Subscribe to our email list
 24 Junie 2016

Beste Leser
Koos van der Vyver
SINODENUUS
1. Wes-Kaapland Sinode
Koos vd Vyver (PSD Hospitaalpastoraat) ons salueer jou!
Aan die einde van Junie 2016 groet die Sinode van Wes-Kaapland vir dr Koos van der Vyver, iemand wat die genade ontvang het om oor jare sy passie vir siektepastoraat op verskillende terreine uit te leef.
Koos was sedert Augustus 1984 hospitaalleraar in die Kaapse Skiereiland (oa by Groote Schuur, Tygerberg en MediClinic Panorama, terwyl hy siekes in ander hospitale ook bedien het).
Koos se kollega is hospitaalpastoraat, Deon Bruwer, som Koos met die volgende woorde op:
deernis, integriteit, redelikheid en presiesheid. Wat 'n getuigskrif!
By "Ten Laaste" (heel aan die einde van VrydagNuus) skryf Koos ...
Mag die nuwe lewensritme in Langebaan julle baie vreugde verskaf, Koos en Marlet. Ons gun julle 'n geseënde aftrede.
1.1 Koos: Koning, Priester of Profeet?
Oor sy bediening vertel Koos: "Toe ek in my studiejare begin twyfel het of ek wel predikant moes word, het God my tydens ons siekepastoraat-opleiding in die hospitale gebring en het ek sy roeping daar baie duidelik gehoor. Hy het my verder voorberei deur my as student in die gemeentes van Maitland en Ruyterwacht betrokke te maak. God het my ook voortdurend opgeskerp vir my bediening deur my betrokke te hou by studenteopleiding vir die pastorale bediening. Verder het Hy my geseën met Marlet as vrou, en ons seun en dogter. Hulle drie, en nou ook ons skoondogter en kleinkind, was en is steeds my veilige hawe.
Ek het altyd gesê dat ek 'n swak regeerder is en daarom nie juis Christus se koningsamp kon opneem nie; so weet ek ook min van die toekoms en kan nie 'n goeie profeet wees nie, maar Hy het my 'n passie  gegee om vir sy kinders by Hom in te tree, daarom kan ek my vereenselwig met sy priesteramp.  
Dit het aanleiding gegee tot JW (Koos) van der Riet se sketse (onder) van my as een van die 'Witte Vaders' (ongelukkig weet ek nie presies waar in Afrika hulle Katolieke-orde is nie)."
Koos van der Vyver predikant
Koos - die predikant
Koos van der Vyver priester
Koos - die priester
Gustav Claassen neem Nelis Janse van Rensburg af
2.1 NG Kerk en World Council of Churches
Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen [ASM]) en Gustav Claassen (algemene sekretaris) is tans op besoek aan Noorweë, waar hulle die vergadering van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke (WRK)/World Council of Churches (WCC) in Trondheim bywoon.
Die Sentrale Komitee is die uitvoerende liggaam van die WRK en vergader elke twee jaar. 
Die aanvaarding en terugverwelkoming van die NG Kerk as
as volle lid in die WRK is een van die besprekingspunte op die agenda.
Op die foto regs is Gustav besig om Nelis met 'n selfoon of twee af te neem tydens Woensdag se vergadering. Onder is Nelis te midde van eeue oue argitektuur en tradisie ...
Nelis Noorwee Nelis Janse van Rensburg
CHE studentesentrum
2.2 Op besoek aan Nederland
Nelis en Gustav het ook in Nederland besoek gebring aan die voorsitter, onder-voorsitter en nuwe algemene sekretaris van die Protestantse Kerk in Nederland (PKN).
Hulle het onder meer ook die Protestantse Teologiese Universiteit en die Christelijke Hoge-school Ede (CHE) besoek waar die PKN opleiding aan kerklike werkers gee. Dit is vergelykbaar met die model wat tans by die Hugenote Kollege ontwikkel word. Die sentrum van die PKN wat verantwoordelik is vir verdere opleiding van predi-kante, asook lidmate en kerkraadslede, was ook deel van hulle agenda.
Regs: Die CHE se studentesentrum van binne.
CHE-gebou
2.3 CHE Gebouw Prisma
Die webwerf van die Christelijke Hogeschool Ede (CHE) deel interessante inligting oor die argitektuur:
"Die wereld van morgen is je wereld van vandaag. Die toekomst is een hoopvolle toekomst omdat we geloven in de Hoop die altijd dichtbij is. CHE’ers zijn daarom onderdeel van een beweging van hoop. Zoals door het glas van Gebouw Prisma het licht naar binnen komt, zo schijnt Gods licht door ons heen. Hoop en passie worden zichtbaar door kwetsbaarheid en transparantie. Hoop verwacht herstel midden in gebrokenheid. Hoop biedt uitzicht op een beter, een mooier bestaan. Zoals een prisma het licht breekt in een waaier van kleuren, zo stralen CHE'ers hun kleur uit daar waar ze leven en werken." Klik hier.
NG Kerk-logo
3. ASM vra Geduld oor Appèlproses
Die e-Kerkbode berig: "Geduld. Dis waarvoor ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM), gevra het terwyl die appèlle teen die Algemene Sinode se besluite oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag hanteer word.
Hy het ook 'n klompie inligting gegee oor die verloop van die proses nadat die moderatuur van die Algemene Sinode onlangs vergader het." Belangstellendes kan hier verder lees. 
Ook Gustav Claassen, algemene sekretaris, het in sy jongste brief aan predikante hieroor 'n paar opmerkings gemaak. Klik hier.
Louis Leipoldt Hospitaal
4. Aandag! Hospitaalpastoraat
Die Diensgroep Armoede & Sorg vra plattelandse gemeentes om voortaan as hulle lidmate in die Kaapse hospitale het en pastorale versorging vir hulle verlang, vir Wanda de Jager by HospiVisie (021 931 0311) of Isabella de Kock van Armoede & Sorg (021 957 7113) te kontak. Hulle sal help om met iemand kontak te maak wat lidmate in die betrokke hospitaal kan gaan besoek.  
Let ook op leraars wat deeltyds met hospitaalpastoraat help - sien onder:
Hospitaalleraars
5. Communitas: VBO vir volgende kwartaal
Wilma le Roux nooi alle belangstellendes om nou reeds plek in hul dagboeke te maak vir enkele van die VBO-kursusse wat vir die derde kwartaal beplan word. VrydagNuus van 10 Junie het reeds die eerste kursusse genoem. Oorweeg gerus die volgende:
23-25 Augustus: Sertifikaat Blok 3: Triniteit - Die wonderlike, vreemde God in Wie Christene glo. (Coenie Burger en Marius Nel)
23-25 Augustus: Sertifikaat Blok 9: Gemeenskap - om koinonia en diensbaarheid in gemeentes te versterk (Laaste module van eerste groep)
1 September: Hoe kan ons mekaar se Godgegewe menswaardigheid herbevestig in 'n konteks van stigma en diskriminasie? (Elize Morkel en andere)
Kontak Wilma met navrae en inskrywings by wler@sun.ac.za of 021 808 3624.

Marius Nel, Elize Morkel en Coenie Burger
Angeline Brooks
6. Kerkargief groet Angeline Brooks
By die Kerkargief op Stellenbosch word op Vrydag 24 Junie 2016 na 18 jaar afskeid geneem van Angeline Brooks.
Sy het in April 1998 as sekretaresse by die Argief (toe nog in Greystraat, Kaapstad) b
egin en is in 2000 bevorder tot argiefbeampte, verantwoordelik vir die argivalia van die drie Kaaplandse sinodes, ringe en gemeentes. 
Vir Angie was die lekkerste deel van die werk om mense te help met noodsaaklike dokumente (afskrifte van geboorte- of huweliksertifikate) om 'n boedel of emigrasie af te handel. Sy gaan die positiewe werksomgewing en haar kollegas baie mis: "Ek gaan met baie mooi herinneringe weg en is dankbaar vir jare se kennis en ervaring."
Angie, ons wens jou baie voorspoed en sukses toe met die nuwe werk as deel van die Stad Kaapstad se span. 

Carel Johannes Hugo
ALGEMEEN
1.1 Met simpatie
Ds Carel Johannes Hugo
27 Des 1923 - 22 Junie 2016

Ons het met leedwese kennis geneem van die dood van 'n welbekende en geliefde predi-kant van die Paarl, ds Carel Hugo. Hy begin sy bediening in 1949 in Pofadder en sit dit in 1953 in Windhoek en in 1955 in Windhoek-Wes voort. Onder sy vorige gemeentes tel Calvinia (van 1959), Moorreesburg (van 1964) en Paarl-Vallei, waar hy in 1988 emeriteer.
Sy seun, Johann Hugo, skryf: "Hy was 25 jaar in ampte soos skriba van die eertydse Suidwes-Afrika-sinode, voorsitter van die Ring van Namakwaland, voorsitter van verskillende sinodale en ringskomissies, asook koshuiskomitees, en verder 20 jaar hooftoesighouer van die jaarlikse matriekeksamen in oa Moorreesburg en by Paarl Gimnasium."
Ds Hugo word oorleef deur sy vrou, Elna (bekende in die destydse Kinderkranskringe en voormalige redakteur van die Touleiertjie - die beminde kwartaalblad met lesmateriaal vir Kinderkransleiers), kinders Marieke, Johann en Ilza, sewe kleinkinders en een agterkleinkind. Sy ander seun, Callie, is reeds oorlede.
Innige simpatie met hierdie groot verlies: iemand met 'n besondere nalatenskap en wat 'n verskil in baie mense se lewens gemaak het.
Amor en Gerhard Pietersen
1.2 Simpatie, Gerhard en Amor Pietersen
Ons harte gaan uit na Gerhard en Amor Pietersen van HoutbaaiGemeente.
Amor se ouers, Tewie en Eurika Human, was Saterdag 18 Junie die slagoffers van 'n dubbele moord in Groot-Brakrivier, waar hulle reeds 25 jaar gewoon het en goed bekend was.
Ons sit by julle in hierdie traumatiese tyd. Ons bid saam met julle vir kalmte en stilte in julle gemoed - en vra genade en troos by die Here.
Opregte simpatie van julle broers en susters in die geloofsgemeenskap.
2. Badisa se Kaleidoskoop
Nuutste tegnologie = Nuwe moontlikhede
Sedert September 2015 staan die Instituut vir Blindes bekend as Kaleidoskoop.
Nou is daar verdere opwindende nuus van hierdie Badisa-program vir siggestremdes in Worcester. Gaste van Kaleidoskoop het die afgelope weke met die Apple-tegnologieopleidingsentrum kennis gemaak. Dit is volgens Kaleido­skoop, sover bekend, die eerste in sy soort ter wêreld en maak die heel ­nuutste inligtingstegnologie, onder meer raakskerm-tegnologie, toeganklik vir blindes.
Kaleidoskoop het so ook die eerste organisasie in Afrika geword om hierdie opleidingsdiens vir siggestremdes te bied. Die sentrum was die droom van Hein Wagner, bekende oudleerder van die Pionierskool en handelsnaam-ambassadeur vir KaleidoskoopLees hier, met dank aan Netwerk24.
3. Biblia Hawesending herinner aan Sea Sunday
Wêreldwyd word die tweede Sondag van Julie jaarliks as “Sea Sunday” erken en gevier. Op hierdie spesifieke dag word daar gebid vir al die seevaart- en verwante dienste, onder andere vir visserye, seereddingsinstitute en die internasionale skeepsbedryf.
Die volgende geleentheid is op Sondag 10 Julie - en gemeentes kan gerus oorweeg om in eredienste hieraan aandag te gee. Lees meer hieroor, soos ontvang van Biblia Hawesending, vennoot van ons NG Kerk-familie se Arbeidsbediening.
4. Hulpmiddels vir die Bediening
Predikante en andere wat by gemeentes se verskillende bedieninge betrokke is, is dikwels op soek na vars maniere en media om die boodskap te bring. Een so 'n hulpmiddel wat beskikbaar is, is Ekerk se "60 sekonde waarhede".
Dit is 'n reeks kort video's waarin allerlei onderwerpe kort en kragtig aangeraak word. Belangstellendes kan onderaan klik om te hoor hoe Roedolf Botha onder meer oor hoe jy kan weet en die waarde van 'n verhouding met God gesels. (Met erkenning aan Ekerk oorgeneem).
Video - Hoe weet jy?
Lettie Visser
5. Dwelmbewustheidsweek 24 - 28 Junie
Vanjaar is die tema van hierdie week "Kicking your habit. Choose your destiny."
Dwelmbewustheidsweek (24 tot 28 Junie) plaas die kollig opnuut op hierdie maatskaplike uitdaging. Ramot Behandelingsentrum vir Substansafhanklikheid in Parow ('n Badisa-program) is reeds in 1964 deur die NG Kerk begin en het sedertdien duisende verslaafdes tot herstel begelei. By Ramot brand daar vir die hele week van 24-28 Junie 'n kers in die voorportaal as simbool van pasiënte wat met 'n nuwe "lig" uitstap om God se liefde weer in die wêreld te help indra.
Lees gerus hier meer - met erkenning aan Tygerburger en Netwerk24. Kontak Lettie Visser, bestuurder, hier. Meer is ook op Ramot se webblad beskikbaar.
6. MES: Afskeid vir Ilse Maartens
Op Donderdag 30 Junie word feestelik afskeid geneem van Ilse Maartens (voorheen Els), uittredende takbestuurder van MES Kaapstad. 
In haar afskeidsboodskap sal sy uitwei oor haar ongekende passie vir straatmense en hoe die staat, kerk en sakelui hande kan vat om saam gemeenskappe te verander. Sy sal ook praat oor die ontwikkeling van dié tak en die dienste wat die afgelope 30 jaar aan die straatmense in Bellville en omgewing gelewer is.
Meer besonderhede oor MES is by Arthur Mukhari by 021 949 8736 beskikbaar. 
MES vier 30 jaar
MES Kaapstad se personeel. Ilse is voor, tweede van regs
Hillary Clinton
7. VSA-presidentsverkiesing 
Hoewel nie alle presidentskandidate in die VSA gemaklik is om standpunt in te neem oor hulle (Christelike) geloof nie, dui reaksie in die sosiale media daarop dat heelwat mense hulle kan vereenselwig met Hillary Clinton se opmerkings oor haar geloof.
Me Clinton is 'n Metodis, maar praat nie dikwels tydens die presidentsveldtog oor haar geloof nie.
Belangstellendes kan hier klik om meer te lees. 
Intussen kan gemeentes asb oorweeg om voorbidding te doen vir ons komende munisipale verkiesings op Woensdag 3 Augustus.
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Sonstraal: The Question of Life 
'n Kursus vir jong volwassenes, aangebied deur Hanno Ackerman. Klik onder vir meer inligting en kontak kantoor@sonstraal.org.za met navrae.
NG Sonstraal - The Question of Life
2. NG Gemeente George: Die Bybel in Gedrang?
George Moedergemeente bied op 3 en 4 November 'n tweedagkonferensie aan waar gefokus gaan word op die gesag van die Bybel binne die hedendaagse konteks. Bekende sprekers soos Fanie Cronjé, Stephan Joubert, Chris van Wyk en Roedolf Botha neem aan die gesprekke deel.
Aktuele vrae wat Christene al hoe meer laat kopkrap, gaan gevra en hopelik deels beantwoord word. Vir meer inligting oor die sprekers, koste en kontakbesonderhede, klik hier. Sien ook hieronder meer besonderhede.
NG George konferensie - Bybel in gedrang?
3. Gemeentes se Uitreike
Uit die inligting wat ontvang is, is dit duidelik dat ons gemeentes wyd en ver uitreik en betrokke is. Wat 'n wonderlike getuienis hoe God ons gebruik om kerk in die wêreld te wees. Meer hieroor is reeds op ons Facebook gedeel.
Gemeentes en lidmate kan asb oorweeg om vir hierdie groepe te bid. Hieronder is slegs enkele gemeentes se inligting. Dankie aan elkeen wat in die vakansie hierby betrokke is, al is jy net die dame wat 'n serp gebrei of 'n pot sop vir die uitreike gekook het, of die man wat help met die vervoer vir die uitreike.

Middelpos
Paarl-Vallei stuur nuus oor hulle onlangse uitreik na Middelpos. Dit was reeds hul vierde jaarlikse uitreik met selfbeeld as tema. Bou- en herstelwerk, kreatiwiteit, 'n pretloop, handwerk, gesprekke, potjiekos en baie meer was deel van die naweek van 20-22 Mei se program. Langtermyn-verhoudings word hier gebou.
Middelpos kosmaak
Middelpos se grootmaat kosmaak
Zithulele
Vir Kenridge lê die groot trek voor: hulle besoek VGK Zithulele van 25 Junie tot 10 Julie. Hulle het ook reeds lank 'n verbintenis met Zithulele en gaan bedien hulle op vier maniere: restourasiewerk, winterskool, hulp by Zithulele-hospitaal se pediatriese saal en vrouebediening. Bid asb vir Christi Thirion en sy span.
Zithulele kreatief
Kreatief op Zithulele
Genadendal
Die jongmense van Worcester-Noord vertrek op 16 Julie weer na Genadendal toe om prakties en geestelik met die kinders van die Laerskool JL Schmidt te werk. Wipplanke word oa gebou en die tuin en waterstroom skoongemaak.
Worcester-Noord werk op Genadendal
'n Wipplank vir Genadendal in wording
Rooiwal-Suid
Caledon-Wes en Ceres Moedergemeente gaan van 24 Junie tot 2 Julie saam uitreik na die Rooiwal-Suid gemeenskap, 9.5km wes van die Vioolsdrift-grenspos, waar hulle die gemeenskap fisies en geestelik wil help bou. Hulle gaan met die kinders speel, hulle ouers en onderwysers toerus en voorsien van noodsaaklike hulpbronne en medisyne. Dink asb aan Francois Maritz en sy span.
Drukkies op Middelpos
Drukkies op Middelpos
Merweville
Bellville-Uitsig reik van 25 Junie tot 2 Julie vir die twaalfde jaar uit na Merweville. Die groep sluit agt tieners van Parowvallei-Oos, vyf van NG Merweville en agt van die VG Merweville in.
Hulle fokus sluit 'n vakansieprogram vir kinders, lewensvaardighede vir die vrouens, werkswinkels vir tieners en volwassenes, asook leierskapopleiding in.
Die spanleier is Louis Minnaar, met Theo Swart van NG Parowvallei-Oos wat ook saamgaan. Baie sterkte en voorspoed!
Uitsig oor Merweville
Die uitsig oor Merweville met die bekende kerktoring voor
Fraserburg
Vishoek-gemeente is baie opgewonde om saam met al die mense van Fraserburg die Here te dien en te loof. In 'n kort tydjie is daar noue bande gesmee met NG Fraserburg en VG Fraserburg. NG Vishoek, oftewel A2j (Addicted to Jesus), soos die uitreikspan heet, werk in verskeie spanne.
Hulle neem van 25 Junie tot 3 Julie 76 lede saam. Dit sluit in die vier eerstejaar teologiestudente van US, 'n student van Japan en vier gemeentelede van NG Valhalla in Pretoria. Die span word verdeel in 'n Jeugspan, Volwassespan, Seniorbedieningspan,
Mathfabulousspan, 'n Onderhoud-span, en 'n Mediese-bedieningspan. 
Vishoek-uitreikspan
Die Vishoek-uitreikspan reg vir aksie
Lesotho, Canxibe (Transkei) en van Kosibaai tot Nature's Valley
Tydens die vakansie is daar hoofsaaklik drie aksies van Kruiskerk op Stellenbosch wat op uitreike gaan:
1) Atlete vir Christus (AVC) toer van 22 Junie tot 14 Julie met 'n span van 24 van Kosibaai af tot in Nature's Valley oor 1980 km. Leiers: Alta van Schalkwyk en Eugene Marais. Toerpa: Irénée Heyns. ‬
2) Transkei Werkers-Aksie (TWA) gaan met n span van 25 studente na die Canzibe-Sendingstasie van 3-16 Julie. Spanleiers: Rachel Prinsloo en Casper van Zyl. ‬
3) Lesotho Hoop Projek: 'n Span van 26 studente gaan vanjaar van 24 Junie tot 12 Julie na Maphutseng in Lesotho. Leiers: Lionel Hutton en Helané Laubscher. ‬
Atlete vir Christus
Atlete vir Christus 2015 op die pad
#Imagine Mission Exposure
#Imagine Exposure: Llandudno
Helderberg Jeug vertrek van 25 tot 29 Junie op die #Imagine Exposure uitreik by Apostel Battery, Llandudno en die omliggende Imazamuyethu en Hang-berg-gemeenskappe, Straatwerk, Kaap-stad en MES, Bellville.
Hulle inligtingspamflet som die doel van die uitreik soos volg op: "The aim of this mission is to empower young leaders in local churches. To teach and expose them to mission with the goal to replicate this in their own communities."
Shiselweni, Swaziland
Helderberg Uitreik reik uit na Swaziland van 16 - 24 Julie 2016.
Op versoek van die Shiselweni Home-Based Care (Arnau van Wyngaard), die organisasie van die Shiselweni-gemeente van die Swaziland Reformed Church, vertrek 'n span van ses arbeids-, fisio, en spraakterapeute na Swaziland om kinders van twee skole en 'n kinderhuis te evalueer, programme te ontwerp en opleiding te gee aan onderwysers in die Dwaleni-disitrik. Die span word vergesel deur Hannes en Louise Theron - en ons wens hulle baie sterkte en seën toe.
Helderberg-uitreikspan
Deel van die Helderberg-uitreikspan
Vlnr Tanya Jones-Simon, Joany Rogers, Luán Fick, Ashley Gaskin
Calitzdorp, Prins Albert, Zoar, Bambisana, Mavusa & Leeu-Gamka 
195 uitreikers van die VGK Kraaifontein en Klipheuwel, en die NG gemeentes van La Rochelle, Onrusrivier en Stellenberg vertrek gedurende die komende vakansie op ses uitreike na Prins Albert, Zoar, Calitzdorp, Bambisana (Transkei), Mavusa (Limpopo) en Leeu-Gamka.
By Stellenberg het Liezl Stassen gister al die serpe, poncho's en musse wat saam op uitreike gaan, netjies vir die langpad verpak. Daar is  546 serpe, 696 musse en 70 poncho's om saam te neem! Dankie aan elke lidmaat wat 'n bydrae tot die mooi poging gemaak het.
Die Kweek vir die Here-span het vetplantjies vir die uitreike voorberei. Die plantjies, in 'n mooi versierde blikkie, word tydens tuisbesoeke as geskenkies oorhandig. Hier is Kallie Vlok besig om die kissie met plantjies te verpak.
Liezl Stassen verpak serpe en musse
Serpe, musse en poncho's
Kallie Vlok verpak vetplantjies
Vetplantjies verpak
4. Wildtuin-kerk Verkwik die Siel!
'n Interessante brokkie nuus vir diegene wat 'n punt daarvan maak om jaarliks in die Junie-skoolvakansie in die Krugerwildtuin te gaan wegkruip vir die Kaapse koue.
Oorweeg gerus 'n (her)besoek aan die NG Gemeente Krugerpark, geleë in die Nasionale Krugerwildtuin by Skukuza, op die suidelike bank van die Sabierivier. Dié gemeente, deel van die Oostelike Sinode, het op 1 April 1986 sy 30ste verjaardag gevier.
Die kerk spog met die enigste pastorie in die wêreld wat in ’n wildtuin is. Skukuza se kerkklok is een van min – dalk die enigste – wat aan ’n stuk hardekoolstam hang. Die doopvont is in ’n hardekoolstomp. Die hout, soos dié van die preekstoel, kom alles uit die Krugerpark. Lees gerus hier verder ... met dank aan Netwerk24.

Rooibokkies op die kerkterrein
Rooibokkies wei voor die reuse-koorsboom by die kerk
Twitter Facebook YouTube
Danie van Zyl
PREDIKANTENUUS
1. Tot siens, Danie van Zyl
Aan die einde van Junie is dit tyd om Danie van Zyl (verbonde aan die Diensgroep Getuienisaksie, met NG Stellenberg en Welgemoed as vennote) te groet.
Hy het pionierswerk onder Xhosasprekende Christenleiers in die townships van die Kaapse Metropool gedoen. Hier het hy veral sedert 1992 met die stigting van die Sokhanya Bybelskool die verskillende kontekste waarin Bybeltekste geskryf is, en hoe dit verstaan behoort te word, diepgrondig aan honderde kerkleiers van verskillende denominasies oor jare heen oopgebreek.
Lees aangeheg wat Hennie Pretorius oor Danie skryf. Seën vorentoe, Danie!          
Cornis Botha
2. NG Klawer ontvang Cornis Botha
Welkome goeie nuus vanuit Klawer! Cornis Botha word op Vrydag 24 Junie om 19:00 bevestig as nuwe leraar in dié gemeente. Almal is welkom vir verversings na die plegtigheid in die kerksaal.
Sy intreepreek vind op Sondag 26 Junie om 09:30 plaas. 
Cornis, 'n student van die Universiteit van die Vrystaat, was sedert 1 Julie 2014 leraar in die NG Gemeente Ventersburg (Vrystaat Sinode) en is verloof aan Elsjé Cronjé.
Aan beide Cornis en Klawer: mag die nuwe gesamentlike reis vir julle sinvol en geseënd wees.
Myrtle Neewat-Joubert
Ds Myrtle Neewat-Joubert, haar man Marlon Joubert, hulle dogter Nichole en seun, Nicholas Joubert
3. VGK Komaggas:
Welkom ds Myrtle Neewat-Joubert

Daar heers groot opgewondenheid in die VGK Gemeente Komaggas (deel van die Ring van Steinkopf) oor die ontvangs en bevestiging van ds Myrtle Neewat-Joubert en haar gesin op 2-3 Julie 2016.
Ds Myrtle Neewat-Joubert was vir die afgelope drie jaar die leraar van VGK Beaconvalley in Mitchellsplein.
Die bevestigingsrede sal deur dr Natie Philander waargeneem word en ds Quentin Minnaar, die konsulent en leraar van  VGK Okiep, sal die bevestiging waarneem. Ryke seën toegebid!
Lewellyn MacMaster en Paulus de Wet
Dr Llewellyn MacMaster en ds Paulus de Wet
4. Ds Paulus de Wet
Van SA Gestig na Springbok

Ds Paulus J de Wet, leraar van VGK SA Gestig, Belhar, het 'n beroep na die VGK Springbok aanvaar. Hy ontvang demissie op Sondag 3 Julie om 09:00 by die VGK SA Gestig, Watsonialaan, Belhar.
Op Saterdag 9 Julie ontvang die VGK Springbok hom om 10:00 by die weegbrug (7km buite die dorp) en sy bevestigingsrede volg dan om 14:00 dieselfde dag, waargeneem deur dr Llewellyn MacMaster.
Ds de Wet se intreepreek vind op Sondag 10 Julie om 09:00 in die VGK Springbok plaas.
Navrae: skakel gemeentekantoor by 021 952 8214.
Mag die Here sy koninkryk deur dié nuwe verbintenis gestalte gee.
5. André en Retha Olivier se Noue Ontkoming
André en Retha Olivier (Aranos en voorheen Kaapstad) het verlede Woensdag 'n noue ontkoming gehad toe hulle vroegaand kort buitekant Aranos 'n onderonsie met 'n koedoe gehad het.
Die bok het op volspoed skuins van agter af gekom en reg voor die voertuig ingehardloop. Al het hulle hoe mooi gekyk, het nie een van hulle twee vooraf 'n oog langs die pad gewaar nie. "Ek weet regtig nie waar hy vandaan gekom het nie, en dit nogal so op volspoed," het André gesê.
Die koedoe se lewensdraad is die aand terstond kortgeknip. Die Oliviers het gelukkig niks oorgekom nie. (Dankie aan Feldmuis, Namibië se nuusbrief.)
* André is in Maart tot die moderator van Namibië se sinode verkies.
Andre Olivier Olivier-voertuig
ECEN-logo
EKOLOGIE
1. Water vir Volhoubare Toekoms
More than 80 people from 23 European countries travelled to Helsinki for the 11th Assembly of the European Christian Environmental Network, meeting at the Culture Centre Sofia from 11 to 15 June for a time of prayer, discussion, and networking.
The Assembly took place shortly after the historic Paris Agreement on climate change. The theme, "Water in a sustainable future", was developed around the relationship between climate change, the water cycle, and efforts for sustainable development. 
Please see the press release. Food for thought.
Rev Olav Tveit by derde pelgrimstasie as deel van Pelgrimstog vir Geregtigheid en Vrede
Dr Olav Tveit by een van die stasies op die
pelgrimstog vir versoening en vrede
2. Gee ons Hoop vir die Skepping?
"Creation is God's work, every day, according to Luther. Creation ultimately belongs to God.
We are accountable to God for what we do as partners in God's creation, as deacons of God's creation. Do we bring hope for human beings and the whole of creation?
This is the question we in the Christian Church must ask one another," aldus World Council of Churches (WCC) algemene sekretaris, dr Olav Fykse Tveit op 15 Junie in Duitsland.
Lees die mediaverklaring gerus hier. 
3. Waterwys
Met waterbeperkings wat steeds in die Kaapse metropool (en plekke soos Caledon en Villiersdorp) geld, mag dit goed wees om weer te dink waar ons water anders kan benut en bespaar. Die Stad Kaapstad gee die volgende algemene wenke op hulle webblad. Klik op die grafika onder vir meer.
Vir Vlak 2-waterbeperkings (soos tans) moet verbruikers ten minste 20% water bespaar vir hulle waterrekeninge om dieselfde as voor die beperkings te bly.
Waterbesparingswenke
4. Hoe Groen is jou Maandag?
Ekologie is tereg een van die Wes-Kaapland Sinode se fokusareas. Tog het gemeentes, bedieninge en lidmate dikwels 'n behoefte aan praktiese wenke om self hulle verbondenheid aan die welstand van ons natuur en planeet uit te leef.
'n Nuwe inisiatief wat ondersoek kan word - en deur bekende organisasies soos die Southern African Faith Communities' Environment Institute (SAFCEI) en Greenpeace ondersteun word - is #GreenMonday. Die kort video gee 'n vinnige verduideliking hoe jy jou Maandae "groen" kan inrig en so betrokke raak. Vir die planeet, maar ook vir jou eie gesondheid.
PUBLIKASIES
1. CLF: Materiaal vir Uitreike
Gemeentes wat uitreike beplan, kan die Christelike Lektuurfonds (CLF) in Wellington kontak vir inligting oor gratis pamflette in ons land se amptelike tale wat kan help om taal en kultuurgrense oor te steek en die gemeenskappe waarheen uitgereik word, te bemagtig met die Woord en hul sosiaal maatskaplike vraagstukke te help aanspreek.
"Skakel CLF gerus by 021 873 6964 om pamflette te bekom voor julle vertrek. Daar is ook preekbundels, dagstukkies en geloofsgroei materiaal vir jeug in ons inheemse tale beskikbaar waarmee die gemeentes waarheen jul uitreik, geseën kan word," skryf Hedwig Moore van CLF.
CLF is een van die NG Kerk se amptelike mediavennote. Klik onder vir verdere opwindende nuus van CLF!
CLF app
2. Bybel-Media produkte vir Menswaardigheid
Klik op die onderstaande grafika vir meer inligting en bestellings. Kontak Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook hulle webwerf by bybelmedia.org.za.
Om God in mekaar te sien Loop Saam Jesus-verhale van menswaardigheid
Menswaardigheid-plakkate en baniere
KUIERKANS
Klik onder vir nuus oor basaars en feeste! Hou ook die sinode se Facebook dop. 
NG Stellenberg Vrouefees
NG Stellenberg
2-4 Augustus
NG Outeniqualand Winterbasaar
NG Outeniqualand
2 Julie
NG Saldanha Feesnaweek
NG Saldanha Feesnaweek
22-24 Julie
NG Bellville-Vallei Wintermark
NG Bellville-Vallei
21 Jun - 2 Julie
NG Paarl-Vallei-logo
VAKATURES
NG Gemeente Paarl-Vallei: Medeleraar
Die NG Gemeente Paarl-Vallei het 'n vakature vir 'n medeleraar. Meer oor die gemeente, met sowat 1314 belydende en 360 dooplidmate, is onderaan beskikbaar. Reageer voor 5 Augustus om 12:00.
Kerkbode
Vakatures op Kerkbode se Webwerf
Kerkbode is steeds dié plek vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante en ander kerklike amptenare.
Klik hier vir die jongste inligting.

As jy wil saampraat oor wat in die NG Kerk - en breër kerklike omgewing - gebeur, teken in om e-Kerkbode te ontvang. 
Koos van der Vyver
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Koos van der Vyver
EWIGE SEKERHEID OOR UITKOMS
Jare gelede het ek 'n lesing van ‘n Amerikaanse pastorale sielkundige bygewoon (apologie aan hom, ek het sy naam vergeet). Alles denkbaar wat kon skeefloop op sy reis (soos vliegtuie wat laat is, ander wat verpas word, verlore tasse), het gebeur, maar dit het hom nie ontstem nie. Voortdurend het hy vasgehou daaraan dat Christus iewers in die situasie is en dat hy verras gaan word hoe Hy sou voorsien en aan hom sou verskyn.

Iets van hierdie sekerheid van God wat Hom in elke situasie oor ons ontferm, in elke situasie sal help en uitkoms gee (2 Korinthiers 1:3 en 4) het daar deel van my geloof geword. Dit het oor die jare 'n groot rol in my geloofslewe gespeel en gehelp dat ek met oortuiging en positiwiteit by mense in hulle nood kon wees. Met 'n rustigheid kon ek lidmate verseker al gaan dit hoe sleg, al lyk die situasie hoe onoorbrugbaar, God sal hulle daardeur dra. Vele aangrypende verhale hoe God mense deur hulle woestyntye gedra en hul moeilike tye laat oorwin het, getuig hiervan.

Daarom is daar ook 'n rustigheid by my oor die toekoms van die kerk en ons land. God sal ons deur enige situasie dra en uitkoms gee.   


* * *
Koos van der Vyver is in 1980 georden in die NG Gemeente Uitenhage-De Mist en sit sy bediening in 1983 voort in die NG Gemeente Rietfontein-Suid. Sedert 1984 hanteer hy Opdrag: Hospitaalbearbeiding.
Kontak hom by koos@vdv.co.za.
"One of the tasks of true friendship is to listen compassionately
and creatively to the hidden silences.
Often secrets are not revealed in words, they lie concealed in the silence between the words or in the depth of what is unsayable between two people." 
- John O'Donohue, Ierse digter, filosoof en priester

VrydagNuus se volgende uitgawe is dié van 22 Julie 2016.
Vriendelike groete tot na die vakansie.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za