetisie
Die afvalplastiekkompetisie, wat in Februarie deur Ligstad Bellville en CiviNovus geloods is, is nog in volle swang en Lyzette Schwella reken dat dit dalk nou die perfekte tyd is om jou afvalplastiek in 'n kunswerk te verander. Die drie kategorieë sluit 'n skoonmaakprojek, kunswerk of gebruiksartikel van afvalplastiek in. Inskrywings kan aanlyn gedoen word tot 29 Mei. Groot pryse is op die spel.
Meer inligting is op die webblad beskikbaar.
GEBEDSVERSOEK
GEMEENTENUUS
Vrugte by die vragtevol
Sitrusboere uit die Buffelsjagriviervallei het vandeesweek saamgespan om vragte sitrusvrugte aan omliggende gemeenskappe in Swellendam, Suurbraak, Barrydale en Buffelsjagrivier te skenk. Tonne naartjies en suurlemoene wat oorspronklik vir die uitvoermark bestem is, is deur die Swellendam Munisipaliteit by huishoudings regoor die streek afgelewer. Volgens die burgemeester Nicholas Myburgh is sitrusvrugte 'n uitstekende bron van Vitamiene C en kan dit inwoners se immuniteitstelsels 'n welkome hupstoot gee. Na verwagting sal ten minste 100 ton vrugte deur munisipale spanne uitgedeel word. Met dank aan die Swellengram - The Swellendam Guide.
PREDIKANTENUUS
Helderberg groet Louw-familie
Lizette Louw het reeds op 15 Maart haar afskeidspreek by Helderberg-gemeente gedoen met die oog op hulle verhuising na Skotland. Weens die inperking is hulle planne eers uitgestel.  Haar laaste preek se tema was "Laat die Wind jou waai waar Hy wil" uit Johannes 3:8. Nou skryf sy: Ons beleef dat daardie selfde Wind wat ons wou Skotland toe waai, ons eers vir 'n ruk wil dwarrel voor Hy ons wil waai. So, wat nou?  Ons rus - ons rus diep! En ons leef gelate in die oomblik. Ons word al hoe meer deel van die vloei van die hier en die nou; dit maak sin en het betekenis met waarde meer as goud!  En elke nou en dan hoor ons God fluister: "Ek weet wat ek doen." 
Lees hoe 'n doedelsakspeler 'n spesiale boodskap gebring het en die res van Lizette se brief hierOns wens vir Lizette, Dewald en Mila alle voorspoed toe met hulle toekomsplanne.
BEHOU DIE HUMOR
TEN LAASTE
Soos belowe, is VrydagNuus vandeesweek terug, alhoewel skole nogsteeds gesluit is. Deel gerus julle Stories van Hoop met ons. Vertel ons waarmee jou gemeente besig is, hoe julle die inperking hanteer en wat in julle gemeenskappe gebeur. Hou ook ons nuusflitse dop vir noodsaaklike inligting tydens grendeltyd.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.