Lees deur internet, klik hier >>
15 November 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Christine
1. Hartlik geluk, Badisa!
Op 6 November 2019, tydens Tygerberg Heritage Festival se toekenningsgeleentheid in Bellville, het Christine Quickfall, hoof- uitvoerende beampte van Badisa, die toekenning namens hierdie organisasie ontvang vir die mees waardevolle nie-regeringsorganisasie in die Tygerberg omgewing. Nioma Venter (Diaconia) skryf soos volg hieroor: "Barmhartigheidswerk is nie iets wat aan die groot klok gehang word nie, maar tog is dit 'n storie wat vertel moet word ter wille van die getuieniswaarde daarvan, veral as die beweegrede daarvan roeping en die bedoeling daarvan die verheerliking van God is. #StrongerTogether kom by 'n mens op as jy met hierdie statistiek gekonfronteer word. Soli Deo Gloria oorheers jou gemoed as jy dan selfs erkenning kry vir die (dikwels ondankbare) werk. Baie geluk met die besondere prestasie, Badisa!" 
Tygerberg Heritage Festival beywer hulself daarvoor om die Tygerberg omgewing se kulturele diversiteit te erken en vier, en om rasseversoening te bevorder.
Stats
Logo
 2. Arbeidsbediening van land tot see byeen in PE
Verlede week het daar 'n besondere konferensie by The Willows in Port Elizabeth plaasgevind. Verteenwoordigers van IMSA (Industrial Ministry South Africa), Transnet en Biblia Nasionaal het dit bygewoon. IMSA is verteenwoordig uit Gauteng, Kwazulu-Natal, Vrystaat en die Oos- en Wes-Kaap, terwyl Biblia komiteelede en hul hawebedienaars van Saldanha, Kaapstad, Houtbaai, Mosselbaai, Kalkbaai, Port Elizabeth, Durban en Richardsbaai na die vergadering gestuur het. Beide IMSA en Biblia Nasionaal se algemene jaarvergaderings het tydens hierdie geleentheid plaasgevind. Lees hier meer - onder is 'n foto van die konferensiegangers.
Konferensiegangers
3. Teaching opportunities in Mozambique
Last week we introduced you to the Trichardt School for Christian Education and this week Witness Ministry chats to the principal Luis Bras about the needs of the school (video). Luis mentions available career opportunities for aspiring and qualified teachers. The school welcomes people who would like to come and assist the staff with their skills. If you are interested in teaching as a career, this exposure could help you to make a decision. It is also an ideal opportunity for experienced teachers looking for new challenges and wanting to become missionally involved. 
Trichardt is a private school of our sister church in Mozambique, the IRM (Igreja Reformada em Moçambique) Novo Synod. It also has a satellite campus in Matola, one of the suburbs of Maputo. The school is known for its Christian foundation, good discipline and high quality of teaching. Contact the school via email or at +258 84 810 0093 for more information. 
EKOLOGIE
Trump
Luister na die wetenskaplike Jeremias 
Ware profete is nooit gewilde mense nie. Vra maar vir Jeremia en vir Jesus van Nasaret. Daar is baie wetenskaplike ekologieprofete in die wêreld. Feitlik almal van hulle stem saam dat 'n baie warm toekoms op ons wag. Daar is egter diegene wat die slegte nuus sagter en minder erg aanbied. Die huidige president van Amerika sing voor in die koor in laasgenoemde groep. Ons moet ophou om mense doemprofete te noem as ons nie van hul slegte nuus hou nie. Hoop word binne-in die aanvaarding van die slegte nuus gebore. Lees meer hier. Met dank ontvang van Projekspan Ekologie. 
VAKATURES
Vakatures
Logo
1. NG Sonstraal: Lof-en aanbiddingsleier
Sonstraal gemeente maak in biddende afhanklikheid die pos van lof-en aanbiddingsleier vir hul jeuggerigte Ignite-dienste bekend.
Ignite-dienste vind Sondagaande gedurende die skoolkwartaal plaas. Aansoeke vir hierdie pos sluit om 12:00 op 28 November en die aanvangsdatum is 1 Januarie 2020. Klik hier om meer te lees oor die posverpligtinge asook die eienskappe waaroor die geskikte kandidaat moet beskik.
Logo
2.1 Huis Nuweland:  Bestuurder
Aansoeke van gemotiveerde persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes word vir hierdie betrekking ingewag. Klik hier vir meer besonderhede en doen aansoek voor 12:00 op 22 Nov.
 

2.2 Badisa Prins Albert: Maatskaplike werker (8/8)
Registrasie by die Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is 'n vereiste van hierdie pos. Stuur aansoeke teen 22 November aan tbredenkamp@badisa.org.za. Klik hier om meer te lees.
2.3 Badisa Porterville: Maatskaplike hulpwerker
Badisa Porterville is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Lees hier meer oor hierdie pos se verantwoordelikhede en vereistes en doen aansoek teen 22 November.

2.4 Huis Uitvlucht: Geregistreerde verpleegkundige
Hierdie tehuis vir bejaardes op Montagu beskik oor 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegkundige. Kennis van die versorging van bejaardes en vyf jaar toepaslike onderving is van die vereistes. Aansoeke sluit 31 Desember -  hier is meer inligting.
2.5 Matzi-Care, Vanrhynsdorp: Maatskaplike hulpwerker
Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir individuele sorg en onder-steuningsdienste aan kinders en gesinne onder toesig van 'n maatskaplike werker. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 November - lees hier verder.

GEMEENTENUUS
Biddag
Kerssangdiens
NG Tamboerskloof Kerssangdiens 17 November 2019
NG Tamboerskloof Kerssangdiens 17 November - klik bo
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
James Kemp
1. In memoriam: James Ignatius Kemp
(17.07.1926-04.11.2019)

Ons het met leedwese kennis geneem van die heengaan van James Kemp op Maandag 4 November. Sy troosdiens is op 8 November by Huis André van der Walt in Bellville gehou. Ds. Kemp het bedien by Groot-Marico, NG Potchefstroom en NG Diamantveld. Vir sy diens as kapelaan (by o.m. Ladysmith, Saldanha se Militêre Akademie en eenhede onder NG Wonderboom) het hy verskeie toekennings ontvang. Ds. Kemp was die direkteur van die SAGD se kapelaansdiens tot sy uittrede en emeritaat in 1986. Daarna het hy 'n aantal jare as sekretaris van Geopende Deure in RSA gewerk. Sy eggenote is reeds in 2017 oorlede. Ons simpatie aan sy kinders en kleinkinders.

2. 16 Days of Activism
The 16 Days of Activism campaign emerged at the inaugural Women's Global Leadership Institute in 1991 and was introduced to South Africa in 1998. The campaign served as one of the leading intervention strategies in South Africa that strive towards a society free of violence. The theme for 2019 is "Orange the World: Generation Equality Stands against Rape!" This campaign is a global phenomenon against gender-based violence. The 16 Days of Activism commences on 25 November, the International Day for the Elimination of Violence against Women, to 10 December, Human Rights Day. 
3. Badisa launches flash mob for 16 Days
Badisa will join this international battle by launching a NexGen flash mob campaign, which will create awareness for 16 Days of Activism and Thursdays in Black in support of a world without rape and violence. Badisa will dance in the spirit of conveying change on Thursday 5 December at 18:00 at Haasendal Gables Centre on the corner of Bottelary and Saxdowns, Kuilsriver. 
If you would like to join the flash mob, memorise the routine choreographed by the multi-talented Ezio Solzia Miller. Remember to dress in black to support the #ThursdaysinBlack movement. Buy a button at the venue for R10 and wear it every Thursday in support of a world free of violence.

4. Book launch in Stellenbosch
The book Bonding in Worship was launched at the Stellenbosch University Faculty of Theology earlier this week. The book investigated the ritual practices of one of the fastest growing traditions, namely African Independent Churches, over a period of more than four years. The research team explored the role of religious rituals in social capital formation and social development at community level.  
Some of the contributing authors at the launch function were (from left to right) Marcel Barnard, Marthie Momberg, Gerrie Ter Haar, Naas Swart, Ian Nell, Johan Cilliers and Reggie Nel.
NUUSBRIEWE
Dolf
1. Dankbare rentmeesterskap
Dolf du Plooÿ (NG Stellenbosch-Sentraal) skryf in Vrouebediening Wes-Kaapland se jonste nuusbrief: "Die wêreld waarin ons vandag leef, maak dit nie vir ons maklik nie. Ons word geleer en gebombardeer deur die media en advertensies, dat ons nooit genoeg het nie. Mary Jo Leddy sê dat die kultuur van geld en die advertensiewese die boodskap van 'Ek het nie genoeg nie' so in ons psige laat verdraai dat ons later hoor: 'Ek is nie goed genoeg nie'." Lees hier verder.
Newsletter
PUBLIKASIES
Voorblad
1. In die jongste Kerkbode...
♦ vertel Neels Jackson die storie van 'n gemeente in Brakpan wat 'n fotoprojek begin het, wat soveel méér geword het: daar is vier blaaie foto's van Laetitia Kenny en Nico Grobbelaar wat waardigheidsherstel vir haweloses uitbeeld;
♦ lees ons van 'n kinderhuis op Greytown wat 'n dank-baarheidsfees hou;
♦  is 'n paar lesse te leer uit die Springbokoorwinning
♦ en die leraarsprofiel is ons eie Almatine Leene (NG Stellenbosch-Wes), wat as Nederlander haar doktorsgraad in teologie aan Stellenbosch kom doen en nooit weer permanent na haar geboorteland teruggekeer het nie. 
Vind hier uit hoe jou gemeente Kerkbode kan bestel.
Jaarboek 2020
2. Jaarboek 2020 beskikbaar
Die bestelvorm vir Jaarboek 2020, met inligting oor sinodes, ringe, gemeentes, predikante van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerke in die buiteland, sowel as teologiese inrigtings, is nou beskikbaar. Rig navrae via e-pos aan bestel@bmedia.co.za of skakel 0860 26 33 42. Laai die bestelvorm hier af.
BEHOU DIE HUMOR
Grappie
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo vir meer inligting
TEN LAASTE
Met Advent wat eersdaags aanbreek, kom ons nou aan die einde van Koninkrykstyd.  In hierdie periode na Pinkster vier ons die heerskappy van die Drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster). Ons word herinner aan die roeping om die gawes wat ons ontvang, elke dag uit te leef. Koninkrykstyd herinner ons telkens aan wat ons bely en hoe ons lewe.

In die tyd kan ons gerus Paulus se boodskap aan Timoteus onthou: "Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!" Luister hier na die groep Romanz se weergawe van Hoe Groot is U en laat ons Hom saam verheerlik.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.