Lees deur internet, klik hier >>
28 Februarie 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Wêreldbiddag vir Vroue – 6 Maart
Wêreldbiddag (World Day of Prayer) is ‘n globale ekumeniese beweging wat deur Christenvroue gelei word. Dit word jaarliks in meer as 170 lande gevier. Ons word genooi om deel te neem met gebed en aksie om vrede en geregtigheid te bewerkstellig. SA vier vanjaar 90 jaar se betrokkenheid by die biddag - lees Rinel Hugo van die nasionale komitee se brief hier. 2020 se tema Rise! Take your mat and walk en die kunswerk is deur Zimbabwe voorberei.  Kliek hier vir meer inligting oor die tema asook speletjies en aktiwiteite vir kinders. 
Op soek na simbole van versoening
Die Lutzville/Ebenhaeser-omgewing het ʼn hartseer geskiedenis en is vasgevang in ʼn onseker toekoms. Braam Hanekom en professor Daan Cloete (foto links onder) het die streek besoek en in die proses 'n eie reis na gister onderneem. Prof. Daan is daar op ʼn veepos gebore, maar sy familie was twee maal die slagoffers van gedwonge verskuiwings totdat die hele gemeenskap uitmekaar gespat het. Dit is ook waar die eertydse Ebenhaeser-sendingstasie was (oorkant die rivier waar oom Daan gewoon het) voordat dit rivier-af verskuif is. 
In sy eie woorde sê oom Daan dat hy “nie grond of geld soek nie, maar iets wat my familie en verlede en herinneringe sal verewig, iets wat heling sal bring en die verlede sal afsluit. Dit beteken nie dat ons die verlede vergeet nie, maar wel konstruktief kan vorentoe gaan.”

Diegene wat meer oor hierdie geskiedenis wil weet, kan gerus sy boek Vrede vloei soos ʼn rivier lees. Tans is die gemeenskap van Ebenhaeser vasgevang in groot onsekerheid en konflik – moet hulle geld of grond aanvaar? Sestien plase is onteien. Daar is ook nog grondeise op plase ingestel, wat groot onsekerheid by die landbougemeenskap skep en tot ʼn onafgehandelde hofsaak gelei het. Hier by die Sentrum vir Publieke Getuienis is ons oortuig dat simboliese momente/monumente van versoening opgerig moet word om gemeenskappe te help om met heling vorentoe te gaan. Bid asseblief dat ons in die maande wat voorlê ʼn weg sal vind.
Die kloktoring is al wat van die eerste sendingstasie se kerk oorgebly het. 
Prof. Daan en Pedro October van VGK Vredendal.
Bystand aan Suid-Soedan
Die NG Kerkfamilie is betrokke by uitreike in Suid-Soedan, in die konteks van ‘n breër interkerklike betrokkenheid uit Suid-Afrika. Die plaaslike kerke met wie in Suid-Soedan saamgewerk word, is o.a. die Africa Inland Church (AIC), vrug van die Africa Inland Mission se uitreikwerk sedert die begin van die 20ste eeu, en die Presbiteriaanse Kerk. Stuurgemeentes soos Suider-Strand, Albertinia, Mosselbaai Moedergemeente en Reebok is betrokke by hierdie uitreikinisiatiewe. Kobus van Zyl van Reebok gaan reeds die afgelope dekade jaarliks na Suid-Soedan. Hy is tans daar vir teologiese toerustingskursusse en om bystand te verleen met die ontwikkeling van die nodige infrastruktuur in afgeleë gebiede om daar mense te bedien. Hy het hierdie week in Juba met moderator Archangelo (regs) en algemene sekretaris Mongolo (links) van die Africa Inland Church in Suid-Soedan vergader. Na sy besoek aan Torit, Katire en Korabiat ontmoet hulle weer in Juba op 14 Maart voordat Kobus terugkeer na Suid-Afrika.
Geskiedkundige legitimasie
Volgende week vind 'n geskiedkundige geleentheid vir die NG Kerk plaas. Op Dinsdag 2 Maart om 18:30 word die eerste diensleraars ooit tydens 'n seremonie by die Stellenbosch Moedergemeente gelegitimeer. Twintig diensleraars en drie leraars sal tydens die geleentheid legitimasie ontvang.
Ons berig volgende week meer oor die geleentheid, maar stuur ons seënwense vir die verrigtinge.
#IMAGINE 2020
Wanneer? Waar? Hoeveel kos dit? Waar slaap ons?
Hoe kan ek deel raak van die #imagine beweging?
Kry jou antwoorde hier!
KIX kry nuwe webblad 
KIX Kinderbediening spog met ’n splinternuwe webblad waar hul materiaal gratis afgelaai kan word. Die hersiene materiaal word nou in kwartaaltemas verpak en kan ook in boekvorm bestel word.  Vorige jare se materiaal asook spesiale lesse soos Paasfees, Moedersdag en Lentedag is ook beskikbaar.  Gaan kyk gerus by www.kixkinders.co.za en kontak die jeugkantoor by 021 808 9050 vir navrae of bestellings.
Laat die balle rol vir Little Seeds
Little Seeds is ‘n gesamentlike inisiatief van Diaconia en Badisa. Hulle het verlede jaar ‘n balleprojek geloods om vroeëkindontwikkeling te ondersteun en is oorweldig deur almal se ongelooflike entoesiasme  en bereidwilligheid om te help brei.
Volgens Nicola Vermeulen het die terugvoer al hulle verwagting oortref. “Ons wil vir elkeen wat betrokke was met die brei van die balle, opstop, toewerk en aflewer hartlik bedank. Julle liefdevolle handewerk dra daagliks by tot die ontwikkeling van ons land se kinders. Die projek duur voort en julle volgehoue bydrae sal baie waardeer word."  
KIX na Kenia reuse sukses
KIX Kinderbediening het in 2019 die projekles KIX na Kenia aangepak om die Reformed Church in East Africa (RCEA) te ondersteun. Die KIX-groepe het regdeur 2019 hard gewerk om die pragtige bedrag van R45 171 in te samel!
KIX sê ’n baie groot DANKIE aan al die groepe!
EKOLOGIE
Moenie klimaatkrisis ontken nie
"Ons moet elke dag oor die klimaatkrisis en die toekoms van ons planeet dink. Tog is daar ondanks oorweldigende bewyse steeds mense wat die gevaar ontken." So skryf Netwerk24 se Elsabé Brits die week.  Sy haal kommerwekkende statistieke uit onlangse studies wat in die vakjoernaal Advances in Atmospheric Sciences gepubliseer is.  Daar word onder andere gekyk na aardverwarming en oseaantemperature wat beduidenswaardige stygings getoon het, sowel as die bedreiging van ysbere se habitat.
VAKATURES
Geregistreerde verpleegster: Sutherland
Die Johenco tehuis in Sutherland het tans 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegster. Die tehuis sien daagliks om na die behoeftes van 50 bejaardes.  Klik hier vir posvereistes.  Die sluitingsdatum vir aansoeke is 4 Maart.
Musiekleier: Stellenbosch-Wes
Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes wil deur klassieke en hedendaagse musiek ’n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding in hulle eredienste vestig. Aansoeke word ingewag van kandidate wat die funksies van orrelis en musiekleier/koördineerder kan hanteer.  Vir meer inligting, klik hier.
Voltydse leraarspos:  Loeriesfontein
Die NG Gemeente Loeriesfontein nooi alle gelegitimeerde proponente, predikante en emeriti leraars uit om aansoek te doen vir die pos as voltydse leraar. Die ideale kandidaat moet aanpasbaar wees in die platteland en kan inskakel by alle ouderdomsgroepe. Aansoeke sluit 31 Maart.  Klik hier vir 'n gemeenteprofiel en posbeskrywing. 
Kliek bo vir die nuutste Kerkbode vakatures 

GEMEENTENUUS
Welgemoed en CPK reik uit na Namakwaland
Welgemoed-gemeente en die Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika het onlangs 'n uitreik na Concordia in Namakwaland gedoen as deel van die sinode se droogtehulpprojek.  Die gemeente het bykans 200 lidmate, waarvan die meerderheid by verafgeleë myne werksaam is. Concordia is ook die tuiste van 'n groep kommunale kleinveeboere, wat erg deur die droogte geraak word. Omgeepakkies is by meer as 85 huishoudings afgelewer. Jan Cloete, moderator van die CPK, en Jan van der Merwe van Welgelegen (foto regs onder) was deel van die inisiatief.
PREDIKANTENUUS
Kry jou ritboek op datum!
Alle predikante wat reistoelaes of belasbare reis- of kilometer-terugbetalings ontvang, word daaraan herinner dat 29 Februarie die einde van die belastingjaar is. Onthou om jou ritboek (logbook) op datum te bring en af te sluit op 29/02/2020.  Kliek hier vir meer inligting.
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Raakgelees: VGK oor gendergeweld
Die moord van Tazné Van Wyk het gemeenskappe vandeesweek geruk. Llewellyn MacMaster, moderator van die VGK Streeksinode Kaapland het die volgende verklaring uitgereik na aanleiding van die voortslepende gendergeweld en kindermishandeling in ons land.
Begrotingsrede - wen of verloor ons?
Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede het die week relatiewe goeie nuus vir verbruikers ingehou. Teen verwagting in is die BTW koers nie verhoog om staatkoffers 'n broodnodige hupstoot te gee nie. Inkorting van staatsbesteding het aandag gekry in plaas daarvan om ekstra druk op belastingbetalers te plaas. Daar is ook belastingverligting vir die gemiddelde belastingbetaler. Lees of kyk na die begrotingsrede en hoogtepunte hier.
Willie Jonker memorial lecture - 5 March
Demaine Solomons from the University of the Western Cape will be the speaker at the next memorial lecture in the chapel at the Faculty of Theology on Thursday 5 March at 18:00. Titled With the benefit of hindsight. What we (should) learn from Rustenburg and its implications for reconciliation in South Africa, the lecture will be followed by a discussion. Please confirm your attendance by 3 March to Marita Snyman or call 021 808 2538.
Student forum & colloquium - 13 March
The next student forum and colloquium will be presented at the Faculty of Theology on Friday, 13 March.  Pieter van Niekerk will present his abstract Being Spiritually Missional is to Embody Imperfection. Please RSVP by Monday 9 March to Bonita Robyn or 021 808 3577.
Joint conference
The Gender Unit of the Beyers Naudé Centre for Public Theology in conjunction with the Institut für Alttestamentliche Wissenschaft of Leipzig University will be hosting a conference from 18 – 20 March.  Registration for The Power to Discriminate: Re-Evaluating Perversion in the Hebrew Bible and Beyond should be done before 11 March.  Click here for the conference programme, registration form and logistical details.  Contact maritasnyman@sun.ac.za for more information.
NUUSBRIEF
Klik bo vir nuus van VGK Kokstad.



Lees Stéphan van der Watt se Lydenstyd-flits van Missie Japan hier.

PUBLIKASIES
Boekebekendstelling in Stellenbosch
Jaap Durand het vandeesweek sy nuutste publikasies Umlilo Emlonyeni - Xhosa sermons en Blood Brides of Christ - Female martyrs in the early centuries tydens 'n funksie in Kayamandi bekendgestel.
V.l.n.r. is Verena Schoeman (medeskrywer van Bloedbruide vir Christus), Jaap Durand, Koos Oosthuizen (redakteur van die Xhosa preekbundel) en Umlilo uitgewer Danny Fourie.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Klik hier vir meer besonderhede oor elke kuierkans.
TEN LAASTE
Lydenstyd het die week aanvang geneem met Aswoensdag. Tradisioneel word daar op gebed, vas, skuldbelydenis en verootmoediging gefokus ter voorbereiding vir die groot Lydensweek en Pase.  Hierdie teksvers uit Joël 2:12-13 gee riglyne en hoop:
Maar nou sê die Here: “Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig.
Hy is lankmoedig en vol liefde.”
 


VrydagNuus-groete
Ronelda Visser 


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.