Subscribe to our email list
Lees deur internet, klik hier >>
 17 Februarie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Weet jy van die fokusareas wat gemeentes tydens 2015 se sinodesitting op die agenda van die Sinode van Wes-Kaapland geplaas het? Hou hierdie sake gerus in gedagte as jy deur hierdie uitgawe van VrydagNuus kyk, 
en sien hoe die brokkies aansluit by, én getuig van, daardie fokus.

US
SINODENUUS
1. Kuratorium Blom!
Dit gons behoorlik op die gronde van die Fakulteit Teologie by die Universiteit Stellenbosch. Die Kuratorium van Stellenbosch het die meeste nuwe studente in jare ingeskryf!  Daar is 21 nuwe Teologie-studente gekeur wat met hulle voltooiing van studies beoog om predikante in die NG Kerk te word. Die studente het ook reeds ingeskakel by die Seminariumprogram vir geloofsvorming en bedienings-vaardighede, waarby 'n addisionele 15 voorgraadse en ses deeltydse nagraadse studente ook aangesluit het. 
"Dit wil ook blyk dat proponente vinniger werk kry as in die verlede. Van die tien proponente wat verlede jaar gelegitimeer is, is die meerderheid reeds beroep na gemeentes of besig met verdere studies,” vertel Frederick Marais. 
Ons wens die personeel en studente van die fakulteit 'n geseënde studiejaar toe.
US Teologie Eerstejaars
Eerstejaarsklas van 2017
Voorste ry : Melizza Romani , Pieter Nel, Corlia Hattingh, Christene Venter 
Tweede ry: Amaryne Buys, Carla Bester, Simoné Abrahams, Ulrich Prozesky
Agter: Tijané Visser en Willem Jacobus Strydom
2. Padlangs Ouerskap
'n Entoesiastiese groep ouers, leraars en jeugwerkers was die week besig met die Padlangs Ouerskap-kursus, aangebied deur Jan van Zyl en Johan Winterbach op Stellenbosch. Hulle is bemoedig en uitgedaag om die reis van deelnemende ouerskap aan te pak.
Tannie Alta Marais, wat die kursus begin ontwikkel het, het  by hulle gaan inloer en saam gesels - 'n besonderse bonus. Padlangs Ouerskap gee 'n waardevolle fondasie vir gesinne om met hul kinders van enige ouderdom op reis te wees na positiewe, gesonde volwassenes. 
Padlangs Ouerskap
Agter vlnr Francois Maritz, Armand Crous, Jan van Zyl (aanbieder), Deon Koegelenberg, Stephan Naudé, Charlotte Koegelenberg, Elmarie Becker, Hennie du Pisanie, Alta Marais (skrywer van die kursus), Vian Louw, Kobus Kriel, Bea Pretorius, Mizelle Prinsloo
Voor vlnr Nico Lochner, Sulet Brümmer, Elzanne van der Westhuizen, Chris Groenewald,
Johan Winterbach (aanbieder), Jana Dickason
3. Kix: Mini's vir Malawi
Praat van inisiatief en kreatief! Ouers met jong kinders sal beslis die onlangse mini kruideniersware van 'n bekende kleinhandelgroep onthou. Hier is 'n nuwe weergawe - vir 'n uitstekende doel!
Kix-groepe regoor die land maak tans geld bymekaar vir kleuterskole in Malawi en plaaslik. Die geld wat hulle insamel, sal die kleuterskole help om skryfbehoeftes te koop. Om Kix-kinders aan te spoor om 'n bydrae te lewer, kan hulle in die proses skryfbehoefte mini's bymekaar maak. Hierdie mini's word handgemaak deur die Kix-leiers. Lees hier meer ... en raak betrokke! Besoek ook www.kixkinders.co.za.
Kix UK met minis
Voor: Francina Damonse en Frieda Oncker
Agter: Anriëtte de Ridder, Pauline Matthee,
Elrika Esterhuizen,  
Sulet Brummer en Christine van Eyssen
Minis
Die Kix mini's wat versamel kan word - ten bate van kleuterskole in Malawi en elders
#imagine roadshow
4. #imagine Roadshow
Vicus Kruger en Jacques Pienaar het hierdie week die Suid-Kaap op 'n #imagine Roadshow besoek, waar hulle by skole en kerke bemarking gedoen en meer vertel het van die #imagine fees wat van 18-20 Maart 2017 in Bredasdorp plaasvind.
Woensdag was hulle by HS Heidelberg, Donderdag by Hoërskool Outeniqua en Mosselbaai en Vrydag volg Knysna. Vrydagaand besoek hulle tienerbyeen-komste in George.
Kaartjies is by iTickets  (klik hier)  en vir groepbesprekings, stuur 'n e-pos na southgroups@imaginemovement.co.za. Deel gerus die bemarkingsvideo onder.
#Imagine bemarking
5. Getuienisaksie
Oos-Kaap Strategiese Beplanningsessie
Die bestuur van die Taakspan Oos-Kaap het op Woensdag 8 Februarie in New Brighton, PE vergader. Ds Barnabas Ngqozela is die voorsitter van die Bestuurspan en ds Vuyani Minya van die VGK Zwelitsha is die bestuurder verantwoordelik vir die projekte van Getuienisaksie in die Oos-Kaap.  Lees meer van hul fokusareas vir 2017.
Bestuur
Vlnr: Dr Braam Hanekom, ds Vuyani Minya, ds Barnabas Ngqozela, ds Johan Irion (agter), ds Luxolo Titi (agter) en dr Kobus Odendaal (voor)
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
6.1 
Geloofsperspektief op Aktuele Sake
Op Woensdagoggende om 07:30 lewer Braam Hanekom vir tien minute kommentaar op aktuele gebeure vanuit ’n geloofsperspektief. Luister gerus daarna op Radio Kaapse Kansel by die frekwensie 729 AM. Op die rekenaar kan jy daarna luister deur na die webwerf te gaan (www.capepulpit.co.za) en te klik op die rooi oorfone in die mashoof bo-aan die blad (soos onder aangedui).
6.2 Optimale Denke
"Optimaliseer jou denke in 'n wêreld vol chroniese spanning en negatiwiteit."
Ons herinner graag aan hierdie geleentheid op Wo 22 Feb om 19:00 in die kerkgebou van die NG Gemeente Stellenberg waar drr Braam Hanekom en Etienne van der Walt (internasionaal erkende neuroloog), oor hierdie fassinerende onderwerp praat. 
Onthou: "Stres maak jou nie siek nie, dit maak jou dood."
Bespreek by 021 976 4519 of 
karin@stellenberg.co.za
. 'n R20 vrywillige donasie by die deure word verwelkom.  
IMSA logo
7. Arbeidsbediening Kaapstreek
Spoggerige, Moderne Logo

Ons almal weet al hoe belangrik jou organisasie se beeld na buite en effektiewe reklame is. So is Arbeidsbediening Kaapstreek se moderner logo onlangs geloods, geskoei op die baie bekende nasionale een.
Hul nuwe webwerf en brosjure sal ook binnekort bekendgestel word. Kontak Carin Brink by
cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting. Baie geluk met dié nuwe ontwikkeling, kollegas!
8. Kerklike Navorsingsdag
Die Diensgroep Toerusting het op 14 Februarie begin met 'n driedaagse colloquim (akademiese vergadering) wat op Stellenbosch onder leiding van Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing) plaasgevind het. Hier het ses navorsers en hulle promotors hul onderskeie projekte in kerkgerigte navorsing bespreek. Klik hier.
Onder die besoekers was prof Chris Hermans (Radboud Nijmegen) en prof Kobus Schoeman (Universiteit Vrystaat).
Die projekte is afgestem op uitdagings wat die kerk vandag ervaar en word gedoen in samewerking tussen die Fakulteit Teologie van US en die Sinode van Wes-Kaapland se kantoor vir Teologiese Navorsing. Dis 'n wonderlike nuwe era!
Retief, Pieter, Ankia, Chris, Kobus
Dr Retief Muller (US), dr Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing), ds Ankia du Plooy (Gemeentebegeleiding), prof Chris Hermans (Radboud Nijmegen) en prof Kobus Schoeman (UV)
Missionaal
9. VBO-kursus: Gemeente en Gemeenskap
Gemeente en Gemeenskap – medewerkers in die koms van God se Koninkryk is 'n kursus wat onder meer 'n bewussyn in gemeentes wil help bevorder dat die kerk in al haar gestaltes geroep is om in die wêreld te lewe en sodoende mee te werk in die koms van God se Koninkryk.
D
ie kursus strek van 28 Februarie tot 2 Maart - lees meer hierSkryf in voor of op 20 Februarie by wler@sun.ac.za of 021 808 3624. Inskrywingsvorms is hier beskikbaar. 
Thokozile en Nicola
10. Diaconia: SmartStart
Diaconia was hierdie week besig met hul derde SmartStart opleidingsessie. Hierdie vyfdaagse opleiding vind plaas by die kantore van Monte Christo Miqlat (MCM), 'n nie-regeringsorganisasie vir armoedeverligting waarby Strooidak en Toringkerk in die Paarl ook betrokke is.  
Aletia Grundling, HUB van MCM, het nóú saamgewerk met Diaconia om kandidate te werf wat as SmartStarters opgelei kan word.
Die energieke Thokozile Makhopane, senior opleidingsbeampte, en Nicola Vermeulen, SmartStart-klubafrigter en opleidingsbeampte, rus die voornemende SmartStarters toe met die nodige kundigheid om hul eie speelgroepie vir 3-4 jariges op die been te bring.  Besoek Diaconia se Facebook vir pragtige foto's en meer!
SACC logo
ALGEMEEN
1. SA Raad van Kerke (SARK) - REAKSIE op #SONA
In 'n mediaverklaring op 10 Februarie het die SARK (dalk beter bekend onder hulle Engelse naam, die South African Council of Churches [SACC]), kommentaar gelewer op die gebeure tydens die State of the Nation toespraak verlede week in die SA Parlement.
Die NG Kerk is ’n lid van hierdie nasionale ekumeniese liggaam. Lees die
  volledige mediaverklaring hier.
2. Sosiale Media: Opleiding vir Gemeentes
Dit was Saterdagoggend 11 Februarie 'n vrolike klompie kommmunikasiebeamptes (en skribas EN selfs 'n ywerige koster!) wat in Durbanville by CV Africa byeen was vir opleiding oor sosiale media se gebruik vir sinvolle kommunikasie - en die uiteindelike groter doel: om die evangelie bekend te maak. 
Our sincere thanks to Nick Parmer and Ryniel Muthusami for their hospitality and enthusiasm - it was a privilege for each and every one of us!

Aan elkeen wat hulle Saterdag ingerig het om teenwoordig te wees: mag julle baie seën en vervulling in julle werk in ons gemeentes ervaar. Die sinode is soveel ryker met mense soos julle!
Sosiale opleiding: groep
Agter vlnr Franselene Krause (Bloubergstrand), Marietjie Vollgraaff (Brackenfell-Wes), Madelene Schutzler (Bellville-Uitsig), Elmarie Becker(Stellenbosch-Wes), Tim Burrows (Kuilsrivier-De Eike), Charmaine Nel (Brackenfell)
Voor vlnr Eulogia van Niekerk (Vishoek), Maryna Verster (Brackenfell) en Elmarie Mostert(Brackenfell)
Swaarkry
3. Pa- en Ma-wonde: VBO-dagseminaar in Bloem
Hierdie inligting is spesifiek gerig op ons lesers vanuit die Noord-Kaapland. Wentzel Coetzer stuur inligting oor ’n VBO-geakkrediteerde kursus oor die pyn van seuns/mans en dogters/vroue wat grootgeword het in huise waar onverwerkte pyn en trauma ’n rol speel. Dit vind plaas op Sa 25 Maart en die sprekers is prof Hannes Steinberg (UV Medies), dr Johannes Cronjé (UV Medies) en prof Coetzer (NWU Teologie). Klik hier.
4. Predikante: Breek weg na Struwig Bosveldplaas!
Die NG Kerk is een van die trustees wat die Struwig Eko-Reservaat (in die Balule Privaat deel van die Groter Kruger Nasionale Park eko-sisteem) bestuur. Die trustees nooi alle leraars (en hul gades) na ’n Groot 5 Bosveldplaas blootstelling.
Die gedagte is om eerstehands te ervaar hoe jy die wildsplaas kan gebruik in jou gemeentewerk en te beleef “Waar Afrika nog Wild is”. Klik hier vir meer inligting. Verskillende opsies en tye kan met Jurgens de Jager (NG Witrivier) bespreek word. Kontak hom by dsjurgens@telkomsa.net.
Struwig
Refo500
5. Raakgelees
NHKA vier Reformasie saam!
Dit is lekker om in die jongste Die Hervormer te sien dat die Hervormde Kerk, saam met ons ander susterskerke, deur die Tussenkerklike Raad (TKR) én die Konvent van Reformatoriese Kerke hande vat rondom die 500-jarige viering van die Reformasie (lees hier) en so 'n welkome en betekenisvolle bydrae lewer om hierdie mylpaal te gedenk.
Lees gerus hoe prof Natie van Wyk skryf oor "Die blywende waarde van Martin Luther se teologie".
 
GEMEENTENUUS
1. Nuwe Geloofsgemeenskappe
-
Durbanville bars uit sy nate!
Wat maak 'n gemeente as jy hoor (en sien!) dat jou omliggende areas binne die volgende 5 jaar in "nog 'n Durbanville" gaan ontwikkel? (In Graanendal, een van Durbanville se nuwer woonbuurte, gaan daar binne die volgende vyf jaar 20 000 nuwe wooneenhede ontwikkel word en Pinehurst, nog 'n nuwe ontwikkeling, sal bykans 200 000 nuwe inwoners bykry.) Jy tree proaktief op.
Klik op die foto van Wynand Breytenbach (predikant by Durbanville-Bergsig) om te luister hoe hierdie gemeente koppe bymekaargesit het en reeds met 'n nuwe geloofgemeenskapsprojek in Graanendal besig is.
Baie seën met hierdie nuwe uitdrukking van kerkwees, kollegas!
Menswaardigheid
2. Menswaardigheid: WERD om te LEEF
"Ek wil mense met liefde aanraak. Dié sakke wys die kinders hulle is dit werd om te leef. Ek wil hê elke kind moet opregte liefde hierdeur ervaar," vertel Carla Portwig. 
Een van die fokusareas van die Sinode van Wes-Kaapland (daardie sake wat gemeentes tydens Sinode 2015 aangedui het as van groot belang om tyd aan te bestee) was menswaardigheid. Om saam met gemeentes die praktiese gestalte hiervan te vier, om te getuig hoe menswaardigheid saamhang met ons fokus op missionaliteit en die skep van nuwe geloofsgemeenskappe, is 'n spesiale voorreg.
Een só 'n verhaal uit Wellington se wêreld word in die jongste Kerkbode vertel, waar "onsigbares" beveilig en gekoester word.
Lees gerus hier en word geïnspireer! Allerlei hulpmiddels vir aandag aan ons fokus op Menswaardigheid is beskikbaar by www.menswaardigheid.co.za.
Bergrivier Primer se leerders met rugsakke
3. URCSA Bellville: Allan Boesak Public Lecture
A reminder: the Uniting Reformed Church (URCSA) Bellville, through its Allan Boesak Legacy Centre for Leadership, will host the second Allan Boesak Public Lecture on Thursday 23 February 2017 at 19:00. 
The lecture will be delivered by Prof Tinyiko Maluleke of UP, a theologian and well-known public commentator. Get the full invitation here
Allan Boesak Legacy Centre for Leadership - Public Lecture
Friedel Olckers
4. NG Gemeente Bellville-Uitsig
Wêreldbiddag vir Vroue
Bellville-Uitsig se Wêreldbiddag vir Vroue vind op Dinsdag 28 Februarie om 10:00 plaas, met dr Friedel Olckers, wat in die gemeente grootgeword het, as  spreker.  Almal is baie welkom – ter wille van verversings word vriendelik gevra dat teen-woordigheid bevestig word by getuienis@uitsigkerk.co.za .
Biddag vir Vroue: Stellenberg
Vredelust Gesinsbedienings
6. NG Gemeente Vredelust
6.1 Genesing
Emosionele genesing vorm 'n belangrike deel van ons geloofsreis en ons almal het dinge om uit te sorteer of bagasie om van ontslae te raak. Vier genesings-programme begin op 14 Februarie om 19:00, maar inskrywings word nog in die week ook aanvaar.
Divorce Care - Bou 'n nuwe lewe na egskeiding of ontvang ondersteuning tydens die egskeidingsproses
Travel Lite - Raak ontslae van opgehoopte emosionele bagasie

Grief & Loss
- Ontdek weer nuwe hoop na die verlies van 'n geliefde
Emotional Rescue for Kids (ER4Kids) - kinders tussen 4 en 12 word gehelp om hul emosies te verwerk en hanteer terwyl ouers die volwasse programme bywoon. Lees hier
verder.
6.2 Ouerskap-seminaar (sien onder)
Ouerskap-seminaar
Toringkerk Worship Aand
NG Toringkerk, Paarl 
19 Februarie 18:30

8. NG Gemeente by La Rochelle
8.1 Welkom, oom Karolus en Lente!

Oom Karoolus en Lente kuier op Sondag 26 Februarie om 09:00 (Familiediens)  by La Rochelle gemeente  in Bellville (hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair).
Peuters, kleuters, laerskoolkinders en ouers word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon. Peuter- en kategesegroepe is welkom om die kerkkantoor  (021 919 9253) te kontak om plek te bespreek. Toegang is gratis, 'n offergawe sal opgeneem word. Na die diens sal oom Karoolus en Lente saam met die maats kuier!
8.2 Skeer, spuit of Spin vir Kanker
La Rochelle gemeente en die Old Oak Spar (Meerluststraat) bied 'n CANSA Shavathon aan op Saterdag 25 Februarie vanaf 11:00-15:00.
Gaan spuit jou hare, skeer jou hare en gaan spin of stap (CANSA Active). Dit is deel van 'n landswye insisiatief – Old Oak Spar is een van 20 sentrums in die Wes-Kaap, maar La Rochelle is die enigste gemeente wat (volgens ons wete) hieraan meedoen. Kan ander gemeentes in die omgewing by hulle gaan inloer en saam sny, skeer of spin? Dis 'n lekker uitdaging aan gemeentes in die omgewing! Lees hier.
Kallie en Adri
PREDIKANTENUUS
Kallie le Roux Groet

Ds NL (Kallie) le Roux lewer sy afskeidspreek in Yzerfontein op 19 Februarie 2017 om 10:30 en op Darling op Sondag 26 Februarie om 09:00, waar hy dan sy emeritaat sal ontvang. Op die foto is Kallie en sy oorlede vrou, Adri. (Meer oor Kallie se aftrede in volgende week se uitgawe van VrydagNuus.)
Tannie Moedie
EKOLOGIE
1. Seer oog word Groentetuin!
Die mense by NG Stellastraat in Waterkloof, Pretoria het ʼn ruk gelede ʼn gemeenskaps-tuin op ʼn munisipale padreserwe oorkant die kerkgronde opgerig. Die stuk grond was vir lank ʼn seer oog waar rommel en vullis gestort is; nou is dit ʼn plek waar almal in die omgewing kom kruie en blomme pluk en af en toe ʼn plant in die grond kom druk.  "So word dit deel van ons getuienis dat die wêreld waarin ons leef vir God (en daarom vir ons ook) belangrik is," vertel Fouché de Wet. Lees meer hier.
Op die foto is Stellastraat se ywerige vrywilliger, Tannie Moedie, wat
saam met haar tuinman die tuin verfraai en versorg. 
Waar is ons gemeentes se tuiniers? Die huidige droogte bied die kans om nuut te dink en, soos Stellastraat, waterwys te werk. 
Stella groentetuin
Stella se groente groei geil
Radys uit Stella se tuin
'n Bielie van 'n radys uit Stella se tuin
2. Omgee vir God se Aarde, ons Blyplek
Hierdie bly 'n krities-belangrike verantwoordelikheid van alle gemeentes. Die Taakspan vir Ekologie laat weet: “Daar is goeie redes waarom christene met entoesiasme versorgers van die aarde behoort te wees en ekologiese projekte in alle gemeentes hoog op die agenda moet wees!” Lees hier
Bubbles
BEHOU DIE HUMOR
So in die gees van die liefde ...

PUBLIKASIES
Verhoudings oor Godsdienstige Grense
Christelike Lektuurfonds (CLF) se nuutste pamflet – “Hoe praat ek met my bure wat nie christene is nie?” – gee praktiese beginsels en riglyne oor hoe om verhoudinge oor godsdienstige grense te bou.
Hierdie gratis publikasie – geskryf deur die bekende teoloog prof Piet Meiring – kan met vrug gebruik word deur enige lidmaat wat hulle geloof prakties wil uitleef en gehoor wil gee aan Jesus se sendingopdrag. Klik hier.
Belangstellendes kan gerus CLF se webwerf en Facebook besoek en ondersteun. Daar is 'n wye verskeidenheid gratis materiaal wat spesifiek ontwerp word om by die kerklike jaar aan te sluit en vanjaar, met die fokus op Reformasie 500, word 'n reeks pamflette hiervoor ook saamgestel.
Kry meer inligting by www.clf.co.za.
KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Klik asb op die advertensies vir meer inligting. 
Huis Zonnekus basaar
Huis Zonnekus
Basaar 4 Maart
Badisa bied aan Theo Vorster
Badisa: Theo Vorster
9 Maart
Worcester-De la Bat basaar
Worcester-De la Bat Basaar
25 Februarie
Basaar!
4. NG Parow-Panorama: Basaar 3 Maart
Hierdie gemeente, geleë by Rembrandtsingel, Panorama, hou hul jaarlikse basaar op Vrydag 3 Maart 2017. Kinderpret en die teetuin begin vanaf 15:00 met die amptelike opening om 17:00.
Op Saterdag 4 Maart is daar ‘n pretstap en ‘n kunsmark ("craft market") – inskrywings teen R100 vir die kunsmark sluit 20 Februarie.
Vir navrae of inskrywings, kontak die kerkkantoor by 021 930 3100,  
ppskriba@gmail.com of ppkantoor@gmail.com.
NG Bellville-Wes Vrouetee
NG Bellville-Wes Vrouetee
25 Februarie
Merweville Dankfees
Merweville Dankfees
28-30 April 
NG Kuilsrivier-Suid Kermis
 Kuilsrivier-Suid Kermis
3 tot 4 Maart
Bloubergstrand Pretstap
NG Bloubergstrand Echo-pretstap 25 Februarie
e-Kerkbode logo
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Brackenfell-Proteahoogte logo
1. NG Brackenfell-Proteahoogte
Finansiële Kantoorbestuurder

Aansoeke word ingewag van persone met 'n minimum van vyf jaar in 'n finansiële omgewing en uitstekende mense-verhoudinge. Lees hier meer oor die vereistes. Aansoeke sluit op 28 Februarie.
Sinodelogo
2. NG Kerk in SA
Sentrum vir Publieke Getuienis: Sekretaresse

Die Sinode van Wes-Kaapland het 'n vakature vir 'n sekretaresse in die Sentrum vir Publieke Getuienis (Bellville). Meer oor die vaardighede is hier beskikbaar. Reageer vóór 1 Maart 2017.
Badisa logo
3. Badisa 
3.1 Maatskaplike Hulpwerker - Kuilsrivier

Vereistes is 'n diploma of graad in maatskaplike werk, registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensprofessies en ’n geldige bestuurderslisensie. Kennis en vaardighede mbt Kinder- en Gesinsorg, statutêre prosedures en wetgewing in al drie die metodes van Maatskaplike Werk sal voordeling wees.
Stuur 'n volledige CV teen 24 Februarie aan
asmith@badisa.org.za
    3.2 Maatskaplike Werker - Beaufort-Wes
    Badisa is die NG Kerk (Sinode van Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland Sinode) se gesamentlike bedieningsaksie. Badisa in Beaufort-Wes het tans 'n vakature vir 'n 8/8 maatskaplike werker. Lees aangeheg meer en reageer teen 20 Februarie. 
    TEN LAASTE
    Uit die Pen van ... Danny Fourie

    Met sy dood in 1996 was Henri Nouwen die skrywer wat die wydste in die veld van Christelike spiritualiteit gelees is. Hy is steeds een van die invloedrykste denkers ten opsigte van spiritualiteit. Nouwen vergestalt 'n spiritualiteit van 'n medelydende weerloosheid wat die lewe van miljoene mense wêreldwyd aangeraak en genees het.
    Ek het onlangs weer sy The wounded healer gaan lees na aanleiding van 'n uitstekende artikel deur Riaan van der Merwe in die jongste Stellenbosch Teologiese Joernaal.
    Nouwen verkies om nie van stappe of stadia op die weg na perfeksie te praat nie. Hy verkies om van die dinamiese metafoor van die bewegings van die gees na die hart deur gebed te praat, gebed in sy talle vorms wat ons met God, mekaar en ons ware self herenig. Helende woorde vir (in baie opsigte) weerlose mense.
                                                                          ***
    Danny Fourie, voormalige predikant, het 'n lang loopbaan in die uitsaaiwese en uitgewersbedryf. Vir die afgelope paar jaar werk hy as media- en taalpraktisyn vir verskeie media-instansies. Onder sy publikasies tel Vir ewig en altyd saam, oor sy vrou, Adri-Louise van Renen-Fourie (voormalige redakteur van Kerkbode) se dood na 'n kankerstryd. 
    logo
    Sinodale Diens en Fokus
    Dit loop soos 'n goue draad deur die berigte: die fokus op sake soos teologiese opleiding, getuienis en publieke getuienis, jeugbediening, vroeë kindontwikkeling, toerusting, navorsing ... om gemeentes te help. Dalk wil jy weer hierbo gaan kyk?
    Enigeen wat inligting soek oor die taak en rol van ons sinode se predikante in sinodale diens (PSD's), kan gerus op ons webwerf kyk na die verskillende taakspanne wat onder elk van die diensgroepe hoort, sowel as videomateriaal oor die verantwoordelikhede van ons PSD's. Soos in enige dinamiese omgewing, verskuif en verander die klem wat sekere pligte en take geniet. Dankie aan elke gemeente, lidmaat of gebedsgroep wat getrou vir die sinode se werk bid.
    Ons waardeer jou ondersteuning van die sinode se kommunikasie.

    Vriendelike groete.

    Marieta Visagie
    Facebook Twitter Webblad
     
    Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
    NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za