Lees deur internet, klik hier >>
3 Mei 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Stembus
1.Sinode 2019
1.1 Stemproses en waardes hieraan verbonde
Van Charl Stander, aktuarius van die sinode, ontvang ons die volgende rakende die verkiesingsproses by Sinode 2019:
"Een van die belangrike aspekte van 'n sinodevergadering is die verkiesing van ampsdraers wat in die volgende termyn leiding moet gee ten opsigte van sinodale- en ringswerksaamhede. Dit sluit in die verkiesing van die moderatuur, voorsitters van diensgroepe en taakspanne asook ringsleiers. Hierdie is 'n deursigtige proses waar elke afgevaardigde die geleentheid kry om nominasies te maak. Hierdie stemming geskied deurgaans per geslote stembrief.
Alhoewel hierdie stemming 'n demokratiese proses is, geskied dit binne 'n ruimte waar die vergadering geloofsonderskeidend soek na die wil van die Here. Afgevaardigdes word versoek om biddend hiermee om te gaan en die Here se leiding te vra sodat sy wil sal geskied". Lees die volledige skrywe hier.     
Logo
Logo
1.2 Vrywilligers vir PowerPointspan - meld asb. aan!
Ons is nog op soek na vrywilligers om te help met die PowerPoint aanbieding tydens die sinode. As jy gemaklik en kreatief met die PowerPoint formaat is en kans sien om hand by te sit, kontak asseblief vir Francois Herselman by fherselman1@telkomsa.net.
Logo
2.  Sentrum vir Publieke Getuienis
Toekoms van Noord-Kaap myngemeenskappe
Op Donderdag 25 April het Johannes Mouton en Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) saam met 'n span fasiliteerders van Deloitte en 33 kerkleiers 'n werkswinkel op Kathu aangebied. Die SPG is deur die mynhuis Anglo American gevra om die kerkleiers te nooi en 15 kerke was verteenwoordig. Die hoofdoel van die werkswinkel was om te praat oor kritiese uitdagings in die streek en volhoubare gemeenskappe - ook die dag as die myne nie meer daar is nie. Die gedagte is dat die gesprek sal voortgaan in verdere gesprekke met die myne en plaaslike regering. Op die foto's onder is van die kerkleiers in gesprek. Kontak Danelle by 021 957 7202 met navrae.
Gesprek Gesprek
GEMEENTENUUS
Verjaarsdae
Verpleegsters
2. NG Gemeente Parowvallei-Oos: Verpleegsondag
NG Parowvallei-Oos hou op Sondag 12 Mei Verpleegsondag/Nurses’ Sunday met 'n tweetalige diens waarheen alle verpleeg-personeel en mense in medies verwante beroepe uitgenooi word. 
Die diens vind plaas om 09:30 by Markstraat 168 in Parowvallei en almal word uitgenooi om in hulle uniforms by te woon en na die diens saam verversings te geniet. Rig navrae aan die kerkkantoor by 021 931 6410 of ngpvoos@telkomsa.net. Daar is genoeg parkering en motors word opgepas.

NG Bellville-Wes: Manne-oggend met Wouter Basson 1 Junie 2019
Bellville-Wes: Manne-oggend met Wouter Basson - klik bo
65 jaar
4. Bellville-Noord vier 65 jaar
Ons herinner dat alle oudlidmate en belangstellendes hartlik uitgenooi word na NG Bellville-Noord se 65-jarige herdenkingsdiens om 09:30 op Sondag 5 Mei by Meathstraat 69, Bellville.
Spesiale gaste sluit in van die oudleraars van die gemeente, nl. di. Roché Heyns, Stef Esterhuizen en Jan Basson. 

PREDIKANTENUUS
Schalk
1. Schalk Treurnicht groet Heidekoppie
Schalk Treurnicht het op Sondag 28 April afskeid geneem van Heidekoppie gemeente in Brackenfell, nadat sy aanstelling onder die sinode se twee jaar internskapprogram tot 'n einde gekom het. Die gemeente skryf oor Schalk se weggaan: "Ons harte is baie seer. Dankie Schalk vir die afgelope twee jaar. Mag die Here vir jou die pad vorentoe baie duidelik maak en mag jy sy liefde, sorg en seën elke dag ervaar!"
Swanepoels
2. NG Knysna verwelkom Swanepoels
Om 09:00 op Sondag 5 Mei verwelkom die NG Gemeente Knysna vir Hennie en Amanda Swanepoel. Hennie gaan vir ses maande as brugpredikant by die gemeente bedien. Hy was vir bykans twaalf jaar by Melkbosstrand gemeente, en het einde Maart 2017 uitgetree. 
Ons wens die Swanepoels en Knysna gemeente seënwense toe. 

Beckers
 Karlien en Hennie Becker (NG Gemeente Nuwerus)
GEBEDSVERSOEKE

ALGEMEEN
1. Playing cards in sign language available
The National Institute for the Deaf has developed special South African Sign Language (SASL) playing cards for educational purposes. These cards can help the general public, young and old, to learn at least 54 basic SASL signs that will enable them to start basic communication with the Deaf. The signs are displayed in colourful illustrations with the accompanying words in English, Afrikaans, Xhosa and Zulu – five languages in one!
The cards are available from NID at R50 per pack. Complete the order form or send an email to fr.nid@nid.org.za for more information.
Kaarte
Logo
2. HospiVision Conference:
Spirituality and Health Care
The Centre for Contextual Ministry of the University of Pretoria and HospiVision present the third Biennial Conference on Spirituality and Healthcare from 16-17 May at the auditorium of the Vredelust Congegration in Boston, Bellville. OPD (Ongoing Pastoral Development) and CPD points apply. Costs are R700 for one day and R1 200 for both days.  The full programme is available here.  Email enquiries to wanda@hospivision.org.za.
Logo
3. Raakgesien 
Wat is God se wil? 

Het jy al ooit gewonder wat is God se wil? En of daar 'n doel met alles is? Kyk gerus na die onderstaande drie-minute Bybelskool waar Stephan Joubert help om te kyk na ons verstaan van God se wil. Met erkenning aan eKERK.
eKERK
4. Raakgelees
SARS besoek gemeentes 

e-Kerkbode berig soos volg op 1 Mei: "Die Suid-Afrikaanse Inkomste­diens (SAID) besoek tans ge­meen­tes regoor Suid-Afrika om te verseker dat hulle aan wetlike vereis­tes voldoen. Dit kom nadat daar onlangs wyd hier­oor in die media berig is. SAID het reeds twee gemeentes in die Oostelike Sinode besoek, sê Cathy Odendaal, bedryfsbe­stuur­der van dié sinode. 'As ’n gemeente belastingvry­stelling het, moet hulle seker maak dat hulle aan die gestipuleerde vereistes voldoen,' sê Odendaal." Lees die artikel hier.
NUUSBRIEWE
Nuusbrief
PUBLIKASIES
Pinkster
1. CLF: Pinkster... "God beweeg..."
Die 2019-Pinksterreeks ("God beweeg na en saam met sy skepping") geskryf deur Gideon van der Watt, is nou op CLF se webwerf beskikbaar. Namens die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG), wens Eddie Orsmond en Donald Gantana gemeentes soos volg toe: "Mag Pinkster 2019 in julle gemeente geseënd wees en mag die Heilige Gees ons help om die ritmiese beweging van God na en in ons omgewing op te tel en uit te leef. Dit alles sodat God se beweging na en met sy skepping nie by ons as sy beelddraers stol nie." 
Kry hier die reeks in beide Afrikaans en Engels.

Voorblad
2. In die jongste Kerkbode:
Peter Storey, skrywer van die boek I beg to differ – ministry amid the teargas, sê sy kommer is nie by waar jy jou kruisie trek nie, maar eerder by hoe die kerk korrupte politici en korrupsie in eie midde duld. Hier is die video en storie. 
Andrew Murray-pryswenner Jaap Durand sê geloof dra altyd 'n "moment van twyfel". Hy is bekroon vir sy boek In awesome wonder. Lees die onderhoud met hom en ander pryswenners op Bybel-Media se Boekeblad.
Nico Simpson deel sy sketsboek na 'n studietoer in Amerika. 
Bly op hoogte van kerknuus by www.kerkbode.co.za 

3. Pinksterhulpmiddel van Bybel-Media
Bybel-Media se kleurmeditasies vir pinkster is die ideale hulpmiddel vir diegene wat Pinkster 'n tyd van vernuwing wil maak. Dit bevat geloofsgedagtes deur Lisel Joubert met handgetekende gebedsprente deur Nico Simpson. Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op Hemelvaart, Pinkster en die werk van die Heilige Gees in ons lewe, die kerk en die skepping. Dit vertel weer die storie van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk.  
Hierdie publikasie is aanlyn beskikbaar of stuur ’n e-pos  aan bestel@bmedia.co.za.
EKOLOGIE
Hou asb. steeds waterverbruik dop
Die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaap het vandeesweek gedaal tot 34.83%. Alhoewel dit aansienlik beter is as gedurende die ooreenstemmende tyd verlede jaar, moet Kapenaars steeds bedag wees op hul waterverbruik. Damme wat water aan Stad Kaapstad verskaf, staan tans op 46.6%. Lees meer by capetownmagazine.com.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Goodwood Moedergemeente: Basaar 4 Mei
NG Goodwood : Basaar 4 Mei
NG Bothasig: Basaar 3 Mei
NG Bothasig: Basaar 3 Mei
VAKATURES
Vakatures
Logo
1. NG Kerk in SA: Sekretaresse (6/8 pos)
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature by die sinodale kantoor. Die aangewese kandidaat sal die moderatuur van die sinode bystaan en verantwoordelik wees vir sekretariële ondersteuning en administratiewe pligte. Doen aansoek voor 21 Mei - klik hier vir meer besonderhede oor die vereistes en verpligtinge van die pos.
Logo
2. Skiereiland Maatskaplike Dienste Elsiesrivier: 
Skiereiland Maatskaplike Dienste Elsiesrivier is 'n program van Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Hier is twee vakatures beskikbaar. Stuur 'n volledige CV voor 10 Mei aan cnolan@badisa.org.za en dui aan vir watter pos aansoek gedoen word.  
♦ Maatskaplike werker / kantoorkoördineerder - klik hier vir meer
♦ Administratiewe beampte / boekhouer - lees hier verder

Logo
3. ACVV Hoofbestuur: Streekbestuurderspos
Aansoeke word ingewag vir een voltydse pos op middelbestuursvlak in die veld van ouer persone sorg. Die werksgebied sluit in die Suid-Kaap, Klein Karoo en 'n deel van die Overberg, en die standplaas is onderhandelbaar t.o.v. Mosselbaai/Oudtshoorn of George.
Doen aansoek teen 15 Mei - lees hier verder
Logo
4. Innovation for the Blind: Maatskaplike hulpwerker
'n  Vakature bestaan vir 'n maatskaplike hulpwerker by Innovation for the Blind (Instituut vir Blindes). Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir maatskaplike hulpdienste aan persone met visuele sowel as addisionele gestremdhede. Toepaslike ondervinding is 'n vereiste. Aansoeke sluit 3 Mei - klik hier om meer te lees.
TEN LAASTE
Met net meer as ’n week voor Sinode 2019 deel ons graag hierdie video van Goudini en omgewing met afgevaardigdes wat vir die eerste keer in hierdie pragtige deel van ons provinsie kom draai. Met dank aan Abri van Vuuren van Oudtshoorn-Welgeluk.

VrydagNuus-groete 
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.