Lees deur internet, klik hier >>
12 Junie 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
NUUSBRIEF: NG KERK WES-KAAPLAND
Beste Leser
SINODENUUS
Biddag vir Jeug en Kategese - 14 Junie
Eerskomende Sondag is Biddag vir Jeug en Kategese. DinkJeug het die volgende handige grafika met gebedsidees en doendinge saamgestel.
Ons Zim-familie in SA sê “Dankie!”
Lidmate wonder dikwels watter paadjie hul dankoffers by die kerkdeure (en deesdae via e-bank) volg om uiteindelik ons kerk in die breë te ondersteun. Die Reformed Church in Zimbabwe  se gemeente in Johannesburg, bekend as die Reformed Church International South Africa (RCISA),  is een van die kerke wat onlangs geldelike hulp van Getuienisaksie ontvang het om hulle met uitdagings in hierdie moeilike COVID-19-grendeltyd by te staan. Dis bydraes van ons gemeentelede en donateurs wat noodsaaklike skenkings soos hierdie moontlik maak. Lees meer hier.  
Groentesaadprojek vorder fluks
Met die winterreën wat begin val het, is dit nou die ideale tyd om wintergewasse te plant - in jou agterplaas, by jou kerk of skool.
Binne die volgende twee weke sal Hoop en Versoening Trust se saadboks vir ‘n gesin beskikbaar wees. Hierdie boks bevat vyf wintergewasse en vyf somergewasse, inligting en kunsmis en behoort 'n gesin vir 'n jaar deur te sien. 
Hierdie projek beoog om volhoubare ontwikkeling te bevorder. "Ons wil volhoubaar, groen, minder afhanklik van sisteme en nader aan die natuur en God lewe," sê Braam Hanekom. "Om ‘n suksesvolle groetetuin te hê, het jy saad, grond en water nodig. Die saad sal ons gee. Die winterreën kom van die Here en daar is baie planne te maak om jou grond vrugbaar te kry."
Jy kan betrokke raak by hierdie projek deur saad aan te vra of geld daarvoor te skenk. Besoek gerus hulle webblad of kontak spg@kaapkerk.co.za vir meer inligting. 
George kommunikeer dwarsdeur grendels
Floors Meyer, opleidingskoördineerder en pastorale werker by Arbeidsbediening in George, is dit eens dat mens in hierdie grendeltyd veral die persoonlike kontak met mense mis. Hy vermoed dat dit die dryfveer agter die onlangse oopstelling van kerke was. Mense het van nature ’n diep sosiaal-maatskaplike behoefte om kontak met mekaar te maak, om gesien te word, geselsies aan te knoop en te voel jy’s iemand – iets wat selfs nou met die oopstelling van kerke, ’n risiko bly. Die grendeltyd het ons egter gedwing om ons bediening in hierdie tyd innoverend aan te pak,” sê Floors, “en daar is heelwat nuwe tegnieke wat ons al in hierdie tyd ingespan het.” Klik hier om die volledige artikel te lees. 
DinkJeug se COVID-19 album 
Hierdie album of joernaal kan gesinne help om te reflekteer oor die grendeltyd tydens die COVID-19-pandemie in 2020.
Dit is ook beskikbaar as ‘n weergawe vir tieners en geskik vir plasings op sosiale media.  
Hierdie album skep vir families ‘n geleentheid om saam te gesels oor hulle ervaring van dié tyd en help om te ontdek hoe hulle gegroei het. Dit is ook ‘n geleentheid om introspeksie te doen en te deel hoe God by ons teenwoordig was. Laai alle materiaal hier af. 
DinkJeug Familie App volg nou leesroostertekste
Wonder jy wat om die volgende paar maande te doen met families in jou gemeente? Wonder jy oor die inhoud van kategese in hierdie tyd waar groepe nie kan byeenkom nie? Die Taakspan Jeug en Familie se DinkJeug Familie App is juis geskep as oplossing vir gemeentes om gesinne te help om tuis kategese/huisgeloof te beoefen. Julle kan as gemeente die app gebruik as hulpmiddel vir effektiewe bediening in huishoudings.
Die app werk voortaan met die leesroosterteks as uitgangspunt. Dit beteken dat indien predikante volgens die leesrooster preek of die NOUS gemeentepakket gebruik, families in die daaropvolgende week na die podcasts kan luister en dat die temas en tekste sal ooreenstem. 
Die nuutste drie weke reeks (wat Maandag 15 Junie begin) is Dissipels van Jesus en sal families help om te gesels oor dissipelskap. Die app het daagliks Maandae tot Vrydae ‘n nuwe podcast van ongeveer 5 min wat ‘n teks, storie, gebedswenk, gespreksvrae en doen idees insluit.
Laai dit gratis af by Apple iStore of Google Play.
40 Geskenke wat COVID-19 aan my gegee het 
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis skryf: "Daar is ‘n gesegde wat lui dat elke donker vallei aan jou ‘n geskenk bied. Net jy kan dit vind en net jy kan dit oopmaak. Met COVID-19 is dit nie anders nie. Die afgelope dae het ek gaan sit en dink oor die mooi en goeie goed wat ek die afgelope tyd om my waargeneem en ontvang het."
Besoek hulle webblad hier om Braam se volledige skrywe te lees. 
GEMEENTENUUS
Stellenberg huisves haweloses in storm
Stellenberg-gemeente het in samewerking met MES besluit om een van hulle sale vir 'n aantal hawelose mense vir drie aande oop te maak tydens die huidige storm in die Kaap. Alle protokol om infeksie te voorkom, word gevolg. Sop en komberse word ook aan hulle voorsien om 'n goeie nagrus te verseker.
Die haweloses word om 18:00 by die kerk afgelaai en weer om 06:30 opgelaai. Daar is gedurigdeur vrywilligers en personeel aan diens om toe te sien dat alles reg verloop. Die huidige huisvesting word net gedurende die nag, op korttermyn en gedurende ekstreme weerstoestande verskaf. Enige gemeente wat kans sien om hulle deure ook vir so ‘n korttermyn tydens die winter oop te maak, moet asseblief 'n e-pos stuur aan diaconia@kaapkerk.co.za
Citrusdal shows strength in unity
Action for Community Transformation (ACT) Citrusdal demonstrates how a community can pull together for the greater good. Eugene Fortuin from the Uniting Reformed Church and Sarel Eloff from the NG Kerk Wes-Kaap in Citrusdal explain in the video below how they have created a local ecumenical network to fight COVID-19. This project has shown the heart of Citrusdal as the churches, local businesses, the community police forum and the farming community join hands to create something from the community for the community. 
Suider-Strand se besondere bediening aan bejaardes
Predikante en lidmate van Suider-Strand het vandeesweek ingespring om ons bejaardes te bemoedig en fisies te help. Christo Benadé, Sulet Brümmer en 'n span vrywilligers het ingespring om by een aftree-oord logistieke bystand te lewer, terwyl Sulet en haar singende kollega Carel Smith (video onder) inwoners van 'n ander tehuis met gebed en sang bedien het. 
Omgee oor grense
Volkan Akkurt van Turkye en sy Suid-Afrikaans-gebore vriendin Heather Hope, wat in die VSA grootgeword het, het Diaconia genader om hulp vir hul vriende in Suid-Afrika, wat hul werk tydens inperking verloor het.

Volkan en Heather is internasionale huisoppassers en plesierboot-onderwysers. Tydens hul verblyf in Suid-Afrika vroeër vanjaar, is hulle geraak deur die nood in Suid-Afrika. Dit was vir Diaconia opmerklik dat hulle nie net betrokke geraak het by welsynsorganisasies nie, maar oral waar hulle gekom het, vriende gemaak het met mense van oral in Afrika en Suid-Afrika en steeds kontak behou. Lees hier meer oor Volkan en Heather se avonture. 

Volkan het ons ook vertel van Hokisa, ’n huis vir kinders in Masiphumelele, wat voorsiening maak vir ongeveer 20 kinders wat met MIV leef of as gevolg van MIV nie deur hul ouers versorg kan word nie.

Om aan COVID-19-regulasies te voldoen, moet die kinders se klere gewas word nadat hulle van die skool af kom of om ’n ander rede buite die huis was. Die kinders het nie genoeg winterklere om aan hierdie maatreël te voldoen nie. As enige gemeente sou belangstel om deel te word van hierdie uitreikprojek en klere te skenk, kan hulle 'n e-pos stuur aan Ria by diaconia@kaapkerk.co.za en sy sal ’n volledige lys met name en ouderdomme beskikbaar maak. Dit is nou die ideale tyd vir kaste regpak en om die kinders van Hokisa daarmee te seën.  

Hou die volgende in gedagte vir die skenking van klere. Moenie klere in swartsakke verpak nie. Deursigtige, netjies verpakte, gemerkte sakke (seun, 8-9, winterklere) of ’n pakkie, toegedraai in geskenkpapier is ’n menswaardige manier van gee en sal die kinders ekstra opgewonde maak om iets te ontvang. Maak skoene mooi skoon en verpak dit netjies in pare in deursigtige sakke. Moet asseblief nie tweedehandse onderklere skenk nie.
Stellenbosch Unite
Stellenbosch Unite is 'n inisiatief deur verskeie organisasies uit Stellenbosch wat voedselhulp bied aan lede van die gemeenskap en hulle families wat weens die grendeltyd hul inkomste verloor het.
Kyk gerus die video (onder) om meer van hierdie projek te leer.
Goeie nuus vir Helderberg se koffiedrinkers
Koffiedrink het so deel geraak van menigte gemeentes se kultuur. Om ‘n koppie goeie koffie na eredienste saam met medegelowiges te geniet, skep ‘n dieper gevoel van gemeenskap. Daarom bied Helderberg-gemeente vir tyd en wyl heerlike cappuccino’s aan gemeentelede. Die stalletjie is elke oggend (Maandag tot Sondag) beskikbaar tussen 07:30 en 11:00 op die kerk se parkeerterrein. 
'n Klein dorpie met 'n groot hart
‘n Huldeblyk in die vorm van ‘n laserprojeksievertoning is teen Franschhoek-gemeente se kerkgebou vertoon om dankie te sê vir diegene wat gehelp het om fondse in te samel vir die kwesbare gemeenskappe in die dorp. Prakash Patel, 'n inwoner van die prentjiemooi dorp, is die meesterbrein agter die inspirerende #StrongerTogether  fondsinsamelingsinisiatief. Meer as R50 000 is tot dusver ingesamel.
“As ons almal iets kleins doen, word dit iets groots. Ons is ‘n klein dorpie met 'n groot hart wat glo dat ons #StrongerTogether is,” het Patel gesê.
Klik hier om ‘n video van die vertoning te kyk. 
'n Smaaklike ete
Wellington Moedergemeente deel hierdie bekostigbare resep wat 'n maaltyd vir vier persone kan wees. 

PREDIKANTENUUS
Velddrif verwelkom Christoff Koch
Christoff Koch is in April as brugpredikant in Velddrif aangestel om die gemeente te begelei in 'n beroepingsproses. Christoff was vir 17 jaar by Vanrhynsdorp-gemeente en het in 2019 emeriteer. Hy is 'n ywerige hengelaar en het in Port Owen afgetree.
"Die inperking het sake bemoeilik, maar gelukkig was daar maniere om met die brugskap te vorder en sien uit daarna om voluit te kan begin werk," vertel Christoff.
Ons wens vir Christoff voorspoed toe.
George-Denneoord groet Volschenks
"Dit was vir ons ‘n wonderlike voorreg om vir meer as 33 jaar deel van George-Denneoord se gemeente te kon wees. Dit is ‘n besondere gemeenskap, met baie spesiale mense, wie ons lank sal onthou. Dankie vir die omgee en deernis wat ons as gesin oor die jare van die gemeente ontvang het. Persoonlik was dit ‘n voorreg om in Denneoord as leraar te kon bedien. Ek dank die Here dat Hy my die geleentheid daartoe gegee het. My dank aan die gemeente wat my in hul huise en lewens ingelaat het, vir die voorreg om hul met die evangelie te kon bedien en hul lewens te deel. Saam het ons feesgevier, gelag en baie vreugde-oomblikke beleef, maar ook saam hartseer en pyn beleef. Dit is met ‘n stuk heimwee wat ons groet en afskeid neem. Ons gebed is dat die Here George-Denneoord ryklik sal seën en steeds wonderlik sal gebruik in sy Koninkryk. Mag die gemeente waarlik wees soos ‘n lig op ‘n berg, waarvan die glans nie uitgedoof kan word nie en sy getuienis steeds sigbaar wees tot aan die uithoeke van die wêreld.
Persoonlik is ons besig om huis te bou op ‘n stukkie grond buite Grootbrakrivier en hoop om binne die volgende paar weke daarheen te verhuis. Vir eers gaan ons rus en die huis en tuin in orde kry, terwyl ons wag op die Here om ook vir ons te wys waar en hoe ons in die toekoms steeds bruikbaar kan wees," skryf Gideon.
Geniet julle aftrede Gideon en Annelene.
GEBEDSVERSOEK
VAKATURES
Verpleegdiensbestuurder, Heidelberg
Huis Zenobia du Toit het 'n voltydse betrekking vir 'n geregistreerde verpleegdiensbestuurder. 
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Registrasie by SARV is noodsaaklik. Klik hier vir die volledige posbeskrywing en vereistes. Aansoeke sluit 21 Junie.
Senior maatskaplike werker, Robertson
Die Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum in Robertson adverteer die pos vir ’n senior maatskaplike werker as programbestuurder vir hulle vakkundige en kinderversorgingsafdelings. Die ideale kandidaat sal deel wees van ‘n dinamiese bestuurspan. Klik hier vir posbeskrywing en verdere inligting. Aansoeke sluit 22 Junie.
Geregistreerde hulp maatskaplike werker, Piketberg
'n Toepaslike tersiêre [HWSETA] kwalifikasie en ervaring van die implementering van die Kinderwet sal die aansoek versterk. Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensprofessies (SACSSP) is noodsaaklik. Klik hier vir verdere posvereistes. Aansoeke sluit 19 Junie.
Geregistreerde maatskaplike hulpwerker, Paarl
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die beheerraad rapporteer en moet beskik oor 'n sertifikaat in maatskaplike hulpwerk en registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensprofessies (SACSSP). Aansoeke sluit 21 Junie. Kry meer inligting hier.
Manager: SA Children's Home
The SA Children’s Home, a residential child and youth care centre in Gardens, Cape Town, has a vacant position for General Manager. The ideal candidate for this position is an experienced administrator with strong managerial skills, who has an empathetic understanding of traumatised children and their (often challenging) conduct. The successful candidate must have some of the training and skills necessary to meet the developmental, therapeutic and/or recreational needs of the children and youth. For job description and requirements, click here. Entries close 19 June.

Klik bo vir meer inligting.
EKOLOGIE
Eko-wenke spaar geld en help omgewing bewaar
Angelique Ghall, lid van ons Groen Span en predikant van die VGK Vanrhynsdorp, gesels hierdie week met ons oor hoe jy deur eerder gewone eko-vriendelike skoonmaakmiddels in jou huis te gebruik, jou nie net geld spaar nie, maar ook 'n bydrae lewer tot die ekologiese bewaring van jou omgewing. Kyk gerus die video. 
Orkes van herwinde instrumente
Wanneer mens aan 'n orkes dink, is mens geneig om verfynde instrumente uit hout en koper te verbeel. Dit is egter nie die geval by The Recycled Orchestra of Cateura nie. Hierdie orkes bestaan meestal uit kinders wat instrumente speel wat uit rommel gemaak is. 
Vir die meeste inwoners van Cateura, 'n informele nedersetting buite Asunicion die hoofstaf van Paraguay, is 'n musiekinstrument 'n onbereikbare skat. "'n Viool is hier meer werd as 'n huis," vertel Maria Rios, een van die orkeslede.
“Om niks te hê nie is nie ‘n verskoning om niks te doen nie,” sê Favio Chavez, die direkteur van die orkes. Toe Chaves jare gelede vir Nicolas Gomez, 'n vullisterreinopsigter met ondervinding in timmerwerk, ontmoet het, het hulle begin wonder of hulle instrumente kan bou uit die rommel wat op die vullishoop te vinde is. Sedertdien het Gomez oliekanne in tjello’s en viole, waterpype in saksofone en X-strale in dromkoppe omskep.
Kyk gerus die video onder om 'n vertoning van hierdie orkes te kyk. 
PUBLIKASIES
Spesiaal vir Vadersdag
Bybel-Media het 'n propvol katalogus met idees vir Vadersdag, wat op Sondag 21 Junie gevier word. Daar is meer as 50 produkte om van te kies - van boeke tot dagboeke, studiegidse en Bybels. Klik hier om deur die katalogus te blaai. Bestellings kan direk aanlyn gedoen word by www.bybelmedia.org.za of stuur 'n e-pos na bestel@bmedia.co.za of skakel by 0860 26 33 42.

CLF bied ook 'n spesiale Vadersdagaanbod met 20% afslag op alle produkte – van Bybelstudies en Christelike leefstyl tot fiksie, inspirasie, lewensverhale en meer. Besoek die aanlynwinkel by https://clf.co.za/shop/

BEHOU DIE HUMOR
NUUSBRIEWE
Klik bo vir Badisa Trio se jongste nuusbrief.
Click image to read IAM's latest newsletter.
ALGEMEEN
Power to Discriminate webinar series
Due to the Corona pandemic, the Faculty of Theology will not be able to present their Old Testament seminars in the usual manner. Click here for an invitation from Julie Claassens to participate in a Zoom webinar series hat will be presented from 29 July - 2 September 2020. These webinars will occur each Wednesday from 15:00 - 16:30.
As the Power to Discriminate: ReEvaluating Perversion in the Hebrew Bible and Beyond conference was cancelled, the conference organizers (Andreas Schuele, Institut für Alttestamentliche Wissenschaft at the Faculty of Theology, Leipzig University and Juliana Claassens, Gender Unit, Beyers Naudé Centre for Public Theology, Faculty of Theology, Stellenbosch University) decided to invite a number of the participants who focused on the Hebrew Bible to participate in a series of webinars around the theme of the conference. 
Contact Estelle Muller for further information, to register and to receive the necessary login information with weekly reminders.
TEN LAASTE
16 Junie word gewoonlik in Suid-Afrika gevier as Nasionale Jeugdag. In Suid-Afrika het dit 'n belangrike geskiedkundige betekenis, aangesien dit die Soweto opstande van 1976 gedenk. Vanjaar dink ons egter met deernis aan al ons jeug, wat ongekende tye en omstandighede beleef. Ons dink aan die onsekerheid wat COVID-19 ook vir hulle en hulle toekoms inhou en dra hulle in ons gebede op aan ons Vader.
Hou ons jeug in julle gedagtes en luister gerus hier na Heinz Winckler, Loyiso Bala en Neville D se It's Time.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.