Lees deur internet, klik hier >>
27 Februarie 2015
Beste Leser 

Lydenstyd
“Some stones are so heavy, only silence helps you carry them.” (Anne Michaels). Here, ons kom stil word by U in hierdie lydenstyd, en sit 'n paar klippe neer...
SINODENUUS
1. NG Wes-en-Suid-Kaapland Moderamen Vergader 

Die moderamen van die NG Wes-en-Suid-Kaapland Sinode vergader op 3 en 4 Maart by die NG Gemeente Stellenberg in Durbanville. Al die uiteenlopende sinodale diensgroepe en taakspanne doen verslag van hulle werksaamhede. Op die skouers van Monty Sahd (foto), die skriba van die moderamen, rus 'n groot taak. Ons wens almal 'n veilige reis en geseënde, sinvolle vergadering toe.
#imagine

2. #imagine 10-12 April 2015
Daar is nou net minder as 40 dae oor voor #imagine 2015! Maak seker die tieners in jou omgewing is deel van hierdie unieke kans! Wys asb die kort video by julle jeugbyeenkomste - en oorweeg sommer om 'n tiener te borg as jy nie self daar kan wees nie! Kry meer inligting hier en skryf nou in! Volg hulle nuus ook op Facebook, Twitter en Instagram.

Standplaasruiling

3. NGK Standplaaswisseling vir Nuwe Energie!
Verandering kan nuwe energie en groei bring. Om relevant te wees vir die koninkryk van God het dominee én gemeente dié energie nodig. Standplaasverwisseling kan die instrument en die geleentheid wees wat hierdie energie laat loskom. Dit beteken dat twee dominees van verskillende gemeentes met instemming van hulleself en die gemeentes ooreenkom om op gelyke basis standplaas te ruil. Belangstellendes kan hier meer lees, soos van die NGK Alg Sinode Taakspan Predikantebegeleiding ontvang.

Fakulteit Teologie, US
4. AS Taakspan Homoseksualiteit Konsulteer op Stellenbosch
Die NG Alg Sinode se Taakspan oor Homoseksualiteit hou 'n konsultasie op Stellenbosch om te help met die ondersoek na die status (juridies en eties) van verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag. Dit vind op 25 Maart van 11:00 tot 13:00 in die raadsaal (lokaal 2004) van die Teologiese Fakulteit (Kweekskoolgebou, Dorpstraat) plaas. Bevestig jou teenwoordigheid asb voor 24 Maart by Frits Gaum (083 432 5834 of 044 879 1059).
Beyers Naude Sentrum
5. Gemeentes, Vryheid en Verantwoordelikheid
Die VGKSA Kaapland se Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (SKLAS) en die Beyers Naudé Sentrum nooi NG predikante in die George-omgewing na 'n gratis konferensie op 6 Maart van 08:30 tot 20:00 by die VGK George. Tema: Congregations, Freedom and Responsibility. Sprekers sluit in Henry Jeffreys, Nico Koopman en DP Carelse. Hier is die volledige uitnodiging, program, aanwysings en inskrywingsvorm. Sluitingsdatum: 27 Februarie. Navrae: Helette by hvdwest@sun.ac.za of 021 808 9560.
Vroue met Vlerke-embleem
6. Dagopleiding: Vroue met Vlerke!
Die Sinodale Taakspan vir Vrouebegeleiding (STV) herinner alle vroue aan die dagopleidingsessie vir begeleiers van die geloofsonderskeidende reis, Vroue met Vlerke, op 5 Maart (09:00-16:00) saam met dr Nico Simpson, voorlopig in Vredekloof. Skakel asb vir Esther by 021 808 9060 of estherb@sun.ac.za teen Maandag 2 Maart om 13:00 om jou plek te verseker.
7. Oos-Kaap Bedieningsontwikkelinge
Verlede week het ‘n groep van by die dertig verteenwoordigers saam besin oor die bedieningsuitdagings en -geleenthede in en vanuit die Oos-Kaap.  Een van die belangrikste kwessies wat bespreek is, was hoe die plaaslike kerk, waar predikante tans baie dun gesaai is, en waar gemeenteleiers en kerkrade daarom dikwels op verskeie vlakke moet voorvat, in hul diens en getuieniswerk ondersteun en versterk kan word. Lees meer
ALGEMEEN
1. Kerkbode: Luister 'n bietjie Hier!
Luister gerus hoe Neels Jackson, redakteur, vertel van enkele van die afgelope maande se stories oor ons gemeentes se projekte. Inspirerende nuus. Dalk wil julle kerkraad oorweeg om hierdie uitstekende publikasie met aktuele kerknuus opnuut te ondersteun: Teken hier in of skakel Charlene by 021 864 8278.
Video van Neels Jackson
2. Hugenote Kollege
2.1 Werkswinkel vir Rondtrekkers

Hugenote Kollege bied op Do 12 Maart van 08:45 'n werkswinkel met die oog op rondtrekkers (migrante) by die NG Gemeente Goodwood (Kerkstr 19) aan. Die doel van die werkswinkel is om die bediening van gemeentes en organisasies aan en met migrante (rondtrekkers) te bevorder. Enige belangstellende lidmaat van ’n gemeente of organisasie welkom! Reageer voor 2 Maart - lees aangeheg verder.
2.2 Kortkursusse oor Middelafhanklikheid
TIW bied verskillende kortkursusse gedurende die jaar by die Hugenote Kollege aan. Die eerste een, oor middelmisbruik en -afhanklikheid is op 24-25 Maart.  Al die kursusse tel vir 8 VBO -punte. Rig navrae aan Isebell Appollis (iappollis@hugenote.com of 021 873 1181) en lees aangeheg meer.
3. Gemeentebestuurdersforum 
Die gemeentebestuurdersforum hou op 12 Maart vanaf 14:00 ’n spesiale byeenkoms by NG Bellville-Riebeeck. Twee sprekers, Johan Kotze en Andri Killian, gesels oor verandering en aanpassing by nuwe stelsels. Die forum moet ook 'n nuwe uitvoerende komitee verkies. Bevestig teen 6 Maart jou teenwoordigheid by Liana (bestuurder@bellvillewes.ng.org.za) en dui die getal persone wat bywoon aan: predikante en skribas ook welkom! 
4. Nuus vanuit Badisa Trio
Badisa Trio en die Wes-Kaap se Departement van Onderwys bied saam die “Abuse no More” program by laerskole in die Durbanville-omgewing aan.  Hulle lei onderwysers op in die identifisering, intervensie, verslaggewing en ondersteuning van kinders wat mishandel word, alles ook in terme van die Kinderwet van 2005. ‘n Poppekas word ook aangebied. Ondersteun hulle op Facebook en rig navrae aan Elna Francke by elna.francke@gmail.com.
5. Geheimenisse van die Kerkorrel ...
En jy het altyd geraai dat  'n kerkorrel truspieëltjies moet hê om te sien as daar 'n ander orrel verbykom ...
Kollega Mossie Mostert vertel van 'n interessante webtuiste vir orreliste, The Lady Organist. Doen jouself die guns en gaan kyk op die blad presies wat 'n orrelis alles gelyk moet doen! Hopelik is daar sommer ook allerlei bruikbare nuus en inligting vir die gemeente se  orrelis.
(Dankie, Noord-Kaapland eNuus!)
6. Christelike Flieks vir Elke Dorp?
Verlede week is in die media berig oor 'n projek om 'n Christelike rolprentteater in elke dorp - met die hulp van daardie dorpe se kerke - te vestig. Belangstellendes kan Netwerk24 se berig hier lees. Die bekendstelling is volgens berigte binne 'n maand of twee. 
7. Raakgelees: God se Genade GROTER
Die redaksionele kommentaar in Kerkbode (20 Februarie 2015): "Besorgdheid oor ons omgewing behoort deel van die liggaam van Christus se basiese ingesteldheid oor die lewe te wees. Ons het 'n wyer kyk nodig, want God se genade is groter as wat ons gedink het." (Met erkenning aan Kerkbode en Nico Simpson, kunstenaar).
Lees gerus ook "Die skepping wag op die kerk om te ontwaak" - klik hier
8. Mosambiek se Life Child bou Klas met Donasie
VrydagNuus het voorheen berig oor NG Vredelust en Armoede en Sorg se donasie aan Life Child in Mosambiek. Hulle skryf: "Die  donasie kon nie op 'n beter  tyd gekom het nie!. Nou kon die Peace School 'n klaskamer bou en so 'n droom 'n realiteit maak om meer weerlose kinders en weeskinders onder hul sorg te neem. Life Child wil Vredelust Gemeente en die NG Sinode hartlik bedank vir hul ondersteuning en belegging in die lewens van kinders wat nie na hulself kan omsien nie."  Navrae: Mizelle Prinsloo 021 957 7113.
8. Kommunikasie ...
8.1 Gemeentes, Weet ons van julle Webtuistes?

Hier is 'n vriendelike versoek: gaan kyk op die sinode se webblad by Gemeentes of jou gemeente se webadres korrek aangedui word. So nie, laat weet Marieta by kommunikasie@kaapkerk.co.za om die byvoeging of regstelling te maak. 
VrydagNuus-logo
8.2 Berigte vir VrydagNuus: Foto's Welkom!
Gemeentes en individue wat nuus en inligting vir plasing in VrydagNuus stuur, is welkom om foto's en ander toepaslike grafika saam te stuur. Die nuwe formaat van ons nuusbrief maak dit makliker om 'n visuele komponent by berigte te voeg.
Net 'n vriendelike herinnering: inligting moet ons voor 12:00 op die Woensdag van die week van plasing bereik. Dankie vir die ondersteuning van die sinode se kommunikasie.
Sosiale media
8.3 Sinode op Sosiale Media
Soek jy vinnige blootstelling vir jou gemeente se aksie of projek en kan nie wag vir die volgende uitgawe van VrydagNuus nie? Oorweeg gerus om steeds die inligting na kommunikasie@kaapkerk.co.za te stuur - met die versoek om dit via die sinode se Facebook bekend te maak. Ons help jou graag! 
8.4 Facebook: Ek LIKE dit!
Het jy die viering van Badisa se nuwe handelsmerk, met ballonne en al, gemis? Lyk jou vorige predikant, wat onlangs verjaar het, nog dieselfde? Wonder jy hoe lyk die BLOU pannekoek (lees by KUIER-KANS) waaroor Parowvallei-Oos so spog? En wat het MELKTERT met dit alles te make?
LIKE die sinode se Facebook en WEET wat aangaan!
VOLG die sinode op Twitter en TWEET wat aangaan :)
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Welgemoed: Wêreldbiddag vir Vroue
Die wêreld se vroue bid saam. Wees Do 5 Maart om 19:30 by NG Welgemoed (Diasstraat 15). Nadat Jesus die aand voor sy kruisiging op sy knieë gegaan het om die dissipels se voete te was, het Hy vir hulle gevra: "Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?" Hoe sou jy op Jesus se vraag reageer? Nooi jou vriendinne na hierdie geleentheid en bring sommer jou man en huishulp ook saam! Spreker: Mariette van Velden van Wellington. Musiek en samesang saam met Lukhayo Marimba-groep en Musica Kantory.
Peterpot
2. NG Heidekoppie: Legacy One en Peterpot!
Legacy One is 'n Kanadese Christen hip-hop groep wat wêreldwyd bedien. Hulle tree op Sondagaand 1 Maart om 17:30 by Heidekoppie (hv Protea- en Stasieweg, Proteahoogte) op. Peterpot, die wêreldbekende beatboxer (derde in Wêreldkampioenskappe 2013) deel die verhoog met hulle. Toegang GRATIS. Legacy One se visie is om jongmense se potensiaal te ontgin en hulle te help om hulle gemeenskappe positief te beïnvloed. Navrae: Heidekoppie-kerkkantoor 021 981 2690 of admin@heidekoppie.com
Annalise Wiid
3. NG Gemeente La Rochelle: Vrouegeleentheid met Annalise
La Rochelle gemeente hou Maandag 2 Maart om 19:00 ’n Vrouegeleentheid waartydens Annalise Wiid gaan optree.
Besprekings kan gedurende kantoorure by die kerkkantoor (021 919 9253) gemaak word. Almal welkom!
NG Toringkerk
4. NG Toringkerk:
4.1 Wêreldbiddag vir Vroue met Marina Olivier

’n  Byeenkoms word op Vrydag 6 Maart om 13:00 in die kerkgebou gehou. Die spreker is mev Marina Olivier.  Sy en haar man, André, is deur die NG Gemeente Durbanville-Bergsig as sendelinge na Thailand gestuur.  Haar boodskap is na aanleiding van Jesus se woorde in Joh 13:17 aan sy dissipels:  “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?” Almal is baie welkom; bring ’n vriendin saam.  Sien jou daar...
Winand Grundling
4.2 Veertien Stasies op Palmsondag met Winand Grundling
Die bekende jong orrelis Winand Grundling gaan sy 14 Stasies van die kruis, waarmee hy reeds verlede jaar by die KKNK was, by Toringkerk kom doen op Sondag 29 Maart om 09:30. Kom woon die erediens by en kom in die regte stemming vir die Groot Lydensweek. Daar is nie toegang nie (wel ʼn deurkollekte) en almal is welkom. Dit duur ’n uur. Diegene wat wil, kan elkeen ’n palmtak of enige groen tak saambring vir daardie Sondag, maar dis opsioneel. 
NG Parow-Welgelegen
5. NG Parow-Welgelegen: Blik op Eerste Christen vroue
Jesus se borge en Paulus se vriende - 'n blik op die eerste Christen vroue. Dit is die tema van (prof) Marius Nel se praatjie by NG Kerk Parow-Welgelegen. Die geleentheid is Wêreldbiddag vir Vroue op 5 Maart om 19:00. Almal (beslis mans ook) is welkom, laat weet Alwyn Carstens.
Groote Kerk vier 350 jaar
6. Groote Kerk vier 350 Jaar!
'n Herinnering aan hierdie spesiale geleentheid. Die Groote Kerk vier hierdie jaar sy 350ste bestaansjaar en wil as deel van hulle feesvieringe op So 1 Maart om 10:00 in die Groote Kerk dankie sê vir 350 jaar van jeugbediening in Suid-Afrika. Jaco Strydom is die prediker en die 19-jarige Eben Wagenstroom sal die groot orrel beman. ’n Jeugorkes tree op en daar sal ook ander kreatiewe insetsels wees. Seënwense!
Johann en Louise Els

PREDIKANTENUUS

Diegene wat Johann Els van NG Bloemfontein-Noord (Klipkerk) uit hulle Matie-studentedae onthou, mag geinteresseerd wees om te hoor dat hy nou in die Kaap kom aftree het. Hy het Sondag sy afskeidspreek in die Klipkerk gelewer. Johann is met vroeë pensioen en verhuis saam met sy vrou, Louise, na Pringlebaai waar hy sy werk by Radio Kansel sal voortsit. Netwerk24 se berig hieroor is hier beskikbaar. Welkom in die Kaap, Johann!
Quintus Heine
KEN JOU KERK(REG)
Kerkrade se Samestelling
ʼn Kerkraad is die hoogs besluitnemende vergadering van ʼn gemeente. Om wettige besluite vir die regering/bestuur van die gemeente te maak, moet die samestelling daarvan wettig wees. Hier is Quintus Heine (aktuarius) se volgende brokkie inligting vir diegene wat verantwoordelik daarvoor is om die plaaslike gemeente se sake ordelik en reg te bestuur.
Pietie Victor, Straatwerk
NUUSBRIEWE
Straatwerk Nuusbrief: 50ste Verjaardag!
Getroue jongmense van die KJV van NG Wynberg het in 1965 begin uitreik na mense in nood. 50 jaar later gaan die werk steeds van krag tot krag. Alle eer aan God! In 2015 gaan hulle dié spesiale verjaardag op verskillende maniere vier. As jy stories, getuienisse, foto’s of koerantuitknipsels het wat jy met hulle wil deel, skakel vir Lisa Truter by 021 930 8055 of lisa@straatwerk.org.za.
KUIER-KANS
1. Ramot: Basaar

Ramot, 'n program van Badisa by Tonerstraat 54, Parow, herinner almal aan hulle basaar op Saterdag 28 Februarie. Dit begin om 08:30 en beloof hope kindervermaak, 'n vleistafel, vars groente en vrugte en allerlei tradisionele basaar-lekkernye.  
Navrae: 021 939 2033.
Chrismar Villas-inwoners
2. Bellville Senior Sentrum (Chrismar Villas): Basaar
Chrismar Villas hou op Saterdag 28 Februarie om 08:30 by Jessiestraat 25, Chrismar, basaar. Wees vroeg daar vir heerlike tradisionele lekkernye! Die immergewilde witolifant-, boeke- en lekkergoedtafels sal ook daar wees. Om die basaar af te rond, sal die Chrismar Villas-orkes deurlopend musiek verskaf. Dan is daar ook nog 'n plaastafel en handwerktafel met vele winskopies. Koskaartjies vooraf gedurende kantoorure te koop. Navrae: 021 910 1250.
3. NG Gemeente Parowvallei-Oos: Basaar
Al gehoor van BLOU pannekoek op aanvraag? Parowvallei-Oos (Markstr 168, Parow) beloof die beste pannekoek in die Kaap én beskikbaar, op aanvraag, in BLOU! Hulle basaar is op Sa 7 Maart vanaf 09:00. Geniet heerlike tuisgemaakte hamburgers, gebak, poeding en spesiale kerriehoenderpotjie! 'n Witolifanttafel, verrassingstafel en meer! Navrae: 021 931 6410.Kry 'n padkaart hier.
Porterville-logo
4. NG Gemeente Porterville: Basaar en Veeveiling
Porterville se basaar en veeveiling vind plaas op Vrydag 13 Maart.  Die veeveiling begin reeds 16:00 by die skougronde en die basaar begin om 18:00.   Allerlei lekkernye: tuisgebakte brood, beskuit, koeke, witolifante, vars produkte, pannekoek, basaarpoeding, boereworsrolle en braaivleis, sowel as hope kindervermaak!  
Almal welkom.  Navrae:  022 931 2250.
Durbanville Plaasfees
5. NG Durbanville-Bergsig: Plaasfees!
Die Durbanville Plaasfees vind weer op Sa 14 Maart op die Diemersdal-wynlandgoed op die Philadelphia-pad plaas. Geniet 'n lekker plaasatmosfeer, hope kindervermaak, genoeg te ete en drinke, musiek, trekkers, plaasdiere en Heinz Winkler, Twee en Steyn Fourie wat onder meer optree. R40 volwassenes en R10 skoliere. Genoeg gratis parkering.
Vir inligting of navrae. skakel Alida Vorster by  kommunikasie@bergsigdv.co.za of 021 976 4106.
Koekies
6. NG Gemeente Drakenstein: Vlooimark
'n Herinnering vir 7 Maart! Drakenstein nooi jou om ongebruikte of nuwe items (handwerk, koekies, speelgoed, juwele of wat ook al) te gaan verkoop, of selfs bemarking vir jou besigheid, produk, ens te doen. Slegs een stalletjie per verversingsitem toegeken.
Bespreek stalletjies by die kerkkantoor: 021 872 8242 of Kobus Bester 072 219 6413 voor Wo 4 Maart om 13:00. Die vlooimark is op Sa 7 Maart vanaf 08:30 op die kerkterrein, hv Antoinette- en Kotzéstraat, Denneburg.
Badisa logo
VAKATURES
Badisa Beaufort-Wes: Maatskaplike Werker
Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland). Badisa Beaufort-Wes wag aansoeke in vir 'n pos as 8/8ste maatskaplike werker. Kry meer oor die posvereistes en voordele aangeheg en reageer teen 4 Maart 2015. 
Carl Swart

TEN LAASTE ... Uit die Pen van ... Carl Swart
REIS LIG!

Terwyl ons die afgelope maande huis oppak om te verhuis is ek aan drie dinge herinner soos ons ons besittings sorteer en moet besluit wat gaan saam en wat moet by Badisa-programme afgelaai word vir herwinning. 

1. In my jeug is die September-vakansie altyd gebruik om te “spring clean”. Ons doen dit nie meer nie.

2. Toe Jesus sy dissipels uitstuur om die koninkryk te verkondig het Hy vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamvat nie, nie 'n kierie of 'n reissak of brood of geld of nog 'n kledingstuk nie.” Lukas 9:3

3. Die Kanadese verhaal van ’n inheemse dame wat stad toe getrek en jare lank daar gewerk het. Toe sy wou teruggaan na haar familie op die reservaat, het die hoofman laat weet: “Onthou, jy mag net soveel uit die stad saambring soos wat in een kano pas.”

Ons reis te swaar. Reis liggies!


Carl Swart is PSD: Armoede en Sorg en medeleraar by VGK Kraaifontein. Hy reis ekologies sensitief om sy koolstof voetspoor waar moontlik te beperk. Carl en Madeleine het onlangs Kleinmond toe verhuis. Kontak hom by cjswart@kaapkerk.co.za
VrydagNuus-groete
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.