Lees deur internet, klik hier >>
31 Januarie 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Taakspan vir Ras en Versoening 
Die taakspan beplan weer twee "Witwerk" werkswinkels. "Witwerk" verwys na die ontwikkeling van ‘n self-kritiese, nederige, restitusionele historiese bewussyn van die voortdurende, multidimensionele mag en bevoordeling wat met “witwees” in Suid-Afrika gepaard gaan. Die Verdere Bedieningsontwikkeling (VBO) bied ‘n veilige ruimte om eerlik te reflekteer oor die verwondheid in ons land en die uitdagings van ras en versoening in ons bediening. Die sessies is ontwerp vir wit leraars en gemeenteleiers wat die bediening van versoening ernstig wil opneem. Die reis is ontwerp om langtermyn diep versoening in gemeenskappe te help fasiliteer. Die residensiële werkswinkels word aangebied deur Wilhelm Verwoerd, Theresa Edlmann en lede van die Taakspan vir Ras en Versoening. Klik hier vir meer besonderhede of kontak Jaco Botha by jaco@bredasdorpgemeente.co.za/082 927 2890 of Louis van der Riet by louis@parke.co.za/ 072 688 0448.
Nuwe storiekenner vir Little Seeds
Leesgroepe bly een van die eenvoudigste, dog waardevolste uitreikgeleenthede vir ’n gemeente na jong kinders. Diaconia was die afgelope twee jaar baie bevoorreg om met Righardt le Roux as spanlid gemeentes te kon begelei. Righardt is egter herontplooi deur Nal’ibali in wie se diens hy staan en Nicola Vermeulen van die Little Seeds span neem vanaf Februarie 2020 by hom oor.
In die twee jaar wat Righardt by ons was, het hy nie minder nie as 345 leesgroepe gevestig en talle gemeentelede opgelei en ondersteun om in hierdie unieke vroeëkindontwikkelingsinisiatief besig te raak.

5 Februarie is Wêreld Hardoplees dag
Voordat Righardt weg is, het hy reeds die onderneming by gemeentes gekry wat op hierdie dag vir kinders gaan lees. Die groepe moes aandui vir hoeveel kinders hulle gaan lees en op hierdie stadium staan ons op 17 000 kinders wat op die dag bereik gaan word. Enige gemeente wat nog graag hierby wil inskakel, kan ’n epos na nicola@kaapkerk.co.za stuur om die inligting te ontvang. "Intussen wil ons graag vir Righardt sê dat ons geweldig baie by hom geleer het, dat hy ’n baie opwindende pad vir ons oopgekap het en dat ons die grootste respek en waardering het vir hom en die werk wat hy gedoen het. Mag sy pad vorentoe voorspoedig wees. Lees hieronder van die internasionale toekenning wat Righardt in Desember 2019 ontvang het vir sy uitsonderlike diensbaarheid. Ons deel in hierdie sukses omdat hy hierdie werk vir die afgelope twee jaar onder ons vaandel gedoen het," skryf Nioma Venter van Diaconia.
Team member joins global foundation
World Peace Tartan Foundation has a new ambassador joining their growing community. Righardt le Roux (seen here with founder Victor Spence) has dedicated his life to supporting the development of positive futures for disadvantaged children and their families.
Righardt is well known for his commitment to education in townships in Cape Town, Soweto and across South Africa. He is a deeply warm-hearted man with an incredible life story that has shaped him.
He has joined a stellar line-up of four other high profile South Africans who have been presented with World Peace Tartan: Emeritus Archbishop of Cape Town Desmond Tutu and his daughter Mpho Tutu, Arun Manila Gandhi (grandson of Mahatma Gandhi) and Ndaba Mandela (grandson of Nelson Mandela).
Gemeenteleiers van die VGK Villiersdorp tydens die werkswinkel
Beroepingsproses in Villiersdorp
Taakspan Gemeentegetuienis ondersteun graag VGK Kaapland-gemeentes wat proponente wil beroep. Ongeveer 50 persent van dié gemeentes is tans sonder leraars en dit is dus dringend dat gemeentes alle ondersteuning moontlik in hierdie verband moet kry. Stephen Pedro, PSD: Gemeentegetuienis, is onlangs deur die VGK Villiersdorp versoek om leiding te kom help gee ten opsigte van hul gemeente se beroepingsproses. 
Hoe leef en preek ons hoop in ‘n verwarrende tyd?
Te midde van die droogte, swak ekonomiese vooruitsigte, sukkelende munisipaliteite, misdaad en veel meer sukkel Suid-Afrikaners tans om hoopvol oor die toekoms te bly. Christene word egter geroep om met hoop te leef. Valse hoop gaan ons nie help nie. Die vraag is dus: Hoe leef ons met ‘n gesonde perspektief en ‘n helder Bybel- en geloofgefundeerde perspektief?
Op 13 Februarie bied die Sentrum vir Publieke Getuienis ‘n gespreksgeleentheid aan waar Coenie Burger (foto bo) en Braam Hanekom (foto onder) oor die onderwerp sal gesels. Coenie het pas ‘n boek oor Openbaring voltooi en sal geloofsperspektiewe oor hoop vanuit hierdie hoek gee. Braam sal kontekstuele perspektief gee.
Die gesprek sal van 09:00-12:00 by NG Gemeente Stellenberg plaasvind. Bespreek teen R50 per person by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202.
Totsiens, Roy Stamper
Roy Stamper, ’n entoesiastiese pastorale werker van Arbeidsbediening, was vir jare lank ’n bekende gesig op die voorstedelike treine van die Kaapse Metropool. Hy kon nie uitgepraat raak oor die geleentheid wat Johan Botha destyds aan hom gegee het om in diens van Arbeidsbediening te staan nie. As oud-bendelid en -gevangene van Pollsmoor was hy ’n sprekende voorbeeld van ’n nuwe mens in Christus. Hy het nou ’n platform gehad om vir soveel mense as moontlik van die nuwe lewe in Christus te kon vertel. Dit was met groot skok dat ons van sy onverwagse dood op Dinsdag 14 Januarie gehoor het. Sy roudiens was op Saterdag 25 Januarie.
Ons innige simpatie aan sy vrou Cheryl en sy dogter Tina. Lees hier meer oor hierdie merkwaardige man.
VBO sessies in Februarie 
Daar word in Februarie talle kursusse by Communitas aangebied waartydens VBO-punte verdien kan word.  Klik hier vir registrasievorms vir die volgende sessies: Die Bybelteks en die stories daaragter, Hoe en waar werk 'n KiX-groepie? en Vertel stories met videos.  
Kontak gerus vir Bridget Leibbrandt by bleibbrandt@sun.ac.za vir meer inligting.
Hoe en waar werk 'n KIX-groepie
Alle bestaande KIX-leiers asook enige persone wat meer wil weet oor die tegnieke van KIX Kinderbediening word uitgenooi na hierdie verfrisserkursus. Dit word op 13 Februarie van 09:00 tot 15:00 by Communitas in Stellenbosch deur Sulet Brümmer en Annelet Slazus aangebied.  
Byeenkoms van Familie Netwerk 
Die Familie Netwerk kom op 6 Februarie van 10:00-13:00 weer in Stellenbosch bymekaar en sal dele uit die Roetemerkers en Ongekaart boeke bespreek.
Almal is welkom, maar laat weet ons asseblief teen 3 Feb. by jeug@sun.ac.za sodat jy die leeswerk en ander besonderhede betyds kan ontvang.  
SmartKIX 2020
KIX Kinderbediening se projekles vir 2020 is SmartKix, in samewerking met SmartStart.  Hierdie organisasie is regoor Suid-Afrika by vroeëkindontwikkeling betrokke om alle kinders se volle potensiaal te ontgin.  Lees hier hoe jy hierdie projek kan ondersteun. Inligting is ook op hulle Facebook bladsy beskikbaar.
Verken die Weskus te voet
Die Donkiekar Stap vir Predikante vind van 27 April - 1 Mei plaas.  Hierdie vyfdag verkenning van die ongerepte skoonheid van die Weskus is die ideale geleentheid om liggaam en siel met mekaar te laat gesels.  Daar is selfs 40 VBO punte op die spel as jy 'n kort storie met foto's indien. Vir meer inligting, kontak vir Piet Retief by pietretief26@gmail.com. Laai die pamflet af vir verdere besonderhede.
EKOLOGIE
Die Keeling-meting van CO2 - belangrik of nie?
In Maart 1958 het Charles David Keeling, 'n Amerikaanse wetenskaplike van die Scripps Instituut vir Oseanografie, begin om die CO2-vlakke in die atmosfeer van die aarde op 'n deurlopende en konstante basis te meet. Lees meer oor sy waarnemings en oor wat wetenskaplikes hiervan dink.  
Met dank ontvang van ons eko-korrespondent David Botha.
World Wetlands Day - 2 February
World Wetlands Day is celebrated annually to mark the adoption date of an international agreement by a small group of environmentalists in Ramsar, Iran in 1971.  Each year, government agencies, non-governmental organisations and communities take advantage of this opportunity to raise public awareness of wetland values and benefits such as conservation. Some of these benefits include biologically diverse ecosystems that provide habitat for many species, serve as buffers on the coast against storms and flooding and naturally filter water by breaking down or transforming harmful pollutants. In South Africa about 115 000 wetlands, covering over four million hectares (4% of the country's surface area) had been mapped by 2012. Click here for more information and communication materials.
VAKATURES
Sinodale kantoor, Bellville:  Kommunikasiebeampte
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature vir 'n kommunikasiebeampte by die sinodale kantoor in Bellville. Uitstekende kommunikasievaardighede en vernuf met sosiale media sal 'n aanwins wees. Klik hier vir posvereistes en meer inligting.  Stuur 'n volledige Afrikaanse CV teen 3 Februarie.  
Welgemoed - fasiliteitebeampte
Welgemoed Gemeente het 'n vakante posisie vir 'n fasiliteitebeampte om onder meer die operasionele bestuur, administrasie en beheer van fasiliteite (geboue en infrastruktuur), bates, toerusting, voorraad en terrein te hanteer.  Lees hier meer oor posbeskrywing en aansoekbesonderhede.  Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 Februarie.
GEMEENTENUUS
Huweliksvoorbereidingsklasse by Uitsig
Francois Swart bied van 17-19 Februarie om 19:00 huweliksvoorbereidingsklasse by Bellville-Uitsig Gemeente, Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth aan.  Kontak gerus vir Francois by 0827816854.
Bellville-Oos reik uit na gemeenskap
Die NG Gemeente Bellville-Oos het vandeesweek 'n uitreikaksie in De La Haye gedoen, toe gemeentelede pamflette by meer as 300 huise in die omgewing afgelewer het. Leon Durie rig 'n oop uitnodiging aan inwoners om hulle Sondagsamekomste by te woon. Hy skryf: "Ons verskil in so baie opsigte en oor so baie dinge: ras, kutuur, taal, politiek, voorkeure en afkeure. Ons mag ‘n reënboognasie wees, maar elke baan van die reënboog word dikwels duidelik onderskei van die ander. Tog droom ons dieselfde drome van vrede en ‘n toekoms vir ons kinders, van ‘n werk om genoegsaam te voorsien, om vry te wees van skuld, om sonder vrees en kommer te kan leef en die meeste van ons lewens te maak." Lees meer hier.
PREDIKANTENUUS
Robertson verwelkom Kuyler-familie
Janlu Kuyler word op 2 Februarie om 09:30 as leraar by Robertson Moedergemeente bevestig. "Komende Sondag is my intreepreek hier by Robertson en die gemeente gaan hoor dat dit nie net ek is wat gestuur is nie. Hulle het ook ‘n pertinente roeping en word ook gestuur.  Daarom kyk ons na ‘n paar gesindhede van gestuur wees vanuit Matteus 28:16-20.  Ek is opgewonde om saam met die gemeente te groei na dieper ontmoetings met God, maar ook ryker invloed in die wêreld.  Ek glo die Here wil ons gebruik om die grootpad gereed te maak, om ‘n banier op te sit en aan te kondig dat Hy wat jou red, Jesus is! Hier kom 'n grote!" skryf Janlu. 
Die Ring van Swellendam en Moedergemeente wens Janlu en sy gesin alles van die beste en voorspoed toe met die nuwe reis in hul lewe.
Die gemeente het reeds in Desember afskeid geneem van Marius en Ansie Joubert.  Marius was sedert 2009 by die gemeente betrokke.  Ons wens hulle 'n gelukkige aftrede toe.

GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Hugenote Kollege groet rektor
Die Hugenote Kollege in Wellington neem vandeesweek afskeid van rektor Willie van der Merwe. Hy skryf: “Ek en Esmari was bevoorreg om die afgelope veertig jaar in verskeie werksomgewings te wees wat elkeen baie opwindend, maar ook baie uitdagend was: in die VGKSA Piketberg, die Kinderoord MTR Smit in die Oos-Kaap, die sinode van die NG Kerk KZN  se barmhartigheidsbediening, die Wes-Kaapse sinode se barmhartigheidsbediening, die Algemene Sinode van die NG Kerk en Hugenote Kollege. In elk van hierdie werksomgewings het die Here ons geseën met wonderlike kollegas van wie ons so baie kon leer en wat ons wonderlik ondersteun het. Dit was ‘n uitsonderlike reis met die Here en medegelowiges waarvoor ons nooit genoeg dankie kan sê nie.  Ons gaan van Februarie op Kleinmond woon en ons sien daarna uit om meer tyd saam te hê.  Ons het nie vaste planne nie en sien met verwagting uit na wat die Here in die volgende lewensfase vir ons in gedagte het.”
Ons wens vir Willie en Esmari ‘n rustige aftrede toe!
Annual Theology Day 
The annual Theological Day of the Faculty of Theology, Stellenbosch University, takes place on Monday 3 February from 08:30 – 12:30 in the Attie van Wijk Auditorium, 171 Dorp Street, Stellenbosch. This year's theme is "Faith and Life in Rhythm: On Hip-hop, the Arts, and Theology" and the plenary address will be delivered by rap artist Hemelbesem. The day will conclude with a performance by the spoken word artist, Siphokazi Jonas. Click here for the full programme.
Invitation from the National Institute for the Deaf
Add a visit to the NID campus in Worcester to your must-do list for 2020.  They love to entertain visitors and it can be an enjoyable day trip for both kids and adults.  Refreshments are available in their tea garden.  Contact Chriszelda at relations.fr@nid.org.za or phone 023 342 5555 for more information or to book your visit.
Pensioenkantoor groet vir Reggie
Reggie Williams was vir die afgelope twaalf jaar ‘n gereelde (en vriendelike) gesig by die sinodale kantoor in Bellville.  Reggie was ‘n drywer/bode by Alexander Forbes en het elke Woensdag belangrike dokumentasie by die pensioenkantoor kom aflewer.  Reggie, ons sal jou glimlag mis, maar hoop jy geniet jou aftrede.
V.l.n.r. Elodie van der Walt, Reggie Williams, Bossie Minnaar en Stephanie van der Merwe tydens sy laaste besoek aan die bedrywige pensioenkantoor.
NUUSBRIEWE
Missie Japan
Stéphan van der Watt en sy familie stuur wintergroete uit Kobe.  Hy skryf oor hulle nuwe bestuurspan en waarmee hulle die afgelope paar maande bedrywig was.  Hy vra ook spesiale voorbidding van gemeentes vir die werk waarmee hulle besig is.
Lees die volledige nuusbrief hier. 
Click here to read the latest newsletter from the Uniting Reformed Church in Southern Africa with a special message from their Cape moderator Llewellyn MacMaster.
PUBLIKASIES
Leespret vir die jongspan
Stefaans Burden se Diereplesiere bestaan uit twaalf stories met kleurvolle illustrasies deur Johann P Venter, wat kinders se verbeelding sal aangryp.  Stories is onontbeerlik in die lewe en ontwikkeling van ons kinders. Die Britse skrywer Philip Pullman reken selfs dat lees 'n demokratiese aktiwiteit moet wees. 
Deur die krag van hierdie stories sal hulle ontdek hoe lief die Here vir hulle is, dat die Here hulle spesiaal gemaak het soos hulle is en dat hulle die Here se liefde elke dag teenoor ander mense moet uitleef. 
Bestel aanlyn, telefonies by 0860 263 342 of stuur 'n e-pos na bestel@bmedia.co.za.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Die beroemde Jugend & Blasorchester van Leipzig, Duitsland lewer Dinsdag 4 Februarie om 19:00 ‘n gratis vertoning by Stellenberg Gemeente.  Kom luister gerus na gunsteling klassieke en ligter werke. 
TEN LAASTE
Bybeltekste wat gereeld aangehaal word vir die Seisoen van Epifanie vier die koms van Jesus Christus, maar spoor ons ook aan om onwrikbaar in ons geloof te wees.
Retief Burger se weergawe van Ons Glo verwoord hierdie geloofbelofte.  Mag ons hierdie week in afhanklikheid van God lewe tot sy eer.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser 


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.