|
|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Eredienste Sondag 1 Maart 2026
Genesis 12:1-4 | Van gewoon na geseën
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (4)
Familiediens 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie
Meditatiewe diens 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Van Jaarsveld
Klouterkerk 09:00 in die restauranttuin | Ds. Dietmann
Blokdiens 09:00 in die grootsaal | Ds. Potgieter
Kleuterkerk 09:00 in die kleuterkerklokaal
Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter
Deuroffer:
Bediening aan die Jode (Sinodale kollekte)
| |
Doop Sondag 1 MaartHartlik geluk aan die twee ouerpare wat vanoggend hulle babas by die oggenddiens laat doop.
- Anton en Danika Stevens laat doop vir Hanru Rossouw Stevens.
- Gerdus en Lize-Marié Visagie laat doop vir Mia Rose Visagie. Mia, is ds. Callie Visagie, eertydse leraar van die gemeente, se kleindogter.
| |
Klouterkerk:
Sondag 1 Maart
Ds. Philipp Dietmann nooi lidmate met babas en kleuters om op Sondag 1 Maart om 09:00 by die klouterkerkbyeenkoms aan te sluit. Ons ontmoet om 09:00 in die restauranttuin. Bring 'n piekniekkombers saam.
| |
| Die Jade brigade-vieringe begin vroegoggend in die kerk
| |
Ons het op Dinsdag 24 Februarie die voorreg gehad om die leerders en personeel van Stellenberg Hoërskool by ’n besondere sonsopkoms-erediens te verwelkom. Die geleentheid het deel gevorm van die skool se veertigjarige bestaansvieringe – ’n betekenisvolle mylpaal.
Dit was juis in Stellenberg-gemeente se kerkgebou waar die skool veertig jaar gelede hul eerste saalbyeenkoms gehou het. Om hierdie verjaarsdag weer in dieselfde ruimte te vier, het die sirkel op ’n besondere manier voltooi en herinner aan ’n gedeelde geskiedenis.
Om die Jade Brigade in die kerk byeen te sien, was ’n unieke ervaring. Mag die band tussen ons gemeente en die skool verder verdiep, sodat ons saam kan bou aan ’n toekoms wat God verheerlik.
| |
|
Jy word hartlik uitgenooi na die 96ste Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika! Kom kniel saam met vroue van regoor die wêreld voor God se troon en ervaar die krag van gebed en samehorigheid. Hierdie jaar het die vroue van Nigerië die program saamgestel, met die inspirerende teks:
Matteus 11:28 – “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”
Bring jou hart, jou gebede en jou geselskap — saam kan ons God se teenwoordigheid vier en mekaar opbou.
| |
| Saamkuier-basaar | 6 - 7 Maart
| |
Stellenberg se basaar en snuffelmark is ’n tweedag-makietie op:
Vrydag 6 Maart 13:00 – 20:00
Saterdag 7 Maart 08:00 – 14:00
Kom besoek ons vir die volgende:
Groot verskeidenheid kosstalletjies met al die gunstelinge
Kinderspeelpark
’n Groot snuffelmark (thrift market)
’n Mini-buitelug-ekspo
Genoeg sitplek en drinkgoed
Helpers benodig vir poeding en kinderspeelpark
Ons benodig helpers wat met die maak en verkoop van poedings behulpsaam kan wees, of wat die speletjies se kaartjieverkope kan beman. Kontak Karen Visagie by 082 827 9389 indien jy by die speletjies behulpsaam kan wees.
Daar sal Sondagoggend by die eredienste lyste beskikbaar wees waarop jy kan aandui of jy met die poedings kan help. WhatsApp Lynette Burger by 083 4588 824 om jou hulp met poedings aan te bied.
| |
| Graad 4-tot-5-kamp | 13 Maart
| |
WEES GEREED! – Graad 4-tot-5-aandkamp
Ons nooi al die graad 4's en 5's na ’n opwindende kamp oor God se WAPENRUSTING!
Kom leer saam met jou maats en ander mede-gelowiges hoe om in die geestelike geveg staande te bly.
📅 Vrydag 13 Maart 2026 | ⏰ 17:00 – 21:00
📍 Stellenberg-gemeente se saalkompleks
💰 R120 per kind (Dit sluit ’n Roman’s pizza-aandete in)
📝 Inskrywings sluit: Donderdag 12 Maart 12:00
👉 Registreer aanlyn deur hier te klik
| |
| Vroue-retraite | 13 tot 15 Maart
| |
Die vroue-retraite word vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deur Karin van Wyk aangebied. Sy is ’n voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis, bekende spreker en aanbieder van kampe en retraites vir vroue. Tema: Face tot face to connect
Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes. Sluitingsdatum: 27 Februarie 2026.
| |
Die waarde van ’n vroue-retraite
Deur: Ds. René Potgieter
“Kom eenkant saam met My.” Soms het ons ’n wegbreek nodig. ’n Breek. ’n Heilige oomblik van stilte.
Sluit by ons aan vir ’n besondere vroue-naweekwegbreek by die pragtige Andrew Murray Spiritualiteitsentrum — ’n ruimte waar jy kan herlaai, asemhaal en weer jouself vind. Lees meer . . .
| |
VatVyf-uitstappieOp 11 Maart besoek ons twee prentjiemooi bestemmings in Stellenbosch, die Old Nectar Garden en daarna gaan ons by die Postcard Café iets drink en eet.
Bespreek jou plek by Christine, voor Vrydag 6 Maart om 12:00 by die kerkkantoorontvangs. Toegangsgeld vir Old Nectar Gardens is R50 per persoon en betaalbaar by bespreking. By Postcard Café betaal elke persoon vir sy eie eet- en drinkgoed. Laat weet asseblief vir Christine indien jy bereid is om met jou eie motor te ry en dalk ’n saamrygeleentheid vir iemand kan aanbied.
| |
’n Funksie vir nuwe lidmate25 Maart om 18:00 in die binneplein.
Alle lidmate wat vanaf Maart 2025 tot op hede nuut by die Stellenberg-gemeente aangesluit het, word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms wat spesiaal vir al ons nuwe lidmate gereël word.
Dit is ’n gesellige saamkuier-geleentheid waar jy ander nuwe lidmate, asook ons leraars beter kan leer ken. Ligte verversings sal bedien word en kinders is ook baie welkom.
Stuur asb. teen 18 Maart ’n e-pos aan anneke@stellenberg.co.za of ’n WhatApp na 081 045 2428, om aan te dui of jy teenwoordig sal wees.
| |
| | Leraarspan besoek in Harmonie
| |
Rest | Restoration | Reconciliation
Ons leraarspan het op uitnodiging die in Harmonie-sentrum op Woensdag 25 Februarie besoek. Geleë in Franschhoek, is in Harmonie deur Hannelie en Hein Koegelenberg ontwikkel as ’n ruimte waarheen geestelike leiers kan wegbreek om geestelik te rus en vernuwing te vind. Die sentrum se kernwaardes is: Rus, Herstel en Versoening.
By in Harmonie glo hulle dat wanneer ons ons rus in Christus vind, ons geestelik herstel en versoening ervaar. Hierdie diepe ervaring stel ons in staat om vrylik God se boodskappers in die wêreld te wees. Die sentrum streef daarna om doelbewus geleenthede vir rus, herstel en versoening te skep vir Christelike dienende leiers en bedieninge regoor Afrika en die wye wêreld in.
Geestelike leiers kan die sentrum op uitnodiging besoek, maar daar is ook opedae waartydens die publiek die kans kry om die besondere ruimte self te beleef. Dit kan ’n betekenisvolle uitstappie wees vir Bybelstudiegroepe of omgeegroepe. Vir meer inligting besoek gerus hulle webtuiste.
| |
| Volg die Bybelskool aanlyn
| |
Stellenberg-sokkiesSkaf vir jou ’n paar Stellenberg-sokkies aan om die Kaapstad-fietstoer mee aan te pak, in die gimnasium te dra, of om jou oggendstappie mee af te rond. Die gemeente se logo is op die bekende Versus-sokkies aangebring. Dié handelsmerk is ’n gunsteling onder sportliefhebbers. Sokkies teen R150 per paar is by die kerkkantoor (ontvangs@stellenberg.co.za) of Sondagoggend in die kafeteria (slegs kaart en SnapScan-betalings) te koop.
| |
Uitreikdatums 2026Teken die uitreikdatums vir 2026 in jou dagboek aan. Verdere inligting sal binnekort volg.
Calitzdorp 27 Junie tot 2 Julie 2026.
Leeu-Gamka 4 Julie tot 9 Julie 2026.
| |
#Imagine 2026
#Imagine is ’n groot, pretgevulde naweek vir tieners waar hulle saam met ander in hul geloof kan groei. Tydens die naweek kan hulle saam aanbid, geïnspireer word, in kleingroepe gesels, praktiese werkswinkels bywoon en natuurlik ook saam pret hê!
Dit is ’n ongelooflike ervaring om te sien hoe tieners van verskeie plekke saamkom, verbind in die Here se Naam.
Klik HIER vir volledige inligting oor #Imagine 2026.
| |
Rekenaaroperateurs word benodigOns benodig hoërskoolleerders wat bereid is om teen vergoeding die rekenaar tydens ’n erediens te beman. Indien jy belangstel Whatsapp asseblief vir Deon by 082 869 0364.
| |
Baie dankie aan die lidmate wat bereid is om een keer per maand by die kafeteria te help. Danksy julle kan die kafeteriaverkope weer hervat met heerlike lekkernye, vars cappuccino’s en ruimte vir lekker kuier.
Neem asseblief kennis dat die kafeteria geen kontant aanvaar nie. Betalings kan slegs met debiet- of kredietkaarte, of deur middel van die SnapScan-toepassing, gemaak word.
| |
Breigroep
Die breigroep ontmoet Maandag 2 Maart 09:30 in die markplein.
| |
Met leedweseOns neem met hartseer afskeid van Abraham (Abrie) Visagie (11/01/1965 – 22/02/2026).
Abrie was sedert 1994 ’n meelewende en geliefde lidmaat van die gemeente. Sy betrokkendheid by gemeenteaktiwiteite sal gemis word.
Ons opregte meegevoel gaan aan sy vrou, Susan, sy dogter, Sanrie, en twee kleindogters wat hy agterlaat. Mag hulle die Here se troos en nabyheid in hierdie tyd besonder sterk ervaar.
Gedenkdiens: Saterdag 28 Februarie om 10:00 in die kerk.
| |
Finansiële bydraesBy Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra. Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
| |
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode (hier bo) indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak of klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Stellenbeertjies Dagsorg: Vir babas 0 tot 2 jaar. Kontak Minette 069 179 5279 vir meer besonderhede.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 0824482438 vir ’n gratis kwotasie.
- Betroubare huishulp soek werk: ’n Baie betroubare huishulp is op soek na werk van Maandag tot Vrydag. Sy het voorheen vir 20 jaar by dieselfde gesin gewerk. Kontak asseblief haar verwysing: H. Smith 072 605 9822 of A. Gaum by 082 211 5572.
- Wiskunde wat SIN maak: Ek verskuif die fokus van:
❌ “Ek verduidelik” na ✅ “Jy dink en verstaan"
* Klein groepies of individueel
* Graad 7–10
* Na-skool-sessies
* Gekwalifiseerde, ervare wiskunde-onderwyser
Kontak Maarten van Rensburg 📱 072 106 0440
- Versorger / Companion vir bejaarde persoon gesoek. ’n 90‑jarige dame in ’n aftreeoord in die noordelike voorstede benodig die dienste van ’n versorger/companion. Die geskikte kandidaat moet Afrikaanssprekend wees, vroulik en middeljarig. Werksure is weeksdae ongeveer 2 tot 3 ure per dag, hulp sal by uitsondering oor naweke benodig word en dit sal vooraf gereël word. Klik HIER vir volledige taakomskrywing.
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
|
|
|
|
|