Logo
6 Mei 2015

Beste Leser

SINODE 2015:
OMDAT ONS DIE EVANGELIE GLO, LEEF ONS MET HOOP

Dagtema vir Woensdag 6 Mei: Barmhartigheid.

Hierdie SinodeNuus is 'n gekombineerde publikasie met die weeklikse VrydagNuus.
1. Artikel 1 - Besluite
Die Algemene Sinode se proses rondom die aanvaarding van die voorgestelde Artikel 1 het twee afsonderlike prosesse ingesluit. Die een proses was om gemeentes se standpunt te bepaal. Die Wes-en-Suid-Kaapse gemeentelike proses is reeds vroeër afgehandel. Twee derdes van al die gemeentes in die land moet ingevolge die Kerkorde die voorstel goedkeur om dit van krag te maak.
Die tweede proses was die besluit van die sinode (vergadering) oor Artikel 1. Die sinode het vandag die aangehegte besluit geneem.
Die voorsitter, Nelis Janse van Rensburg, se kommentaar oor hierdie besluite van die sinode is aangeheg beskikbaar.
2. Leerstellige en Aktuele Sake
Die Sinodale Taakspan vir Leerstellige en Aktuele Sake het vandag 'n omvattende verslag voor die sinode laat dien – oor sake soos hidrobreking, onderwys, geloof en wetenskap, doop en die Israel-Palestina kwessie. Klik hier.
Brood en wyn
3. Doop- & Nagmaal-oomblikke
Die oggend liturgie was ryk aan simboliek: water aan vingerpunte wat herinner aan God se aanraking deur die doop ...
Ons breek die brood en gee dit aan. En word herinner daaraan dat ons die Brood hét om iewers vir 'n medemens 'n gaatjie te vul ...

Dowekoor
4. Barmhartigheid
Die sinode is vanoggend aangegryp deur mense wat met uitdagings leef  - en 'n voorbeeld vir ons is deur die oorgawe waarmee hulle dit doen!
De la Batskool vir Dowes se kinders het kom sing. En ons het na hulle sang GEKYK en in hulle breë glimlagte en blink oë die Here duidelik gesien.
Deur 'n blinde se braille-voorlesing uit die Bybel HOOR ons die evangelie: "Gee julle vir hulle iets om te eet." (Mar6:37) - en word diep aangeraak daardeur ...
5. Sinodegangers deel hulle indrukke
Sinodegangers deel indrukke
6. Spekbome gekweek vir die Here
Met hulle geskakeerde groen, ronderige, voghoudende blaartjies staan elke sinodeganger se geskenk-spekboompie kordaat in sy kondensmelk blikkie op die tafel.
Gee stil-stil mildelik suurstof. Onderhou lewe …
En die projek groei ... kry lewe.
Kweek vir die Here-manne, dankie!
7. KGA groet twee PSD's
Die KGA groet drr Johan Botha en Francois Wessels, twee Predikante in Sinodale Diens (PSD's) wat oor jare met toewyding en passie vir die koninkryk gewerk het. Mag die Here u pad vorentoe, seën!
Francois Wessels en Johan Botha
8. Tokkel Lock hou Sinode!
Dag 1

'n Hele paar finalejaars word by die sinode ingespan as algemene hulp of "runners".
Dit gee hulle 'n blik op die werking van 'n sinodesitting van hierdie omvang én gee aan ons die kans om een van hulle, Tokkel Lock, se indrukke van die sinode met lesers te deel. Van die elektroniese stemmery met "dingetjies" tot oom Coenie wat sy aftrede moet heroorweeg. Klik hier ...  :)
Tokkel Lock
Dag 2
Ons groot-oog student, Tokkel Lock, reken aan die einde van dag 2 as die kerk iets van uitdeel en versorg verstaan, bring ons lewe in die gemeenskap waarin ons leef ...
Klink nogal na wat Jesus kom doen het: “Ek het gekom dat julle lewe in oorvloed kan hê.” Lees hier ... :)
9. Ook gehoor ...
9.1 Seiljag

Wéét mense van ons kerk se stories van hoop? Vertel ons dit? Lééf ons dit, is vandag gevra.
Houtbaai se omkeer is een so 'n storie. Gerhard Pietersen gee 'n blik op sy gemeente. In sy woorde: "Die kerk is dikwels soos 'n seiljag in die hawe, ons dobber rond maar gaan eintlik nêrens nie - en agter ons brand die hawe ... " "En soms doen die Here iets groot, soos 'n brander wat oor ons spoel ... " 
Monty Sahd
9.2 Handskoene
Monty Sahd vertel hoe die suster wat sy bloed moes trek by die Discovery-tent, versigtig en met respek handskoene aangetrek het voor sy met hom gewerk het. Op ‘n lid van die vergadering se voorstel dat ons eers stil word voor ons verder oor Artikel 1 praat, gee hy tyd vir stilgebed – vir handskoene aantrek – handskoene van respek en versigtigheid, omdat dit ons medemens is met wie ons werk …
10. Die Engelbrechts hou Sinode
Drie Engelbrecht-manne: Pa Johan, Johan en Faani. "
Die lekkerste van saam hier wees, is die laataand koffie-kuier. Selfs al lê ons pa reeds wanneer ons by die kamer kom, spring hy dadelik op en kuier saam. Toe ons kinders was, het ons gereeld saam musiek gemaak: Pa voor die klavier, elke kind met ‘n instrument. Ons het maar so groot geword met musiek en die kerk." Hulle vertel verder ...
Faani, pa Johan en Johan Engelbrecht
11. Meer Sinodebande 
Oral by die sinode loop mens groepies mense raak wat besondere bande met mekaar deel: Klasmaats, swaers, broers ... of pa en dogter/pa en seun/man en vrou. Braam Hanekom en sy dogter, Marietjie het 'n besondere verbintenis met Hans en sy seun Niel Steyn - Marietjie en Niel is man en vrou. Hier is die drie Steyns se indrukke.
Hans Steyn, Niel Steyn, Marietjie Steyn, Braam Hanekom
Keisuke Sakai
12. Selfs Sinodebande tot in Japan!
Die hoofdoel van Missie Japan se jongste nuusflits is om te sê: wees op die uitkyk vir 'n bussie vol Japanners! Binnekort land 'n afvaardiging van sewe leraars van ons susterskerk, die Christian Reformed Church in Japan (RCJ), in Kaapstad vir 'n 12 dae besoek. 
Mag dit – soos voorheen – wéér so wees dat die Japannese nie uitgepraat sal kan raak oor die warm harte en die oop hande waarmee hulle orals deur hulle Suid-Afrikaanse susters en broers ontvang is nie. Hoekom kom die groep al die pad uit die Verre Ooste? Wat is die doelwitte van die besoek? Ons is so bevoorreg om Vrydag eerstehands hiervan te hoor! Lees meer op Missie Japan se webblad.
13. Nuus uit die Breë Kerkverband: Verklaring VGKSA en NGK
Prof Jerry Pillay van die World Communion of Reformed Churches het 'n verklaring uitgereik na afloop van gesprekke tussen die moderature van die VGKSA en die NGK van 23-24 April in Kemptonpark. Klik hier om meer te lees.
Arbeidsbediening logo
14. Arbeidsbediening: Menslike nood in Tafelbaai Hawe
Dane du Plessis van Biblia Hawesending laat weet dat daar tans twee skepe onder arres in Tafelbaai Hawe is. Dit beteken dat van die seemanne reeds vir maande sonder ’n salaris is en dat dit vir hulle baie moeilik is om bv hul gesinne tuis te onderhou. Behalwe daarvoor het  dit ook baie ander negatiewe rimpeleffekte op hul voorrade tov kos en klere. Dane doen ’n beroep op alle moontlike hulp, asb. Kontak hom by duplessisdane@yahoo.com.
Lees ook meer oor die situasie hier.
Blom
15. Algemeen
'n Gebed vir die wye spektrum van Moederskap

Tinus van Zyl (NG Durbanville) stuur 'n gebed met die oog op Moedersdag, vanjaar op Sondag 8 Mei.
"Here God, U wat ons ware Ouer is, ons Vader en ons Moeder, ons bid:Vir hulle wat vanjaar geboorte geskenk het aan hul eerste kind – ons vier dit saam met hulle.Vir hulle wat vanjaar ‘n kind verloor het – ons rou saam met hulle. Vir hulle wat in die loopgrawe met klein kindertjies is, met vlekke op hul klere en sakkies onder hul oë – ons waardeer hulle..." Belangstellendes kan aangeheg meer lees.
Kers
16. Met Innige Simpatie
Ons betuig graag ons meelewing met die afsterwe van ds NEJ (Doons) Louw van die NG Gemeente Bellville-Oos. Ds Louw, wat in 2000 emeriteer, is verlede Woensdag op 71-jarige ouderdom aan kanker oorlede. Hy was tot onlangs pastorale hulp en nou betrokke by die bejaarde bediening in Bellville-Oos. Hy is op 5 Mei vanuit NG Bellville-Oos begrawe. Die diens is gelei deur ds Bennie du Plessis. Ons betuig graag ons innige simpatie aan sy vrou, Helene, kinders en kleinkinders.
17. Gemeentenuus: Durbanville-Bergsig
NG Durbanville-Bergsig bied op 22-24 Mei 'n berading- en bevrydingskursus in hulle kerksentrum (hoek van Boland- en Proteaweg, Durbanville) aan. R450 per persoon, kursusmateriaal en koffie/tee ingesluit. Meer inligting is by Liezl Loubser 021 976 4106 of geestelikeversorging@bergsigdv.co.za
basaar
18. Kuierkans
18.1. NG George-Denneoord: Basaar

Die NG Gemeente George-Denneoord nooi almal van George en omgewing uit na hulle gemeentebasaar om 17:00 op Vrydag 8 Mei by die kerksentrum (hoek van Charlotte- en Wallisstraat, Denneoord, George). Smullekker kos en vermaak! Navrae: 044 873 5642.
Vinkel & Koljander
18.2. NG Durbanville-Bergsig: Vinkel en Koljander Mark
Die Vinkel & Koljander Mark is op 29 en 30 Mei by NG Durbanville-Bergsig in Vierlanden, Durbanville.
29 Mei: 08:30-20:00 en 30 Mei: 09:00-14;00.
Koffiewinkel, eetgoed, allerlei kwaliteit produkte, gratis toegang en baie parkering.
Skakel Edna 083 302 4838.
18.3 Alta du Toit: Liewe Heksie Pantomime
Op 23 Mei word die Liewe Heksie-pantomime in die Bellville Burgersentrum aangebied ten bate van Alta du Toit Nasorgsentrum in Bellville. Die fondse wat op die dag ingesamel word, sal gebruik word om te voorsien in die behoeftes van die intellektueel gestremde inwoners van die Sentrum. Skakel Marina 021 913 2106 - klik op foto vir meer.
19. Sinode Kommunikasie
Belangrike sake word deurentyd op Facebook en Twitter gekommunikeer aan belangstellendes. 
Enigeen kan vir SinodeNuus en VrydagNuus inteken deur 'n e-pos met 'n naam en e-posadres na kommunikasie@kaapkerk.co.za te stuur.
Like asseblief die sinode op Facebook by NGWesSuidKaap.
Volg gerus ook die gesprekke op Twitter by @WSKaap.

20. 'n Prentjie omsluit 'n duisend woorde ...
Die fokus op die kerk se barmhartigheid - en stories van hoop - is soos 'n lamp wat aangesteek word ... Hier steek Almo Zietsman die Ring van Swellendam se kers aan. 
Almo Zietsman
Ten Laaste 
"Die NG Kerk is my moeder en ek is baie lief vir haar. Ja, sy het gebreke en foute en sy kan soms onseker wees. Maar sy het my gevorm en alles waarvan ek oortuig is, het ek by haar geleer.”  - Nelis Janse van Rensburg
Nelis is lief vir die kerk
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.