Lees deur internet, klik hier >>
10 November 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Genade - aanhaling deur Paul Tillich
Gordonsbaai-brand
Gordonsbaai-brande ... 
Van genade gepraat: Strydom Bruwer, predikant in Gordonsbaai, getuig van wonderlike genade te midde van die stormwind en vuur. Hy laat weet Woensdagaand: "Na die verwoestende brande van gister was dit vandag rustiger in ons dorp. Die vlamme is geblus, maar die brandweer hou steeds 'n wakende oog ... 

Groot dank aan die gemeenskap van Gordonsbaai vir die wonderlike bystand,  meelewing en skenkings van kos, water, ens. as deel van die etes aan brandbestryders." Lees verder.
SINODENUUS
1. Taakspan Jeug kuier in Suid-Kaap
Die Taakspan Jeug en Familie is op besoek na die Suid-Kaap. Hul eerste stop was Buffeljagsrivier, waar daar gesprekke gevoer is oor Jeug- en Familiebediening met gemeentes van Robertson, Swellendam en Buffeljagsrivier.
"Ons het gesels oor hoe om bedieninge meer geïntegreerd te kry, asook kategese modelle en bedieningsuitdagings. Oude Post Padstal het die groep bederf met heerlike gevulde roosterkoeke! Die Taakspan het Woensdagaand in die Hartenbos Jeugsentrum oorgeslaap en ontmoet op Donderdag 9 Nov. gemeentes vanuit Mosselbaai, Hartenbos, George en Knysna," laat weet Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug- en Familiebegeleiding). Seën en veilige reis!
Taakspan Jeug besoek Suid-Kaap
Links na regs agter: Anriëtte de Ridder, Elrika Esterhuizen (Robertson-Oos), Sulet Brümmer, Annelet Slazus, Christi Thirion, Elzanne v.d.Westhuizen, Johan Botes, Johan Dorfling
(Robertson-Oos) Middel: Lounette Engelbrecht (Swellendam), Jana Dickason
Voor: Fanie Engelbrecht, Sakkie Nel (Buffeljagsrivier) en Gawie Gouws (Swellendam)
2. Familie Netwerk-byeenkoms!
Die Familie Netwerk het op 27 Oktober hul eerste byeenkoms by La Rochelle gemeente gehou. Hulle het saam gesels oor intergenerasionele dienste in die lig van Dieter de Bruin se artikel, “Geloof, Hoop en Liefde by die kerk, huis en wêreld." Die artikel stel voor dat gemeentes vier praktyke vestig wat in die erediensruimte sowel as tuis beoefen kan word nl. saam wees en gesels, saam eet, saam luister na mekaar en die Woord en saam bid. Die erediens behoort 'n ruimte te wees waar hierdie vier geloofsgewoontes gevier word terwyl dit tuis vasgelê word.
Om meer te weet lees die artikel op dinkjeug. Moenie die volgende byeenkoms misloop nie: Do. 23 November by NG Parow-Welgelegen om 10:00.
As jy wil deel word van hierdie netwerk, kontak José Layman by die jeugkantoor, jeug@sun.ac.za of 021 808 9050.

Familienetwerkbyeenkoms
Agter: Martin Barnard, Friedrich Claassen, Dewald du Toit, Elzanne van der Westhuizen, Christi Thirion, Johan Botes
Voor: Anriëtte de Ridder, Jana Dickason, Annelet Slazus, Luané McLachlan, Tilana Meyer-Morkel
Boeke
3. Godsdiens en Onderwys: Implikasies
Die Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) help met ’n waardevolle inligtingstuk oor die praktiese implikasies van die 2017 hofuitspraak oor godsdiens in skole. Die dokument steun swaar op die ervaring en perspektiewe van Paul Colditz (FEDSAS), wat die Ring van Bellville in September hieroor toegespreek het en sluit aan by die interpretasie van Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode.
Kry die dokument hier en deel dit gerus met skole se beheerliggame en ander belanghebbendes in jou omgewing. Navrae: kontak Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing) by pietervdw@sun.ac.za
Logo
4. Skolewet en wysigingswetsontwerp
Hier is ’n dringende oproep op beheerliggame van skole, voorsitters van kerkrade en ander belanghebbendes wat nog wil reageer op die voorgestelde wysigingswetsontwerp wat 46 klousules van die Skolewet ingrypend wil verander.
Lees Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode, se brief waarin ook ’n opsomming van die wysigings vervat is. Besware moet teen 10 Nov. gerig word aan adv. TD Rudman by rudman.d@dbe.gov.za. Die NG Kerk sal self ook 'n formele reaksie stuur, berig e-Kerkbode in hulle berig hieroor.
5. Staan in ander se skoene ...
“Dis die wonder van die God wat ons aanbid, dat Hy in ons skoene kom staan het en dat Hy volle verantwoordelikheid vir ons geneem en dat Hy sy Trooster gestuur het om ons te troos. En daardie wete is ons inspirasie om ook mekaar te troos en vir mekaar vas te hou en mekaar nie te los nie. En in mekaar se skoene te staan.”
Die volledige video, waarin Nelis Janse van Rensburg, oor verlies, seer – en oor protes en verontregting – praat, is onder. Dit kan vandag en in die toekoms 'n waardevolle vertrekpunt vir gesprekke oor hierdie aktuele onderwerp wees.
Staan in aner se skoene
6. Getuienisaksie: Arbeidsbediening
6.1 Plaasarbeiders van Ceres skitter!

Wat ’n lekkerte om op ’n plaas te gaan opleiding gee waar daar soveel respek en omgee vir mekaar is. Jannie Booysen van Arbeidsbediening het onlangs die gewilde BrightStar-kursus aan 21 werknemers van De Kock Boerdery op die plaas De Eiken naby Ceres gaan aanbied. Lees meer hier
Plaaswerkers
6.2 Uitvoerende komitee byeen
Die uitvoerende komitee van Arbeidsbediening Kaapstreek het op 26 Oktober in die NG Kerksentrum in Bellville vergader. Inspirerende verslae is gelewer en planne vir die toekoms is bespreek.
Die persone op die foto onder is v.l.n.r.: Jaco Leeuwner (finansies - addisionele lid), George Rauch (Handel en Nywerheid), Carin Brink (streekbestuurder), Eddie Orsmond (voorsitter), Isai Mostert (Transnet), Johnny Reitz (konsultant) en Rodney van Wyk (voorsitter: Seelui). Afwesig: Malcolm Damon (sakesektor), Kobus Odendaal en Floors Meyer. Kontak Arbeidsbediening by cbrink@kaapkerk.co.za.
AB UK
7.1 Diaconia skakel vir vroeëkindontwikkeling
Diaconia het op 6 November ’n skakelingsgeleentheid met Bybel-Media, Christelike Lektuurfonds (CLF), Kerkbode, LiG-tydskrif, Societas en Citadel Filantropiese Stigting gehad oor raakvlakke met vroeëkindontwikkelingsinisiatiewe.
Die doel was om geleenthede te verken en sinergie te skep in die bydrae wat elkeen van hierdie diensterreine kan lewer in ons stryd teen armoede en ongelyke geleenthede in SA. Kontak Nioma Venter by nioma@kaapkerk.co.za.
Societas lede
Agter v.l.n.r. Leon Venter, Hans Steyn, Jean de Villiers, Jan Wentzel, Sean Esterhuizen
Middel v.l.n.r. Hennie van Deventer, Hannelie Matthee, Conette le Roux, Rosetta Stander
, Amanda Carstens  en v
oor: Francine van Niekerk, Nioma Venter
Logo
7.2 Diaconia: Droogtehulpfonds
Enige bydraes vir die Droogte-hulpfonds word verwelkom. Dit sal hoofsaaklik vir humanitêre hulp aangewend word. Navrae oor die fonds kan gerig word aan Nioma Venter van die Diensgroep Diaconia, wat die fonds bestuur. Kontak die kantoor by 021 957 7113 en kry die volledige bankbesonderhede hier. Gebruik die verwysing Droogte vir inbetalings.
Kriges
8. Argiefkronieke
Op die spoor van die Maria-kas

Skoolvakansies is heerlik – ten minste vir die jongeres in die gesin. Die ouers kom egter te staan voor die uitdaging om die "vry" ure te vul ... nie altyd so ’n maklike taak nie. Marlise Krige het op ’n wenresep afgekom: Kies ʼn familie-gekoppelde storie en daag jou kinders uit om, soos met ’n skattejag, die spoor te vat al met die storielyn langs. 
Trippe-trappe-tone daag Marlise Krige en haar twee dogters, die 14-jarige Marlé en 11-jarige Alida storieboek in die hand, in Oktober by die argief op. Hulle loop die spore na van die “Maria-kas”. Lees gerus hoe argiefbeampte Isabel Murray vertel. Op die foto is v.l.n.r. Alida, ma Marlise en Marlé Krige.
Facebook-kursus
Slegs vir GEMEENTES. Klik bo vir meer inligting.
ALGEMEEN
Jan Botha
1. Pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens
Jan Botha stuur inligting oor 'n kursus in pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens wat die Alfa Sentrum vir predikante, maatskaplike werkers en ander belangstellendes aanbied. Predikante kan 120 VBO-punte met die kursus verdien.
Die Alfa Sentrum is deel van "Zama Zama Hope 4 U", die sentrum van hoop wat NG gemeentes en ringe in die weste van Pretoria, met die steun van die Noordelike Sinode en in samewerking met ’n netwerk van vennote, bedryf. Kontaksessies vind in Pretoria, Bloemfontein en Stellenbosch plaas. Lees hier meer.
2. MES: Uitreik en meer
Diegene wat op Vrydag 17 November in Bellville saam met MES wil uitreik, kan hier meer lees. MES bied die opsie van die ondersteuning van minderbevoorregtes op straat deur middel van hulle koepons (sien onder) vir ete sowel as slaapplek. Kontak MES by 021 949 8736  vir meer inligting.
Meal voucher
Kalender
3. Gemeentes, 2018-kalenders asb!
Ons nooi ons gemeentes: wees asb vanjaar (weer) deel van ons projek deur julle kalender se voorblad aan ons te stuur. 31 gemeentes uit die 229 se 2017-voorblaaie is deel van ons mooi versameling - klik hier. Ons mik na ten minste 80 gemeentes om ’n meer verteenwoordigende prentjie van ons sinode-familie te gee. 
Hoop
4. Raakgelees
'n Ander lens

Met die klem wat onlangs weer op plaasmoorde geval het, kan ‘n mens tereg wonder of ons samelewing een geword het wat deur haat, woede en vooroordele gedefinieer word. Net so kwesbaar soos die boere, is weerlose kinders en vroue in die hande van hul mishandelaars, of onskuldige mense in bendegeteisterde gebiede. As Christene en Christus-volgers moet ons deur 'n ander lens kyk. En laat ons nooit moeg word daarvoor om goed te doen nie (Gal. 6).  Lees die hele artikel. (Skrywer: Basil Sparks van die Durbanville Baptiste Kerk.)
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike: sang en getuienis
Ondersteun gerus hierdie aand van sang en getuienis vir die hele gesin by die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike op 19 November om 18:00. Gratis toegang! Top deelnemers! Klik onder vir meer inligting.
Sang- en getuienisaand
Mariaan en Johan Rademan
2. NG Oostersee vier 50 jaar!
Jampie Nel laat weet: "Oostersee was op 6 November 50 jaar oud en ons het dit die afgelope naweek gevier. Dit was 'n gesellige viering Vrydagaand met Johan Rademan (oudlidmaat, op foto saam met sy vrou, Mariaan) as gasheer en Sondag met van die vorige leraars wat saam deelgeneem het aan die liturgie.
Ons vier al die hele jaar 50 jaar van genade, maar die naweek was 'n hoogtepunt saam met heelwat ou lidmate."
Aletta en Gert Olivier
Aletta en Gert Olivier
Di. Jan Botes en Eric Brand
Oudleraars van Oostersee vier saam
3. NG Parow-Noord reik uit met kuns
As integrale deel van hulle groeiende uitreikprogram stel Parow-Noord Gemeenskapskerk (soos NG Parow-Noord na hulleself verwys) ’n ruimte beskikbaar om beide gevestigde en jong kunstenaars se kreatiwiteit te bevorder.
Die bekende Gavin du Plessis het met sy abstrakte beelde op 26 Oktober die opening van die Cornerstone Galery by die kerk ingelei, met George Rauch wat ’n lesing oor die transformasie van Du Plessis se artistieke reis sedert 1972 aangebied het. Die uitstalling duur tans voort by Thealstr. 71, Parow.
Gavin du Plessis
Gavin du Plessis met sy skildery “Ascension” 
Skildery
Gavin se skildery “Pentecost”   
4. NG Goodwood vier Hervorming
Theo Badenhorst deel die goeie nuus en enkele foto's van NG Goodwood se muntlegging wat op So. 29 Oktober tydens die Hervormingsfees ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika plaasgevind het.
Hulle is dankbaar vir die bemoedigende bedrag wat so ingesamel kon word.
Klik hier om meer oor hierdie gemeente in Kerkstraat, Goodwood, te weet. 
NG Goodwood muntlegging van 500 jaar
Muntlegging by NG Goodwood
Muntlegging NG Goodwood
Kinders lê ook hul munte
Gesprek
5. Stellenbosch Gespreksgroep
Piet Walters, sekretaris van die Stellenbosch Studie- en Gespreksgroep herinner aan die laaste byeenkoms van die tweede semester, op Dinsdag 14 November.
Coenie Burger (Ekklesia) gesels oor die onderwerp "Vyf eeue na die Reformasie: steeds 'semper reformanda'?" Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal.  Kontak Piet by pew@sun.ac.za.
6. Stellenberg voer gesprek oor Reformasie
Met die afskop van NG Stellenberg se reeks tafelgesprekke oor die Reformasie het prof Piet Naudé (direkteur van die US Bestuurskool, maar ook teoloog) op sy kenmerkende manier baie stof tot nadenke verskaf. Foto onder.
Hy het op 6 Nov. die gesprek oor “Reformasie en ekonomie” ingelei en onder meer beklemtoon dat Christene voortdurend selfondersoek moet doen: 
- as rentmeesters van God moet Christene “besit asof hulle nie besit nie”,
- hul talente en vermoëns in diens van die groter gemeenskaplike belang plaas en
- toets of rykdom verwerf word sonder benadeling van ander.
Piet se aanbieding is as potgooi op Stellenberg se webwerf; klik hier.
(Die reeks duur tot Do. 9 November, wanneer aartsbiskop Thabo Makgoba praat oor “Reformasie en demokrasie”.)
Piet Naudé by Stellenberg
Piet Naudé by NG Stellenberg
Twitter Facebook
EKOLOGIE
Drawwer
1. Die droogte en ons dorstigheid: dink nuut oor water
Die groot droogte wat ons nou ook in die Wes-Kaap het, bied 'n ideale geleentheid om opnuut en nuut na te dink oor water. Miskien help ons nadenke oor water ons om ook nuut oor God te dink. Lees hier meer. (Dankie, Eko-taakspan.)
2. #COP23-conference eco-friendly!
The 23rd Climate Change Conference (presented in Bonn) is EMAS-certified, i.e. “Eco-Management and Audit Scheme”, used to control all environmental aspects to reduce adverse effects on the environment as far as possible. EMAS promotes sustainable thinking. To find out how it works, watch the short video below. (Something to keep in mind when planning your next big meeting?)
COP23 video
3. #COP23 in Bonn: change of lifestyle 
The world’s nations are meeting between 6 and 17 November for the 23rd annual “conference of the parties” (COP) under the UN Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) which aims to halt global warming. 
Why does it matter? Climate change is already significantly increasing the likelihood of extreme weather, from heatwaves to floods. But without sharp cuts to global carbon emissions, we can expect “severe, widespread, and irreversible impacts” for billions of people and the natural world. Read more ...
Entitled “Walk on Earth Gently”, the COP23 Interfaith Statement will be presented on 10 November, in Bonn, Germany. Click here

Herwin
4. Herwin en sorteer
Een praktiese manier vir gelowiges om die aarde te help bewaar vir ons nageslag, is deur herwinning. Ons kollegas in die Oostelike Sinode verskaf in hul "Familienuus" nuttige inligting oor die tipe materiaal wat herwin kan word en waarheen dit geneem kan word vir herwinning: klik hier.
Treevolution se gids oor herwinning is hier beskikbaar.
BEHOU DIE HUMOR  
Humor
PUBLIKASIES
LiG voorblad
LiG vier 80 jaar
Ons vier graag LiG se 80 jaar van genade feestelik saam! 
Lees hierdie keer ...

♦ Kerstafelgaste onthou hul lang pad met LiG

Lindie, Rouchelle en Liezel: geloof ’n elke-dagse werklikheid
♦ Vier méér as Kersfees: gee Jesus se vrede

♦ Maak 2018 anders: gee van jou tyd, gebede, talente

♦ Rina, Carike en Jak: hoekom hul huwelike hou

♦ Knysna-gesin se lesse na brand

♦ Wen bederfpryse
En soveel meer wat verryk en inspireer!

Die feesuitgawe is vanaf 13 Nov. op die rakke.
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Toepassing
Vakatures op e-Kerkbode
Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 17 November 2017.
Toringkerk
1. NG Toringkerk: Jeugwerker
Die Toringkerk in Paarl is op soek na ‘n dinamiese jongmens wat passievol is oor die Here en kinder- en tienerbediening. Die fokusareas van die pos sluit o.m. in verhoudingsbou met jongmense, betrokkenheid by skole, kommunikasie met ouers en die reël van kampe en uitreike 
Lees aangeheg meer en reageer voor 30 November 2017.
Logo
Badisa-vakatures
2.1 Weskus-area:
b
estuurder maatskaplike dienste
Badisa beskik tans oor bg. vakature in die Weskus-area. Vir meer oor die verantwoordelikhede en vereistes, klik hier. Reageer voor 17 November.
2.2 Clanwilliam: maatskaplike werkers
Badisa Clanwilliam wag aansoeke in van geregistreerde maatskaplike werkers wat onder andere ervaring het van die implementering van die Kinderwet. Reageer voor 24 November. Meer inligting is hier.
2.3  Huis Klippe Drift: geregistreerde verpleegkundige
Huis Klippe Drift in Napier benodig die dienste van ’n geregistreerde verpleegkundige by hierdie Badisa tehuis vir bejaardes. Inligting oor diensvoordele en vereistes is aangeheg. Sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Januarie 2018.
2.4 Huis Van Heerde: maatskaplike werker
Huis van Heerde Kinder- en Jeugsorgsentrum (’n Badisa-program in Moorreesburg) bied residensiële versorging, ontwikkeling- en terapeutiese dienste aan 70 sorgbehoewende kinders. Hier is tans ’n vakature vir ’n maatskaplike werker. Lees meer en reageer voor 21 November 2017.
2.5 Huis De Kuilen: geregistreerde hoofverpleegkundige
Badisa se Huis De Kuilen in Kuilsrivier het ’n vakature vir ’n geregistreerde hoofverpleegkundige. Inligting oor diensvoordele en vereistes is hier en aansoeke sluit op 30 November 2017.
TEN LAASTE
Piet Meiring
Uit die Pen van ... Piet Meiring
Op my lessenaar staan 'n metaal-kruisie. By die Wêreldraad van Kerke (WRK) se vergadering in Porto Alegre (2006) het elkeen een gekry. "In die Nabye Ooste kry die Christene swaar," het 'n Ortodokse priester vertel. "As 'n minderheids-groepie, is ons dikwels die skyf. As die koeëls om ons klap en die bomme bars, moet ons platval en skuil."

"Maar as die slag verby is, het ons werk - om die gewondes te versorg en om patroondoppies op te tel. Ons sny die doppies oop en sny uit die metaal 'n kruisie. Tussen al die ellende gee ons vir mekaar die teken van God se liefde aan, sy liefde wat so groot is dat Hy sy eie Seun gegee het, aan die kruis, as Vredevors."

In ons land lê daar derduisende patroondoppies van allerlei soorte rond, wat ons kan optel om kruise van te maak. Dis die Kersboodskap, sê my AK47-kruisie vir my.

* * *
Piet Meiring is 'n afgetrede professor aan die Teologiese Fakulteit, Universiteit van Pretoria. Hy het van 1996 -1998 op die Waarheids- en Versoeningskommissie gedien en ontvang die UP Kanseliersmedalje vir Teologie vroeër vanjaar.
Dankie vir u ondersteuning van ons kommunikasie, Professor!
Ons is dankbaar vir gemeentes se meelewing tydens Woensdag se biddag van verootmoediging. Mag ons as gelowiges saam opnuut ervaar hoe die Here self harte verander, uitkoms gee en die pad aanwys. 

'n Vaste burg is onse God,

ons skuil in Hom, die sterke.

Hy is 'n vesting in die nood - 

vir ewig staan sy werke. 

(uit Ges. 217; Martin Luther se verwerking van Ps 46)


Vriendelike groete
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp

Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.