|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Erediens: Sondag 4 Augustus 2024
Om van jou tyd te gee | Prediker 3:1-13
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie (3)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Potgieter
Klouterkerk om 09:00 in die kafeteria | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach
| |
Doop Sondag 4 Augustus
In die kleinsaal:
- Gerhard en Maryke Jakob laat doop vir Finn Gordon Jakob.
- Anton en Mari O’Reilly laat doop vir Daniel O’Reilly.
- Phillip en Annaleen Voges laat doop vir Anina Louisa Voges.
In die kapel:
- Johan en Simoné Kotze laat doop vir Emilie Kotze.
| |
Gemeentebraai | 2 Aug 18:30Op Vrydagaand 2 Augustus om 18:30 wy ons die derde kwartaal in met ons maandelikse gemeentebraai in die markplein. Bring jou eie vleis, slaai, drinkgoed, bord, glas en eetgerei. Ons voorsien die kole.
| |
Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente | 30 Aug. 16:00
Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon. Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.
Te koop:
- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.
- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, gebak en handwerkitems aanbied.
- Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings nie.
Help asb. met die volgende:
- Lidmate wat pannekoek kan rol, behulpsaam kan wees met verkope en kasregisters kan beman, word benodig. Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/ christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.
- Ons het ook mense nodig wat poedings sal maak en skenk. Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.
| |
’n Jong man en helpers wat ’n storm loskook
| |
Op die foto links is Doep du Plessis (links) en Franco Visagie (regs). Foto regs is Poena Visagie (links) en Deon Maree (regs).
Verlede Vrydagaand is ’n baie gesellige saamkuier fondsinsamelingsfunksie in die kleinsaal aangebied. Die koue weer is met ’n sielvolle lamsbredie verdryf en daarmee saam kon die 100 gaste Beyerskloof se bekende wyne geniet, terwyl vermaak met vers en klank deur Christo Snyman van die Broers-musiekgroep en Johan Rademan van die RSG-radiostasie aangebied is. Lees meer . . .
| |
Augustus: Die maand van omgee is om te gee . . .Deur: Ds. René Potgieter
| |
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word (Matteus 5:7). Omgee verg van ons om oë en ’n hart vir ons naaste, Moeder Aarde en diere te hê en om dan ons hande en voete vir barmhartigheid en omgee aan te wend. God is passievol daaroor om mense te help wat seer het en in nood is.
| |
Etiese kunsmatige intelligensie vir vrede
Deur: Dr. Dirk Brand
Vroeg in Julie 2024 het ’n belangrike internasionale byeenkoms, wat ongelukkig nie veel nuusdekking in die hoofstroommedia gekry het nie, in Hirosjima, Japan, plaasgevind. Die geleentheid was die "AI Ethics for Peace'-beraad wat deur verteenwoordigers van 16 lande en 11 godsdienste, insluitende die Christendom, Judaïsme en Islam, asook groot tegnologiekorporasies, bygewoon is.
| |
Ons vier vrouemaandTer viering van vrouemaand nooi ons alle vrouens om by die volgende geleenthede in te skakel:
Saterdag 17 Aug. 08:00 - Ons stap die 6 km Pipe track saam. Dit is ’n maklike stap waarna ons saam ontbyt eet. Elkeen betaal vir haarself.
Saterdag 24 Augustus 09:00 - Uitstappie saam met vrouens van Klipheuwel na Kirstenbosch Botaniese tuin. Pak vir jou ’n piekniekmandjie.
| |
Belydeniskamp vir graad 11's: 23 -25 Augustus
Die graad 11-belydeniskamp is ’n belangrike roetemerker op jou reis na belydenisaflegging. Ons gaan by die kerk oorslaap en die formaat is soos volg:
Vrydagaand: ’n Ken-mekaar waar ons mekaar op ’n dieper vlak leer ken en gesels oor ’n paar belangrike aspekte van geloof.
Saterdag: ’n Toer (geloofsreis) deur Kaapstad en waar ons verskillende geloofstradisies gaan verken en meer ontdek van ons eie verhaal as deel van die NG kerk in Suid-Afrika.
Sondaggend: Bywoning van ’n erediens in die Groote Kerk, Kaapstad. Die eerste Nederduits Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika. Dit is ’n besonderse ervaring wat jy nie sommer weer sal beleef nie! Klik HIER vir aanlyn inskrywings.
Ons benodig ook die ondersteuning van ouers om praktiese hulp en vervoer te verleen. Dit beloof om ’n besondere ervaring te wees vir diegene wat saam met die graad 11's op hierdie reis gaan. Ouers wat die naweek ten volle of gedeeltelik wil bywoon of ondersteun, kan gerus vir sunet@stellenberg.co.za of schoombie@stellenberg.co.za kontak.
| |
Annibrand Senior Staptog Ons stap die Boesmanskloof tweedag-staproete vanaf 20-22 September.
Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou. Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer leer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal beweeg. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met tieners te kom stap!
Inskrywings sluit 16 September. KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.
| |
Stellenberg BybelskoolNa afloop van die Paas- en Pinksterfeeste vier ons Koninkrykstyd waartydens ons fokus verskuif na die maniere waarop God in ons hede heers en regeer. In die baie bekende Onse Vader-gebed leer Jesus ons bid: ". . .laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel". Dit is nie net ’n gebed waarin ons ons vertroue vir die hede en toekoms in die hande van God plaas nie, maar ook 'n gebed wat ons prakties tot gehoorsaamheid wil lei. In die volgende Bybelskoolkursus gaan ons hierdie gedagte verder verken. Wat sou dit beteken om ons vir die koninkryk van God te beywer soos wat Jesus ons in Matteus 6:33 versoek?
Datum: Maandag 12,19, 26 Augustus asook 2 en 9 September 2024.
Inskrywings: Skakel die kerkkantoor by 021 976 4519 of e-pos Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za om plek te bespreek.
Tyd en plek: 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou.
Koste: R40-donasie vir 'n gedrukte handleiding.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach.
| |
Het jy ’n spesiale gawe of talent? Kom neem dan deel aan die feesmark se talentkompetisie. Oud en jonk is welkom en daar is lekker pryse op die spel. Die drie uitdungeleenthede is op Woensdag 23 en 30 Oktober en 6 November. Die wenners van die onderskeie uitdunne dring dan deur na die finale rondte op Vrydag 8 November. Die wenners van elke uitdunrondte sal ook Vrydagaande in die kostent optree. Inskrywings en navrae by Sheree-Lee by feesmarkadmin@stellenberg.co.za of gebruik die skakel om aanlyn in te skryf: https://forms.gle/iWR8gerKMMnoF4uGA
| |
Ons nooi alle graad 1 tot 3’s uit na ons dagkamp GEBEDSKAMPIOENE waar ons saam meer gaan leer oor gebed en die krag daarvan. Ons het kampleiers ook nodig – help asseblief.
Wanneer: Vrydag 16 Aug. vanaf 16:45 tot 21:00.
Koste: R150.
Inskrywings is aanlyn by die volgende skakels:
| |
Uitreik na Namibië in 2025Ons gemeente is finansieel betrokke by Degnos in Namibië wat wonderlike werk onder die Khoisan-mense doen. Ons beplan ’n uitreik na Mangetti Duin, naby Tsumke in die noorde van Namibië om meer oor Degnos se werk te wete te kom.
Datums: 27 Junie tot 7 Julie 2025
’n Inligtingsaand word op 12 Augustus 2024 om 18:30 in die kafeteria aangebied vir belangstellendes, of kontak asb ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za.
| |
Fotograwe benodigDie kommunikasiekommissie is op soek na vrywilligers met ’n belangstelling in fotografie wat behulpsaam sal wees om foto’s by gemeentegeleenthede te neem. Indien jy ’n aspirantfotograaf is, of belangstel om fotografie as stokperdjie te ontwikkel, kontak asseblief vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za / 021 976 4519.
| |
VoorbiddingIndien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir:
- Dolf du Pisani wat siek is.
- Duan Gouws, rugoperasie.
- Hugoline Smith, heupoperasie.
| |
Tassies-vir-tjokkersOns wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak. Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg.
| |
Maria EateryMaria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse. Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit. Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes.
| |
BreigroepDie breigroep ontmoet weer op Maandag 5 Augustus om 09:30 in die markplein. Bring jou breiwerk saam. Nuwe lede is baie welkom.
| |
Voorstelle@stellenberg.co.za
Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer. Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar.
| |
Finansiële bydraes
Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Gebruik die skakel om aanlyn in te skryf:https://forms.gle/eSWd9fYtCy6pPxpCA
| |
Gebruik die skakel om aanlyn in te skryf:https://forms.gle/itR8pawEYMz6bZj57
| |
NG kerk Welgemoed bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie. Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.
27 Aug. 09:00 - 12:00: Mosaïek (R700)
28 Aug. 09:00 - 12:00 Skilder (R450)
29 Aug. 09:00 - 12:00 Terapeutiese kuns (R400).
Kaartjies beskikbaar by NG kerk Welgemoed se kerkkantoor.
| |
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Vakature vir ’n besigheidsanalis: Route management het ’n vakature vir ’n besigheidsanalis. Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai. Navrae: Pieter Vorster - pieterv@ctn.henred.co.za (079 8700 151).
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies teen R65 elk. Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout. Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.
Vlieënier soek werk: Kontak Jaco by 079 607 7997. Hy het Frozen ATPL-opleiding en voldoende vliegure.
Woonstel gesoek: ’n Jong dame met ’n verlamde kat soek dringend 'n eenslaapkamerwoonstel om vanaf 1 Augustus te huur. Kontak asseblief vir Elsabe Botha by 084 547 1134 indien u verblyf beskikbaar het.
| |
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig?
Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145
Ons dienste sluit die volgende in: Lees meer . . .
| |
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.
Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand. Lees meer . . .
| |
Stuur 'n WhatsApp na Mishani Coetzee by 079 425 1711 om meer besonderhede rakende pryse en verskillende kategorieë te bekom.
| |
|
|
|
|
|